Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Punt gesels met Prins - agnostiese benadering

Di., 16 November 1999 00:00

Wil graag Punt Radio en Prins drievoudig gelukwens vir die super sukses
wat bereik is sover, asook vir die toekoms. :) Hiermee word daar
drievoudig komplimenteer vir die super diens wat U lewer aan al die
Pilare van ons Paradys. :) Hierdie super bydrae maak lewe in die Nuwe
Suid Afrika 'n plesier om in te leef. :) Veral Nuus uitsendings, Punt
gesels met, asook programme oor voedsel voorbereiding. En nog baie
meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

In 'n geselsie onlangs, wil Prins graag weet van die manier hoe hier te
werk gegaan word. Dit is eintlik baie eenvoudig:

God het die hemel en die aarde geskape.
Die mens is na die ewebeeld van God geskape.
Die mens kan dus mede-skepper wees, saam met God.
Na die sondeval is Adam en Eva uit die Paradys gewerp.

Die sondeval het dus veroorsaak dat die aarde ook met sonde besmet is -
dit is debateerbaar.

Voortdurende Goddelike handelinge bewys die bestaan van God:
Die mens kan bewys dat hy / sy na die ewebeeld van God geskape is,
d.m.v. Goddelike handelinge te doen. Deur middel hiervan, kan die mens
die eienskap van mede-skepper bewys.

Verstaan die aarde kan dus, in sy onperfeksie, perfek wees: Om bg.
stelling te kan bewys.

Die lewe bestaan deur die onvervolmaakte te vervolmaak. Die mens
verheerlik die aarde, deur daaroor te heers, en die Paradys wat dit
eers was, te herskep.

Daar word beweer dat 'n meteoriet die aarde jare gelede getref het, in
Australie, en die aarde laat kantel. Daardie tyd was Antartika 'n
paradys. Vandag is dit onder die ys. Kyk gerus na Australie se landskap
- dit lyk asof iets dit platgevee het.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :)

Onbaatsugtige diens waarborg die beste geluk. :)

Super eerlike doel orienteerde Pilare bereik enigiets wat hulle wil. :)

Word ‘n magiese Pilaar en help om 'n Paradys en Planeet te skep waar
almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)

Een vir almal en Almal vir een. :) Voortdurende Goddelike handelinge
bewys die bestaan van God. :)

Staan aanhoudend op vir die reg om te lewe, asook kwaliteit van lewe,
asof dit U laaste geleendheid sal wees. :)

Gelukige Pilare is diegene wat suksesvol kan aanpas deur die beste van
'n veranderende situasie kan maak. :)

Pilare wat mekaar ondersteun, lewe saam in 'n beter Paradys en Planeet,
en waarborg 'n beter toekoms vir almal. :)

My Paradys asook my Planeet is my Porsche. :) En my Porsche het
Perfeksie nodig. :)

Prins presteer met Passie deur die luisteraars te laat dink oor party
reisigers se punte. :) Partykeer wonder die luisteraars waar Prins sy
Pertinente Program Pitte kry. Die reisiger wonder ook. :)))

'n Tyd gelede het iemand hier geskryf: Hel nee, hierdie ou het nie
feite nie. Hy het nie feite nie! :) Mens kan dit van Prins ook sê.
Dankie Prins. Veral vir bg. program se navorsing. Baie beter as die
internet. :)))

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Besoeke aan Piramiedes - advies vir die pad vorentoe

Di., 16 November 1999 00:00

Wil graag alle Pilare in Egipte, veral die Toerisme bedryf in Egipte,
asook Egypt Air drievoudig gelukwens vir die suksesse wat sover bereik
is, asook vir die toekoms. :) Hiermee word daar drievoudig
komplimenteer vir die super diens wat gelewer word aan al die Pilare
van die Planeet. :) Hierdie super bydrae maak lewe in in Egipte 'n
plesier om te besoek. Veral die super vriendelike Pilare van julle
Paradys, die uitstekende manier hoe mense behandel word, veral die
ordentlikheid en vriendelikheid. Te veel om op te noem. :) Insluitend
Egypt Air. Dit word deur Toeriste beskou as 'n uitstekende lugredery,
wat 'n super diens lewer. Asook besienswaardighede in Kairo, die
museum, Giza piramiedes, Luxor, veral Dahab. Veral Dahab. :))) Verstaan
die toerisme bedryf in Egipte beloop jaarliks biljoene dollars. 'n
Gevoel van onbelangrikheid oorspoel 'n mens wanneer daar voor die eeue
oue strukture en beelde gestaan word. Veral in Luxor. Voel soos voor
die begin van tyd. Lank voor die koms van mensdom op die Planeet. U
toerisme en kliente diens standaarde is uitstekend. Veral die hoë
oplettendheid van die Polisie in u Paradys. :) Byvoorbaat baie dankie.
Dit word inniglik waardeer.

Wil graag alle Pilare van die VSA, insluitend talle Organisasies,
drievoudig gelukwens vir die super suksesse wat sover bereik is, veral
vir die toekoms. Hiermee word daar drievoudig komplimenteer vir die
super diens wat gelewer word aan al die Pilare van die Planeet. :)
Hierdie 100 % super bydrae maak lewe in die Nuwe Suid Afrika 'n plesier
om in te leef. Veral Organisasies soo die VN, Sentrum vir Politiese
Studies, CIA, baie Rekenaar en Internet Organisasies en Verskaffers,
Verdediging, Invoere / Uitvoere, ens. , om 'n paar op te noem. And vele
meer. :) Dit word hoogstens waardeer. :) Vanuit die diepte van my hart.

Ook ingesluit is die Organiseerders van die Millenium Partytjie by die
piramiedes. Wat 'n fantastiese idee. :))) Die beste plek op aarde om
die Nuwe Jaar in te vier - by die oudste monumente op die planeet. :)))
Hierdie gebaar is die 'hoeksteen' wat op die Piramiede - van humaniteit
- geplaas word. :) Die byeenkoms van alle rasse op die planeet vanaf
die Toring van Babel se dae af. :) Die sirkel is voltooi - mense van
alle rasse stap die Millenium in as Een Aarde, Een Mensdom, Een Planeet
- ons Huis, die Ruimteskip waarin ons reis in die Heelal. :)))

'n Saak wat na aan die hart raak, en baie pynigend is, is die baie lang
vertoef by die Piramiedes self, asook diegene wat uitspattig daar
verkeer.

Behou geloof, hoop en liefde. Onthou U oomblik het aangebreek om te
groei in die kennis van piramiedes, asook die speel van piramiede
energie, eksponensieel te kan verstaan.

Verstaan enige advies hier word gegee in die gees van Vryheid van
Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik net soos dit is, en
/ of te verander na vrye wil.

Wil u graag uitnooi om na my bydraes in Desember 1997 te kyk, asook die
sluiting in Oktober 1998. Wie kon dit geskryf het ? Vandag is dit
dieselfde persoon. Kan u dit glo ? Hoe is dit moontlik ? Wat het gebeur
?

Verstaan waneer daar oorsee gereis word, word dit d.m.v. 'backpacking'
gedoen. Dan word 'n mens soos 'n plaaslike lid van die bevolking, lewe
soos een, meng met hulle, eet saam, ry saam op die busse, ens. Geniet
dit terdee. Gaan totaal mal waneer 'n mens oorsee gaan. Partykeer word
daar plekke besoek wat die plaaslike bevolking vermy. Raak totaal
uitspattig.

Het Indie in 1997 besoek - o.a. Dharamsala, Pune en Puttaparthi - Shri
Sathya Sai Baba. Baie wonderlike geestelike ervarings in Indie
meegemaak. Het die mees opwekkende, fantastiese, spontane and diepste
geestelike ondervindinge ervaar.

Egipte is agterna besoek. Vyf dae in Kairo. Die hele dag by die museum,
die dag daarna is Giza te voet gestap, piramiedes binnegegaan, die aand
die Klank en Laser vertoning bygewoon. Daarna is Luxor besoek vir vyf
dae. Met fiets meeste geskiedkundige plekke besoek. Die Klank en Laser
vertoning die aand besoek. Dahab was volgende, ook vir vyf dae. Hier
het 'n gevoel van "gatvolheid" van 'n mens besit geneem, wat daagliks
erger en erger geraak het.

Terug in SA, het dit erger en erger geraak. Het baie geleendhede gehad
om verhoudings aan te koop, maar het geen energie gehad daarnatoe. Die
draaikolk van "vernietiging" en "gatvolheid" het erger geraak. En
uiteindelik is daar na ng’s toe. Baie wette gebreek. Teen almal los
getrek. En 'n nege maande oorlog is begin, onwetend. Was letterlik
bereid om tronk toe te gaan. Toe vreemdelinge my uitvra oor
Vrymesselary, was dit 'n bewys dat 'n mens vergewe is. God seen hulle
wat vegewe, sodat hierdie inligting vandag aan u meegedeel kan word.
Vandag is dit dieselfde persoon - New Age deur en deur.

Verstaan 'n mens was vooraf gewaarsku om die goeie pad te volg. 'n Mens
glo alle aanmanings was doelbewus ignoreer, a.g.v. uitspattigheid by
die piramiedes. Bespreek gerus die saak met die CIA, hulle behoort die
argument te kan ondersteun.

Besoek gerus die piramiedes. Dit is opspraakwekkend. Verstaan dat
indien u slegs op piramiedes vir 'n LANG tyd vertoef, u "gatvolheid"
kan ervaar wanneer u terug kom. Dit is moontlik om daarvan te herstel.
Piramiedes moet besoek word, met matigheid voor oë.

Egipte het pragtige besienswaardighede - Nyl bootritte, fantastiese
koraal - Ras Mohamed Nasionale Park het van die pragtigste koraal op
die planeet. Die hippie atmosfeer by Dahab is fantasties. Dit is langs
die Rooi See. Baie snorkel en skuba duik sentrums is beskikbaar. Asook
geleendhede on in die woestyn in te ry met motorfietse. Lekker plek.
Berg Sinai het interssante plekke om te besoek.

Sal hartlik aanbeveel om toeriste te laat rondbeweeg. Sluit Israel in,
omliggende lande, besoeke aan Meditireense stede, ens. Besoekers aan
vermaaklikheid sentrums in Orlando, Florida word asemrowend
rondgeskuif. Dieselfde bestuurs tegnieke kan hier ook gebruik word.
Toerisme tussen Egipte en Israel sal verhoudinge asemrowend tussen
hierdie twee lande verbeter.

Resultate sal asemrowend wees. :) Verhoudinge tussen Israel en Egipte
sal baie verbeter. :) Daardeur sal toeriste ook 'n uitmuntunde ware
multi-kulturele ondervinding meemaak. :))) Toeriste kan in Bethlehem,
Israel wees op Kersdag, en die laaste paar dae van die oujaar, asook
die nuwe jaar by die piramiedes deurbring. :) Wat ‘n program. :))) Wens
ek kon daar wees. :)))

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :)

Onbaatsugtige diens waarborg die beste geluk. :)

Super eerlike doel orienteerde Pilare bereik enigiets wat hulle wil. :)

Word ‘n magiese Pilaar en help om 'n Paradys en Planeet te skep waar
almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)

Een vir almal en Almal vir een. :) Voortdurende Goddelike handelinge
bewys die bestaan van God. :)

Staan aanhoudend op vir die reg om te lewe, asook kwaliteit van lewe,
asof dit U laaste geleendheid sal wees. :)

Gelukige Pilare is diegene wat suksesvol kan aanpas deur die beste van
'n veranderende situasie kan maak. :)

Pilare wat mekaar ondersteun, lewe saam in 'n beter Paradys en Planeet,
en waarborg 'n beter toekoms vir almal. :)

My Paradys asook my Planeet is my Porsche. :) En my Porsche het
Perfeksie nodig. :)

Pilare, besoek die Piramiedes met Passie, vir medium tyds-Periodes, en
behou so U Posisie en Polariteit wanneer U terugkeer na u Paradys, deur
Psigologies te Presteer. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Benieuwd...

Di., 16 November 1999 00:00

Hallo die Afrikaners,

In Vlaanderen en Nederland worden de kinderen op de ochtend
van 6 december aanstaande weer verrast met cadeautjes van
Sint Niklaas.
Mijn vraag: vieren jullie dat kinderfeest ook ? Met echte
zwarte Pieten ? En zoja: komt die goedheiligman nog steeds
uit Spanje ?
'k Ben echt benieuwd !

:: Sinterklaas kapoentje,
:: gooi wat in mijn schoentje,
:: gooi wat in mijn laarsje,
:: danke Sinterklaasje !

:: Moeder 'k heb Sinterklaas gezien,
:: achter de bomen, achter de bomen...
:: Moeder 'k heb Sinterklaas gezien
:: achter de bomen niet verre van hier.

Kobbe

Koeitjies & kalfies | 23 kommentare

David Icke en reptiele verkeerd bewys

Di., 16 November 1999 00:00

Wil graag alle Pilare van die Globale Elitekorps, asook die Koningklike
familie drievoudig gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover,
asook vir die toekoms. :) Hiermee word daar drievoudig komplimenteer
vir die super diens wat U lewer aan al die Pilare van ons Planeet. :)
Hierdie super bydrae maak lewe op die Planeet 'n plesier om in te leef.
:) Veral die super ondersteunende manier hoe Lande op die Planeet
bestuur word. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word
inniglik waardeer.

Wil graag David Icke drievoudig gelukwens vir die navorsing wat gedoen
is i.v.m. die struktuur van die Globale Elitekorps, die Koningklike
familie en hulle oorsprong, en tegnieke hoe om vrese te oorkom. En nog
baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak is, en bitter pynigend is, is dat daar
na sekere Pilare as reptiele verwys word. Behou geloof, hoop en liefde.
Onthou U oomblik het aangebreek om die feite eksponensieel te verstaan.
Verstaan enige advies hier word gegee in die gees van Vryheid van
Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik net soos dit is, en
/ of te verander na vrye wil.

Sal lesers aanraai om na die reptiele konsep in die positiewe manier te
verstaan. Diegene wat oorleef, veral op multi-nasionale vlakke, het die
reptiele gedeelte van hulle brein hoogs ontwikkel. Dit moet nogal
moeilik wees. Dit kan gedoen word.

In 'n lesing het Icke genoem hy het langs ex-President Jimmy Carter
gesit. Is Carter ook 'n reptiel ? Is Icke 'n reptiel ? Icke behoort 'n
lys van reptiele te maak, asook lys van nie-reptiele, en homself op een
van die lyste aanmeld. Die feit van die saak is daar kan net een lys
wees - mense.

Wanneer 'n mens eendag by Vrymesselaars aansluit, of CFR, ens. word 'n
mens dan eweskielik 'n reptiel, of was 'n mens nog altyd een gewees ?

Sal belangstelledes aanraai om karakter animasie flieks te kyk, bv.
"Jungle Book". Of om "Alice in Wonderland" te lees. Kyk of u die
"reptiele" kan sien, indien hulle ingesluit is.

Glo Icke in re-inkarnasie ? Mense het die reg om hulle bewussyn uit te
druk soos hulle wil. Re-inkarneer reptiele in nie-reptiele, en andersom
? Meng hulle mekaar se bloed ? Is reptiele net sleg ? Is daar goeie
reptiele ook ? Kan reptiele beide goed en sleg wees ? Meer navorsing
asb.

'n Reptiel kan slegs 'n reptiel genoem word indien hierdie vrae
beantwoord is. Tot dan maak hieride onsmaaklike aantyging geen sin.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :)

Onbaatsugtige diens waarborg die beste geluk. :)

Super eerlike doel orienteerde Pilare bereik enigiets wat hulle wil. :)

Word ‘n magiese Pilaar en help om 'n Paradys en Planeet te skep waar
almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)

Een vir almal en Almal vir een. :) Voortdurende Goddelike handelinge
bewys die bestaan van God. :)

Staan aanhoudend op vir die reg om te lewe, asook kwaliteit van lewe,
asof dit U laaste geleendheid sal wees. :)

Gelukige Pilare is diegene wat suksesvol kan aanpas deur die beste van
'n veranderende situasie kan maak. :)

Pilare wat mekaar ondersteun, lewe saam in 'n beter Paradys en Planeet,
en waarborg 'n beter toekoms vir almal. :)

My Paradys asook my Planeet is my Porsche. :) En my Porsche het
Perfeksie nodig. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Black Britain

Di., 16 November 1999 00:00

Phil,

Jy skryf in die "policy" gedeelte van jou webwerf "There are those people in
the World that would like to see the races live seperately but that cannot
happen."

Wel, dan sal jy sekerlik www.kkk.com interrisant vind.

Alwyn - Perth se wêreld.

phil gregory skryf in boodskap news:80pcka$kd7$1@nclient15-gui.server.virgin.net...
> An excellent Web site about Black history in Britain
> --
> Regards
> Phil Gregory
>
> www.learn.at/blackpresence.co.uk
>
> phil...@blackpresence.co.uk
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Toets

Sa., 13 November 1999 00:00

Slegs toets berig...

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Delportshoop se dinge

Vr., 12 November 1999 00:00

Ons wêreld is diamantwêreld. As 'n ou hier kop-onderste-bo loop en jou nie
groet nie, moet jy weet hy loop en delf! Dit is nie 'n seldsame gesig om 'n
persoon by die sameloop van die Vaal- en die Hartsriviere te sien sit en
hengel nie. As jy mooi kyk, sal jy sien hy is besig om in die riviersandjies
rond te krap.
Met 'n gewone meelsif sal hy versigtig 'n skeppie sand en klippies in die
modderwater uitwas totdat hy duidelik kan sien wat daar lê. In 'n hopie
diamantgruis staan 'n diamant uit. Sy soortlike gewig bepaal dat hy
gewoonlik bo sal lê. Op die tong voel 'n diamant koud. Soms het moeder
natuur 'n lagie sediment om hom gevou, net om dit interessant te maak. Sterk
diamantsuur sal die lagie gou wegvreet en die stukkie blink koolstof sal sy
nuwe eienaar se lewensgehalte aansienlik verbeter - al is dit net tydelik
soos in die meeste gevalle! 'n Gesoute hengelaar parkeer nooit sy BMW naby
die plek waar hy visvang nie.

Maar dit is nie altyd die groot vis wat gevang word nie. So 'n jaar gelede
het 'n interessante storie in Die Volksblad verskyn. Deur armoede gedrewe
het 'n man
by Longlands op pad na die Vaalbos Nasionale Park gaan hengel. Hy het 'n
groot baber aan sy hoek gekry en sy vislyn het op een of ander manier aan 'n
tak in die water vasgehaak. Die ou het sy broek uitgetrek en die diep water
betree.
Die lyn het losgekom en die baber het al om die man geswem en so sy bene
deeglik aanmekaar vasgebind. Dit was die vis se rondte en die man het
verdrink. Drie dae later het die SAPD se duikspan hom uitgeduik - met die
baber steeds aan die lyn. Net jammer die ouens wou nie vir my luister nie.
Die opskrif
"Vis vang man" sou darem baie gepas gewees het. Amper so gepas soos een van
Die Burger se lokette ("posters") so 'n 40 jaar gelede. 'n Jongman is gevang
nadat hy gate met 'n mes in motorbande gesteek het. Dit was in die goeie ou
dae toe die tronke nog leeg was en lyfstraf die jeug op die regte pad gehou
het.
'n Landdros het hom tot ses houe met 'n ligte rottang gevonnis. Nie juis
voorbladnuus nie, maar die poster het gelees:"Houe oor gat in band".

Wat wel voorbladnuus kon wees, is die verhaal van die delwer wat een aand
bietjie te lank by die Borrelskop Hotel gekuier het. Ou Klippie, die
eienaar/bestuurder sal nie omgee as ek hom 'n bietjie gratis advertensie gee
nie!
Die betrokke delwer het so teen sonop huis toe geslinger en op een of ander
manier in 'n diep delwersgat beland. Hier is baie van die goed en dit maak
springhaasjag 'n hoë-risiko sport. Ná drie dae het die ouens in die kroeg
hom begin mis en 'n soektog optou gesit. Hulle het hom opgespoor en met 'n
tou na veiligheid getrek. Toe hy bo kom, het hy 'n streepsak gevra en ook
dat hulle hom weer in die gat moes laat sak. Tot hulle verbasing het hy met
'n yslike geelslang
in die sak op die wal verskyn. Dit blyk toe dat hy en die slang 'n
ooreenkoms aangegaan het. Hulle het ooreengekom dat hule mekaar nie gaan pik
nie en dat die een wat eerste bo kom, sou sorg dat die ander ook veiligheid
bekom. Hierdie episode herinner aan die Skeppingsverhaal en dit laat my dink
aan ou Essie se storie daar in Alexandrië in die Oos-Kaap. Hy en 'n vriend
het in die Regeringsbos rondgeloop. A.g.v. die ruie plantegroei moes hulle
kort-kort aan bobbejaantoue hang om balans te behou. Op 'n stadium was daar
skielik 'n luiperd aan die ander kant van Essie se bobbejaantou. Essie is so
'n skraal ou
en lank van postuur. Hy vertel dat al wat hy kon doen was om te hou wat hy
het en vinnig in die rondte te draai. Daar was nie juis plek vir swaai nie,
maar hy het plek gemaak en al hoe vinniger in die rondte gedraai en toe laat
los. Hulle het die luiperd nooit weer gesien nie, maar Essie kon bevestig
dat luiperd en muishond
naby familie moes wees. Daardie aand in die kroeg het hy so eenkant gestaan
en sy storie vertel.

Borrelskop Hotel het sy naam gekry van 'n Duitser wat vroeër daar gedelf het
en toe besluit het dat die hotelwese 'n meer betalende bedryf was. Die hotel
is meer as 'n 100 jaar oud en het 'n eie unieke geskiedenis. Agter die hotel
is 'n ou diamantmyn - al so effens toegeval op plekke, maar steeds
toeganklik vir diegene met durf. In dié myn kry mens nog van die egte
Walliese lanternhangers
wat in die mure geslaan is. En ook van die grawe wat in die steenkoolmyne
gebruik was. Dit is 'n klein skopgrafie, kleiner as die gewone. Die
myntonnels loop nêrens dieper as wat 'n man nodig gehad het om diamantgruis
deur 'n ventilasieskag na die oppervlak te gooi nie. Die ou delwers het al
agter 'n sg. "soom" aangegrawe. Daar was 'n vetlaag in die grond en
"rubies". Selde of ooit het iemand toegeval en niemand sal ooit weet in
watter mate die ou wêreld hierlangs uitgetonnel is nie. Ek wonder net hoekom
die toeriste-base nie 'n paar sent in die restorasie van so 'n ou myn belê
nie. Die mensdom is altyd geïnteresseerd in gate en tonnels. Kyk net watter
belangstelling het die ontdekking van die tonnel vanuit die Kasteel in
Kaapstad na die Roelandstraat-tronk nie gaande gemaak nie. Hoekom hulle hom
toegemessel het, weet nugter.

Hier is interessante mense in Delportshoop! Nou die dag loop ek 'n ou in
Borrelskop raak - 'n viskundige. Volgens hom is hengel 'n wetenskap en nie
'n sport nie en hiermee moet ek saamstem. Hy beweer dat die moggel, 'n soort
varswater springer, die grootste deel van die visbevolking in die Vaal- en
die Hartsriviere uitmaak. 'n Moggel byt egter nie aan 'n hoek nie. 'n Moggel
is familie van die onderbek, maar dit is nie 'n moddervis nie. Met 'n
gooinet kan jy enige plek met elke gooi so drie vier van hulle vang. Die
gemiddelde gewig wissel van 500 g tot 1.5 Kg. Dis 'n uitmuntende eetvis -
grate is daar wel maar nie so dik soos by geelvis en karp nie. Met die
gooinet (let wel: bloot eksperimenteel en nie met die doel om vis in te
samel nie!) het ek nog nooit iets anders as moggels gevang nie. Dit is asof
die ander vissoorte bodem toe duik as hulle die net hoor.
Hier is 'n proteïene bron wat aangewend kan word om honger magies te vul.
Ander maniere om moggels te vang, werk nie. Sommige ouens probeer met
sleepnette (sifdraad) en fuike, maar vang alles behalwe moggels. Deesdae
wemel ons waters van uitheemse kurpertjies. Sommige ywerige hengelaars het
'n bevolking swartbaars in die Vaaldam geplaas en dié kurpers is
veronderstel om as voedselbron te dien. Ongelukkig kan 'n baars nie
onderskei tussen kurpertjies en ander inheemse vissoorte nie. Dit moet 'n
effek hê op die aanwas van inheemse visse! Karpe is uitheems, sê die
eksperts, maar ek sluk swaar daaraan. Daar is ook soveel soorte karp dat ek
van mening is dat ten minste een van hulle wel inheemse status moet geniet.
Deesdae kan 'n hengelaar enigiets aan sy hoek te wagte wees. Ek wag vir die
dag dat 'n ou met 'n paling by Borrelskop opdaag. Palings is veronderstel om
net in riviere wat Oos loop voor te kom, maar met die heen en weer pomp van
water uit oosvloeiende riviere in die Vaalrivierstelsel moet daar
vingerlinge in ons riviere beland. Nie dat iemand nog nooit 'n paling in die
Vaal of Oranjerivier gevang het nie! Ek weet van 'n Fernandes wat in die
50's 'n reuse paling by Cook's Claims gevang het.
(Met my eie oë gesien.) Verder is daar 'n paling in 'n bottel in die ou
Sending Kerk (nou 'n museum) op Upington. Hierdie vis is in die onlangse
verlede deur 'n skoolseun gevang en deur sy biologie onderwyser in formalien
bewaar.
Praat van biologie-onderwysers - ek weet van 'n biologie onnie wat een maal
in 'n eksamenlokaal die volgende kwytgeraak het:" Sannie, jy sit so lelik,
dat ou Jan daar langs jou wat besig is om Biologie te skryf, jou vir
kribnotes gebruik."
Waar is die dae!!! Vandat alle mans pedofiele is en verkragting hengel as
nasionale sport vervang het, moet jy maar swyg en wegkyk.

Nou die dag sien ek 'n blou-wildebees en 'n koedoebul in 'n verwoede geveg
met mekaar. Dis al of daar 'n wanbalans in die natuur is. Mens wonder oor
soveel dinge. Kort daarna praat ek met 'n wildbewaarder oor diep dinge. Hy
sê toe dat hy in die verlede nie kon verstaan hoe dit moontlik is dat 'n
Almagtige God homself so kon verneder deur mens te word nie. Eendag, sê hy,
het daar 'n brand in die park uitgebreek en van die wild in 'n hoek
vasgekeer. Hy was alleen. Al sy pogings om die wild deur die gangetjie te
jaag, was tevergeefs. Skielik het hy gewens dat hy 'n wildsbok kon wees,
want dan sou hulle hom na veiligheid volg.
Hierdie verhaal het vir my 'n groot onsekerheid opgeklaar. Ek wens my ou
vrou kan verstaan dat watergate nie altyd uithangplekke van die ou duiwel is
nie.

Groete van huis tot huis.

Barrie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Geveg half gewonne !

Do., 11 November 1999 00:00

Wel ek is nie een om my eie beuel te blaas nie, maar lyk my ek het al iets
uitgerig met Binnelandse Sake.
Was eergister by Pretoria kantoor om Mev. se visa te hernu toe hulle vra
wanneer ons die versoek vir permanente verblyf gaan plaas.

Ek seg toe "Sodra as wat die koste van R 10 020.00 verdwyn." Uit die bloete
sê hulle daar is 'n interne opdrag wat sê die koste is vrygeskeld vir die
wat met SA burgers getroud is.

Ek vertrou hulle so ver as wat ek hulle kan sien, so ek sal sien wat gebeur
die 19de.

Ta

Francois

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Republiek van Australië

Do., 11 November 1999 00:00

Daar het jy dit. Die Aussies wil nie 'n republiek he nie. Hulle hou van ou
Lizzie en buig maar weer die knie voor haar. Ou John Howard het ook nee
gestem in die referendum van 6 November, en in die proses homself uit die
job gestem om die olimpiese spele in Sydney te open. (gie-gie-gie ..) Dit
nadat hy vuriglik, hand en tand geveg het om dit te kan doen. Sjym. En die
Aussies het hom vertrou met sy AVB beleid met die laaste verkiesing. Sjym.

Alwyn - uit Perth se wêreld

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

New Oxymoron - Afrikaans Culture

Do., 11 November 1999 00:00

Old saying - There is more culture in a tub of yogurt than in the whole of the
Afrikaaner nation.

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1140  1141  1142  1143  1144  1145  1146  1147  1148  1149  1150  1151  1152  1153  1154  1155    »]
Tyd nou: Sa. Mei 02 23:18:05 UTC 2026