Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Persverklaring: Palet Roadshow

Sa., 02 Oktober 1999 00:00

OP Woensdag 3 November 1999 loods Radio Kansel die Palet Roadshow. Palet
is 'n afrikaanse joernaalprogram vir vroue wat deur Wanda De Kock vir Radio
Kansel aangebied word.

Die geleentheid word kleurvol en met verskeidenheid; soos bolletjies verf op
'n kunstenaar se palet aangebied met die doel om die oggend sinvol vir ons
gaste af te sluit. Kleurvolle bolletjies verf op 'n kunstenaarspalet
beteken niks totdat nie saamgevoeg word en tot volle wasdom groei op die
kunstenaarsdoek. Elke gas moet haar inkopiesak vol pitkos van mode, sang,
poësie en die variasie van vrouwees met haar saamneem en nog lank ná die
oggend daardeur vroetel en blaai soos in 'n album van haar kinders se
grootword jare.

Datum & tyd : Woensdag 3 November om 09:30 (vm)
Plek : Ballroom, Sheraton Hotel &
Towers, Pretoria
Kostes : R90,00 per persoon(ontbyt
ingesluit)
Gasvrou : Wanda De Kock
Gassprekers : Chanté Hinds
Hilda Steyn
Ontwerpers : Mareike Gunter-Starbuck
Hilma Schultz
Christa B
Gina Snyman
Modelle : Marguerite Wesssels
Marelize Steyn
Liesel Krause-Wiid
Heidi van Zyl
Louisa Taylor
Marelize Coetzee
Amanda Brink
Candice Jacobus
Borge : Alexander Forbes
Willa Krause Velsorg
Essentials
Pot Art & Décor
Finesse
Iveco

Kom geniet ontbyt saam met ons tydens hierdie kleurvolle oggend vol variasie
en kreatiewe vrouwees. Kom kry pitkos vir die nuwe millennium vol
uitdagings!!

~ You cannot always control your direction, but you can control your
decision.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~ ~~~~

Vir besprekings kontak:

Ina Kotze by 012 - 5484160

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Selfs Beeld

Vr., 01 Oktober 1999 00:00

Interessant dat Beeld suggereer dat 'n ANC-minister verder gaan in sy
optrede teen persvryheid as wat PW Botha gedoen het.

En PW is nie eens deur 'n grondwet soos ons s'n aan bande gelê nie!

Hoofberig in Beeld 25 September:

Gebeure die afgelope paar dae noop Beeld om die soort kommentaar te lewer
wat ons gehoop het nie gou weer nodig sou wees nie. Die optrede vandeesweek
in die parlement deur mnr. Mosiuoa "Terror" Lekota, minister van
verdediging, waarin hy onder meer Beeld van onverantwoordelike verslaggewing
oor die Tempe-slagting gekritiseer het, en sy ongenooide besoek aan Die
Volksblad daarna, verdien kommentaar.

Lekota se aanval op die media was uit pas met die tragiese gebeure by 1 SA
Infanteriebataljon. Almal wat die belange van die weermag en die land op die
hart dra, wou sien dat die minister en die leierskorps van die weermag hulle
toespits op die tragedie en die spanning wat dit in weermag-geledere
veroorsaak het. Die minister het dit meer gepas geag om die boodskapper van
die slegte tyding (dat daar rassespanning by 1 SAI is) trompop te loop.

Sy galbrakery het herinner aan die "lunsriem"-dae van oudpres. P.W. Botha.
Maar selfs Botha het nie so ver gegaan om 'n koerantredakteur, ondersteun
deur 'n groep militêre offisiere, fisiek in sy kantoor te gaan konfronteer
nie.

Of die minister dit so bedoel het of nie, sy optrede grens aan intimidasie.
Watter voorbeeld stel hy deur sulke optrede aan mindere politici en
offisiere wat dalk al lankal die begeerte het om koerantverslaggewers op
minder subtiele maniere te intimideer om stil te bly?

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Wat gebruik jy as 'n "home page"?

Vr., 01 Oktober 1999 00:00

Ek weet van geen beter adres as hierdie om as "Home Page" te gebruik.
http://www.thehungersite.com/

*
THANK YOU FOR YOUR DONATION
.
You have just donated 1 1/4 cups of rice, wheat, maize or other staple food
to a hungry person, adding to over 30 tons weekly.

*
En dít kos slegs een kliek!

Ek het voorgeneem om elke dag daarheen te gaan maar dit slegs elke derde of
selfs vierde dag onthou. Nou dat dit my "Home Page" is word dit nie meer
vergeet nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuwe webblad

Vr., 01 Oktober 1999 00:00

U is welkom om die nuwe webblad te besoek wat opgesit word vir oud Weermag
en SAP lede.
Deel is die goeie ou dae in die eens trotse MAGTE....

U is ook welkom om op die webblad aan te sluit op die Gesels Weermag
posgroep.

Frikkie

http://members.xoom.com/weermag/

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Meander en literaire links

Vr., 01 Oktober 1999 00:00

De Meanderkrant http://meander.italics.net brengt in het nummer van
oktober gedichten van Joop Boomsma, Marianne Comperen, A. Koorde, Olaf
Korder, Iris Michiels, Albert Nanning, Simon Postma, Fatima Ualgasi,
Marc van Rossum du Chattel, V.S. Scholze, Alfred Valstar en Erwin van
Wouw. Het "Gedicht van de maand" is "Weggaan" van Fatima Ualgasi.

De verhalen zijn van Anne, Jules Grandgagnage en Paul Hunt. Als het
"Verhaal van de maand" koos de redactie "Gloeien in het donker",
geschreven door Paul Hunt.

Er bestaat ook een e-maileditie van de Meanderkrant. Vol gedichten en
nieuws over literaire zaken. Elke zondag ontvang je die gratis in je
mailbox. Op woensdag verschijnt soms een speciale editie. Je kunt je
abonneren door een e-mail te sturen aan majo...@oudenaarden.nl met
als inhoud: subscribe meander-l (het laatste teken is de letter l).
Abonneren kan ook on line, zie de rubriek "Po�zie op Zondag".

Tenslotte: De Meander Linkspagina heeft nu ruim 1600 links die
interessant zijn voor iedereen met belangstelling voor
Nederlandstalige literatuur op het Internet.
http://meander.italics.net/links

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Van erg tot erger

Vr., 01 Oktober 1999 00:00

Sien die berig in Beeld oor die wetgewer in die Oos-Transvaal se besluit oor
die Openbare Beskermer:

http://news.24.com/Afrikaans/Beeld/Nuus/AFR_146602_687253_SE O.asp

Die aanvanklike uitlatings deur die premier - dat politici mag lieg - was
erg genoeg.

Die ligte tik oor die vingers wat die ANC hom gegee het, was 'n belediging
vir goeie regering.

Die aanvalle wat die ANC nou op die openbare beskermer maak, bedreig die
integriteit van die Grondwet.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: "My Vrou" deur BREYTEN BREYTENBACH

Vr., 01 Oktober 1999 00:00

Klink soos een van Picasso se sketse !

Francois

@sympatico.ca wrote in message
...
MY VROU
Breyten Breytenbach

my vrou se naam is Yolande
sy is 'n vrou
klein en getrou
maar getrain
haar hare is swart
haar oë mispelbruin
haar neusie is plat
en haar mond 'n rooiborsie
gestol in die vlug
agter haar tande
hang die vleesklok van 'n vreemde land
Yolande Yolande gee my jou hande
ek het jou getrou
jy is my vrou

- en al julle vraatsige oë, Here, kakkerlak
vir spek en boontjies oor my landkaart
as julle verwag, onnosele age, dom donders
dat ons my vrou vir julle slag en rangskik
in die beddens van julle verbeelding
dis ons twee wat lag -
(my vrou en ek)

om af te rond:
haar ore is dus kerke
haar hande is soos wyn
haar voete is meesterwerke
roosblaar en klein konyn
sy dra vyf tone aan elke voet
worsies spek en bloed
van die beste in die land
my Yolande
hier kom sy nou
my Vrou

Prosa & poësie | 0 kommentare

Taalcommunicatieprobleem tussen ZA en NL

Vr., 01 Oktober 1999 00:00

> Liewe Myrte,

> As die doel van subsidie is, om kospryse "betaalbaar" te hou, sal _alle_ kos
> gesubsidieer word, en nie net die kos wat deur jou eie boere geproduseer
> word nie.

Voedselprijs en werkgelegenheid in Europa

> Is _dit_ waarom Nederlanders soos jy hulself die reg aanmatig om die res van
> die wêreld voor te skryf en te kapittel?

Ik kapittel niet maar ik denk dat dit een taalprobleem is.
Mijn hele betoog verdraai je steeds en ik heb de indruk dat je veel dingen
verkeerd opvat ( kan ook een cultuurvverschil zijn over opvattingen )of
begrijpt.

Ik geef alleen de visie vanuit NL en dat is natuurlijk mijn weergave uit
nieuws/ politiek enz......
Maar ik denk dat het een taal communicatie probleem......ik kan geen ZA
schrijven.
Mijn laatste posting in deze................

Mondeling is zou dit beter lukken denk ik.

Ik wil geen ZA in het harnas jagen ;-))
Overigens onze minister van verkeer is in ZA .

Groetjes aan alle ZA in deze groep
Myrte

Koeitjies & kalfies | 27 kommentare

Oor Moord

Do., 30 September 1999 00:00

Interessant die ding van euthanasie, aborsie en moord:

Die Grieke en Romeine wat van ongewenste babas ontslae wou reek, het die
kinders iewers in die veld gesit om van blootstelling dood te gaan. Mens sou
dink dit sou eenvoudiger wees om hulle sommer daar en dan te verwurg of
keelaf te sny.

Eskimo's (voor hulle Inuit geword het) het bejaardes blykbaar op dieselfde
wyse
agtergelaat om aan blootstelling te sterf. Geen genadige dolk in die hart,
of so iets nie.

Attie van Niekerk is deur 'n Sotho vertel hoe hulle 'n bejaarde voor die hek
van die beeskraal sou neersit. Al die lede van die stam jaag dan die beeste
uit om hom dood te trap. Op daardie manier "is niemand skuldig nie".

Lyk my nogal baie soos die 'Ollanners wat die "skuld" vir euthanasie onder
'n span van drie dokters versprei.

Aborsieklinieke verskaf terapeutiese dienste om die "gewetenswroeging"
(aldus Myrte) te besweer.

Hoekom doen ons dan so veel om die feit van ons "dade van genade" te
verberg, verdoesel, verwerk, ens?

Laat mens dink aan Paulus wat daarop gewys het dat, aan die dade van die
heidene, mens kan sien dat God sy wet ook op hulle harte geskryf het.

Van sulke goed gepraat. Ek het iewers gelees dat die voorlaaste (behalwe vir
die windeier met die Amerikaanse vrou) koning van
Engeland (Ou Liesbet se oupa - George V) se
lewe ook "verkort" is met 'n strategiese dosis morfien.

Dit blyk dat die ou aan't sterwe was, en waarskynlik binne enkele ure die
gees sou gee. Dit was laataand en Queen Mary het reggesit in swart vir haar
eerste foto as weduwee en Queen Mother.

Maar die saktyd van The Times het nader gekom, en die ou wou nie vrek nie.
As hy na die saktyd sou sterf, sou die doodsberig eerste in die vulgêre pers
verskyn het, en nie in die ordentlike Ingelsman se koerant, The Times nie.

Nou kan mens jou voorstel - sy hele lewe lank het die Koning waarskynlik sy
dinge beplan met die oog op die saktyd van The Times.

Toe verrig die Koning se lyfarts hom maar 'n laaste diens en gee hom 'n
bietjie ekstra morfien sodat hy The Times kon haal.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Artikels

Do., 30 September 1999 00:00

U is welkom om die volgende 2 nuwe artikels op die webblad van Vryheid2000
te gaan lees te:
http://members.tripod.com/Vryheid2000/

Politieke verraad onder die Afrikanerdom
Deur Fred Rundle en Frikkie Potgieter

Kom aan Boere - Skep Ons Eie Land!
Boere-Konferensie Dringend Nodig
Deur Fred Rundle

Boere Groete
Frikkie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1156  1157  1158  1159  1160  1161  1162  1163  1164  1165  1166  1167  1168  1169  1170  1171    »]
Tyd nou: Sa. Mei 30 23:03:57 UTC 2026