Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » orde in die natuur
orde in die natuur [boodskap #140348] Sa, 01 Oktober 2022 12:38
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
ek staan op die agterstoep
en kyk na die voëlbad in die tuin

soos vliegtuie op ‘n internasionale lughawe
kom voëls van oral af om daarop te land
vir ‘n vinnige drankie of twee
of dalk vir ‘n verfrissende bad
terwyl ander dit net as ‘n rusplek gebruik
om ‘n bietjie stoom op af te blaas
op die lang vlug na ‘n onbekende bestemming

maar wat my dadelik opval
is die wedersydse respek en orde
wat hierdie voëls openbaar
Vorige onderwerp: moeder
Volgende onderwerp: die waarheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 00:42:37 MGT 2024