Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » ode aan 'n jagter
ode aan 'n jagter [boodskap #140337] Do, 29 September 2022 15:07
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
/gwi, !kung, /xam, !xô
kleine mensies van die veld
stadig het julle suidwaarts beweeg
om uiteindelik hierdie suiderland te kom bewoon
in hierdie land van oorvloed
wat vir etlike eeue julle tuiste was
was julle veldmens, woestynmens, vlaktemens en bergmens
en elke voetpaadjie, elke spoor, elke plant en elke krans
het julle geken
julle het die natuur respekteer
want julle was ook liefdesmens, mensmens
daardie liefde straal vandag nog vanaf jul grotwande uit na ons

maar tyd het julle ingehaal
want die swartman het gekom
en julle sy slawe gemaak
waarna die witman kom
en julle stelselmatig begin uitwis

julle land van oorvloed het geen oorvloed meer
en die meeste dier en plant van julle tyd
staan nie meer in die veld
julle voetpaadjies het reeds jare terug verdwyn
en selfs vele van jul grotkunswerke is reeds weg
ja, die pragtige kliek-klak van jul tale het vir ewig stil geword
maar vandag dink ons met deernis terug aan die mensies van heitsi-eibib
as ons ons land se leuse sê: !ke /xarra //ke
Vorige onderwerp: myner van die duineveld
Volgende onderwerp: om saam oud te word
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 22:31:24 MGT 2024