Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Regstelling

Ma., 25 Oktober 1999 00:00

Leendert van Oostrum wrote in message ...

>
> Daar is GEEN manier waarop De Wet en Smuts hul perdekommandos deur die Oos-
> en Noord-Kaap, en so ver Suid as Saldanha (letterlik binne sig van
> Tafelberg) kon neem sonder wydverspreide ondersteuning en aktiewe hulp so
> ver as wat hulle gegaan het nie.

Ek het bietjie vinnig gekyk in een van Boeseken se goed: Dit blyk dat die
kommandos wat die Kaap binnegedring het onder leiding was van Kritzinger
(tot by Oudtshoorn), De Wet (Noord-Kaap) en Hertzog (Wes-Kaap) Herzog het by
Lambertsbaai gaan draai - nie by Saldanha nie. (Ek soek nog 'n bron oor die
verkenners wat tot binne sig van Tafelberg gevorder het.)

> Deur mense wat hulle in die proses willens
> en wetens aan hoogverraad skuldig gemaak het.

Die straf vir hoogverraad was die doodstraf. Ongeveer 40 Kapenaars is
gefusileer of opgehang vir rebelledade.

>
> (Was Gideon Scheepers nie _juis_ van die Kleinkaroo nie?)

Boesseken sê nee. Hy was 'n Transvaler. Sy mag het die Oos-Kaap geteister
deur die plase van Engelsgesindes af te brand, sabotasie te pleeg, en deur
gewapende swartes te fusileer. Dit was vir hierdie moorde wat hy self
gefusileer is.

>
> Gloudina, jou ou Empire-sentimente is nie so algemeen as wat jy dalk mag
> dink nie! Ek reken _jy_ slaan die bal mis!

Gloudina se reaksie elders toon natuurlik dat sy nie net deur
Empire-sentimente gemotiveer word nie, maar ook deur 'n oorheersende wrewel
teen Hollanders wat hulle in die Boererepublieke gevestig het (waar hulle
spoorlyne gebou het, stede en dorpe uitgelê het, 'n staatsadministrasie
gevestig het en onderwys verskaf het - dis nou terwyl Gloudina se voorsate
Engelse ingevoer het om dieselfde dienste vir hulle te verskaf).

Verder lyk dit ook asof sy, benewens haar Empire-gesindhede en wrewel teen
Hollanders, 'n ernstige ding het teen die Boere van Vrystaat en Transvaal
wat afstammelinge van die Voortrekkers was.

Sy verantwoord haar afsku aan die afstammelinge van die Voortrekkers deur
hulle te beskuldig daarvan dat hulle "militant" was "teenoor die swart
bevolking van die oostelike dele van die land"

Dis nou terwyl haar geliefde Empire haar eie voorsate in die Weste van die
land knussies afgesonder het van die "swart bevolking van die oostelike dele
van die land" deur die een "Caffir War" na die ander in die Oosgrens en die
een "Zulu War" na die ander in Natal te voer.

Dis nou nadat hulle nog 'n klomp Ingelse ingevoer het ook om 'n bufferstrook
in die Oos-Kaap te beset en te bevolk met witvelle. (Vermoedelik het 'n Jood
met die naam Bauer hom later ook in die kongeniale omgewing gevestig wat so
geskep is. Sy afstammelinge met die naam Bouwer ly, so lyk dit, aan
aansteeklike gewaande morele onaantasbaarheid van ongekende omvang.)

Ek het begrip vir Gloudina se oorheersende liefde vir die Empire. Die Empire
het dit vir haar (net soos vir die ou victoriaanse antietjies in hul
aftreehuisies in Bath en Brighton - ver agter die fronte waar die Empire
gemoor en gesteel het) moontlik gemaak om oud te word op die vrugte van
kolonialisme terwyl sy ander mense links en regs veroordeel.

Dit het dit vir haar moontlik gemaak om te vra of 'n volk van wie 20% van sy
vroue en kinders uitgemoor is werklik so erg getref is, en (by implikasie)
of hy nie sy getjank moet laat staan nie.

En dan stel sy haar aan as morele maatstaf vir dieselfde volk waarvan sy vir
haarself lidmaatskap toe-eien.

Ek wonder of daar iets meer veragtelik is?

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Leuens as rhetoriese tegniek

Ma., 25 Oktober 1999 00:00

@sympatico.ca wrote in message
...

Rhodes se grootste aanhanger skryf:

>
> Om my van "Empire-sentimente" te beskuldig, is weer deel van jouaanhoudende
> metode om almal wat nie met jou enge standpunte saam-
> stem nie, af te rakel as iets slegs. Dit pas in by die neerbuigende
> manier waarmee jy van mense uit ander dele van die land praat.

Gee assebleif 'n voorbeeld van die "neerbuigende manier waarop [ek] van
mense uit ander dele van die land praat", Gloudina.

As jy dit nie doen, nie, bevestig jy natuurlik bloot dat jy lieg.

> Net omdat jy uit 'n sosiale sfeer kom wat bevolk is met Nederlanders
> wat in die ou republieke hulle nes wou kom skop het,

Hierdie stelling is erg neerbuigend, weet jy?

> en heelwaar-
> skynlik ander families wat afstammelinge van die Voortrekkers
> was en dus militant teenoor die swart bevolking van die oostelike
> dele van die land was, en teen die "uitlanders," maak nog nie dat
> ander mense in dieselfde atmosfeer van antipatie grootgeword het
> as wat jy blykbaar voel dis jou roeping in die lewe om te verkondig
> nie.

Gee asseblief 'n voorbeeld van die "atmosfeer van antipatie" wat ek
verkondig, Gloudina.

As jy dit nie doen nie, erken jy natuurlik dat jou stelling hierbo bloot
leuenagtig is, né!

Wat my egter nog meer interesseer, is die stelling: "...families wat
afstammelinge van die Voortrekkers was en dus militant teenoor die swart
bevolking van die oostelike dele van die land was..." Voortrekkers en hul
afstammelinge was dus, volgens Gloudina, "...militant teenoor die swart
bevolking van die oostelike dele van die land ..."

Vir my lyk hierdie stelling na die ergste vorm van negatiewe stereotipering.

Gestel ons neem aan, byvoorbeeld, dat eerste ministers van die Nasional
party (in Gloudina se terme) "militant teenoor die swart bevolking van die
oostelike dele van die land was".

Dan kry ons die volgende:

Malan - uit die Wes-Kaap, gebore en geto�. Strydom - Tranvaal. Verwoerd -
Stellenbosch was die plek in die wêreld waar hy die langste gewoon het.
Vorster - Kaap (Stellenbosch). Botha - Kapenaar gebore en getoë en -

FW de Klerk - Transvaal (PUK)

Daarby kan ons nog byvoeg Andries Treurnicht - Piketberger by Stellenbosch
en UK geswot, Kaapse predikant.

_As_ hierdie mense "militant teenoor die swart bevolking van die oostelike
dele van die land was" soos Gloudina dit bedoel, moet ons ook opmerk dat vyf
uit die sewe uit die Wes-Kaap kom. En dat een van die twee Transvalers 'n
Nobelprys gekry het vir sy _gebrek_ aan "militant" -heid.

Nee, wat, Gloudina. Dis baie duidelik dat jou selfkonsep as Kapenaar erg
onrealisties is.

Hoe het jy dit reggekry om so 'n ou smetsak vol vooroordele te word?

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

*** Vertaling benodig ***

Ma., 25 Oktober 1999 00:00

Ons benodig asb u dienste om terme vanuit Engels na Afrikaans te vertaal.

Besoek asseblief ons web blad by http://home.mweb.co.za/ed/eddien/fotografie.html

(Daar is natuurlik ook gratis films op die spel.)

---Kondor---

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Troll (was "Pateties")

Ma., 25 Oktober 1999 00:00

Teresa Gilliam wrote:
>
> lou wrote in message ...
>
>>>> > PPS - Hello Teresa
>
>>>> TROLLLLLLLLLLLLLLLL!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
>
>>> Lou, if I'm a troll then you're a tril.
>
>> Ja wel no fine? Wat vir 'n ding is 'n tril??
>
> I can't help you there.

SO ek kan maar se jou tril my girl? :|
>
>> se mail gaan net daaroor om reaksie te soek. Soos 'n troll wat onder die
> brug bly ...
>
> So are you the troll or the bridge, or am I the troll, or what?
>
> TG :)

Klein definisie van ' troll in usenet terme:

troll v.,n. To utter a posting on Usenet designed to attract predictable
responses or flames. Derives from the phrase "trolling for newbies";
which in turn comes from mainstream "trolling";, a style of fishing in
which one trails bait through a likely spot hoping for a bite. The
well-constructed troll is a post that induces lots of newbies and
flamers to make themselves look even more clueless than they already do,
while subtly conveying to the more savvy and experienced that it is in
fact a deliberate troll. If you don't fall for the joke, you get to be
in on it.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Genl. Johannes Hermanus Michiel Kock

So., 24 Oktober 1999 00:00

Pat skryf uit Amerika en vra of daar iets beskikbaar is "uit die bronne"
wat lig kan werp op haar beroemde oupa. Pat, ek het die volgende (toevallig)
raakgeloop - hoop dis die regte persoon. Sy optrede was een van die eerstes
aan die Natalse front en volgens die outeur van die stuk, nie suksesvol nie.
Ek haal aan uit die boekie deur André Wessels: " Die Anglo-Boereoorlog
1899-1902. 'n Oorsig van die Militêre Verloop van die Stryd". Wessels is
verbonde aan die Dept. Geskiedenis van die Vrystaatse Universiteit. Die boek
is 'n "MOET"
vir belangstellendes in die ABO. Dit is uitgegee deur die Oorlogsmuseum van
die
Boere Republieke, Posbus 704, BLOEMFONTEIN in 1991. As iemand dalk die
Museum (Vroue Monument) se E-adres het, sal ek baie bly wees om dit te
ontvang.)

Net ná die Slag van Talana (20 Oktober 1899) waar Genl. Lukas Meyer met
genl.
Penn Symons se 5000 man en 18 kanonne slaags geraak het en waar Symons self
geval het (hy is te velde opgevolg deur genl.-maj. James Herbert Yule,) het
die Britse magte onder Genl. White in 'n offensief teen Joubert opgeruk.
( By Talana het 51 tommies gesneuwel, 203 is gewond en 246 is gevang. Aan
boerekant het 44 gesneuwel en is 91 gewond.) Ek haal aan:
"Intussen het 'n Boeremag van ongeveer 800 man met twee kanonne onder bevel
van Genl. Johannes Hermanus Michiel Kock tot by Elandslaagte deurgedring.
Toe nuus in dié verband White in Ladysmith bereik, het hy onmiddellik 'n
aanvalsmag van ongeveer 3500 man met 18 kanonne onder bevel van genl.-maj
John Denton Pinkstone French uitgestuur om die Boeremag uit te wis. Die
Britse aanval teen die oormoedige Boere was suksesvol en laasgenoemde is
verpletterend verslaan. Boereongevalle (waaronder talle Duitse en
Nederlandse vrywilligers) was blykbaar 38 gesneuwel, 113 gewond en 185
ongewonde krygsgevangenis, terwyl die Britte 50 dood en 213 gewond verloor
het". (p.11).

Noudat ek die woord "kanon" in my kop het, dink ek aan 'n episode wat kort
n� die ABO op Dewetsdorp in die Vrystaat plaasgevind het. Tydens die oorlog
het genl. De Wet se kommando daar opgedaag. Die dorp was deur 'n Britse
garnisoen beset. Die Britte het hulle kanon op een heuwel aan die suidekant
van die dorp opgestel en op die aankomende Boeremagte gevuur. Genl. De Wet
het ook 'n kanon gehad, maar net twee patrone! ( 'n Kanon skiet mos met 'n
patroon,
of hoe?) Die Boere het aangelê en gevuur. Dit was 'n kolskoot en die Britse
kanon was aan flarde. Ná die oorlog het seuns ( inwoners van die
skoolkoshuis)
besluit om hierdie "geskiedkundige" kolskoot te herdenk deur self 'n kanon
te bou. Hulle het 'n stuk pyp (hol ysterpaal) in die hande gekry, die wapen
eiehandig prakseer, gelaai en toe na 'n gepaste teiken gesoek. Daar is op
die sink-kleinhuisie in die hoek van die koshuiserf besluit. Die "kanon" is
sorgvuldig
gerig en toe met klippe vasgepak. Dit was 'n kolskoot! Gelukkig was die
plekkie
"onbeset" tydens dié aanval!

As Gloudina hierdie inset onder oë kry, die volgende versoek: Ek wil graag
jou Snail Mail adres hê. Het 'n presentjie vir jou.

Groete

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Sydelingse aanspreekvorm

So., 24 Oktober 1999 00:00

I wonder if I could ask the native speakers of Afrikaans
for their judgments regarding the acceptability and interpretation
of the following sentences.

(1) Maar Dominee het tog gesê, dat Dominee nie sou kom nie.

I take this to mean: 'But you said, Reverend, that
you would not come.' This is the indirect form of
address (sydelingse aanspreekvorm).

(2) Maar Dominee het tog gesê, dat hy nie sou kom nie.

'The reverend said that he (hy = either the reverend or
some other person) would not come.' My guess is that this
sentence could not be used as an indirect form
of address to the dominee himself (as is the case in 1).
Is that correct?

(3) Maar Dominee het tog gesê, dat jy/u nie sou kom nie.

My guess is that (3) can only mean: 'But the reverend
said, that you [addressee is somebody other than the
reverend] would not come.' Is that correct? In other
words, one would have to use either (1) or something
like: Dominee, u het tog gesê, dat u nie sou kom nie.

Any and all insights would be gratefully appreciated.

Paul Roberge
UNC-CH
Dept. of Germanic Languages

E-mail: p...@email.unc.edu

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Doringboompie

So., 24 Oktober 1999 00:00

Sorry, old chap, a slip of the tongue! The Tories were the conservatives and
hence the slip-up.

Barrie

Ns. Is dit nie hoogtyd dat ons die publiek aan die Oorlogsgedigte blootstel
nie?
Seepkissie en so aan.

Barrie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Doringboompie

So., 24 Oktober 1999 00:00

Gloudina

Graag reserveer ek my spreekbeurt aangaande die doringboompie.

Ek werk aan 'n stukkie oor die "twis" tussen die Britse offisiere :
Kitchener ( ' n "non-practicingcing homosexual") en Genl. French.
French was die senior, maar Kitchener die "blue-eyed boy" ná Khartoum.
Kitchener is oorhoofs bo French aangestel na Magersfontein en was grootliks
verantwoordelik vir die groot lewensverlies by Perdeberg.
Verder was daar 'n ding rondom genl. White van die Natalse front en die
misluking aldaar ná die bloedneus van die Engelse in Natal. Dis nie net die
Afrikaner wat onderling twis nie. Kyk maar watter opposisie het Emily
Hobhouse aanvanklik in eie geledere belewe. Die Konserwative Party was aan
bewind in Albion tydens die ABO en daar was 'n gaping tussen die House of
Commons en die Troon. Toe die Arbeiders ná die oorlog aan bewind kom, het
die Boere baie konsessies ontvang ná vredesluiting.

Ek hou nie van die verwysing " in amber vasgevang" nie. Daar was nie 'n
"verabsolutering" van die oorlog nie. Ons mense kon nie anders nie.
Dankie en tot later

Barrie

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Taalstryd

Sa., 23 Oktober 1999 00:00

Het iemand gedagtes oor 'n taalstryd. Ek het 'n stuk van die fondament gelê
op http://www.homepages.hetnet.nl/~petrussie/index.html maar nou kort daar
nog argitekte en bouers. Wie kan help?

PP

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

JIM REEVES

Sa., 23 Oktober 1999 00:00

Haai groep,

Ons soek reeds jare na 'n Lp van JIM REEVES. Hy het die moeite geneem om

Afrikaanstalige liedjies op te neem op die RCA Victor label.

Ek gloo die titel is "JY IS MY LIEFLING" - Is daar enig iemand in Suid Afrika

wat die Lp aan my wil verkoop ? Die kwaliteit van die LP is nie van belang nie

en ook die picture sleeve mag kapot wees. Ek hoop enig iemand sal my 'n

pragtige aanbieding doen. Ek hoop iemand in die Boksburg/Johannesburg area

sal vir my pos. Baie dankies by voorbaat. (pat...@camerama.demon.nl)

Patrick (van Nederland)

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1146  1147  1148  1149  1150  1151  1152  1153  1154  1155  1156  1157  1158  1159  1160  1161    »]
Tyd nou: So. Mei 31 01:13:55 UTC 2026