Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » moeder
moeder [boodskap #140347] Sa, 01 Oktober 2022 12:04
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
ek weet nie juis waar om te begin
want oor die jare heen het u die rol van so baie mense in my lewe gevul
die rol van moeder en van vader
van onderwyseres en van vriendin
ook van dominee en van geneesheer
en nog baie baie meer

maar nooit het ek u hoor kla
oor al die eise wat hierdie rolle van u vra of die min ure in die dag
selfs nie oor die rebel wat ek was
en daarvoor wil ek graag sê baie, baie dankie, ma
vir die kinderlewe wat ek kon deel
met ‘n moeder soos u, so spontaan, so veel

daar is egter ook ‘n ander kant
van u wat gehelp het om my die mens te maak wat ek is
en dit is die spontane rol as mens
bakmens, tuinmens, kunsmens en mensmens want
dit het in my die basis gelê
van iets spesiaals wat elke kind behoort te hê

ek weet dit was ‘n baie moeilike tyd
toe u die lewe van boervrou vaarwel moes roep in ruil vir die dorp
maar ten spyte van dae en nagte vol vrae
en die kloppende rou van die wrede afskeid
was u steeds vir ons kinders altyd daar
en dit sal ek vir ewig in my hartkamers bewaar

wat meer is daar dan om te sê
as dat dit werklik net ‘n geskenk van God kan wees
om vir brose mensekinders die voorreg te gee
om ‘n moeder soos u te mag hê
ek weet nie werklik hoe om u te bedank
maar wat ek geleer het sal my bybly lewenslank
Vorige onderwerp: om 100 te word
Volgende onderwerp: orde in die natuur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 19:03:16 MGT 2024