Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Bantu Education and the Railways

Wo., 13 Oktober 1999 00:00

Byter:

Perhaps Gloudina does sometimes use a single anecdote to prove a general
point, and perhaps it's true that the anecdote is often not typical.

But in this case, she is right, and the anecdote does illustrate what was
happening generally.

Do you remember (or have you heard about!?) when the SA Railways started to
give preference to whites, at a higher salary than was being paid to blacks
(the so-called "civilized wage")? I believe it was Smuts that initiated
that in the 1920s, under some pressure from Hertzog. The objective was to
use the power of the state to solve the "Poor White" problem, albeit at the
expense of "Poor Blacks".

Well, Bantu Education was used for a similar purpose to the "civilized
labour" policy of the Railways. From the 1950s, it provided sheltered
employment to many lower middle class whites who could not find jobs in the
white school system. Of course, many of these people were good and
dedicated teachers. But on the whole, they were people who had their jobs
by virtue of their skin colour and home language, and not surprisingly a
large number of them were second and third rate, as well as contemptuous of
their students.

I am disappointed that no one replying to Gloudina shows any real knowledge
of the history of Bantu education and the role of the white (overwhelmingly
Afrikaner) teacher in the system.

If people refuse to recognize what happened in the past, they will continue
to suffer for it in the future.

David

_____________________________________________________

Byter wrote in message ...
> Weereens stel Gloudina haar persoonlike belewenis van gebeure by Adam's Mission
> (net een skool) as die wet van Meders en Perse. Ander mense belewe dieselfde
> gebeure anders en dis hulle weergawe van realiteit.
>
> En watse hatigheid is dit met die Transvalertjies, he? Hulle is mos nou nie
> beter of slegter as kanaalape nie, of hoe?
>
> Sa, manne! Vat die antie vas!!
>
>
>
> In article , @sympatico.ca says...
>>
>> Leendert van Oostrum wrote:
>>
>>> Hmmmmm....... Die swart onderwys moes inderdaad aantreklik gewees het vir
>>> gekwalisfiseerde wit onderwysers.
>>
>> Nee, ongelukkig Leendert, was die wit onderwysers (gewoonlik Transvalers)wat
>> afgesit het na swart onderwys toe Bantoe-Onderwys begin posvat het,
>> meestal tweederangse mense wat ambisie gehad het om skoolhoofde te word.
>> (Daar is niks meer naar as onderwysers wat met die leer wil opklim nie. Dis
>> gewoonlik mense wat nie daarvan hou om met studente om te gaan nie en dan
>> in 'n kantoor wil sit, gewoonlik met meer geld.)
>>
>>> Gloudina
>>
>

Koeitjies & kalfies | 20 kommentare

Wit en swart onderwysers

Di., 12 Oktober 1999 00:00

Gloudina skryf:

****************************
Ek wonder watter pot heuning ek kon gemaak het in die apartheidsjaredeur in
swart skole skool te hou. Dit was wel waar dat wit onderwysers
in dieselfde skole meer geld gekry het as hulle swart kollegas wat dieselfde
of somtyds beter werk as hulle gedoen het. In die laaste skool waar ek was,
was daar baie wittes met minimale onderwys-opleiding (vrouens van wit
onderwysers, ou ooms wat werk gesoek het nadat hulle afgepensioneer is) en
hulle het meer gekry as swart onderwysers met een of meer grade en 'n
onderwysdiploma.

*****************************

Hmmmmm....... Die swart onderwys moes inderdaad aantreklik gewees het vir
gekwalisfiseerde wit onderwysers. Ek onthou dat ek (in wit skole) onderwys
gekry het van verskeie mense wat geen onderwyserkwalifikasies gehad het nie.
(My ma, 'n mediese dokter, het byvoorbeeld op 'n tyd onderwys gegee in 'n
Engelse laerskool.) Enkele van my onderwysers het, om die waarheid te sê,
geen voltooide naskoolse kwalifikasies gehad nie. Ek neem aan die
gekwalifiseerdes het almal afgesit na swart onderwys toe.

Benewens die baie wittes "met minimale onderwyseropleiding" waarvan Gloudina
praat, en wat in swart onderwys aangewend is, was daar nog boonop nie genoeg
swartmense met die nodige kwalifikasies nie. Volgens die 1954-toespraak van
Verwoerd, wat Simon aangehaal het, kon die "voor-apartheid" onderwys vir
swartmense nie te wonderlik gewees het nie. Slegs 40% van swart kinders het
onderwys ontvang. Amper die helfte van die swart kinders in skole was in Sub
A of Sub B. 10% het Standerd 2 bereik, 3.5% het Standerd 6 bereik, 0.5%
Standerd 8 en "'n baie klein getal" Standerd 10.

Die bestaande onderwys vir swartmense het klaarblyklik nie genoeg mense
gelewer wat onderwysers kon word nie, en duisende swartmense is toe na
standerd ses of agt 'n tweejaaronderwyseropleiding gegee (amper soos wat in
die na-oorlogse jare ook in Nederland en elders op die vasteland met
onderwyseropleiding gedoen is), en is daarna in swart skole aangewend (met
groot sukses, volgens wat ek verneem). Baie van hulle is nog in die stelsel,
maar oor die jare is die kwalifikasievereistes vir swart onderwysers met
verdrag verhoog tot M+4 soos vir wittes.

As ek nou hierna kyk, lyk dit vir my asof daar in die vyftigs/sestigs 'n
geweldige behoefte ontstaan het aan onderwysers vir swart gemeenskappe. Ek
meen - al daardie ondergekwalifiseerde mense, en mense wat met vet salarisse
van wit na swart onderwys gelok is. Nou wonder mens hoekom dit sou wees. Kan
dit wees dat daar skielik _meer_ onderwys aan swart kinders verskaf is?

In die eerste vyf jaar na 1994, het die teenoorgestelde gebeur:
honderdduisende onderwysers is in die pad gesteek - die meerderheid van
hulle swartmense en, uit die aard van die saak, uit swart skole, dus.
Tientalle onderwyskolleges is gesluit - amper almal van hulle voormalige
"swart" kolleges.

Nou hoekom sou dit dan wees dat daar skielik - na die einde van
"apartheid" - nie meer 'n behoefte aan onderwysers - ook swart onderwysers
is nie?

Curiouser and curiouser............... Sou daar skielik minder kinders wees?
Of was daar te veel onderwys tydens "apartheid"?

Koeitjies & kalfies | 49 kommentare

Re: Wit en swart onderwysers

Di., 12 Oktober 1999 00:00

en toe jy nie eers by 'n swart skool kon hoof word nie, toe pak jy maar op en
trek soos 'n sleg ene en nou sit jy en verkondig aan almal hoe stupid jy is en
hoe onkundig jy is daar in Kanada en watter weird mense jy ken wat vir jou
vertel alles gaan nog goed in 'n land wat jy nie eers sal erken as mens jou daar
vir vyf jaar loslaat nie.

Hoes jy so onnosel om vir almal te vertel jys te sleg om by 'n swart skool hoof
te word, nadat jy jouself hier voor almal as tweederangs beskryf. Ek hoop nie
jy het met studente omgegaan nie - toe jy is suidafrika was was dit onwettig om
met anderskleuriges om te gaan. Het jy kinders by hulle gehad?

Aijaijaijaiaaaai, dis maar jammer om iemand soos jy te sien daar in die verte so
verbitterd en blind doodgaan van skaamte omdat hulle weggehol het en nie help om
dinge te verander nie. En dan val jy onskuldige mense aan net om jou skuld en
domgeid weg te steek. Ook maar tipies vroumens! As die internet dit toegelaat
het sou jy seker vir ons nog krokodiltrane ook kon vorendag bring!

@sympatico.ca wrote:

> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Hmmmmm....... Die swart onderwys moes inderdaad aantreklik gewees het vir
>> gekwalisfiseerde wit onderwysers.
>
> Nee, ongelukkig Leendert, was die wit onderwysers (gewoonlik Transvalers)wat
> afgesit het na swart onderwys toe Bantoe-Onderwys begin posvat het,
> meestal tweederangse mense wat ambisie gehad het om skoolhoofde te word.
> (Daar is niks meer naar as onderwysers wat met die leer wil opklim nie. Dis
> gewoonlik mense wat nie daarvan hou om met studente om te gaan nie en dan
> in 'n kantoor wil sit, gewoonlik met meer geld.)
>
>> Gloudina

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

- Wen 5 gratis 35mm Films...

Di., 12 Oktober 1999 00:00

Het jy 'n kamera? Weet jy hoe om dit te gebruik? Stel jy belang om jou fotografie te verbeter?

Wil jy ekstra geld maak?
Ons betaal R85-00 werwingsfooi vir elke student wat jy vir ons werf.

Besoek ons web blad by http://home.mweb.co.za/ed/eddien/fotografie.html en sien wat ons jou bied om jou fotografie te verbeter.

Vir meer inligting, stuur e-Pos aan kon...@mail.com

Stokperdjies & kunsvlyt | 0 kommentare

Re: Apartheid and the Afrikaner

Di., 12 Oktober 1999 00:00

@sympatico.ca wrote:
>
> Francois de Wet wrote:
>
>> The people thayt would not dream of emmigrating or that live in oppulence
>> are the one that were able to harvest the fruits of Apartheid.
>>
>> What kind of a life does a young white South African have under the new
>> regime ?
>>
>> Discrimination is alive in all forms in SA. Affirmative Action is
>> discrimination.
>>
>
> Ek weet van 'n jong onderwyseres wat hier na Noord Amerika gekom het as'n au
> pair, vier maande geneem het om te besluit dat die Amerikaners te
> dekadent vir haar smaak is, en terug is na SA.

Sy het obviously of 'n baie skaars graad gehad of sy het 'n skoen iewers
gehad. (Hoor ek iets van Jaap?)

> ..Binne 'n paar weke het sy weer
> 'n werk gehad as onderwyseres. By 'n Katolieke skool met byna net swart
> leerlinge. Sy het vir haar ma gese sy wil nooit weer vir wit kinders skool hou
> in SA nie. Ek dink sy vind hulle ook te "dekadent."

Jy dink? Definieer dekadent? Vir elke geval wat jy noem Gloudina kan ek
tien ander noem want ek bly hier onthou? Ek ken studente met grade wat
nie kan werk kry nie.

> So, al die gesanik oor SA is omdat 'n klomp jong wit mannetjies nou nie
> meer so in die pot heuning geval is soos in die ou dae nie. Sien my huil. My
> vorige studente in swart skole is ten minste nou seker dat hulle poste het wat
> hulle waardig is.

En waarvoor hulle somtyds nie waardig is nie. Die feit bly my liewe
Gloudina dat dit die jong wittes soos Francois is wat nie gelyke kan
meeding nie terwyl hulle nou nie juis die skeppers of onderhouers van
Apartheid genoem kan word nie. Maar julle grade wat julel uit die pot
heunning gekry het is lekker handig daar in Kanada!

> Laat ek weer spog (askies Lou.) Een is 'n federale minister.
> Een is 'n lid van die Konstitusionele hof. Een is die hoof van 'n Onderwys
> Kollege. Dis nou sover ek weet wat van hulle geword het. Ek neem aan sommige
> van hulle is dood in die struggle.
> Gloudina

Wat vir 'n ding is 'n Fedrale Minister? Is daar so iets in SA? Sou die
dood van een van jou leerlinge in die 'struggel' aan jou 'n sekere
struggel legimiteit verleen? Jy het al voorheen die punt genoem. Bietjie
makaber vir my smaak.

Koeitjies & kalfies | 30 kommentare

good

Di., 12 Oktober 1999 00:00

god zit in je
geloof is niets
maar in een mens zit wat het maak niet uit wat
met praaten en doen kom je verder dan met geloof
begrijp elkaar
dan begrijp je ook meer dan geloof
ik werk met gevangen met jongeren die aan de drug zijn weg geloopen jongeren
zonder een cent er voor te krijgen
nog nooiteop vakantei gewest af 2 dagen met mijn vrouw weg
als wat ik deet was van binnen uit niet uit mijn geloof
wij met 2 verschellende gelofen

begrijp elkaar dan kom je verder

zeefdrukkerij@wanadoo

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Regter John Foxcroft en verkragting

Di., 12 Oktober 1999 00:00

Vroeg verlede week het regter John Foxcroft (ek meen dis hy wat Boesak vir agt
jaar gebe^re het vir "struggle accounting") 'n man van Elsiesrivier wat sy
veertien jarige dogter verkrag het vir net meer as twee jaar tronk toe gestuur
met woorde tot die effek dat die man nie vir die gemeenskap gevaarlik is nie
aangesien sy seksuele afwyking slegs tot sy eie gesin beperk is.

Watter gemors raak die geleerde man nie hier kwyt nie. Verkragting is
verkragting is verkragting. Die feit dat die slagoffer sy eie dogter is maak
die saak juis te meer soveel erger. Die kind het die reg om liefde en
beskerming van haar vader te verwag, nie 'n gweldsmisdaad en 'n emosionele wond
wat sy nooit sal vergeet nie. Tot tien gelede kon die pa vir hierdie misdaad
gehang word. Boonop is dit bloedskande. Nou kry hy net twee jaar.

Volgens dieselfde argument kan pappa vir mamma koelbloedig vermoor en net twee
jaar tonkstraf kry, die bedreiging is beperk tot lede van pappa se gesin en nie
vir die gemeenskap nie.

Regters het die plig om objektief te oordeel en nie om na die gemenskap se pype
te dans nie. Maar hulle moet ook doen wat reg is. As hulle dit nie sou doen
nie, ontaard ons regstelsel in een groot "kangaroo court." Wat ek egter nie
verstaan nie is hoe regters so iets kan reg kry. Verlede week het 'n moordenaar
in Port Elizabeth R2000 boete plus tronktraf opgeskort vir 'n paar jaar gekry
vir moord. In die hof langsaan kry 'n sakkeroller vyf jaar hardepad sonder
keuse van 'n boete. Wat gaan aan?

Regters, hulle bevindinge en vonnisse moet onderhewig wees aan hersiening deur
'n paneel bestaande uit hulle peergroep. Regter Foxcroft sal in so 'n stelsel
'n vervroegde pensioen kry en hy kan dan so help om die gemeenskap te beskerm.

Soos dit nou aangaan kry ons nie "kangaroo courts" nie, maar wel "banana
justice." Ek weet nie wat is erger nie!

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Re: Regter John Foxcroft en verkragting

Di., 12 Oktober 1999 00:00

Dit is darem nie in alle gevalle so nie. Dink maar aan 'n paar maande
gelede en onthou die unieke vonnis wat die Nieuwoudtville moordenaars
opgele is. Hulle mag eers in die jaar 2049 vir parool in aanmerking kom.

Maar verder stem ek saam. Die regstelsel is besig om 'n grap te word.

Cheers

> Vroeg verlede week het regter John Foxcroft (ek meen dis hy wat Boesak vir agt
> jaar gebe^re het vir "struggle accounting") 'n man van Elsiesrivier wat sy
> veertien jarige dogter verkrag het vir net meer as twee jaar tronk toe gestuur
> met woorde tot die effek dat die man nie vir die gemeenskap gevaarlik is nie
> aangesien sy seksuele afwyking slegs tot sy eie gesin beperk is.
>
> Watter gemors raak die geleerde man nie hier kwyt nie. Verkragting is
> verkragting is verkragting. Die feit dat die slagoffer sy eie dogter is maak
> die saak juis te meer soveel erger. Die kind het die reg om liefde en
> beskerming van haar vader te verwag, nie 'n gweldsmisdaad en 'n emosionele wond
> wat sy nooit sal vergeet nie. Tot tien gelede kon die pa vir hierdie misdaad
> gehang word. Boonop is dit bloedskande. Nou kry hy net twee jaar.
>
> Volgens dieselfde argument kan pappa vir mamma koelbloedig vermoor en net twee
> jaar tonkstraf kry, die bedreiging is beperk tot lede van pappa se gesin en nie
> vir die gemeenskap nie.
>
> Regters het die plig om objektief te oordeel en nie om na die gemenskap se pype
> te dans nie. Maar hulle moet ook doen wat reg is. As hulle dit nie sou doen
> nie, ontaard ons regstelsel in een groot "kangaroo court." Wat ek egter nie
> verstaan nie is hoe regters so iets kan reg kry. Verlede week het 'n moordenaar
> in Port Elizabeth R2000 boete plus tronktraf opgeskort vir 'n paar jaar gekry
> vir moord. In die hof langsaan kry 'n sakkeroller vyf jaar hardepad sonder
> keuse van 'n boete. Wat gaan aan?
>
> Regters, hulle bevindinge en vonnisse moet onderhewig wees aan hersiening deur
> 'n paneel bestaande uit hulle peergroep. Regter Foxcroft sal in so 'n stelsel
> 'n vervroegde pensioen kry en hy kan dan so help om die gemeenskap te beskerm.
>
> Soos dit nou aangaan kry ons nie "kangaroo courts" nie, maar wel "banana
> justice." Ek weet nie wat is erger nie!
>
>

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Before you buy.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Onafhankelijke Ned. Zuid Afrikaanse vereniging

Di., 12 Oktober 1999 00:00

Kijk eens hier op........ook in de Zuidafrikaanse/ Engelse taal te lezen.

http://home.wxs.nl/~zasm/home.html

Grt
Myrte

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Onafhankelijke Ned. Zuid Afrikaanse vereniging

Di., 12 Oktober 1999 00:00

Dankie, dis goed om te weet daar word in Nederland Afrikaanse taal- en
letterkundekursusse aangebied.
Probeer asb. te onthou die taal is AFRIKAANS en nie Suid-Afrikaans nie.
Met Vlaamse groete.
Myrte heeft geschreven in bericht
...
>
> Kijk eens hier op........ook in de Zuidafrikaanse/ Engelse taal te lezen.
>
> http://home.wxs.nl/~zasm/home.html
>
> Grt
> Myrte
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1151  1152  1153  1154  1155  1156  1157  1158  1159  1160  1161  1162  1163  1164  1165  1166    »]
Tyd nou: So. Mei 31 01:14:25 UTC 2026