'n Seleksie uit die antwoorde wat sover geplaas is:
1. Ernest, wat blykbaar in Johannesburg woon, skryf: "Nee, dit gaan nie so
erg nie. Dit is eintlik erger."
2. Gloudina, uit Kanada, tussen die klappe deur: "My suster sit in Pretoria,
en sy kla niks nie."
3. Pat, in Amerika: "Ek hoor dat dinge regtig agteruit is, maar dat mens nie
moet kla nie, want dit help nie. Ek hoor meesal hoe die lewensstandaard
agteruit is. Maar dan as ek teruggaan vir n besoek dan dink mens niks het
verander nie."
4. Ferdi, in Johannesburg, is voorspelbaar optimisties: "Dit gaan goed. Die
land is armer as wat hy was in 1980, maar dit gaan goed. Inflasie is minder
en daar is baie meer te koop. En die infrastruktuur werk."
5. Byter, ook in Johannesburg: "So dinge gaan nog goed hier aan die suidpunt
van Afrika. So elke nou en dan beweer ons politici dat dit in orde is vir
politici om in die uitvoering van hulle ampte te jok, maar dit gaan nog goed
in Suid-Afrika!!"
6. Dries Venter, in Johannesburg: "Ek dink die berigte is maar mense wat net
altyd die slegte sy van dinge raaksien. Andersins moet 'n mens seker nie uit
die oog verloor dat ons nie 'n sg.eerstewêreld land is nie, ook nie
derdewêreld nie maar iewers tussenin."
Lyk my Dries is seker die naaste aan die kol - minstens na aanleiding van my
selektiewe opsomming hierbo. Dis baie verblydend dat die strekking van die
antwoorde in die algemeen positief is. Dankie vir die reaksies; dit bevestig
vir my 'n onderliggende gevoel wat ek bespeur in die meeste van die berigte
wat ek lees in die Internetkoerante: dit gaan nie sleg nie; trouens, dit
gaan goed. Lyk my misdaad neem nie meer hand oor hand toe nie; inflasie daal
en selfs die politici werk hard. Lg. blyk uit die onlangse toekenning van
die produktiwiteitsinstituut aan die parlement, as die produktiefste
instelling in die land. Gesonde verstand seëvier minstens partykeer nog: die
gewraakte 15(c) klousule van die Medisynewet is terugverwys en mag selfs
geskrap word. Die Afrikaspele se probleme is 'n weerspieëling van Afrika se
probleme, en is nie alleen die skuld van die organiseerders nie. Die
regstaat kom sterk op dreef.
Nou moet die demokrasie nog net goed gevestig word. 'n Algmeen aanvaarde
standaard vir die vestiging van 'n demokratiese stelsel is die oorwinning,
in 'n algemene verkiesing, van die opposisie - minstens twee keer na mekaar.
Anders het jy maar net weer 'n de facto eenpartystaat. In Suid-Afrkia se
guns tel die feit dat hy besig is om 'n regstaat te word, waar 'n
onafhanklike regbank - en met name die Grondwethof - die hoogste gesag in
die land is. Dis iets wat jy nie oral in die wêreld kry nie.
Ons kuier gisteraand met vriende. Hulle het (soos ons) familie en vriende in
die vaderland. Toe hoor ons dat hulle familie wat in Johannesburg woon, glo
so kla oor die verkeersligte in Johannesburg, wat nie werk nie. Glo (te
verstane, as dit waar is) erg frustrerend. Is dit waar? Het die situasie so
verswak dat selfs die verkeersligte nou nie meer werk nie?
Dis ook maar erg om op die Internetkoerante te lees hoe die Afrikaspele
gebuk gaan onder probleme - die mediageriewe wat swak is/was, die werk wat
nie beryds klaar was nie, die 600 kinders met voedselvergigtiging en so aan.
Selfs Beeld praat telkens van "nog probleme" - is dit alles regtig so erg?
As jy so ver weg is, en aangewese is op nuusberigte (!) en hoorsê, wil jy
juis nie hoor dit gaan sleg nie!
Vertel bietjie - objektief, asseblief - hoe dit regtig daar gaan.
Skraal is die loper en lank is die lintpad
groot is die dors op Knersvlak se grou
dood brand die son op Knersvlak se glyktes
wie sal die blom pluk op Maskam se kruin?
Wie sal nou vinkel uitgraaf
wie sal die kombro gaan soek
wie sal die jakkalskos dop by die melkbos
wie sal die blom pluk op Maskam se kruin?
Wie sal die pad wys by Soebatsfontein
en sê waar die geel deur die Messelkloof stroom
dood brand die son op Knersvlak se glyktes
wie sal die blom pluk op Maskam se kruin?
Waar is die nartjie van Kamies se rante
waar is die rooi gloed van Grootvlei se land
te kwaai is die dors op Knersvlak se glyktes
wie sal die blom pluk op Maskam se kruin?
Die ouens wat saam met my op skool wat op Stellenbosch: Onthou julle nog
vir ou Klaasvakie?
Hy's die onnie wat Boerneef aan my "bekendgestel" het. Boerneef is oorlede
in diee eertse kwartaal van my standerd 6 ('skuus graad 8) jaar. Net toe ou
Klasie met ons aan een van Boerneef se boeke "Boplaas" begin het.
Seker om Boerneef so lekker boertig geskryf en, en 'n plaasklong sommer
dadelik met hom kon vereenselwig. My pa het toe ook Boerneef begin lees, en
baie gehou van Boerneef se beskrywing van die plaas gebeure en dinge.
Verskoon my, dat ek nie correct (krek?) Afrikaans skryf nie, omdat ek
Nederlands is.
My vraag is, hoekom dat die internetadresse in Suid-Afrika alle die uitgang
.za het, als die Engelse woord voor Suid-Afrika 'South Africa' is, en die
Afrikaanse woord ook nie met 'n 'z' begin?
Is dit Nederlandse invloed op het wereldwijde web?
Of is dit Afrikataalinvloed?
Sommer net om so 'n bietjie te "spog" met ons kaapse lenteweer.
Boplaas het weeer toegeval
deur BOERNEEF
Boplaas het weer toegeval
van wit kaop en dik kapok
soos in my vroeë kindertyd
Die berge in die noordekant
lyk net soos in my kindertyd -
tog glansender en kouer wit
en spokiger en bleker wit
as in my vroeë kindertyd
Hoe kon ek weet in daardie tyd,
by die vuurherd met sy tolbosgloed,
van die nat kapok se venynigheid?
On Wed, 08 Sep 1999 13:22:03 -0700, reisiger wrote:
|
|'n Aanhaling vanuit Shivambu Geeta van Dr. GK Thakkar:
|
|One of the great mountaineers of Mount Everest Mr. Morris
|Wilson from England, has written that he made liberal use
|of his own urine to save his limbs from becoming benumbed
|due to excessive cold of the Himalayas and to save himself
|from frostbite, apart from maintaining his strength.
|
Jou aanhalings uit hierdie Takhaar se werk is maar hoogs verdag (jis, vanlat ek
oorie vingers getik is, komek meddie mmoiste Afferkaans vorindag...!).
So, net omdat hy Dr voor sy naame skryf en hy 'n oosterling is, beteken dit nie
wat hy skryf is alles 100% korrek nie.
Ek het aan die ouens geskryf wat tans in Antarktika by Vesleskarvet diens doen
en hierdie aanhaling gestuur. Hier is die antwoord wat Duncan Cromarty my
gestuur het:
"Ek self is 'n berg klimmer en was al n slag of drie in die Himalayas en ek
kan net sê die storie van uriene om warm te bly werk net as jy dit in 'n
bottle of sak doen wat baie dig seel en dit teen die lyf te hou (veral in
n slaapsak). Om die ligaam nat te maak is 'n groot fout want dit maak dat
die hitte makliker weg gelei kan word en as die wind nog ook 'n rol kan
speel vererger jy die saak nog verder. Die ander probleem is die
blootstelling van die kern van die lyf om nou mooi te kan mik om die voete
ens warm te pee.
Ek sal dit nie probeer nie al is dit die laaste warm ding wat ek by my het
omdat dit risiko verhoog van koue beseerings."
So daar het ons nou die opinie van 'n groter kenner as almal van ons.