Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Pasella het sy hart verloor

Di., 19 Oktober 1999 00:00

Ek weet dis gemeen om so gou te oordeel, maar my eerste indruk van die
nuwe (later) Pasella-TV-program is dat dit sy warmte prysgegee het.

Die omroepers is weliswaar meer "cool", meer glamorous en alles, maar
die warm opregtheid wat Coenie en kie se aanbieding gekenmerk het, is
prysgegee ter wille van die nuwe, verveelde, wêreldwyse aanbieding à
la "Geraas". Die gedagte wat by my opgekom het, is miskien 'pretensie'
- as jy byvoorbeeld nie minstens in die een of ander Oosterse
meditasie/ dans/ vegtegniek belangstel nie, is jy nie "in" nie.

Ons hoef mos nie iets te bewys nie.

Miskien was ek net vaak. Ek belowe om hulle nog 'n kans te gee.

Koot

TV, flieks & vermaak | 2 kommentare

Orde! Orde!

Di., 19 Oktober 1999 00:00

Hierdie ng het dringend die dienste van 'n streng voorsitter nodig! Genade!
....ek verstaan nie 'n woord wat die mense sê nie ( en dit negeer my
kandidatuur terstond). In sy lewendige gesprek met Adam in die nuusgleuf
"Re: Leendert the eristic" bars hy al wat 'n Engelse woordeboek op my rak
is --
van die Oxford Minidictionary tot by die Advanced en my Thesaurus! Feit van
die saak is : dié oënskynlik netelige twis tussen heethoofde prikkel my
nuuskierigheid en die soeke na 'n antwoord op wat "eristic" beteken, dryf my
na die moeder van alle wetenskappe, die Wysbegeerte. En dáár kry ek die
antwoord! Antony Flew se "Dictionary of Philosophy" (Pan 1979) p. 111 sê:
1. eristic. (as a noun) The art of disputation, especially as practised
among the sophists, but also used in the platonic Academy. The word often
has perjorative overtones, suggesting argument by dubious means for the
purpose of victory, rather than the disinterested pursuit of truth (compare
dialectic). See Plato.
2. (..as an adjective) Controversial, particularly with the implication of
arguing for a victory ragardless of the actual truth of what is contended."
In Van Baars en Van der Schoot se Engels Nederlands Woordenboek word dit in
een woord opgesom te wete "polemisch" of "polemicus". Nou, ja, daar het
julle dit. Om hierdie polemiek tot 'n spits te dryf, die volgende staaltjie:
Twee manne loop mekaar op Kaapstad stasie raak. Een vra : Hoe laat is dit?
Die ander antwoord:
"Sorry, but I don't speak Dutch". Die eerste een sê: "Well, seeing that you
don't speak Dutch 'f... jou!'" "Eristic?" "Quite!" G'n wonder die Engelse
is so slim nie!
Huntington het 'n groot bydrae tot die "demise" van die ou "regime" gelewer.
Soos ek die saak verstaan het hy aanbeveel dat as iemand jou met 'n "issue"
konfronteer, jou standaard antwoord moet wees: "You do not understand me".
M.a.w. "jy" is te dom om my te verstaan. Dis nie my fout nie, boetie, dis jy
wat my nie kan verstaan nie. So word 'n argument met 'n pluspunt vir die
aggressor
begin en ons weet die ou wat die eerste opstopper in kry, staan die beste
kans om die "fight" te wen. Roelfie, Roelfie, hoekom het jy nie Huntington
opgeswot nie? Nog 'n boekie wat die moeite werd is, is Roger Fisher en
William Ury se Getting to YES- negotiating an agreement without giving in.
(Arrow Business Books 1991) Die oorredingswetenskappe ('n wetenskap is dit
gewis, want die empiriese beginsel is die toetssteen) is die studiegebied
van die toekoms. Luister, kinertjies, hierdie oom sê gaan swot toegepaste
kommunikasiekunde. Dis waar julle brood en botter lê. Gaan leer om bitsig
te wees! Leer byt. As jy nie "dutch" kan praat nie, sê vir jou opponent:"
May your mother jump up from the porch and bite you when you get home
tonight!"... of so iets. Julle dogtertjies hoef dit nie te gaan leer nie -
julle is " empowered" genoeg.

Nou, ja, hier trek ek die "plug" uit. Net ietsie: my globale nuusverspreider
is ietwat slap (fundamenteel gestel) want hy versuim om my "threads" af te
laai. Miskien is dit "seeing that I speak dutch". Moet dus nie vir my kwaad
word as ek nalaat om
flink in my polemiek te wees nie.

Slaap rustig!

ns. Leendert, mooi so, jy het daai ou goed gebliksem!

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Dobbelary - enige idees ?

Di., 19 Oktober 1999 00:00

In article , reisiger
wrote:
> 'n Projek benodig sekere inligting. Enige advies en hulp sal
> inniglik
> wardeer word. Byvoorbaat baie dankie.
> Intimidasie, ergonomics, geweld, spieëls, observasie kameras -
> watter
> organisasies bestaan wat mense kan help? Kommissie vir arbitrasie?
> Hit
> squad? Tolvrye nommer om individue te beskerm van moontlike
> ontslaan?
> Invoer beleid - hoekom is die gras aan die ander kant altyd
> groener?
> Industriële spioenasie - wie kan help ?
> Betaling van rekenings - Munisipaliteit, Telkom, besigheids
> belasting?
> * Sent from RemarQ http://www.remarq.com The Internet's Discussion
> Network *
> The fastest and easiest way to search and participate in Usenet -
> Free!

Apologie oor krasheid word aangeteken. Party mense dobbel werklik met
hulle lewens. Terug in hoek een.

Kan 'n mens hierdie ng gebruik om vir hulp te vra vir projekte?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: nieuw boek van Lettie Viljoen?

Di., 19 Oktober 1999 00:00

Christel Terwiel schreef in
berichtnieuws 380900b8$0$13620@reader1.casema.net...
> Is het nieuwe boek van Lettie Viljoen al verschenen? Waarschijnlijk bij
> Human & Rousseau. Hoe heet het en wat is de prijs? En zijn er recensies
> verschenen?
I have been told it is called ''Bullr se plan''.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

I know I said this was goodbye...

Di., 19 Oktober 1999 00:00

... but I thought I should just let you know that my book found publishers
in both South Africa and the United States (under the title "The Emergence
of Modern South Africa") , as did others by me. It was prescribed by
several universities, both in SA and abroad, including some Afrikaans-medium
universities. It was particularly well reviewed by Stellenbosch academics,
who did not regard it as at all conventional or anti-Afrikaner. Written in
1983, it is still prescribed in some universities. It is still in print in
the U.S., and perhaps in SA (the publisher there is David Philip).

I do not blame you for making this elementary mistake, because I understand
English is not your native tongue, and I appreciate the trouble you have
taken in corresponding with me in my own native tongue.

And now I will slink away again, yellow dog and arrant fool that I am, to
the wider world and leave it to you to yap and be king of the castle in your
own shrinking backyard.

David

_______________________________________

Leendert van Oostrum wrote in message ...
>
>
>
>
>
> Adam wrote in message ...
>> Leendert:
>>
>> If there is anything worse than a liar, it's a clever liar. You are
>> certainly clever, though I doubt you're intelligent.
>
>
> There _is_ something even worse: A stupid liar - such as you.
>
>>
>> Look up the word "eristic", it's your trademark.
>
> What makes you think that I need to look it up? Because, perhaps, _you_ had
> to mine it from a thesaurus?
>
> And yes, I think the description fits.
>
> You are always far more
>> interested in appearing to win an argument, than in getting any closer to
>> reality through debate.
>
> How would you know? You refuse debate the moment you are pressured to follow
> the conventions of civilised debate.
>
> "Truth", on the other hand, you would not recognise if you tripped over it.
>
>> You're a pedant,
>
> Yes. I get pedantic. Particularly when a silly little know-it-all swoops
> down on the news group and starts lecturing everyone, left, right and
> centre - from Gloudina up!
>
>
>> but let's give credit where it is
>> due... you're a persistent terrier pedant, obviously with a lot of time
> on
>> your hands to yap and snap at the heels of your so-called >opponents.
>
> You flatter yourself. To respond to your infantile blustering takes almost
> no time at all.
>
> And yes "so-called opponent" describes your own status accurately.
>
>>
>> In the past, certain Afrikaners (especially bureaucrats and pedantic
>> academics) could impose their idea of the truth from on high, backed by the
>> power of the State. Now such people can only yap and whine and post
>> portentous judgments. Some things have improved in SA!
>
>
> You are wrong. As always in the past, the great bulk of the yapping and
> whining still comes from outside the country. The Empire is out there,
> still.
>
>>
>> I personally think it's a massive tragedy that the Afrikaans language and
>> Afrikaner culture as a whole has such a tenuous future. People like you,
>> far from contributing to Afrikanerdom's strength and endurance, are
>> ultimately responsible for its demise. You have nothing to do with the
>> independent boere of the 19th century who were prepared to fight the
> largest
>> power in the world. You have everything to do with the little people
>> (especially but not only Afrikaners) who hid behind the power of the state
>> in the 20th century and exploited the masses, all the time claiming you
> were
>> bringing civilization to them.
>
>
> Your own behaviour in this newsgroup closely matches the behaviour of the
> "little people" whom you describe above.
>
> Indeed, your demeanour reminds me of the worst kind of colonialist
> know-it-all coming to "civilise" the Boers. Condescendingly colonising also
> this news group with your imperialist language and ideas
>
> You arrant fool! (To say it in the politest way.)
>
> Did you really believe that you could come and overwhelm the "dirty Boers"
> with your half baked theories, lifted from the self serving imperialist
> cogitations that comprise your so-called "standard histories"?
>
> And make us grateful for being forced to converse with you in your own
> language to get a truth or two through your thick hide and into your thicker
> skull?
>
> I do not suppose you have the faintest idea how savagely barbaric your
> behaviour is!
>
> And, being the yellow dog that you are, you slink away yelping and hollering
> when you get kicked in the butt as you deserve!
>
>> This is goodbye, Leendert. I leave it to you to have the last word.
> You're
>> good at that.
>
>
> Thanks! And no, I doubt your contributions will be greatly missed.
>
> Thanks, also, for demonstrating why I should give your book a miss if it
> ever finds a publisher.
>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Inflasie

Di., 19 Oktober 1999 00:00

Die nuutste bog uit Suid-Afrika is dat die inflasie nou glo sy laagste punt
in 30 jaar bereik het nl.

1,9 %

Nou dink nou oor die moontlikheid hiervan. Kak man.

Wys jou net hoe die sysfers deur die nuwe AA's bereken word.

Krokkie

Ekonomie & geldsake | 33 kommentare

Re: Inflasie

Di., 19 Oktober 1999 00:00

Ditto.

Francois

Krokkie wrote in message ...
> Die nuutste bog uit Suid-Afrika is dat die inflasie nou glo sy laagste punt
> in 30 jaar bereik het nl.
>
> 1,9 %
>
> Nou dink nou oor die moontlikheid hiervan. Kak man.
>
> Wys jou net hoe die sysfers deur die nuwe AA's bereken word.
>
> Krokkie
>

Ekonomie & geldsake | 0 kommentare

100 jaar se pyn

Ma., 18 Oktober 1999 00:00

Ek kry toe weer vanoggend geleentheid om by die nuusgroep in te loer. Weer
eens was dit sommer net lekker om die intellektuele gekibble/ dispute/
vooroordele/ egoisme te beleef en te geniet.

Die man wat die "Kennedy laptop" geplaas het, het my verbaas laat gil van
die lag, en toe gawe Lou uitkom met sy Papino Ursinus wat die berg
uitvoeter, die politieke korrektheid binne, was my dag rerig gemaak.

Tussen die pedagogiese, pedantiese, en wysgerige, dogmatiese storms op die
ng deur, dink ek die hele tyd daaraan dat daar miskien iemand op hierdie
nuusgroep tog soos ek voel vanoggend.

So 'n bietjie bedonnerd, en baie ontstem deur die Anglo-Boere oorlog
vieringe. Op kerkplein langs oom Paul is daar geen kranse gelê vir ons
familie lede wat dood is nie. Ek luister elke dag RSG, kyk trou na die
TV-uitsendings oor die herdenkings, en elke keer kreun ek vol pyn: waar is
die blomme dan?! Wie gaan die kransies lê?

Vader van Genade, het ons dan so vinnig gespeen van Afrikanerskap, uit
noodweer, dat ons nie met trane in die oë by hierdie herdenking betrap wil
word nie?! Soos een van die deelnemers tereg opmerk, dat niemand met
Apartheid vereenselwig was nie, en dat die meer liberale partye eintlik
moes geregeer het as na die "historiese politieke konnotasies" van
Suid-Afrikaners gekyk word in die verlede - die skynheiligheid so duidelik
op hierdie nuusgroep ook.

Nou sê ek vir julle vandag: ek gee nie om hoe baie grade ek agter my naam
skryf nie, ek gee nie om hoe intellektueel ek mag beskou word; of hoe
liberaal; of hoe "wat" nie.

Ek eien myself die reg toe om te huil oor die tragedie wat deur Briste
gierigheid veroorsaak was. Ek huldig die Boere wat 'n Koloniale moontheid
se rug gebreek en hulle sommer nou prontuit goed op hulle moer gespeel het
met die Boere se vindingryke oorlosgtaktieke en hulle godsdienstige
oortuiginge. Ek huldig die Afrikaner wat weer opgestaan en weer voor begin
het. Ek huldig die Afrikaners wat nog steeds 'n bydrae tot hierdie
wonderlike land se toekoms gemaak en nog staads maak.

Ironies genoeg, en dit is waar die bedonnerdgeit vandaan kom, mag Turkye
huil oor die duisende mense wat omkom in die aardbewings - ons TV is in
vloed gewees daaroor.

Die harsteer en pyn van Bosnié word op elke nuusprogram gedra.

Ja, die Jode mag 40 jaar na die Holocaust nog miljoene tv-programme en
films oor die leiding en verwoesting maak. Hulle mag ook oorlogsmisdadigers
van ander lande laat uitlewer en in Europa en Israel tot verantwoording
laat roep in howe.

Maar wee die Afrikaner wat huil oor die hel en barbaarsheid van die
filantrope se konsentrasiekampe vir onskuldige vroue en kinders.
Ons mag die herdenking vanuit Brittanje, via die BBC beleef, maar ons mag
niks sê nie. Ons mag nie die vele Boere-oorwinnings herdenk nie.

Nee, intellektueel oortuig ons onself, omdat politieke korrektheid dit
vereis, dat ons nie mag huil nie. Afrikaners mag nie dieselfde doen as die
Turke, die Bosniërs , die Kroate, die Jode nie.

Ons mag nie met afgryse en woede kyk na die skokkende beeldmateriaal van
uitgeteerde kinderlyke wat op oop ossewaens in kampe vervoer word nie. Ons
mag nie huil oor die geraamtes wat met spook-oë probeer vasklou aan die
lewe in die konsentrasiekampe nie. Die Here, en die Afrikaners wat nog
openlik voel, kan die verwese, verlate, verlore uitdrukkings op die
gesiggies sien. Die afgebande plaashuise, die duisende beeste, skape en
ander vee wat doelloos net doodgemaak en verrot op die uitgestrekte
landskap laat lê is. Ons mag die "Verskroeide Aarde"beleid van Kitchener
nie betreur en verag nie. Ons mag dit nie "oorlogsmisdade" noem nie; nog
minder 'n gewetenlose oorlog teen vroue en kinders deur lafaards nie.

Nee, dit was nie 'n "misdaad teen die mensdom" nie. Nee, julle sien,
intellektueel kan selfs die "ingeligte"Afrikaner nou selfs daarmee
saamstem. Dit was nie die barbaarse, donkernag- kant van Kolonialisme nie.
Dit was nie die eindresultaat van koloniale gierigheid nie. Nee! nee! nee!
- die Afrikaner het mos daarvoor gesoek!

Die Britte se omkoop-beloftes aan die Swartmense ( dat hulle met grond
vergoed sal word as hulle teen die Boere veg, en waarvan niks gekom het
nie); die instelling van wetgewing in 1910 wat eers later in 1948 as
Apartheidswetgewing bekend sou staan, die vernedering van Afrikaners in die
openbaar en op alle vlakke van die sosiale orde NA die oorlog (gruwelike
onmenslike vernedering), was nie nog 'n aanloop tot die verbittering van
die Afrikaner waarmee die Britte se eie wetgewing in 1948 verfyn is om
terug te slaan nie. O nee, die Afrikaner is mos die vark in die verhaal -
die wereld verwag van ons om so te dink.....

Dit is ook nie die aanloop tot die huidige neo-kolonialisme waarmee
Suid-Afrika uit London bestuur word nie. Almal wat op hierdie nuusgroep
deelneem, wat daagliks die media beleef, weet goed waarvan ek praat.
Lees die ekonomiese nuus as julle nog wonder.

Dis die Anglo-Boere oorlog en Brittanje se dade wat Apartheid 'n
werklikheid gemaak het. Apartheid is uit bitterheid gebore.

Brittanje kan nie die gesteelde goed uit die Anglo-Boere oorlog teruggee
nie. Daar sal doodeenvoudig nie meer 'n Brittanje oor wees nie. Hulle
rykdom is met gruwels van Kolonialisme verdien.

Is die vernedering verby? Is die taalvervolging verby? Wie maak seker
dat die Afrikaner nie tv-tyd kry om hulle EIE herdenking van hierdie
bloedbad te herdenk nie?

'n 100 se pyn?! Here, vergewe ons as vergifnis nie wil kom nie. 'n 100 is
veels te kort. As die Jode die Duitsers die Holocaust vergewe, Here, kan
ons maar weer gesels................

En ja, ek gee nie om wie nou briekmerke waar in hulle klere maak oor my
volgende stelling nie: Gly daar in, versmoor daarin, maak net wat julle
wil.

Ek is 'n - Wit - Afrikaner - Christen - Vrou; lief vir my land; lief
vir etniese verbintenis; lief vir my taal; en tot die dood toe getrou aan
Suid-Afrika.

Ek kan swart tale praat, ek het meer swart en Engelse vriende as wittes, en
leef 'n bogemiddelde goeie lewe. Ek het voordeel getrek uit Apartheid; ek
het gestem vir 'n party waarvan die geskiedenis nou eers herskryf word. Ek
het geleef as Afrikaner, en sal sterf as een.

Maar 'n skynheilige, skaam, tweegesig Afrikaner is ek nie. Vir politieke
korrektheid, of aanvaarding in intellektuele liberale kringe, of vir niks
en niemand sal ek bereid wees om my kop in skaamte te laat sak omdat ek 'n
Afrikaner of 'n Christen is nie. En lieg sal ek ook nie. En my kinders weet
hulle sal met Afrikaners trou en Afrikaans as huistaal gebruik - daar sal
geen kompromiee hieroor wees nie.

En ja, Nkosi Sikele Afrika sing ek reeds van die 70-er jare af, en eer dit
met oorgawe as my nuwe Volkslied want dit sê alles wat ek wil sê oor
hierdie wonderlike kontinent en sy mense: "God seën Afrika."

Lekker dag vir almal.
________________________________________________________

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Griet se pyn

Ma., 18 Oktober 1999 00:00

Liewe Griet
Dankie vir die mooi briefie. Soos jy het ek ook lus om te ween oor alles wat
ons volkie, so oënskynlik verniet, moes ly tydens en ná die Tweede
Vryheidsoorlog (sy regte naam!). By die lees van jou skrywe, het ek aan my
pa gedink. Ons het dikwels oor die Boere-Oorlog gesels en het saam die
slagvelde by Paardeberg en Magersfontein platgeloop. Paardeberg naby
Koedoesrand aan die Modderrivier en Magersfontein op die Jacobsdal pad
anderkant al die plase wat met "fontein" eindig. Die eerste plaas op dié pad
is Benfontein wat aan Sailor Malan, een van die helde van die Battle of
Britain, behoort het. Dan is daar Alexanderfontein waar Rhodes sy hotel
gebou het en waar Kekewich en 'n paar man die Boere (ons!) op loop gejaag
het. Dan is daar Mauritzfontein waar Harry Oppenheimer se perdestoet
gevestig is.
En dan die Magersfontein heuwels waar Die Slag van Magersfontein op 16
Desember 1899 plaasgevind het. Ons het een Sondagmiddag daar in die
loopgrawe na koeëlpunte gesoek. Hy het my gevra wat ek van die veldslag
dink. Ek het gesê dat ek bang sou wees as ek een van die manne moes wees
wat daardie dag daar was. Op daardie dag het 900 Engelse en Skotte gesterf.
(By Paardeberg op 27 Feb. 1900 het meer Engelse geval - byna 1200). En tog
het ons die oorlog verloor, want toe hulle koeëls nie die ding kon doen nie,
het hulle die vrouens en kinders aangeval. Dit was 'n misdaad teen die
mensdom. Op Magersfontein is ook die eerste keer van Liddiet-bomme gebruik
gemaak. Die geel liddiet-rook het alle wonde laat sweer. Volgens my beskeie
mening is dit chemiese-oorlogvoering. Ons gesprek het gedraai by wat sou
gebeur het as ons die oorlog gewen het. Pa het gesê dat ons nog steeds net
twee klein Boere-Republiekies sou wees. Nie een van ons twee het die gawe
van profesie gehad nie. Vandag het ons nie eers dit oor nie. Maar vandag is
dit te laat vir trane. As ek Genl. Cronjé was by Perdeberg, het ek ook
oorgegee. Op daardie haai vlakte het die lyke in hope gelê. Vir die
Christen-Boere was dit te veel - al was dit die vyand se lyke! Vir diegene
wat nog nie die moeite gedoen het om self daar te gaan stap nie, kan ek dit
van harte aanbeveel. Ons het daar op Oskoppies waar die skanse vandag nog
staan, 'n paar skote met 'n .303 geskiet -
net om te probeer om 'n idee te kry van wat die geskiedenis werklik is. Pa
is nou al meer as twintig jaar weg, maar as ek daar kom, leef hy weer.

In 1966 was daar 'n politieke vergadering op Bloemfontein waar die manne
mekaar met vrot-eiers en tamaties bestook het. Toe ek daardie aand by die
huis kom en Pa van die ding vertel, was sy antwoord aan my: "Een boer doen
dit nie aan 'n ander nie". Later was ek student aan 'n Engelse universiteit
en op 6 Sept. 1966 toe Tsafendas vir Verwoerd met die mes doodgesteek het
(iemand anders het hom vermoor!), moes ek aanskou hoe 'n groot gedeelte van
die studente stad toe stroom om gou die insident te gaan vier, want almal
het geweet dat al die hotelle en openbare plekke gesluit sou word. So 'n
klompie jare gelede met die inhuldiging van ons nuwe landsvlag het daar
tydens 'n nuusprogram 'n dametjie op die skerm verskyn wat die volgende
aangaande die Oranje Blanje Blou te sê gehad het: "I never saw that rag as
my flag!". Dit was mos Langenhoven wat gesê het "You'll never be at home at
your home from home." Meeste van daardie mense is in elk geval al terug
"home" toe - al is dit net om vir die Springbokke te gaan "cheer".

Ek wonder wie nóg in SA weet wat die simboliek van die Transvaalse Vierkeur
is? In 1960 het 'n grys omie dit aan my uitgelê. Die groen verteenwoordig
die groen velde van Transvaal.
Die blou die hemel bo en die wit die reinheid van die Afrikaner gewete. Die
rooi is simbool van die bloed waarmee vir die vaderland betaal is. Miskien
nie heraldies korrek nie, maar dit is wat die Vierkleur vir my beteken!

As mens na die media kyk en sien hoe dit wat vir ons volk heilig is deur
almal opgeëis word as gemene besit, kan ek nie help om te wonder of dié
skielike "belangstelling" en "groot rol" wat almal nou skielik in die
Vryheidsoorlog gespeel het, nie as gevolg van 'n hunkering is om deel te hê
aan die " demise" van die Afrikaner nie. Laat een van hulle opstaan en sê
dat hy of sy voorouers aan Boerekant geveg het! Nie een van hulle het nie!
Nou is dit skielik hulle oorlog! Dit was 'n Boere-oorlog, nie 'n
wêreldoorlog nie! Snaaks dat die uitsprake net deur die
proffies geboekstaaf word.

Nou, ja, Griet, jou pyn is ook myne. Die geleerde ouens praat van "lang"
(vertelde geskiedenis) en "parole" - daardie geskiedenis wat beleef is. 'n
Verhaal wat net 'n vertelling is en nie tot 'n belewenis lei nie, is 'n swak
verhaal. Die verhaal van die Afrikaner vandag is 'n swak verhaal. Ek is
eintlik half skaam om een te wees! En dit maak die seerste! Jy praat van
blomme en kranse. Gaan staan maar net vir 'n paar minute in die
Konsentrasiekamp-monument op Aliwal Noord en laat daardie grafsteentjies met
jou praat. Ons ou volkie is dood en daaroor huil ek.

Hierdie briefie, weet ek, is net vir jou oë nie. Laat die ou Sappe ( daar is
seker nog oor) my maar 'n jingo noem. Die Glory Boys sal seker ook iets te
sê hê. Ons stuwe maar voort en bou so geleidelik aan die heel nuutste nuwe
Suid-Afrika. Iewers, weet ek, brand nog 'n stukkie regte ou Boere
Nasionalisme. Miskien laat een van die ou "Torch Commando" van hom hoor.
Nou dat Geskiedenis nie meer 'n skoolvak is nie (is daar nog skoolvakke?)
sal ons weer vir ons kindertjies moet begin vertel van gister. Ons
geskiedenis is nie in die ou Testament opgeteken nie. Iemand sal hom moet
begin oorvertel - anders sterf hy saam met ons volkie.

Slaap rustig.

Barrie

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

'n WAT ? foefiebrakkie ?

Ma., 18 Oktober 1999 00:00

Liewe Gloudina,

wat in die wereld is 'n foefiebrakkie ? Dit woord slaan my werklik stom, wat is

nou die agtergrond van so'n woord ? Ek is baie benuut na julle uitleg.

groete van patrick van Nederland.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1149  1150  1151  1152  1153  1154  1155  1156  1157  1158  1159  1160  1161  1162  1163  1164    »]
Tyd nou: Wo. Mei 13 05:45:57 UTC 2026