Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Bees, baas Leendert, en matesis

Wo., 17 November 1999 00:00

Hier is iets vir Bees om te gebruik in sy twis met baas
Leendert - aanhalings uit Verwoerd se September 1953 "waarom
matesis" toespraak in die Volksraad. (Dit was toe "matesis" en
nie "wiskunde" nie.)

Die toespraak begin as volg:

(Oor die Wetsontwerp op Bantoe-onderwys)

"Waar ek die tweede lesing voorstel van hierdie wetsontwerp, wil
ek dit graag doen soos dit behoort gedoen te word op heeltemal
nugtere en objektiewe wyse en ek wil graag die aandag daarop
vestig dat hierdie wetsontwerp in homself van beperkte omvang is,
al sal sy uitwerking sonder twyfel baie groot wees [you bet!].
Voordat ek die wetsontwerp bespreek, wil ek sekere redes behandel
waarom die naturelle-onderwys onder die Unie-regering regstreeks
behoort te sorteer, en wel onder my departement. Nou wil ek net
dit sê, dat agb. lede tog nie moet dink dat hier 'n strewe is van
die Departement van Naturellesake of van myself om tot 'n
koninkrykbouery oor te gaan nie. As ek my persoonlike begeerte
moes raadpleeg sou ek nie graag hierdie groot en omvangryke taak
by wat ek reeds te doen het byneem nie. Daar is geen persoonlike
begeerte by my of by my departement om om selfsugtigeidsredes die
taak te verkry nie. Iedereen sal besef dat dit 'n ontsettende
groot werk is, groot in omvang en groot van belang. Maar dit is
omdat dit in die belang van die land is en ook omdat dit in die
belang van die Bantoe is dat ons gereed is om hierdie taak op ons
te neem, en ek sal bly wees as agb. lede die saak uit dié hoek
wil benader, nl. dat dit nie die belange van 'n departement is
wat hier tel nie, maar dat wat alleen die deurslag moet gee waar
hierdie belangrike funksie sal verrig word, is die belange van
die land en ook met name van die Bantoe wat daardeur sal getref
word. 'n Tweede algemene opmerking vooraf wat ek wil maak is dit
dat ons glo dat betere rasseverhoudings sal kan ontstaan wanneer
Bantoe-onderwys op 'n wyse gehanteer sal word wat ons voorstel
dat dit in die toekoms gehanteer moet word. Die rasseverhoudings
kan nie verbeter nie as daar verkeerde onderwys aan die naturelle
verskaf word. Dit kan nie verbeter nie as die resultaat van
naturelle-onderwys is die skepping van gefrustreerde mense, wat
as gevolg van die onderrig wat hulle ontvang, verwagtings het van
die lewe wat die lewe in Suid-Afrika nie dadelik vir hom kan
bring nie, wanneer dit mense skep wat opgelei is vir beroepe wat
nie vir hulle toeganklik is nie, wanneer dit mense is wat 'n vorm
van kulturele opleiding gekry het wat hulle begeertes tot
witbroodjieberoepe [sic - dit moet seker wees:
"witboordjieberoepe"] sterker maak as wat sulke beroepe
beskikbaar is. Dus goeie rasseverhoudings word bederf wanneer
die regte onderrig nie gegee word nie. Maar meer nog, goeie
rasseverhoudings kan nie ontstaan wanneer die onderrig gegee word
onder die toesig van mense wat verkeerde verwagtings by die
naturelle self skep nie, as mense glo in 'n gelykstellingsbeleid,
as, laat ek maar net sê, byvoorbeeld 'n Kommunis die opleiding
gee aan die naturelle nie; dan sal hy deur die aard van sy
onderwys wat die inhoud daarvan betref, by die Bantoe verwagtinge
skep wat in botsing is met wat in hierdie land kan voorkom.
Daarom is dit nodig dat naturelle-onderwys op so 'n manier sal
beheer word dat dit in ooreenstemming kan wees met die koers en
die rigting van die Staat...."

en dan later:

"Dan wil ek daarby nog dit voeg, dat dit soms gesê word dat daar
geen verkil is tussen blanke- en naturelle-onderwys nie.
Natuurlik is daar sekere grondliggende beginsels van onderwys wat
aan alle onderwys gemeenskaplik is, maar wanneer 'n mens wegkom
van daardie beginsels en jy kom tot die praktiese onderriggewing,
dan is daar wel deeglik verskille waarmee jy moet rekening hou.
Wat help dit om 'n naturellekind aan 'n leerplan te onderwerp wat
in die eerste plek soms tradisioneel Europees is, waar jy miskien
leer van die konings van Engeland en hoeveel koring Kanada
uitgevoer het, of waar 'n mens hierdie algemene dinge leer as 'n
opbou van kennis? Wat help dit om matesis te leer aan 'n
Bantoe-kind wat dit nie prakties kan gebruik nie? Dit is
heeltemal onsinnig, m.a.w., 'n mens moet rekening daarmee hou dat
jou onderrig begin soos alle onderwys moet begin, by die bekende.
Die bekende by die blanke is 'n ander kennis as die bekende van
die Bantoe-kind. Iedereen wat met intelligensietoetse te doen
gehad het weet dit, dat wanneer jy 'n intelligensietoets probeer
toepas op grond van kennisbronne van 'n sekere gemeenskap se
kinders dan kan die toets totaal verkeerd uitwerk ten opsigte van
kinders wat nie in daardie kenniskring is nie. As die inhoud van
daardie intelligensietoets baseer is op die kennis van 'n
stedelike kind, dan kan jy daardie toets nie toepas op die
plattelandse kind nie. Hy het 'n ander inhoud van kennis. So is
dit met die onderwys ook. So is dit dus waar dat die
Bantoe-onderwys noodwendig moet verskil, want hy gaan uit van
ander bronne, en ander soorte van kennis as sy uitgangspunt.
Dus, moenie verwar raak tussen prinsipiële beginsels van onderwys
wat soortgelyk kan wees vir alle mense nie, en die praktiese vorm
wat terdeë verskil tussen mense.

Dan is daar nog iets, en dit is die onderwys is per slot van
rekening nie iets wat in die lug moet hang nie. Dit moet mense
oplei en onderrig volgens hulle lewenskanse, volgens die sfeer
waarin hulle leef. Daar is sekere van die naturelle wat moet
opgelei word om hulle eie mense te dien deur middel van die hoëre
beroepe; dit weet ons almal. Dit is bekend dat juis my
departement beskik oor beroepsmoontlikhede vir naturelle waarvoor
ons die behoorlike opgeleide naturelle nie kan vind nie. Ek wil
dit net daarby voeg, dat indien my departement beheer het oor
naturelle-onderwys sal hy weet vir watter klas van hoëre beroep
'n naturel opleibaar is, waar hy 'n lewenskans sal kry met sy
kennis, in plaas daarvan dat hy net sy eie pad kies in 'n rigting
waarin daar vir hom geen werkskring is nie en wat hom 'n
frustreerde en 'n ontevrede mens maak. Maar behalwe hierdie
mense wat deur hulle eie mense in diens kan geneem word is daar
nie veel groter getalle wat in ander werkskringe hulle toekoms
moet vind, en hierdie ander mense moet hulle opleiding geniet
ooreenkomstig hulle lewenskans, en geen departement sal beter
weet waar en hoe groot die lewenskanse in die verskillende
rigtings is vir die Bantoe-kind as juis die Departement van
Naturellesake nie. Daarom is dit verstandig dat hy toevertrou
word met hierdie vorm van onderwys wat die mense vir die lewe ryp
maak.

Dan wil ek daarby voeg - en dit is baie belangrik - dat die
onderwys nie in botsing mag wees met die staatsbeleid nie. Nou
sal agb. lede baie maklik sê ons wil ideologiese onderrig
gee...."

Einde van aanhaling.

Swart Simon

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Dankie Remarq, ISP, Microsoft en Netscape

Wo., 17 November 1999 00:00

Wil graag bg. Oranisasies drievoudig gelukwens vir die super sukses wat
bereik is sover, asook vir die toekoms. :) Hiermee word daar drievoudig
komplimenteer vir die super diens wat U lewer aan die Pilare van ons
Paradys, asook Pilare van ons Planeet. :) Hierdie super bydrae maak
lewe in die Nuwe Suid Afrika asook die Planeet 'n plesier om in te
leef. :) Veral vir die manier hie hierdie uitstekende programme en
dienste in mekaar skakel. :) En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie
dankie. Dit word inniglik waardeer.

Hierdie fantastiese dienste vorm 'n simfonie, sodat super dienste aan
Pilare van ons Paradys en Planeet hier gelewer kan word wat nog geglo
moet word om waar te kan wees. :)))

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :)

Onbaatsugtige diens waarborg die beste geluk. :)

Super eerlike doel orienteerde Pilare bereik enigiets wat hulle wil. :)

Word ‘n magiese Pilaar en help om 'n Paradys en Planeet te skep waar
almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)

Een vir almal en Almal vir een. :) Voortdurende Goddelike handelinge
bewys die bestaan van God. :)

Staan aanhoudend op vir die reg om te lewe, asook kwaliteit van lewe,
asof dit U laaste geleendheid sal wees. :)

Gelukige Pilare is diegene wat suksesvol kan aanpas deur die beste van
'n veranderende situasie kan maak. :)

Pilare wat mekaar ondersteun, lewe saam in 'n beter Paradys en Planeet,
en waarborg 'n beter toekoms vir almal. :)

My Paradys asook my Planeet is my Porsche. :) En my Porsche het
Perfeksie nodig. :)

Presteer deur Produkte te Programmeer, asook super dienste te
Promoveer, sodat die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Pilare van
ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan
Peil. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Wonder net.

Wo., 17 November 1999 00:00

Wat is "Random" in afrikaans?

Dankie
Jaco

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

EO or Ibis AIr

Wo., 17 November 1999 00:00

Hi folks,
Sorry i don't speak Afrikaans so well at this time.
But Could some of U please tell me more or what happened to EO or Ibis Air ?
Thanks and best regards from Europe to all of U.
I wish I could post my next one in Afrikaans

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Dankie CIA

Wo., 17 November 1999 00:00

Wil graag die CIA drievoudig gelukwens vir die super sukses wat bereik
is sover, asook vir die toekoms. :) Hiermee word daar drievoudig
komplimenteer vir die super diens wat U lewer aan al die Pilare van ons
Paradys, asook alle Pilare van ons Planeet. :) Hierdie super bydrae
maak lewe in die Nuwe Suid Afrika asook die Planeet 'n plesier om in te
leef. :) Veral vir die fantastiese internet web-ruimte, asook dat U die
Dalai Lama beskerm. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit
word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, en baie pynlik is, is die feit dat
hierdie pragtige Organisasie valslik beskuldig word.

'n Apologie so groot soos die planeet self word hier aangeteken vir
enige dade wat deur my toedoen veroorsaak het dat U seergemaak is,
a.g.v. enige iets wat bygedra is. That was then. This is now.

Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het aangebreek om lig
op die onderwerp te laat skyn. Verstaan enige advies hier word gegee in
die gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg om dit te
gebruik net soos dit is, en / of te verander na vrye wil.

Het ‘n vermoede daar is 'n Organisasie, wat met dieselfde naam en
baniere funksioneer, wat verantwoordelik is vir hierdie dade, en
daarmee U valslik beskuldig. 'n Uitnodiging word gereik aan enigiemand,
wat aan die Hof enige wettiglike aanvaarbare bewyse lewer, wat kan
bewys die CIA is skuldig.

Die afkorting CIA kan ook interpreteer word word as 'n lieflike "three
letter acronym":

Die C kan voorstel: "Christ, Community, Co-accountability,
Co-dependency, Co-habitation, Creative, Control, Conscience,
Compassion, Continued", ens.

Die I kan voorstel: "In, Inspired, Increased, Invested, Innovative",
ens.

Die A kan voorstel: "Actions, Anglicans, Americans, Afro-Americans,
Africa, Atlanta, Atlanteans", ens.

Is deur die Gode ingelig dat U Suid Afrika gehelp het om te beweeg na
'n multi-kulturele demokrasie. Asook om te verseker dat die Nuwe Suid
Afrika vandag die voorbeeld van vrede vir die res van die wereld is.
Dit is die feitlike bewys vir die hele Planeet van
mede-verantwoordelikheid. Hierdie bydrae in die verlede asook die hede
word hoogstens waardeer. :)))

Wil graag hartlike dank uitspreek dat U die Nuwe Suid Afrika sover
ondersteun het, asook vir die toekoms. :) U voortdurende ondersteuning
word hoogs waardeer om te sorg dat die Nuwe Suid Afrika 'n
multi-kulturele demokrasie kan bly. :)))

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :)

Onbaatsugtige diens waarborg die beste geluk. :)

Super eerlike doel orienteerde Pilare bereik enigiets wat hulle wil. :)

Word ‘n magiese Pilaar en help om 'n Paradys en Planeet te skep waar
almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)

Een vir almal en Almal vir een. :) Voortdurende Goddelike handelinge
bewys die bestaan van God. :)

Staan aanhoudend op vir die reg om te lewe, asook kwaliteit van lewe,
asof dit U laaste geleendheid sal wees. :)

Gelukige Pilare is diegene wat suksesvol kan aanpas deur die beste van
'n veranderende situasie kan maak. :)

Pilare wat mekaar ondersteun, lewe saam in 'n beter Paradys en Planeet,
en waarborg 'n beter toekoms vir almal. :)

My Paradys asook my Planeet is my Porsche. :) En my Porsche het
Perfeksie nodig. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Pilare van
ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan
Peil. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

B & B Muizenberg

Wo., 17 November 1999 00:00

Beste Lionel en Francois

Beste dank voor de zeer goede ontvangst in uw gasthuis
wij bedanken jullie langs deze weg hopende dat bij jullie terecht komt

Nog de beste groeten uit België
Marc en Gerda...

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Per kapita inkomste.

Wo., 17 November 1999 00:00

So rukkie trug het Gloudina ons almal laat weet hoe vergelykend SA is teenoor
Kanada. Het vandag van 'n politieke analis, Johnson wat in die London Times
skryf, gehoor waar hy sekere syfers genoem het. Die een wat ek kan onthou is
die per kapita inkomste van SA. Die syfers sluit alle SA werkendes in en is in
USD. In 1989 is dit $3,100 per jaar. In 1999 is dit $2,100. Dit is voorgestel
dat dit teen 2001 dit $2,600 sal wees.

Die syfers is vér onder die wat voorgestel is vir Kanada.

Ernest

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Dankie MOSSAD

Wo., 17 November 1999 00:00

Wil graag MOSSAD drievoudig gelukwens vir die super sukses wat bereik
is sover, asook vir die toekoms. :) Hiermee word daar drievoudig
komplimenteer vir die super diens wat U lewer aan al die Pilare van ons
Paradys, asook alle Pilare van ons Planeet. :) Hierdie super bydrae
maak lewe in die Nuwe Suid Afrika asook die Planeet 'n plesier om in te
leef. :) Veral vir die male sonder tal waar U Suid Afrika in die
verlede ondersteun het, asook die ondersteuning wat U aan die Nuwe Suid
Afrika in die verlede en hede lewer. En nog baie meer. :) Byvoorbaat
baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, en baie pynlik is, is die feit dat
hierdie pragtige Organisasie valslik beskuldig word.

'n Apologie so groot soos die planeet self word hier aangeteken vir
enige dade wat deur my toedoen veroorsaak het dat U seergemaak is,
a.g.v. enige iets wat bygedra is. That was then. This is now.

Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het aangebreek om lig
op die onderwerp te laat skyn. Verstaan enige advies hier word gegee in
die gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg om dit te
gebruik net soos dit is, en / of te verander na vrye wil.

Het ‘n vermoede daar is 'n Organisasie, wat met dieselfde naam en
baniere funksioneer, wat verantwoordelik is vir hierdie dade, en
daarmee U valslik beskuldig. 'n Uitnodiging word gereik aan enigiemand,
wat aan die Hof enige wettiglike aanvaarbare bewyse lewer, wat kan
bewys MOSSAD is skuldig.

MOSSAD kan ook beteken: Menige Operasies Slaag Suksesvol Aan Doelwitte.

Is deur die Gode ingelig dat U Suid Afrika gehelp het om te beweeg na
'n multi-kulturele demokrasie. Asook om te verseker dat die Nuwe Suid
Afrika vandag die voorbeeld van vrede vir die res van die wereld is.
Dit is die feitlike bewys vir die hele Planeet van
mede-verantwoordelikheid. Hierdie bydrae in die verlede asook die hede
word hoogstens waardeer. :)))

Wil graag hartlike dank uitspreek dat U die Nuwe Suid Afrika sover
ondersteun het, asook vir die toekoms. :) U voortdurende ondersteuning
word hoogs waardeer om te sorg dat die Nuwe Suid Afrika 'n
multi-kulturele demokrasie kan bly. :)))

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :)

Onbaatsugtige diens waarborg die beste geluk. :)

Super eerlike doel orienteerde Pilare bereik enigiets wat hulle wil. :)

Word ‘n magiese Pilaar en help om 'n Paradys en Planeet te skep waar
almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)

Een vir almal en Almal vir een. :) Voortdurende Goddelike handelinge
bewys die bestaan van God. :)

Staan aanhoudend op vir die reg om te lewe, asook kwaliteit van lewe,
asof dit U laaste geleendheid sal wees. :)

Gelukige Pilare is diegene wat suksesvol kan aanpas deur die beste van
'n veranderende situasie kan maak. :)

Pilare wat mekaar ondersteun, lewe saam in 'n beter Paradys en Planeet,
en waarborg 'n beter toekoms vir almal. :)

My Paradys asook my Planeet is my Porsche. :) En my Porsche het
Perfeksie nodig. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Pilare van
ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan
Peil. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Struwwelpeter en Uroloog se drankie

Di., 16 November 1999 00:00

Struwwelpeter skryf in 'n dagblad:

> Wees versigtig voordat jy 'n drankie van 'n uroloog aanvaar.

Advies van 'n "Struggle-Pieter" - Dink voordat jy enige ou se ink
drink, vriend.:)))

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :)
Onbaatsugtige diens waarborg die beste geluk. :)
Super eerlike doel orienteerde Pilare bereik enigiets wat hulle wil. :)
Word ‘n magiese Pilaar en help om 'n Paradys en Planeet te skep waar
almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)
Een vir almal en Almal vir een. :) Voortdurende Goddelike handelinge
bewys die bestaan van God. :)
Staan aanhoudend op vir die reg om te lewe, asook kwaliteit van lewe,
asof dit U laaste geleendheid sal wees. :)
Gelukige Pilare is diegene wat suksesvol kan aanpas deur die beste van
'n veranderende situasie kan maak. :)
Pilare wat mekaar ondersteun, lewe saam in 'n beter Paradys en Planeet,
en waarborg 'n beter toekoms vir almal. :)
My Paradys asook my Planeet is my Porsche. :) En my Porsche het
Perfeksie nodig. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

David Icke verkeerd bewys - die begin

Di., 16 November 1999 00:00

Artikels sal opgedeel word, deur stuk vir stuk die teendeel te bewys.
:) Om alles in een dokument op te neem, sal onprakties wees.

Elke mens het die reg om sy bewussyn uit te druk soos dit hom / haar
goed pas, sluit Icke af in sy boek. En Icke op sy manier. Gevaarlike
stelling - wat van moraliteit, wette, ens. ?

Vryheid van uitdrukking - ja. Maar verantwoordelike, asook 'n
mede-verantwoordelike uitdrukking maak 'n groter verskil.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :)

Onbaatsugtige diens waarborg die beste geluk. :)

Super eerlike doel orienteerde Pilare bereik enigiets wat hulle wil. :)

Word ‘n magiese Pilaar en help om 'n Paradys en Planeet te skep waar
almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)

Een vir almal en Almal vir een. :) Voortdurende Goddelike handelinge
bewys die bestaan van God. :)

Staan aanhoudend op vir die reg om te lewe, asook kwaliteit van lewe,
asof dit U laaste geleendheid sal wees. :)

Gelukige Pilare is diegene wat suksesvol kan aanpas deur die beste van
'n veranderende situasie kan maak. :)

Pilare wat mekaar ondersteun, lewe saam in 'n beter Paradys en Planeet,
en waarborg 'n beter toekoms vir almal. :)

My Paradys asook my Planeet is my Porsche. :) En my Porsche het
Perfeksie nodig. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1139  1140  1141  1142  1143  1144  1145  1146  1147  1148  1149  1150  1151  1152  1153  1154    »]
Tyd nou: Sa. Mei 02 22:57:23 UTC 2026