Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

De Afrikaanse poëzie in 1000 en enige gedichten

Ma., 11 Oktober 1999 00:00

Ik heb net de nieuwste dichtbundel van Gerrit Komrij gekocht over De
Afrikaanse poëzie in 1000 en enige gedichten.

Wat een prachtige taal!

Een voorbeeld:

RASENDE AFGODERY:

Ons leef in die da'e van taalrasserny,
En daarvan kom Afrika oek niet meer vry,
Mar van die elend het dit bitter te ly.
Hoor hier die geskre van die Engelse gekke:
Hul seg, hulle taal moet die wereld o'erdekke;
Ver Engels moet all'ander tal mar trekke,
En waar hul die mag het, moet Engels die baas,
Die landstaal kryg daadlik die agterse plaas,
En dood moet hij gan by die Engels geraas;
En wie hom nog ophou, die is nes een stomme,
Hij mag in gen raad of bediening meer komme,
Een vreemdling is hy ins syn erfei'endomme.
Die Engelse taal wort als afgod vereer,
Die reg wort vertrap waar die afgod regeer,
Meer eens sal syn end kom, want god blyf die heer.

En bovenstaand gedicht over de Engelse taal die overal meer en meer
invloed krijgt helaas geldt ook heel sterk voor het Nederlands. In
Nederland is het inmiddels voicemail ipv stempost, email ipv epost en
handsfree ipv handenvrij.
Kennelijk is het niet meer mogelijk om Nederlandse vertalingen te
verzinnen.

MVG
Ton

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Sir Div Graaf oorlede: Moontlik ou nuus

Ma., 11 Oktober 1999 00:00

Vir die ou bloedsappe en ander bloednatte wat hulle buite die ZA  bevind,
net hierdie stukkie nuus:

Sir De Villiers Graaff, voormalige leier van die Verenigde Party en dus ook
'n voormalige leier van die Opposisie is verlede week oorlede.  Hy was 86
jaar oud.

Ek self het die voorreg gehad om as jong seun met hom te kon kennis maak. Op
daardie stadium was my pa betrokke in die politiek (as SAP natuurlik) en het
hy en Div gereeld kontak gehad.  Ons was op voornaam terme met mekaar
bevriend en ek kan net sê dat Suid-Afrika 'n 'groot' man armer is.  Almal
sal nou nie met my saamstem oor sy politieke standpunte nie, maar dit is jou
vrye reg om van my te verskil.

In 1983 toe daar 'n referendum gehou is om PW die 3-kamer parlement te gee,
het sir Div op Villiersdorp 'n vergadering kom toespreek oor waarom hy JA
sal stem.  Dit was nogal koddig om die gehoor die aand te sien.  Veral as jy
almal se politieke siening weet, en weet dat dieselfde mense nie 5 jaar
vroëer wou luister na wat sir Div te sê gehad het nie!  Daar kry hy toe
sowaar 'n staande ovasie!
Wys jou net: Never say never!

My pa vertel 'n staaltjie van sir Div:
Een of ander jaar was daar 'n party-kongres in Muizenberg gehou.  Die aand
is daar 'n ete vir die provinsiale hoofbestuur wat sir Div aanbied.  Pa sit
langs sir Div toe die wynkelner die wynlys aan die gasheer gee.  Div vra die
kelner wat hy sou aanbeveel, en die kelner  gee sy keuse.  "Reg so, bring
maar die wyn" se sir Div.  Wyn is gebring, kurk getrek, geskink vir die
proe, en sir Div proe die wyn.  Hy kyk so diep in die kelner se oë en sê:
"My vrind, neem maar hierdie wyn kombuis toe, en gee dit vir kok om mee te
kook, en bring dan maar liewer vir ons 'n bottel" en hy gee sy keuse van 'n
beter wyn.

So het ons hom geken: Gentleman, politikus, boer, vriend, godsman.
In alles wat hy was het hy dit voluit gedoen.  Suid-Afrika eer sy
nagedagtenis.

Thys de Wet
Stellenbosch

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Rugby Wêreldbeker - skrums

Ma., 11 Oktober 1999 00:00

Hoe sterk is die SA span oorsee se skrums? Het advies om dit te
verbeter, maar weet nie wanneer om dit te pos nie.

Gelukkig is dit nie voor Sondag se wedstryd teen Skotland gepos nie. Te
kort tyd om dit toe te pas. Het net die 2e helfte gesien - dit was
pragtig gewees. :)

Sport & ontspanning | 8 kommentare

Die Anglo-Boere Oorlog: 100 jaar later en nog steeds kriewelrig

Ma., 11 Oktober 1999 00:00

Volgens die Engelse was die 1880-81 gebeure mos nie 'n oorlog nie en praat mens
dus van die Anglo-Boere Oorlog pleks van die Tweede Anglo-Boere Oorlog waarmee
ons groot geword het. Hoe kan 'n mens 'n oorlog wen wat nooit plaasgevind het
nie?

Nietemin, vandag is dit 100 jaar nadat die ZAR se ultimatum vestryk het en daar
oorlog verklaar is teen die Empire. Ek sluit die Engelse in onder my "naaste"
vir wie ek lief het, maar nogtans voel ek vandag besonder kriewelrig as ek dink
aan die gebeure een eeu gelede en gekwel oor wat die Engelse gedoen het met die
verbrande aarde beleid en die konsentrasie kampe. Ek sal nie omgee as Lord
Kitchener na al die jare as "oorlogsmisdadiger" verklaar word nie.

Is daar ander wat ook vandag effens anders voel oor die gebeure 'n eeu gelede?

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Re: Die Anglo-Boere Oorlog: 100 jaar later en nog steeds kriewelrig

Ma., 11 Oktober 1999 00:00

On 11 Oct 1999 03:25:57 -0700, Cyber Sakkie wrote:

>
> Nietemin, vandag is dit 100 jaar nadat die ZAR se ultimatum vestryk het en daar
> oorlog verklaar is teen die Empire. Ek sluit die Engelse in onder my "naaste"
> vir wie ek lief het, maar nogtans voel ek vandag besonder kriewelrig as ek dink
> aan die gebeure een eeu gelede en gekwel oor wat die Engelse gedoen het met die
> verbrande aarde beleid en die konsentrasie kampe. Ek sal nie omgee as Lord
> Kitchener na al die jare as "oorlogsmisdadiger" verklaar word nie.
>
> Is daar ander wat ook vandag effens anders voel oor die gebeure 'n eeu gelede?
>

Janee, ek voel ons oorblywendes is seker geregtig op 'n bietjie
restitusie soos die oorlewendes van die "holocaust". Etniese
suiwering bly immers etniese suiwering, of wat. (En moenie
vergeet nie, ou Siener van Rensburg het nog ellende vir die
engelse vrouens en kinders voorspel ook.)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Hoe lyk Kennedy Se Laptop

So., 10 Oktober 1999 00:00

jy kon my maar vroegtydig gewaarsku het (of dalk is ek net dom, gie-gie) dat
dit 'n screensaver is en nie 'n image nie.

:))

Jilll

--
NB : when I write here, I spell the way I speak,
but when I translate professionally, I write well.

Samuel Murray (translator and proofreader)
smu...@yebo.co.za, cc le...@geocities.com
http://www.afrikaner.co.za/termwerf/smurray.html
or try my personal page http://ey.to.hey.to/

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

vertaling

So., 10 Oktober 1999 00:00

Kan iemand hierdie vertaal vir my na engels of afrikaans?

Geskiedkundige Dokumente: Pretorius se Politieke Testament

AFRIKA-PERSPEKTIEF
Die Boere van Suider-Afrika

Geskiedkundige Dokumente:
Politieke testament van Andries Pretorius
Na jare in diens van sy volk as leier, krygsman en volksraadslid, sterf
Andries
Pretorius op 54-jarige ouderdom op sy plaas in die Magaliesberge. Kort voor
sy
dood skryf hy hierdie groet:
Magaliesberg, den 13 Juni 1853.
Den Edelen Krijgsraad.
Edele Heeren! - Hoe trachtend was ik altoos geweest naar den dag der
aanstaande bijeenkoms, om daar met UEd. te zorgen voor den opbouw onzer
kerk
en staat, maar het behaagt den Heere niet, dat mijn persoon UEd.
vergezelle;
derhalve neem ik de pen op om u nog voor het laast een paar woorden te
schrijven, die ik zoo gaarne mondelings nog aan u had willen meedeelen.
Hoe dierbaar waaren wij elkander als wij omringd van bezwaren, onze harten
en
bedoelingen elkander openlijk verklaarden, de een den ander met
oprechtheid
des harten raad ter hand stelde; hoe gezegend liep alles met ons mede, hoe
trouw waren wij elkander, als door eenen band verenigd, zelfs dat daardoor
groote vijanden voor ons zijn bevreesd geworden. Dan, nu in mijne
zwakheid,
moet ik UEd. nog vermanen: Protecteerd uwe kerk; als de Christelijke
godsdienst onder u vervalt, vervalt uwe staat, vervalt de zegen van uw
land en
volk, zoodat gij in geen zaken bevorderlijk zult kunnen zijn. Waakt en
bidt,
dat geen zaad van tweedracht onder Uld. wortelt, roeit het bijtijds uit.
Weest
elkander getrouw in alles wat gij aanvangt te doen, doet het met den
Heere,
vraagt Hem om bijstand, vraagt Hem om kracht en sterkte en de Heere zal
Zijne
kracht in uwe zwakheid volbreng.
Ik heb mijn loop voleindigd; de Heere geve mij ruste van mijne arbeid en
zegene UEd. en de uwen. Mijn waarde medebroeders, ik vermaan u nogmaals,
ja
ernstig vermaan ik, wees voorzichtig dat er geene scheuring onder UEd.
kome.
Hier is nog veel ongedaan gebleven dat gedaan moest worden. Zet de zaak
der
rechtvaardigheid manmoedig voort en gaat niet buiten dezelven; zo gij
standvastig blijft in het goede, dan zal de Heer uw werk zegenen, maar
geraakt
gij in tweespalt, dan zal de vijand u onder de voet brengen, derhalve
vermaan
ik u, waakt en bidt.
Hartelik moet ik u dank zeggen voor uwe standvastigheid en trouw, welke
gij
tot hiertoe aan mij bewezen hebt; ja trouwe Broeders, voormannen van uwe
onderhoorigen God, God de Almachtige, vergelde u uwe trouw en laat u nooit
beschaamd uitkomen; de Heere zegene u in alles en doe weldadigheid en
trouw
bij ul., de liefderijke Vader schenke u verstand in alles, opdat gij het
volk
des Heeren verstandelijk leiden moogt. Geloofd zij de God des Heils, die
mij
tot hiertoe gespaard heeft en mij nog Zijn heil heeft doen zien, niet
alleen
in de onafhankelijkheid van mijn nakroost, maar zelfs dat Hij ons een
Leeraar
der kerk toegezonden heeft, die tans onder u is. De Heer zegene ook hem,
dat
hij rijke vruchten op zijn werk moge zien, daartoe heeft de Algoede ons
vrede
gegeven met alle mogendheden, zoo gijliede in de wegen des Heeren blijft
en
uwe godsdienst voorstaat, zal Hij nog meer voor doen. Dus laat de kerk
nooit
ledig zijn, laat de Leeraar toch niet spreken tegen stoelen en banken;
maar
wel tot opmerkzame toehoorders; bewaart en beschermd uwe godsdienst,
indien
gijlieden de vrede bemint.
Mijne Broeders! ten slotte vermaan ik ulieden dat indien het den Heere
behaagt
mij uit uwe midden weg te rukken geen verwarring onder uw te laten komen;
kiest wie gij kiezen wilt met eenparige oprechtheid, of weest hem
onderworpen
die ik ulieden opgeef. Zijt niet hoog gevoelig maar vreest. De God der
eeuwigheid zegene u uit den hemel; de aarde brenge hare vruchten voort en
verberge het niet voor ulieden tot aan de einde der eeuwigheid.
En gij, mijn broeder, die mijn plaats vervangt, weid het volk Gods in
nederigheid en in manmoedigheid met alle rechtvaardigheid en
bescheidenheid.
Weet dat de Heer uit den hemel ook op u wil neder zien; vraag hem om zijne
genade en zijne bijstand en Hij zal u ondersteunen. Doe nooit iets tot
eigen
eer; maar beoog in al u doen, de eer van God, en het welzijn van land en
volk!
Het is de wens, het is de bede van
Uwen Dienaar en Broeder,
A.W.J. Pretorius, Commdt. Gen.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Basson

Sa., 09 Oktober 1999 00:00

Ferdi skryf oor Basson:

*************************************

Die aanklagte kan formidabel wees.
Van dwelm-smokkelary (die oorspronklike een waarop hy gevang is) tot by
oorlogsmisdade.

Dit kan teoreties begin by SA howe, deurgaan na Namibie se howe en tot in
die Oorlogsmisdade-hof in Den Haag.

***************************************

Ja. Dit gaan _baie_ insiggewend wees om te sien wat alles _hier_ uitkom.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

TSAFENDAS, TSAFENDAS

Sa., 09 Oktober 1999 00:00

So, Tsafendas is dood. Wie sal ooit die hele storie ken?

Was hy die "apolitiese malmens" wat na 'n lintwurm in sy binneste
geluister het om Verwoerd te vermoor?

Of was hy 'n sterk politiese mens, wat gevra het om van "wit" tot
"kleurling" ge-herklassifiseer te word, kort voordat hy Vervoerd
vermoor het? (Onthou sy presisie met die messteke...)

Ek onthou die "wit" rou met Verwoerd se dood, ek was klein.
Uniegebou in purper. Gedog die wereld kom tot 'n end.

Later, in die tyd van PW, onthou ek die uitlating: "Tsafendas,
Tsafendas, where are you now that we need you?

Bees

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: TSAFENDAS, TSAFENDAS

Sa., 09 Oktober 1999 00:00

Bees maar jy's 'n bees :-) !

**********

Bees skryf in boodskap news:#$Bbx7hE$GA.197@cpmsnbbsa03...
> So, Tsafendas is dood. Wie sal ooit die hele storie ken?
>
> Was hy die "apolitiese malmens" wat na 'n lintwurm in sy binneste
> geluister het om Verwoerd te vermoor?
>
> Of was hy 'n sterk politiese mens, wat gevra het om van "wit" tot
> "kleurling" ge-herklassifiseer te word, kort voordat hy Vervoerd
> vermoor het? (Onthou sy presisie met die messteke...)
>
> Ek onthou die "wit" rou met Verwoerd se dood, ek was klein.
> Uniegebou in purper. Gedog die wereld kom tot 'n end.
>
> Later, in die tyd van PW, onthou ek die uitlating: "Tsafendas,
> Tsafendas, where are you now that we need you?
>
> Bees
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1152  1153  1154  1155  1156  1157  1158  1159  1160  1161  1162  1163  1164  1165  1166  1167    »]
Tyd nou: So. Mei 03 00:26:57 UTC 2026