Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » my kleine koringaar
my kleine koringaar [boodskap #140327] Wo, 28 September 2022 07:29
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
van al die are op die land was jy die mooiste koringaar
daar waar jy groei teen piketberg se hange
met die môreson wat blink weerkaats op jou goudbruin wange
my grootste vrees was dat die boere se stropers by jou
sou wees voordat ek my hande om jou kon vou
want jy was so mooi, ek moes jou lewe spaar

ek het oor heuwels en deur slote na jou toe gehardloop
om jou voor die stropers se lemme af te pluk
en met my saam te neem op soek na ons geluk
in my growwe hande was jy so klein en broos
maar jy was nou myne en dis genoeg troos
terwyl die boere met hul monsters die ander are stroop

jy was my kosbaarste besitting en dus het ek gevrees
dat die lelik van die wêreld jou dalk seer kon maak
en daarom wou ek jou te alle koste teen gevare bewaak
met verloop van tyd het jou korrels begin swel
en sodoende kom daar ander lewens op die spel
want ewe skielik was ons 'n ware gesin gewees

nooit het ek gedroom dat ek jou daardie dag sou kneus
toe ek jou voor die stropers weg moes raap
daardie bloedige somersdag toe al wat kraai was, gaap
ek het nie besef dat ek jou so styf teen my lyf vasdruk
al waaraan ek gedink het, was aan ons geluk
nou kan ek net "jammer" sê met trane langs my neus

hul sê jy mis eers iets wanneer jy dit verloor
en daarom gaan ek nou alles op die spel plaas
om weer daardie pragtige liefdesvuur aan te blaas
sodat jy weer my koringaar van ouds kan wees
en die mense ons geluk op ons gesigte kan lees
hulle moet ons liefdeswoorde reeds van ver af kan hoor
Vorige onderwerp: verkeerdomgedig
Volgende onderwerp: my tweede kans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 21:55:50 MGT 2024