Nou die dag, Maandagoggend, het ons die amptelike kennisgewings gekry dat
Vrou en die twee dogters se groen kaarte goedgekeur is, en dat hulle by die
immigrasiekantore in Philadelphia moet aanmeld tussen 8 vm en 3 nm. Myne was
nie daarby nie, maar die belangrikste was dat ons oudste dogter s'n daar
was, omdat sy net die volgende dag moes weg, Rochester toe, om universiteit
toe te gaan. Vrou het my teen omtrent eenuur op kantoor gebel om te sê dis
daar, en ek is dadelik huis toe om die twee dogters te gaan haal. (Die
telefoniese kennisgewing het ons bereik twee dae voor Dogter 21 geword het.
Had die goedkeuring twee dae later gekom, was sy uitgesluit omdat sy dan oor
21 sou wees - en sy sou in limbo wees terwyl die res van ons "genormaliseer"
sou wees. Ondenkbaar!)
Eers moes daar nog foto's geneem word, en die INS is baie puntenerig oor hoe
die foto's moet lyk. Dit moet net so groot wees, en met 'n halwe profiel;
geen juwele nie, en so aan ensovoorts. Vrou bel vooruit Sear's toe om 'n
afspraak te maak, en ek jaag soontoe met die dogters. Daar kom ons net voor
twee aan, storm in en laat die foto's neem - genadiglik is daar niemand
anders nie, en die flink jong dametjie kan ons dadelik bedien. Toe draf ons
terug kar toe, en val in die pad Philadelphia toe. Ek kyk die horlosie net
een kyk - dis tien oor twee - en ek besef dat, as ek nie baie vinnig ry nie,
ons nooit voor drie in Philadelphia gaan aankom nie. Maak toe maar figuurlik
my oë toe en jaag - plek-plek 80 myl per uur en meer tussen drie en vier
bane verkeer deur. Dogter moedig my nog aan om al vier die flikkerligte aan
te sit en die toeter te druk sodat die karre kan padgee. Dit werk net met
een bestuurder; die ander steur hulle g'n stuk aan my flitlsende ligte nie -
die toeter het ek darem nie gedruk nie.
So tussendeur dink ek aan die Indiese vrou een keer by Heathrow-lughawe naby
Londen: al die passasiers het in 'n lang tou gestaan en wag om deur die
doeanehekke te gaan. En dit was 'n laaaang tou. Toe kom die arme Indiërvrou
hier van agter af al snikkend en kermend, met trane wat oor die gesig
stroom, en druk tussen almal deur, haar sari wapperend en flappend agter
haar aan: "I'm an emergency, I'm an emergency!" sê sy. Dit was baie
hartseer, maar ook half tragies-komies.
Gelukkig is daar toe ook nie "state troopers" op die pad nie, en so skuins
na halfdrie nader ons toe Philadelphia. Toe besef een van die dogters ek
gaan dalk na die verkeerde plek toe ry, en lig my in ons moet nie na
dieselfde plek toe gaan waar ons laas die vingerafdrukke laat neem het nie.
Ook maar goed dat hulle dit noem, want ek was net fluks op pad soontoe. So
ry ons toe aan, op soek na die adres; gelukkig darem die straat maklik
gekry. Eindelik kom ons daar aan - net voor kwart voor drie. Ek laai hulle
af met instruksies oor wat om te doen, en gaan soek parkeerplek. Stap toe
self aan na die gebou toe; op soek na die hyser, want hulle moet by kamer
605 op die sesde vloer wees. Daar aangekom, is daar nie 'n sterfling in sig
nie. Op die deur van kamer 605 is 'n kennisgewing: "Deportations"! Duidelik
is dit nie die regte plek nie, en ek is terug na die straat toe. Kry hulle
toe ook in 'n groot saal vol mense op die grondvlak - een dogter staan by
die toonbank, en die ander een is reeds klaar. Die beamptes (stralende swart
vrouens) is baie hulpvaardig en baie vriendelik, en voor drie is ons reeds
weer uit, in die straat, en kan ons terug huis toe ry nog voor die middag se
spitsverkeer begin. En is hulle toe nie in hulle skik met die stempel in die
paspoort wat verklaar dat hulle nou maar mag werk, en dat hulle nou
permanente verblyfreg in die VSA het nie!
Terug huis toe het ek ewe sedig by die spoedbeperking gebly; daar is geen
sin om 'n mens se geluk te veel te beproef nie.
Dinsdag ry ons met ons oudste dogter Rochester toe - universiteit toe - en
terwyl ons weg is, kom my kennisgewing by die huis aan deur die pos.
Woensdagaand is ons weer terug by die huis - teen tienuur se kant die aand.
Vrou en ek besluit toe om te sorg dat ons Donderdagoggend agtuur in
Philadelphia sal wees om ons paspoorte te laat stempel, en ek laat weet die
kantoor ek sal so teen halftien op die laatste in wees.
Donderdagoggend staan ons maar moeilik op - nog moeg na die vorige twee dae
se ryery en gejaag om alles reg te kry. Agtuur is ons voor die INS se
kantoor. Op die sypaadjie is twee woonwaens getrek waar jy jou foto's kan
laat neem - nogal met 'n 100% waarborg dat die foto's aan al die vereistes
sal voldoen. So stap ons toe foto's in die hand, en vol vertroue, dieselfde
wagkamer binne waar die twee dogters net twee dae vantevore so flink geholpe
gekom het.
Die saal lyk soos 'n stasiewagkamer, met rye stoele in. Voor is 5 toonbanke,
elkeen met 'n elektroniese bord bokant, waarop die nommer verskyn van die
volgende persoon wat vorentoe moet kom. Agter teen die muur is daar egter
net 4 elektroniese borde, wat dieselfde inligting vertoon. By die heel
eerste toonbank moet 'n mens jou nommer kry - so staan daar op 'n
kennisgewing: "obtain number here". Agter die toonbank staan 'n vrou met 'n
suur en nors uitdrukking. "Yes!" blaf sy. Ek sê ons wil graag nommers hê.
Watse nommers? vra sy. Nee, antwoord ek, ek weet nie - en ek beduie na die
bord wat sê ons moet nommers kry. "Lemmeseethat" blaf sy weer, en beduie na
ons dokumente. Sy lees dit en gee vir ons kaartjie aan, met nommers daarop:
D514 en D515. Nou moet ons gaan sit en wag.
Op die borde bokant die toonbanke sien ons daar word vier soorte transaksie
afgehandel: navrae, vorms, inlewer van vorms en aansoeke, en aanvra van
nuwe, en vervanging van verlore groen kaarte. Elkeen het 'n ander
reeksnommer: A000 is vir navrae; B300 is vir vorms; D500 is vir kaarte en
C600 vir inlewer van vorms. Die 500-reeks staan op 503. Ons moet wag - daar
is elf mense voor ons in ons reeks. Agter die toonbanke sit vyf vrouens.
Drie is groot en vet; een is maer en suur en die ander (ook lekker gewigtig)
lyk redelik vriendelik. Die vriendelike een verdwyn egter baie gou agtertoe
en ons sien haar nie weer nie. Die drie vrouens wt oorbly bedien solank die
mense wat wag, terwyl die ander vrou, die suur en nors een wat vir ons ons
nommers gegee het, heen en weer stap. Aanvanklik bedien hulle mense in die
volgorde wat hulle ingekom het, lyk dit my. Altans so lyk dit volgens die
nommers wat in geen besondere volgorde nie, aan en af flits. Na 'n halfuur
kom hulle egter agter dit werk te goed, en die mense word te vinnig
weggehelp. Drie vrouens vrouens verdwyn agter toe. Niemand bedien meer
iemand nie; net die suur vrou lyk of sy mense probeer reghelp.
'n Onverstaanbare aankondiging deur die veilgiheidswag in die hoek, wat
blykbaar bedoel is vir diegene wat daar is vir die burgerskapseremonie,
veroorsaak intussen dat die helfte van die wagtendes in 'n lang ry opstaan
en begin uitmarsjeer.
Sommige van die vrouens agter die toonbank kom terug, en hulle begin toe
weer met die werk. Maar nou doen een al die 500s, nog een al die 300s en so
aan. Die een wat die 500s bedien, beweeg stadiger as harmansdrup op 'n
wintersoggend. Haar hele houding en die manier waarop sy werk laat my dink
aan die kassiere in een van die winkels in Menlyn in Pretoria, wat die
klante totaal ignoreer en wat so stadig as moontlik jou aankope oplui en
inpak.
By die parkeermeter buite in die straat kan 'n mens net "quarters"
(25c-stukke) ingooi, en een quarter koop net 15 minute parkeertyd.
Genadiglik het Vrou 'n hele klomp by haar, en ek draf heen en weer en gooi
in - eers (optimisties!) net vir 'n halfuur; toe (minder optimisties) vir
nog 'n halfuur; daarna gelate vir 'n uur en 'n half en uiteindelik byna
desperaat vir nog 'n driekwartier. Want die 500 vrou bedien een persoon op
'n keer - en bestee gemiddeld 15 minute met die mens. Dan verdwyn sy
agtertoe vir so 15 minute. Ek "time" haar op my horlosie Dan kom sy terug,
gesels met almal om haar, bereken wat die volgende nommer is om te ontbied,
maar voor sy kan begin, moet sy eers weer opstaan om die deur te gaan
oopsluit vir 'n boodskapper of 'n veiligheiswag. Dan laat kom sy die
volgende persoon. So hou dit aan, en die tyd stap aan en aan en aan. Rondom
ons kom en gaan die mense - en wat 'n skare! Elke geloof en ras waaraan jy
kan dink. Almal vol hoop, en almal gelate en geduldig uitgelewer aan die
mense agter die toonbank. Niemand word kwaad of openlik ongeduldig nie.
Almal sit en wag, stil en gedemp soos mense wat voor kerk sit en wag vir die
diens om te begin. Daar is 'n paar klein kindertjies, maar hulle word goed
in toom gehou. Agter ons kom sit 'n waardige, slanke swart vrou met gesig
wat duidelik volgens die een of ander ritueel gesny is; drie lang hale oor
elke wang. Nogal 'n aantreklike vrou, met vier netjiese en goed opgevoede
swart kindertjies in 'n ry agter haar. Beslis uit Afrika uit. Haar man
gesels op gedempte toon in 'n Afrikataal met iemand langs hom.
'n Kort, vet vrou bons in 'n wasige pienk rok van sjiffon soos 'n rubberbal
heen en weer tussen die toonbanke en van die mense wat sit en wag. Dit lyk
of sy iemand verteenwoordig, want elke kort-kort haal sy dokumente uit wat
ywerig ingevul word, en sodra daar 'n kans is, draf sy weer vorentoe met nog
'n navraag, dan weer terug. Ek verstom my daaroor dat iemand wat sy
hiperaktief is, so vet kan wees.
Nog 'n beteuterde ou vroutjie moet aanhoor dat sy nie daar mag wees nie. Die
suur vrou agter die toonbank weier om haar eers te woord te staan; blykbaar
is sy daar omdat daar iets fout is met haar seun se groen kaart, maar hy
moet werk en het haar gevra om namens hom te kom. Dit mag glad nie, vaardig
die vrou agter die toonbank 'n dekreet uit. Hy moet self kom; dis sy kaart
en nie hare nie. Oorbluf gaan die vroutjie maar uit. Na 'n ruk kom sy terug.
Wag weer tot sy 'n beurt kry om vorentoe te kom, en word geholpe, want nou
praat sy oor haar eie kaart. Blykbaar was sy die eerste keer so oorbluf dat
sy vergeet het sy het self ook 'n navraag.
'n Lang Rus met 'n verslae uitdukking op sy gesig se beurt by die 500 vrou
breek aan. Sy nommer is 506. Saam met hom stap 'n vrou, 'n seun en 'n dogter
vorentoe. Hulle word die een na die ander gehelp - dit neem byna 'n uur voor
hulle klaar is. Die vrou wat hulle bedien is daarna so uitgeput dat sy 'n
hele kwartier agtertoe verdwyn. Nou moet ons al by 509 wees, en die volgende
nommer moet 510 wees.
Een van die ander vrouens druk 'n nommer: 317. Niemand kom vorentoe nie. Sy
ontbied 318. Niemand kom uit nie. Toe druk sy 319. Nog niemand nie - en sy
besef daar is seker nog niemand in die wagkamer met nommers bokant 317 nie.
Sy staan op om te gaan kyk wat gaan met die 500 vrou aan, en in 'n
oorywerige bui druk sy die volgende 500 nommer (volgens haar): 507.
Natuurlik kom niemand vorentoe nie, en na 'n ruk druk sy 508. Die vrou wat
eintlik met die 500s werk kom terug. Sy druk 509, en besef nee, eintlik is
ons al by 510. Dié druk sy, en die ander een ontbied 511. Ek begin hoop kry.
Maar net daar ontstaan weer vertragings, en albei die vrouens stap agtertoe.
Ons wag en wag en wag. Naderhand kom hulle terug. Een gaan voort met die
500s, en die ander met die 300s wat weer begin instroom het.
My geduld raak al hoe korter, maar ek besef ons kan niks doen nie; ons moet
maar net wag. Ons besluit om, wanneer Vrou se beurt aanbreek, ook saam
vorentoe te gaan - soos die Russe van flussies. Ons nommers volg mos op
mekaar. Uiteindelik is dit toe ons beurt. Die elektroniese bord het nog nie
behoorlik die 514 geregistreer nie, toe staan ons al daar. Vrou beduie ons
is saam, en gee haar dokumente aan. Tydsaam doen die vrou haar werk: eers 'n
afdruk van die regter voorvinger, aan weerskante van 'n vorm, dan moet Vrou
haar naam teken. Daarna moet die vrou agter die toonbanl ses keer haar eie
naam teken, ons besonderhede invul, dan die paspoort met drie afsonderlike
stempels stempel, weer haar naam teken, 'n vervaldatum invul, en uiteindelik
is Vrou klaar. Ek staan vorentoe. Gee my dokumente aan. "Whasyournumber"
spoeg sy dit uit vir my. 515, sê ek. "Wheresyourticket" spoeg sy weer, en
"Gimmeyourticket". Die ticket het ek darem gelukkig, maar dis in my sak en
ek moet dit uitvis en aangee. Toe word die hele ritueel herhaal met my
vingerafdrukke, haar ses handtekenings en parawe, en alles. Naderhand is ons
klaar. Ons bedank die vrou vriendelik en wens haar 'n goeie dag toe. Sy
groet verbaas terug. Die werk wat sy doen kan regtig ook nie die
aangenaamste werk onder die son wees om te doen nie. Intellektueel uitdagend
kan dit ook nie juis wees nie.
Ons stap in die straat uit. Vrou kyk na my: ons het - saam - presies twaalf
minute gevat om geholpe te kom. En daarvoor moes ons byna drie uur wag. Maar
dis verby, en ons is nou "legal residents". Om dit te bewys, is daar die
tydelike stempel in ons paspoorte, en oor nege maande tot 'n jaar sal ons
die werklike groen kaart self ontvang.
Dis net ongelooflik dat twee ervarings by dieselfde kantoor, op twee
verskillende dae, so hemelsbreed kan verskil.
En so eindig die saga. En hierdie lang kroniek. Dit was in elk geval so 'n
ervaring - een wat ek nie maklik sal vergeet nie.
Maar oorweldigend dankbaar dat die proses nou verby is. Nog meer dankbaar
dat my werkgewer al die onkoste namens my gedra het. Vir 'n gesin van vier
het dit oor die $8,000.00 gekos aan regskoste, mediese ondersoeke, foto's
aansoekgelde en dies meer.
Lees nou die dag dat dit deesdae tot so lank soos 6 jaar kan duur voor jy
jou groen kaart kry - die proses is meer ingewikkeld as ooit as gevolg van
nuwe wetgewing en 'n oorweldigende massa aansoeke. Net in St Albans alleen
is daar glo 'n _agterstand_ van meer as 800 000 aansoeke!
Die wonder is dat ons s'n so vinnig gebeur het - net om en by vyf maande.
Dank God daarvoor.
ek verlang na jou
vriend
skaduwee meer reeel as rots
wentelbaan van vrede
Godgewende lied
waarvan ek soms die wysie vergeet
veral tydens die petit mals
van niksseggende transaksies
en die reise agter die skerms
met arms vol kruideniersware
vriend
die winter kom onvermydelik
die lamppale word ryp soos gebede
die lig gaan kop toe
die vrede duisel
ek dra jou in die sak van my leerbaadjie
en reik na jou soos na sigarette
soos na die onblusbare vlam
wat weier om te sterf
onder jare se debris
Het enige persoon in die VSA of Kanada, 'n tjek ontvang vir hulle Ou
Mutual "shares"?
Ek het myne pas ontvang, MAAR die tjek is in Rand en dit beteken ek kan
dit nie buite Suid-Afrika wissel. Dit is teen SA se "exchange control
regulations".
Indien iemand in die VSA/Kanada raad het, kontak my by lk...@citytel.net
>
> Ons wat in die buiteland sit hoor NOOIT Afrikaans nie, en baie
> van die gedigte
> spreek ons aan op maniere wat ons nie kan verduidelik nie.
>
> Ek kan liewers vra wat maak julle wat in Suid-Afrika woon op
> hierdie nuusgroep? Soek julle pen pelle? Ons wat oorsee woon
> behoort aan hierdie
> groep om ons taal te probeer behou, en gedigte is groot deel
> daarvan.
Dis nou vrek interessant dat mense vra wat Afrikaners in Suid-Afrika
soek op 'n nuusgroep vir Afrikaanse kultuur!
Miskien moet mens dink oor 'n antwoord :-)
>
> En ja, ek voel ook nie lekker oor die Leendert en Gloudina
> gevegte nie, en ek
> wil geensins kant kies nie, maar dit voel my net dat Leendert
> goed te persoonlik aantrek,
Ek dink, as mens persoonlik uitgeskel is vir 'n "apartheidsvark" (en
baie soortgelyke dinge) dan sou dit heel sieklik wees om jou dit _nie_
persoonlik aan te trek nie.
> en dan val hy Gloudina persoonlik
> aan. Kan mens nie stry sonder om nasty en persoonlik te raak
> nie?
Ek dink mens kan stry sonder om persoonlik te raak. Dit hang af wat die
onderwerp van die argument is. As iemand gesag vir sy argumente soek in
sy persoonlike voortreflikheid, dan word sy persoonlike voortreflikheid
'n legitieme onderwerp vir bespreking.
(In die howe geld 'n soortgelyke reël: Mens mag nie getuienis lewer oor
iemand se reputasie nie - ten sy hy self sy reputasie te berde bring.)
In die mees onlangse geval onder bespreking het Gloudina aanspraak
gemaak op gesag oor die onderwerp van die Christelike geloof op grond
van die Christelike opvoeding wat sy self gekry het. Daar is geen ander
gevolgtrekking moontlik nie, as dat aanwysbare gebreke in haar kennis
dan ook aan daardie opvoeding gewyt moet word.
Die punt is dit: Sy het self die onderwerp van haar eie opvoeding te
berde gebring en die onderwerp van gesprek gemaak. En sy het geen ander
bron voorgehou waaraan haar gebrekkige kennis gewyt kan word nie.
Daarby moet jy my standpunt voeg, dat ons nie die skade kan oorskat wat
soetsappige "bybelstories" veroorsaak in die opvoeding van kinders nie.
Dit het dieselfde effek as die "pienk boekies" vir vroue waarteen
Christina Landman so te velde trek. (En Lux Verbi het waaragtig haar
jongste boek oor Hooglied 'n pienk omslag gaan gee!)
Ek vrees Gloudina se standpunte oor Christelike geloof is stewig in die
"pienk boekie"-kader.
Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Viva Afrikaans, Viva die nuwe geslag Afrikaners, Viva!!
Is dit Hans wat griffel?
>
> Hier IS regtig 'n nuwe geslag Afrikaner teenwoordig - met 'n leef en laat
> leef uitkyk op die lewe ; wat weier om hom te laat aftrek na minderwaardige
> standaarde ; wat iets doen vir die uitbouing van sy taal ; wat iets DOEN
> om Afrikaans (alle aspekte) deur te gee na die jeug want anders sal
> Afrikaans by hierdie geslag ophou. (Wanneer mens die dinge nalaat, is
> sulke goed soos ou "reisigertjie", sterretjies in die oë, met sy onsinnige
> verloopte snert argumente, die resultaat.)
>
> ***
Nou ja omie, giffel wou ek nog altyd, dis juis sulke woorde wat
ek
nooit in die daaglikse omgang hoor nie wat vir my so oulik is,
en wat ek op hierdie ng hoor.
>Ons wat in die buiteland sit hoor NOOIT Afrikaans nie, en baie
>> van die gedigte spreek ons aan op maniere wat ons nie kan verduidelik >nie.
>>
> Ek veronderstel die "ons" in jou sin hier bo het slegs betrekking op PAT en
> haar gesin (??)
En ander ex Suid-Afrikaners wat hier woon ook.
> 'n Paar vrae :
> Watter huistaal besig jy en jou huismense daar waar jy is ?
Huistaal is Engels.
> Het jy nie Afrikaanse kontakte daar nie ?
Ja, n hele paar Afrikaanse vriendinne en n familielid of twee,
nie te veel nie.
> Benewens hierdie ng, handhaaf jy kontak met die
"agtergeblewenes"
O beslis, meeste van my familie woon in S.A.
> Kan jou kinders Afrikaans praat ?
Nie juis nie, hulle verstaan n woord/frase of drie.
> Wat DOEN jy om jou kinders in Afrikaans te onderrig ?
Niks nie. Wat is die punt? Die een leer/praat Spaans, die
ander een
Frans as tweede taal.
Dankie vir die aanbod, maar dit is nie wenslik vir my om hulle
Afrikaans te leer nie, want my man is Amerikaans, en hulle
sukkel genoeg met hulle onderskeie tweede tale. Hulle het wel n
groot liefde vir hulle ma se moederland, vir die kultuur en die
mense, en het hegte bande met n hele paar mense wat daar woon.
En hulle het eiendom in S.A., wat hulle keer op keer terug sal
laat gaan, maar hulle sal nie daar woon nie, hulle is
Amerikaners. (As hulle eendag kies om daar te woon sal ek
natuurlik verheug wees, maar dit sou hulle keuse wees)
>
>> Ek kan liewers vra wat maak julle wat in Suid-Afrika woon op
>> hierdie nuusgroep?
>
> Stadig oor die klippe, sussie. Na die beste van my wete is hierdie ng NIE
> 'n eksklusiewe klub vir julle oor die water nie. Dat dit vir sommige van
> julle as naelstring met SA dien, is gewis. Die "uitgeweke" Afrikaners wat
> hier deelneem, is getallegewys negeerbaar klein in aanmerking geneem die
> aantal Afrikaners in die buiteland - self al tel jy ook die by wat net hier
> lees.
>> Soek julle pen pelle?
> Nee. Net interessante geselskap. Ons deel graag julle ervarings waar
> julle is. Stuur ook vir julle (op aanvraag) resepte van SA kos wat so baie
> van julle daar mis nou. Ook al pakkies weggestuur vir nuutgevonde
> vriende - Afrikaanse musiek op CD's, "Black & White" pyptabak, ens. en op
> my beurt weer goedjies terug ontvang wat hier onbekombaar duur is maar
> anderkant goedkoop is........... Moet ek aangaan met
opnoem ???
Ag ja omie, ek se ook hoeka nou die dag vir my man ek mis my ou
Black & White pyptabak darem vreeslik :-)) Ja, ons mis sekere
goed,
en sal seker altyd dit mis, maar hier is weer ander goed wat
julle nie het nie
wat ons sal mis as ons terugtrek.
>> Ons wat oorsee woon behoort aan hierdie groep om ons taal te probeer
>> behou, en gedigte is groot deel daarvan.
>
> Dis EEN manier - ongelukkig ontoereikend - en JY sal meer moet doen. As jy
> belangstel, kan ek jou verwys na adresse waar werklik lewendige
> taalbesprekings aan die gang is. Jy kan net baat daarby.
Ja, ek sal beslis belangstel, laat my gerus weet.
>> En ja, ek voel ook nie lekker oor die Leendert en Gloudina
>> gevegte nie, en ek wil geensins kant kies nie, maar dit voel my net dat
>> Leendert goed te persoonlik aantrek
Nou ja, dan gun ek Leendert sy styl veral aangesien hy moeite
doen
met taalhandhawing ens. Maar tog, hy moenie te persoonlik raak
en
die boodskapper wil doodskiet nie.
Vir die onder ons wat belangstel in hoe die Bybel ontstaan het, kan ek die
volgende boeke aanbeveel, hulle is geweldig interessant en absoluut boeiend
(selfs al is 'n mens krities teenoor die Christelike godsdiens):
"In die begin was die Woord" van GS Wegener, 'n vertaling van die
oorspronklike Duitse werk () wat handel oor die
ontstaan van die Bybel as boek.
"Die Bybel is tog reg" van Werner Keller, ook 'n vertaling van 'n Duitse
werk (, wat oorspronklik in Afrikaans verskyn
het as "Die klippe het dit uitgeroep"). Dit handel meer oor die navorsing
wat gaan oor spesifieke insidente/beskrywings in die Bybel
Sover die New Age en dies meer aangaan, is daar 'n boek met die naam
"Christianity in Crisis" wat ook die moeite werd is om te lees. Iemand het
my kopie geleen en ek kan nie nou die outeur onthou nie, maar 'n soektog
deur amazon.com en/of barnes&noble behoort die triek te doen.
Die "faksies" (sektes/dwalleringe) waarvan julle in die draad gesles het,
was een van die redes waarom Augustinus probeer het om terug te spoor tot
by die Apostels, m.a.w. hulle wat Jesus self geken het, en waarom die
Gereformeerde kerke op hulle beurt weer na Augustinus toe teruggegaan het.
(Kyk nou net hoe netjies kry ek dit reg om weer by Augustinus uit te kom!
;-) )
Groete,
Dries Venter
<'n lang draad kortgeknip>
>> Daar was 'n redelike klompie faksies van die
>> Christelike kerk in die eerste eeu. Die ortodokse Rooms Katolieke kerk het
>> op die ou end oorgeneem. Hulle het bepaal watter Boeke opgeneem sou word in
>> die Bybel en basiese geloof kwesies ens.
> Ek glo dus dat God ook Sy wil laat geskied het met die samestelling van
> die Bybel, en die besluite oor watter boeke as kanoniek beskou sal
> word, en watter boeke as apokrief.
>
> Dieselfde geld vir die akkuraatheid van vertalings.
>
> In elk geval: die invoeging en uitlating van onderskeidelik die
> kanonieke en apokriewe boeke is deur verskeie konsillies gedoen -
> waarby al vyf die bisdomme betrokke was. Die konsillie van Nicea was
> die eerste grote, en daar is die belydenis van Nicea ook aanvaar, waar
> gelowiges probeer uiteensit presies wat dit is wat hulle glo. Dieselfde
> belydenis word steeds deur kerke soos die Afrikaanse susterkerke
> aanvaar en in kategese en eredienste gebruik.
>
> En ja, dit is moontlik dat Jakobus (James = Jakobus; nie Johannes nie.
> Johannes = John op Engels) ook 'n evangelie geskryf het. Ek is nie
> bekend met die redes waarom sulke boeke nie as kanoniek beskou word
> nie. Dit is, byvoorbeeld, moontlik dat die kerkvaders van oordeel was
> dat daar onvoldoende getuienis is dat die beskikbare afskrifte
> outentiek en onveranderd was.
>
> En nee. Die apokriewe boeke is nie uit die bose nie, en word nie (in
> elk geval deur die Afrikaanse susterkerke) verwerp nie. Om die waarheid
> te sê, die apokriewe boeke het vroeër vanjaar in Afrikaanse vertaling
> verskyn - daar bestaan nogal heelwat uit die Ou en die Nuwe Testament.
> Uit die Ou Testament is daar byvoorbeeld die boek Judith. Daar is ook,
> so ver ek weet, nie wesenlike teenstrydighede tussen die apokriewe
> boeke en die kanonieke boeke nie. Wat wel waar is, is dat die kerke
> aanvaar dat daar onvoldoende getuienis is dat die betrokke boeke wel
> die Woord van God is. (Daar is, verneem ek, wel sommige apokriewe boeke
> wat deur Rome as kanoniek aanvaar word, maar ek is nie seker daarvan
> nie.)
>
> In elk geval, my geloof is dat die hand van God ook die samestelling
> van die Bybel soos hy nou is bepaal het.
Stuur 'n e-pos aan Leon vd Berg( ta...@beeld.com ) en vra hom om jou aan te
sluit by die internet Taalgesprek. Dis 'n ge-modereerde geselsgroep waar
die manne met die brille, blesse en taalkennis hulle sê te sê het.
Maar daar's ook gewone mense soos ek en jy wat deelneem en en die gewone
gebruiks-Afrikaans bevorder.
"Griffel" : Ek het ek dit nog nie by die jonger geslag gehoor nie. Wonder
of hulle weet wat 'n griffel of lei is ??
'n Firma wil sy mark uitbrei na 'n nuwe gebied toe. Die
Direkteur roep een van sy verkoopsagente in, gee vir hom sy
doelwitte, en stuur hom na 'n nuwe area. Die verkoopsagent
kan net doen wat hy wil. Dit beteken dat die verkoopsagent
net so nodig is in hierdie proses as die toiletskoonmaker
by hoofkantoor. Albei vervul 'n belangrike rol. Die mense
in die nuwe markgebied sien die agent as die firma, want
die agent is in al sy doen en late verteenwoordigingend van
die firma. Dit is baie belangrik om dit te besef. Maar
later word hy terug geroep en moet verrekening doen. En
afhangende daarvan kry hy promosie of nie. In hierdie model
is die Direkteur God en die mense op aarde die
verkoopsagente. Laat 'n mens dink, ne?
Wanneer 'n lig deur 'n prisma skyn, kom 'n reenboog van
verskillende kleure te voorskyn. Van hierdie kant kan ons
as mense, in ons verskillendheid van kleur, geloof, ens.
argumenteer wie hoort waar, ons is die ware, die res is
vals, ens. Maar indien ons die Lig agter die prisma kan
sien sal ons verstaan dat ons Oorsprong dieselfde is. Want
alle godsdienste kom vanuit Een God af. Dit is die verskil.
Dit lyk net anders van die ander kant af. In hierdie
paradoks kan ons ons lewe op aarde verstaan.
Of soos die smartiedoos met smarties. Die Fabriek is
dieselfde, ons lyk net anders. Innerlik is ons presies
dieselfde. Uiterlik verskil ons, lyk ons anders, glo ons in
verskillende gelowe, wil ons op 'n stadium glad nie glo
nie, ens.
Dankie Beeld. Wou dit al weke pos, maar Gloudina se
aanmoediging het dit laat materialiseer. Dankie Tannie.