Wel ek is nie een om my eie beuel te blaas nie, maar lyk my ek het al iets
uitgerig met Binnelandse Sake.
Was eergister by Pretoria kantoor om Mev. se visa te hernu toe hulle vra
wanneer ons die versoek vir permanente verblyf gaan plaas.
Ek seg toe "Sodra as wat die koste van R 10 020.00 verdwyn." Uit die bloete
sê hulle daar is 'n interne opdrag wat sê die koste is vrygeskeld vir die
wat met SA burgers getroud is.
Ek vertrou hulle so ver as wat ek hulle kan sien, so ek sal sien wat gebeur
die 19de.
Daar het jy dit. Die Aussies wil nie 'n republiek he nie. Hulle hou van ou
Lizzie en buig maar weer die knie voor haar. Ou John Howard het ook nee
gestem in die referendum van 6 November, en in die proses homself uit die
job gestem om die olimpiese spele in Sydney te open. (gie-gie-gie ..) Dit
nadat hy vuriglik, hand en tand geveg het om dit te kan doen. Sjym. En die
Aussies het hom vertrou met sy AVB beleid met die laaste verkiesing. Sjym.
Wil graag die Regering van die Nuwe Suid Afrika drievoudig gelukwens
vir die super sukses wat bereik is i.v.m. hiv+ / vigs hantering en
bekamping, sover, asook vir die toekoms. :) Hiermee word bg.
Uitvoerende Pilare van ons Paradys vir die super diens komplimenteer
wat gelewer word aan diegene wat deur hierdie siekte affekteer word.
Hierdie super bydrae maak lewe in die Nuwe Suid Afrika 'n plesier om in
te leef. :) Veral die aandag wat geskenk is aan Urine Terapie, die
besoek aan die VSA vir goedkoop medisyne, asook om hieride gewraakte
siekte Prioriteit Nommer Een aan te teken. En nog baie meer. :)
Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.
Wil graag ook die Farmaseutiese Industrie in die geheel drievoudig
gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir die
toekoms. :) Hiermee word daar drievoudig komplimenteer vir die super
diens wat gelewer word aan Pilare van ons Paradys. :) Hierdie super
bydrae maak lewe in die Nuwe Suid Afrika 'n plesier om in te leef. :)
Veral die rol wat gespeel word i.v.m. die verskaffing van medisyne,
veral hiv+ / vigs medisyne, asook die infra struktuur wat onderhou
word. :) En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik
waardeer.
Insluiting hier, word alle Lande wat Sadek lede geword het, veral
Zimbabwe, hartlik geluk gewens. Drievoudig dankie vir U ondersteuning
aan Sadek. Wil graag hiermee drievoudig komplementeer vir U deelname
aan Sadek, die ondersteuning van die konferensie, asook aktiwiteite wat
agterna gevolg is, om te sorg dat Sadek die enorme sukses kan bereik
wat dit veronderstel is om te word. Asook om op voort te bou aan
suksesse wat alreeds bereik is. :) Hierdie super bydrae word hoogs
waardeer. Dit maak lewe in Sadek 'n plesier om in te leef. Veral die
onderlinge samewerking om te sorg vir 'n beter lewe in Sadek. En nog
baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.
'n Saak wat na aan die hart raak, en inderdaar baie pynlik is, is die
aanwesigheid van die hiv+ / vigs siekte in die Nuwe Suid Afrika, Sadek,
asook die Planeet. Behou geloof, hoop en liefde. Besef die oomblik het
aangebreek in die NSA om te begin met navorsing, om 'n relatief
goedkoop medisyne vir hieride siekte, d.m.v. Urine Terapie te ontwikkel.
Verstaan enige advies hier word gegee in die gees van Vryheid van
Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik net soos dit is, en
/ of te verander na vrye wil.
Stel voor navorsing word so spoedig moontlik begin, d.m.v. Urine
Terapie, om ‘n relatiewe goedkoop genesing, met min newe effekte,
indien enige, te vind, vir hierdie gewraakte siekte. Dit sal inniglik
waardeer word om navorsing voor Desember 1999 te begin, met die doel om
Pasiënte geloof vir die toekoms te gee.
Die volgende boeke kan van Uitgewers ingevoer word -
Morarji Desai - Miracles of Urine Therapy
Pankaj Publications
New Delhi
India
Koste = 22 rupees
Dr G. K . Thakkar - Shivambu Geeta - Which can bestow upon a new life.
Navneet Publications (India) Ltd.
Near Shardashram
Bhavani Shankar Road
Dadar
Mumbai, 400 028
Phone: 430 72 86
Fax: 437 25 68
Gram: Galaguides
Koste = 12 rupees
Bg. boek besit 'n naamlys van Borge en Ondersteuners van die Water of
Life Organisasie, asook telefoon nommers.
Beide bg. boeke is by die Sai Towers boek winkel, in Prasanthinilayam,
Puttaparthi aangekoop. Lg. is reg oorkant die Shri Sathya Sai Baba
Ashram.
Dit sal waardeer word indien boeke ingevoer word, en aan die publiek
beskikbaar gestel word - sodat die publiek self kan besluit of hulle
wil kies om met Urine Terapie wil eksperimenteer. Sekere Pilare weet
daarvan, andere wag vir 'n stempel van die Medici.
Martha Christy - Your Own Perfect Medicine
Cost = US$ 19.95
John W Armstrong - The Water of Life
Cost = US$ 15.96
Coen Van Der Kroon, et al: The Complete Guide to Urine Therapy
Cost = $15.95
Sal NSA navorsers aanbeveel om Lande oorsee te besoek, oorsese lede van
die Internasionale Urine Terapie Gemeenskap uit te nooi, om NSA
navorsers te ondersteun in hulle weg na die soeke na 'n geneesmiddel
vir hiv+ / aids.
Ook aanbeveel om gevalle van Urine Terapie genesing te ondersoek. Sal
waardeer dat hieride bevindinge d.m.v. die media bekend gemaak word,
asook bekendgestel word aan Pasiënte wat aan die Urine Terapie
navorsing deelneem. In dieselfde uitsending, sluit bestaande
aanvaarbare geneesmiddels in. Dit is belangrik, om die Vryheid van
Keuse te ondersteun, asook die Farmaseutiese Industrie se belange te
behou. Dit is uiters belangrik om te besef dat die Farmaseutiese
Industrie behoue moet bly, terwyl Urine Terapie bemark word.
Navorsings advies -
Nooi vrywilligers uit vanuit enige sosiale groep, oor ouderdom, geslag,
velkleur, of godsdienstige agtergrond. Indien moontlik, sluit Sadek
ondersteundende Lande in, veral die naby die NSA, a.g.v.
Administratiewe redes.
Sluit dievolgende vraag in - Glo u Urine Terapie kan hiv+ / vigs genees
? Laat Pasiënte ten minste agt glase water 'n dag drink.
Deel Pasiënte in twee kategorieë in - diegene wat slegs Urine Terapie
gebruik, en die wat Urine Terapie en bestaande hiv+ / vigs medikasie
gebruik.
Urine kan versoet word, d.m.v. wit suiker, bruin suiker, heuning en
molasse. 500 gram houers, wat ru molasse bevat, is beskikbaat teen Rand
5.00 vanaf One Price Stores.
Pasiënte kan voorsien word met Plastiese houers, bv. een liter roomys
houers, om urine mee op te neem. Ook kan hulle met versoeters verskaf
word. Sal aanbeveel pasiënte drink al hulle urine. Het bg. versoetings
middele gebruik, en na drie weke opgehou om dit te gebruik. Het die
sielkundige afkeer, deur urine te drink, oorbrug d.m.v. Shakti Gawain
se boek Creative Visualisation, asook Bevestigings (Affirmations) en
Positiewe Kreatiewe Stellings.
Wanneer 'n pasiënt negatief deur Urine Terapie affekteer word, moet dit
onmiddelik gestaak word.
Sal aanraai om bestaande hiv+ / vigs medisyne wetenskaplik te
analiseer. 'n Gedeelte van die pad van navorsing is alreeds gestap. Dit
kan gebruik word om 'n formule te ontdek d.m.v. Urine Terapie.
Die wondermiddel vir hiv+ / vigs is meer as net Urine Terapie. Die pad
om dit uit te vind benodig inspirasie, en toepassing van die
geestelike, intellektuele, emosionele en fisiese aspekte van menslike
bestaan. Baie belangrik is die geloof dat d.m.v. Urine Terapie 'n
geneesmiddel vir hiv+ / vigs gevind kan word. 'n Wetenskaplike
bestudering van die menslike biologie, veral die funksie van die niere
en blaas is van kardinale belang. Veral die feit dat blare, wat van 'n
boom afval, gemens kan word om kompos te vorm, en in dieselfde boom se
mond, d.i. die grond, ingewerk kan word, sodat die boom beter kan groei.
Die toekoms -
Onthou asb. Farmaseutiese Organisasies is uiters noodsaaklik in die
NSA. Die navorsing se doel is om 'n goedkoop genesing vir hiv+ / vigs
te vind, om deur enige pasiënt, ongeag sielkundige of mediese
geskieddenis, gebruik te kan word.
hiv+ / vigs medisyne kan ingevoer word, asook plaaslik vervaardig word.
Pasiënte het die reg om te kies tussen beskikbare medisyne.
Urine Terapie en hiv+ / vigs is begin 5 September 1999. Het d.m.v.
Numerologie uitgewerk die wondermiddel as gevind word omtrent 8
September 2003. Maksimim drie jaar navorsing is nodig. Die storting van
mediese afval in die Kaapse Vlakte is 'n bewys dat Urine Terapie baie
siektes kan genees, asook hiv+ / vigs.
Resultate sal asemrowend wees - ver bo verwagtinge - Die Nuwe Suid
Afrika het ‘n wondermiddel gevind wat hiv+ / vigs kan genees, wat
goedkoop vervaardig kan word. :) Met baie min, indien enige newe
effekte. :) Die hele wereld sal ons vriende wil wees. :) Finansies kan
daan aan Tegnologiese Apparate spandeer word, bv. Internet TV. :)
Opbrengste vir die Farmaseutiese Industrie sal verhoog - plaaslik sowel
as oorsee. :) 'n Wen-wen ooreenkoms is die beste vir almal in ons
Paradys, asook Planeet. Reisarbeiders en toeriste kan terug huistoe
gaan met medisyne na hulle eie land, wat hiv+ / vigs kan genees. :)
Dit is belangrik om te besef daar is genoeg hulpbronne in die Nuwe Suid
Afrika vir alle Pilare. Wanneer 'n gedeelte van minerale wat ontgin
word, bv. goud, diamante, yster-erts, ens. verwerk word, en waarde
bygevoeg word in die NSA, sal baie werksgeleendhede daardeur geskep
word, asook buitelandse inkomste. Dieselfde geld vir Sadek.
Gebruik al Urine Terapie vir drie maande. Bg. versoetmiddels verander
ook die kleur. Na drie weke word dit onnodig om te gebruik. Die Dokter
is nooit besoek, a.g.v. newe effekte, ens. Het verkoue 'n tyd gelede
opgedoen, en moes gewone medisyne gebruik. Terug met Urine Terapie, en
geniet dit. Pilare van ons Paradys het die reg om daarmee te
eksperimenteer.
Abraham Lincoln het met reg verwys - Jy kan party mense altyd om die
bos lei, en al die mense 'n gedeelte van die tyd, maar jy kan nie al
die mense al die tyd om die bos lei nie.
George Bernhard Shaw - All great truths begin as blasphemies. Dit is
reg in die kol wat Urine Therapy aan betref.
Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :)
Onbaatsugtige diens waarborg die beste geluk. :)
Super eerlike doel orienteerde Pilare bereik enigiets wat hulle wil. :)
Word ‘n magiese Pilaar en help om 'n Paradys en Planeet te skep waar
almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)
Een vir almal en Almal vir een. :)
Voortdurende Goddelike handelinge bewys die bestaan van God. :)
Staan aanhoudend op vir die reg om te lewe, asook kwaliteit van lewe,
asof dit U laaste geleendheid sal wees. :)
Gelukige Pilare is diegene wat suksesvol kan aanpas deur die beste van
'n veranderende situasie kan maak. :)
Pilare wat mekaar ondersteun, lewe saam in 'n beter Paradys en Planeet,
en waarborg 'n beter toekoms vir almal. :)
My Paradys asook my Planeet is my Porsche. :) En my Porsche het
Perfeksie nodig. :)
Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Pilare van
ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol te kan Vermaak, deur diegene met hiv+ / vigs se gesondheid te
Promoveer, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan Peil.
P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.
Het vroulief al agtergekom - Wanneer 'n mens kreatief is, verdwyn die
begeerte, bv. wanneer 'n mens skilder, and totaal daarin absorbeer
raak. Osho verduidelik - en die reisiger stem daarmee saam - in diepe
kreatiwiteit word 'n mens selibaat! :)
Wat dink Gloudina? Die Boeddhiste reken 'n mens moet dit waarneem. :)
Just remain aware of oneself, all the time. :)
Sit julle almal mooi stewig? ABSA het vandag vir my 'n e-pos gestuur ivm
die taalkwessie op die 'Net, wat ek verbatim hieronder plaas. Op hierdie
brief kan ek net sê, halleluja!
Baie dankie, ABSA. En aan almal wat help kla en baklei het, ook dankie.
Lyk my alles is nog nie heeltemal verlore nie!
Groete,
Dries Venter
----------
From: Lizette Brits
To: vent...@mweb.co.za
Subject: Fw: Taalkwessie
Date: 08 November 1999 13:01
Geagte mnr Venter
Ek het die reaksie gelees rakende die taalgebruik op die ABSA webwerf.
Ontwikkeling is reeds gedoen om dieselfde afdelings wat op die vorige
webwerf in Afrikaans beskikbaar was op die nuwe webwerf te publiseer. Die
funksionaliteit in die databasis wat gebruik word vir die nuwe webwerf het
egter probleme veroorsaak en ons kon nie die Afrikaanse bladsye betyds
akkommodeer vir die loodsing nie. Ons is egter besig om daaraan aandag te
gee en dit sal binnekort deel wees van die ABSA webwerf.
Die Internet Bankdienste sal ook in Afrikaans beskikbaar wees teen die
tweede kwartaal 2000.
Dankie
Lizette Brits
Rekening Bestuurder : Web Publisering en Virtuele Gemeenskappe
ABSA Direct
Tel : 27 11 350 4313
Fax : 27 11 350 4802
Sel: 082 449 5848
lize...@absa.co.za
Internet communications are not secure and therefore ABSA Group
does not accept legal responsibility for the contents of this message.
Any views or opinions presented are solely those of the author and
do not necessarily represent those of ABSA Group unless otherwise
specifically stated.
--
Dries Venter
Pretoria
South Africa
1985 Landrover 110 PUP V8 aka "The Yellow Submarine"
Ek het die naweek ', Indier fliek gaan kyk by die Good Hope
entertainment centre in Mark Straat en net weereens opgelet hoe totaal
leeg en fucked up Johannesburg se middestad is.
Wat doen die stadsvaders daaroptrent?
Wat doen die regering op plaaslike en nasionale vlak daaromtrent?
Fokkol.
Niks.
Wat eens die rykste stad op die kontinent was, is nou die
onwelriekendste stad op die kontinent. Die wit salpetervlekke van
menslike urine slaan op die pilare van groot statige geboue uit en is
besig om die fondasies van wolkekrabbers weg te vreet.
Ek sien die Carlton sentrum het nuwe staalheinings reg rondom. Seker
om te keer dat mense nie die gebou ompis nie.
....sal nogal ironies wees as dit met een of ander ou beton reus moet
gebeur......
Viva nuwe Suid Afrika met al sy pisvlekke en afval in die strate...
As iemand beide groepe
(afrikaans en south african) dek in n boodskap, waarsku dan asb.
net
vir ons, sodat ons dit kan uitvee voor ons antwoord. Ons kla
as
ander mense oorpos na ons toe met non-spesifieke onderwerpe
(soos die
sot wat wil hê ons moet vrouens van ander kulture ontmoet :-)),
kom ons
doen nie dieselfde nie.
In article ,
Leendert van Oostrum wrote:
> In article ,
> "Bees" wrote:
>> Leendert van Oostrum wrote in message
>> news:7v668a$kgf$1@kendy.up.ac.za...
>>
>>> (Weet jy, na hierdie gesprekke met jou voel ek minder as ooit
>> beswaard oor
>>> "apartheid". Jy demonstreer net aanmekaar hoe hol die aanklagte
>> was en
>>> hoeveel leuens dit geverg het om die persepsies te skep wat jy
>> so krampagtig
>>> probeer aan die lewe hou deur skeltaal en inhoudlose
>> veroordeling.)
>>>
>>
>> Leendert
>>
>> Interresantheidsonthalwe, watter aanklagte teen apartheid was
>> hol?
>>
>> Groete
>> Bees
>
> Miskien is jy _nou_ gereed om te vertel van die "derderangse" onderwys
> wat swart kinders in Suid-Afrika gekry het?
>
> Of was dit ook maar 'n hol aanklag?
>
> Vriendelike groete, Leendert
>
Lyk my jou klag oor "derderangse onderwys" was toe inderdaad 'n
holletjie, nie waar nie, Bees?