Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Diaspora - SANSA

Do., 23 September 1999 00:00

Interesante web blaai vir die ouens aan die 'buite' kant - 'The South
African Network of Skills Abroad'. So as julle nog terugverlang en 'n
verskil wil maak ...

http://www.uct.ac.za/org/sansa/

Dievolgende vanaf hulle beskrywing:

>>>> >>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>
What is SANSA?
The South African Network of Skills Abroad links skilled people living
abroad who wish to make a contribution to South Africa's economic and
social development and connects them with local experts and projects.
Why this initiative?
The lack of highly skilled people in South Africa is a major constraint
to the country's development. However, there are large numbers of highly
skilled South Africans now living abroad. The human resources of this
"diaspora" could contribute significantly to the achievement of South
Africa's cultural, social and economic goals.
Who can be a member of the network?
Anyone, in any field, who has skills and is interested in contributing
to the new democratic South Africa. The network is not restricted to
former South Africans now living abroad, but it is principally directed
at them.

Cheers
Lou

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Ongeveer 6 poste later...die persoonlike aanval

Do., 23 September 1999 00:00

Ek neem ons nuusgroep al so 'n rukkie waar. Volgens my
waarnemings, neem dit ongeveer 4 tot 6 poste voordat die eerste
persoonlike aanval geloods word, ongeag die onderwerp. (Sommige
gedigte, advertensies, ens. uitgesluit.)

Hier is 'n voorbeeld: So 'n wyle terug het ek en Leendert 'n
woordewisseling gehad oor Verwoerd en sy bydrae tot swart
onderwys. Leendert reken Verwoerd het eintlik die antwoorde gehad
vir die probleem, en ek glo Verwoerd was grotendeels die
probleem.

Toe Leendert niks meer kon opdis wat min of meer slim klink nie,
wend hy hom tot die ou staatmaker... die persoonlike aanval.

Hy sê toe van my: "Waar dit jou aangaan, het ek die indruk gekry
van 'n tipiese Foreign Service Brat wat in Engelse Grammar
Schools of in 'n American School in een of ander hoofstad
skoolgegaan het - met 'n paar jaar op koshuis in Affies of Paul
Roos om die agtergrond bietjie in te kleur."

Hier word iemand ge-stereotipeer net omdat hy die vermetelheid
het om nie met 'n self-aangestelde kuber-guru saam te stem nie.

Ek verag dit.

En jy het geen idee hoe verkeerd en arrogant jy is nie Leendert.

Bees.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Ongeveer 6 poste later....die persoonlike aanval

Do., 23 September 1999 00:00

Ek neem ons nuusgroep al so 'n rukkie waar. Volgens my
waarnemings, neem dit ongeveer 4 tot 6 poste voordat die eerste
persoonlike aanval geloods word, ongeag die onderwerp. (Sommige
gedigte, advertensies, ens. uitgesluit.)

Hier is 'n voorbeeld: So 'n wyle terug het ek en Leendert 'n
woordewisseling gehad oor Verwoerd en sy bydrae tot swart
onderwys. Leendert reken Verwoerd het eintlik die antwoorde gehad
vir die probleem, en ek glo Verwoerd was grotendeels die
probleem.

Toe Leendert niks meer kon opdis wat min of meer slim klink nie,
wend hy hom tot die ou staatmaker... die persoonlike aanval.

Hy sê toe van my: "Waar dit jou aangaan, het ek die indruk gekry
van 'n tipiese Foreign Service Brat wat in Engelse Grammar
Schools of in 'n American School in een of ander hoofstad
skoolgegaan het - met 'n paar jaar op koshuis in Affies of Paul
Roos om die agtergrond bietjie in te kleur."

Hier word iemand ge-stereotipeer net omdat hy die vermetelheid
het om nie met 'n self-aangestelde kuber-guru saam te stem nie.

Ek verag dit.

En jy het geen idee hoe verkeerd en arrogant jy is nie Leendert.

Bees.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Lekker lang naweek vir almal !

Do., 23 September 1999 00:00

Hoop julle is almal nog volgende week hier !

Geniet julle "Heritage Day" , het vandag eers uitgevind van sy
bestaan......waaroor dit gaan weet ek nie.......ons sal maar mo^re 'n
braaivleis, boerewors en bier dag moet hou aangesien dit nou te laat is om
iets te reel.

Drink by die huis en ry veilig met jou " layzee boy"

Francois

Reis & vakansie | 3 kommentare

Gedigte....

Do., 23 September 1999 00:00

Gloudina (en andere)..... wat het van die gedigte geword?

Jan van Perth.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Hulp oor oud presidente

Wo., 22 September 1999 00:00

Kan iemand my dalk help met inligting oor ons oud eerste ministers en gewese
staatspresidente.Die inligting wat ek soek is soos hulle geboorte datums,hoe
hulle grootgeword het,hoe hulle in politiek begin belangstel het,en laastens
wanneer hulle oorlede is en hoe.

Baie dankie
mail my asb by
hit...@internext.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Tweede Wereld Oorlog vlieeniers

Wo., 22 September 1999 00:00

Kan iemand my dalk uit help met inligting oor Suid Afrikaanse vlieeniers in
die Tweede Wereld Oorlog.As iemand my bv die lugmag musuem se website adres
kan gee sal dit help.As daar iemand is wat oupas gehad het wat in die oorlog
gevlieg of geveg het ek sal graag met julle in aanraking wil kom.

Baie dankie vir die hulp
Mail my asb by
hit...@internext.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Kultuur moet keer: Nuus Groep Droog op

Wo., 22 September 1999 00:00

|Wil iemand nie asb. iets interessant plaas nie.
|
| Iets wat mens eiwerig kan bespreek.
|
|Dalk iets wat die lewe sal verbeter.
|
Francois, ek loop nou al 'n rukkie met 'n idee in my kop rond - 'n
baie dro�-klinkende onderwerp, maar ek hoop dit kan bespreking tot
gevolg hê waaruit ons almal dalk iets kan leer.

Wat is my KULTUUR?

Lekker sat, né! Maar ek is ernstig en ek dink dit kan baie
interesant wees. Dit kan byvoorbeeld wees dat ons besluit dat jou
kultuur deur jou omgewing beinvloed word, en dan vra ons almal, om
soos Pat hier vra, om van hulle omgewing te vertel.

Ek sal begin met 'n paar vrae en ek is nuuskierig om almal se reaksie
daarop te lees.

1) Wat is jou kultuur?

2) Deel jy jou kultuur met 'n groep mense?

3) Kan jou kultuur verander?

4) Wat beinvloed jou kultuur?

5) Kan jy aan meer as een kultuur behoort?

6) Kan jy 'n ander kultuur aanneem?

7) Het almal wat Afrikaans praat dieselfde kultuur?

Kan iermand aan nog vrae dink wat interesante bespreking kan uitlok?

Ons sit almal hier op 'n nuusgroep wat oor kultuur gaan, maar vir my
byvoorbeeld, is dit nog net 'n vae begrip.
Nogal interesant om die woord kultuur op 'n searchengine in te sit en
te kyk wat jy kry - lyk of heelwat russiese tale ook die woord netso
bevat.

Ek sal wegval en my mening in 'n antwoord hierop gee....

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Mirage vegvliegtuie

Wo., 22 September 1999 00:00

Het iemand dalk vir my inligting oor die mirage vegvliegtuie van die suid
afrikaanse lugmag.bv die mirage f1,mirage111 ens.

Baie dankie
Mail my asb by
hit...@internext.co.za

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Tempe Moorde - die berig spreek vanself

Wo., 22 September 1999 00:00

Tempe moorde: Regses by basis ondersoek
POLITIEKE REDAKSIE
http://news.24.com/afrikaans/die_burger


KAAPSTAD. - 'n Ministeriële ondersoek gaan ingestel word na verregse
"negatiewe elemente" binne en in die omgewing van die Tempe militêre
basis nadat vermeende AWB lede die naweek 'n minibus op die basis
gesteel het.

Mnr. Patrick Lekota, Minister van Verdediging, het gister ook bekend
gemaak dat lt. Sibusiso Madubela, wat verlede week sewe kollegas by 1 SA
Infanteriebataljon by Tempe in die Vrystaat afgemaai en toe self
doodgeskiet is, nié 'n volle militêre begrafnis sal kry soos wat die PAC
geëis het nie.

"Elemente" het tussen Saterdagaand laat en Sondagoggend die dubbele
heining om die weermagbasis geknip en twee minibusse uit die
vliegtuigskuur probeer steel. Hulle kon met net een wegkom, maar het 'n
"slagspreuk" in Afrikaans agtergelaat: "Ons kom weer. AWB."

'n Oproep van die Boere-Weerstandbeweging aan sy lede tot weerwraak sal
deel van die ondersoek wees, het Lekota gesê by 'n gesamentlike sitting
van die parlementêre komitees oor verdediging en intelligensie.

Die ondersoek, wat ook na "valse" mediaberiggewing gedoen sal word, moet
alle twyfel verwyder oor die omstandighede wat aanleiding tot die
voorval gegee het en het die goedkeuring van pres. Thabo Mbeki.

Die ondersoek is daarop gerig om vas te stel wat die uitwerking van
"groepe negatiewe elemente" is op die verloop van die gebeure op die
basis en of die administrasie en intelligensie-deel daarvan bewus was.
Die ondersoek na verregse invloed kan ook na die Noord-Kaap uitgebrei
word.

Dit sal meer omvattend wees as die twee ander ondersoeke na die
treurspel waarmee die Polisie en die Weermag besig is. Die ondersoek van
genl. Siphiwe Nyanda, weermaghoof, gaan spesifiek oor die omstandighede
wat Madubela kon gedryf het na die optrede en die Polisie s'n is
strafregtelik.

'n "Kritieke element" is waarom Madubela se salaris teruggehou is hoewel
hy toestemming gehad het om na sy pa se begrafnis te gaan. Die
verhouding tussen die bevelvoerders en die soldate sal ook ondersoek
word en hoe dit tot die voorval kon bygedra het.

Lekota het gesê daar was reeds vroeër "ongelukkige" voorvalle by Tempe
soos die wapenrooftog waarin twee lede van die basis twee van hul
kollegas doodgeskiet het. Een van die moordverdagtes is intussen weer
aangestel.

Lekota het Nyanda opdrag gegee om onmiddellik in te gryp. Die verdagte
is toe geskors.

Die ondersoek sal ook wees na 'n mediaberig in die Sunday World die
naweek voor die voorval waarin beweer is dat honderde vuurwapens op die
basis gesteel word. Die bevelvoerders het verlede week aan Lekota
verslag gedoen dat slegs twaalf wapens sedert Januarie by die twee
basisse by Tembe en in die Noord-Kaap vermis word.

"Dit gaan die verstand te bowe dat enigiemand so iets sal skryf. Die
verslaggewing het onherstelbare skade gedoen aan die koerant se
reputasie, rasseverhoudinge en die publiek se vertroue in die Weermag.
Myns insiens moet die ondersoek vasstel wat aanleiding gegee het tot die
berig," het Lekota gesê.

Volgens Lekota is berigte dat Madubela dronk was, nie betyds ná die
begrafnis teruggerapporteer het nie en van Lesotho teruggestuur is,
vals.

Hy het ook gesê wit kollegas van Madubela sal getuig dat hy sy wapen op
hulle gerig het en hulle nie geskiet het nie.

Lekota het in verbinding getree met "betroubare" individue om aan die
ondersoek deel te neem. Die staat se regsadviseurs ondersoek ook die
wetlike aspekte wat in ag geneem moet word met só 'n ondersoek.

Sy kantoor werk ook op die verwysingspunte van die ondersoek.

Opposisiepartye het gister gevra dat keuring van soldate deegliker
gedoen word om sulke voorvalle te voorkom.

http://www.24.com/service/osv/gaan_teal.asp?link=http://news .24.com/afrikaans/die_burger/die_burger.asp

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1159  1160  1161  1162  1163  1164  1165  1166  1167  1168  1169  1170  1171  1172  1173  1174    »]
Tyd nou: Do. Sep. 17 02:44:36 UTC 2026