Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Komete -

So., 15 Augustus 1999 00:00

Wou net handoek ingooi want skielik was omtrent al die ou hande onsigbaar.
En nou het die komete weer verskyn...........

Gloudie is op 'n leeftyd waar dinge oornag kan verander en met haar
verdwyning het ek regtig die ergste gevrees. Tref tog betyds reelings dat
sou die emmer in jou pad kom en jy hom dalk raakskop, dat iemand tog 'n
beriggie in dier voege hier plaas. Het jy nou van die Japanese siel in
jou rekenaar ontslae geraak ?????

Leendert was bitterlik stil - onnatuurlik. Maar welkom terug. Die stryd
duur voort.

Welkom terug Bees !!!!!!!!!!! Jy weet waar om my in die hande te kry.

Wat het van Shannon geword ???

En waar's Royleen ????

Vriendelik - vanuit 'n snikhete Walvisbaai met 'n lekker oostewind in die
Namib.

Omie

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Komete -

So., 15 Augustus 1999 00:00

Oom Hans,

Bestaan Veneta Shell nog? Die (gewese?) eienaar het my darem eenkeer uit
'n lelike penarie gered toe ons altwee ons Landrover se noodwiele op die
woestynpad tussen Windhoek en Walvisbaai verloor het daar digby
Vogelstruisfederberg (of so iets). Die klippe het daardie bande soos 'n
mes oopgekloof. Dit was nogal SAG's ook, veronderstel om taai te wees...
Aai, dit laat my sommer opnuut verlang na daardie wye, uitgestrekte vlaktes
wat so plat soos 'n tafelblad is met sulke snaakse, skerp bergrue wat deur
die blad steek, geen teken van voetheuwels nie, en so in die verte die
ligrooi skynsel van die eerste Namibduine. Ek praat nou van die area
tussen Sesriem en Naukluft op Windhoek se kant toe. In elk geval die ou
van Veneta Shell het my vertel hulle gaan gereeld in Kaokoland en
Damaraland in. Hy't net aan Landrovers geglo. Gesê die ander 4x4's is
net gemaak dat hy geld kan maak wanneer hy hulle moet regmaak. Ek het nou
onlangs 'n rumoer (rumour!) gehoor dat hy bankrot verklaar is.

Groete,
Dries Venter

Hans wrote in article
...

> Vriendelik - vanuit 'n snikhete Walvisbaai met 'n lekker oostewind in die
> Namib.
>
> Omie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Skoon en Vuil

Sa., 14 Augustus 1999 00:00

Gloudina sê
> Daar is sommige van ons wat hunker na die ou dae toe al die
> New Yorkse subway-treine bedek was met graffitti van die een hoek na
> die ander. Dit het dit soveel meer karakter gegee. Guilliani se pogings om
> New York skoon te maak, maak dit net meer intens kommersieel. Soos
> die huidige Times Square.

Nee Gloudina

Skoon is nie dieselfde ding as kommersieel nie. Dit maak ook nie 'n plek noodwendig kommersieel nie. Die "skoonste" plekke op aarde is glad nie kommersieel nie - byna per defenisie. (En andersom.) In elk geval, NYC sal altyd intens kommersieel wees - soos ander volwaardige "wereldstede". (London, Tokyo, ens.) Dit is hulle "raison de être" (sp?)

Ek vemoed jy kon net nie die geleendheid weerstaan om 'n wilde haakhou te gooi na Guilliani nie. Waanneer begin jy met jou "pitch" vir Hillary-babes?

Groete
Bees (Yup, ek is weer terug)

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

Jy was (so half) reg, Ferdi!

Sa., 14 Augustus 1999 00:00

Vanaand op Spookstasie, was Martin Versfeld aan die beurt - en
Augustinus as 'n groot invloed op sy filosofie.

Die ouens vertel dat Augustinus 'n Berber was. Dus nie 'n Griek,
Romein, of Jood nie.

Hulle wil ook hê dat dit hom "swart" maak. (Versfeld het glo in die
Sestigs opgemerk dat Augustinus se gelaatskleur hom uit die "blanke"
waens in 'n trein sou hou!)

Maar dan, ek en jy het al tevore vasgesit oor 'n "swart" regering, en
ek is regtig nie lus vir 'n tweewekegeveg oor die "swart"-heid van
Berbers nie :-)

Groete, Leendert

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Primêre Skool Bethanie (Arbeid dra vrug)

Sa., 14 Augustus 1999 00:00

Re-unie beplan vanaf 3de tot 5de September 1999.

Alle oud-skoolhoofde, onderwysers, koshuispersoneel en kinders word hartlik
uitgenooi om dit saam te geniet.

Kontak persoon: Skoolhoof AJ van der Westhuizen
Tel (+09 264) 63 283024
--
Efgee

Onderwys & opvoeding | 0 kommentare

Orkane

Sa., 14 Augustus 1999 00:00

Ek het n idee die orkaanseisoen begin eers in Augustus, en hulle voorspel
n kwaai seisoen wat orkane betref. Ek hou nogal daarvan om te sien hoe die
orkaan begin opbou, en dan groter word, en dan soms vir dae oor die see
sit, en dan skielik begin rigting kry. Ek was jare gelede in orkaan Hugo
en dit sal
ek altyd onthou, gelukkig het ons niks oorgekom nie, net n paar bome i n
ons erf is ontwortel. Maar dit is opwindend.
Pat

> Ek woon sedert 1995 hier en nog nie 'n "hurricane" ervaar nie. Hierdie jaar
> se "hurricane" seisoen is so stil dit herinner my aan die stilte voor die
> storm. Ons het wel die 1997 tornado's ervaar wat baie lewens geëis het en
> miljoene Dollars se skade aangerig het. Verder is Orlando die "lightning
> capitol of the world". Net soos die koue, sneeu, droogte, aardbewings, ens.
> is dit dinge waarmee 'n mens leer om mee saam te leef. Daar is geen
> "perfect world". As dit nie een ding is nie is dit 'n ander. Ek dink
> elkeen maak maar sy/haar keuse wat vir hom/haar die beste is.
>
> Groetnis
> Julie
>

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Biltong

Sa., 14 Augustus 1999 00:00

Leenderd
Ek kan nie mooi die kloutjie by die oor bring i.v.m. muwwe biltong en die
see nie, of is daar dalk korrelasie.:-)) M.i. is Woolworths se biltong
beslis nie die beste in die land nie, maar ek sou nooit juis "muf" as woord
vir dit gebruik nie, eerder erzats of smaakloos.

Vriende van ons het n kardoondoos opgerig in hul garage, met n gloeilampie
en tinfoil en what not, en het toe prime stukke filet gaan koop en ingesout
en ingekoljander en opgehang vir die beste biltong ooit. Die man het toe
glo elke tweede dag of so gou gaan check of dit al reg is, en toe die
biltong eindelik (na seker 2 maande) reg was vir eet, was daar omtrent niks
meer oor nie :-)) Ek is nie so lief vir biltong dat ek soveel moeite sal
doen nie.

Pat
NS Vertel van jou ondervindinge op see, ken jy die Bermuda Driehoek?

Leendert van Oostrum wrote in article <
> Ek ken Woolies se vakuum-verpakte biltong.
>
> Soos alle vakuumverpakte biltong, smaak dit muwwerig!
>
> As jy biltong wil eet in Noord-Amerika (of enige ander plek behalwe
> waar daar betroubare slaghuise is wat dit maak) moet jy dit self maak.
>
> Dis een ding wat ek op see geleer het!
>
>
> Sent via Deja.com http://www.deja.com/
> Share what you know. Learn what you don't.
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Mymeringe.... was: Help uit, asb.

Vr., 13 Augustus 1999 00:00

> Gloudina skryf: Die ysstorm was darem maar net 'n fluke, Henry.

Gloudina, ek stem saam met omtrent alles wat jy sê. Die ysstorm was inderdaad buitengewoon, maar ek noem dit net om op die uiterste wisselingin klimaat en weer te wys.

In hierdie hoek van Pennsylvania weet hulle nie mooi wat om met die sneeu te doen in die winter nie - maar dan kry ons gelukkig nie te veel daarvan nie.

Ons woon in Bucks County, binne bereik van New York, Washington DC, Philadelphia, die New Jersey-kusoorde en die Pocono-berge.

Soggens ry ek al langs die pragtige Delawarerivier af werk toe op 'n pad wat aan die Tsitsikammawoude herinner. Dis ongelooflik mooi. En smiddae dieselfde pad terug. Die eekhorinkies en hasies, raccoons, muishonde en ander diertjies wat ek nie kan eien nie, omdat hulle vir my vreemd is, speel oor die pad heen en weer, en tussen die bome. Daar is takbokkies ook (nogal gevaarlik snags), en eenkeer het ek 'n majestueuse takbokram gesien, met die pragtigste horings. Dit was juis in die winter, en hy het gelyk of hy van Sinterklaas se slee ontsnap het.

Deel van my pad werk toe loop deur landerye, waar die oeste wissel na gelang van die seisoen. In die somer (soos nou) is daar padstalletjies wat vars vrugte en groente verkoop. Hulle begin hier laat-Mei, vroeg-Junie met die aarbeie (pick-your-own - nes in Stellenbosch) met die Strawberry Festival. In die herfs is dit Corn Maizes wat in die mielie landerye gemaak word (ek wonder of hulle die jaar, met die ergste droogte in 130 jaar, dit gaan herhaal), en hay rides. Einde Oktober is die lande vol groot oranje pampoene vir Halloween, en dan is daar "hayrides of horror" op die plase.

In ons dorpie is daar 'n verlate ou huis wat die hele jaar toestaan. Met Halloween kry hy nuwe lewe: 'n amateurgroep met die naam Midnight Productions maak elke jaar daarvan 'n spookhuis waar jy van begin Oktober tot die eerste week in November kan gaan ril en gril. As jy daar verbyry, hoor jy die mense binne gil. Verlede jaar was die plek "Bates Motel", kompleet met flikkerende neonteken: no vacancy.

Die herfskleure in die najaar is, hier waar ons bly, met een woord skouspelagtig. Dis 'n grootse skouspel wat oor alles troon. Die blare wissel van bloedrooi tot donkerbruin, van liggeel tot diepgoud en elke skakering tussenin.

So stap die jaar aan, deur Thanskgiving (wonderlike, unieke gesinsfees!) tot Kersfees, wanneer die tuine getooi staan in die wonderlikste ligvertonings waaraan jy kan dink, en ons saans gaan rondry, net om die liggies te sien. Verlede jaar het dit drie dae voor Kersfees gesneeu, en op Oukersdag - en Kersdag self - was die wêreld spierwit. Ons het die nege-uur diens in ons kerk bygewoon op Oukersaand, en dit was 'n ongelooflike ervaring om in die straat af te stap, met die straatligte wat op die sneeu weerkaats. Die Kersgesange het 'n ander dimensie gehad vir my, die aand. Veral toe die gemeente "Silent Night, Holy Night" gesing het en jy direk daarna weer in die sneeu uit is. Om die volgende oggend wakker te word, uit te kyk en die sneeu oor alles te sien en te weet dis Kersoggend, was 'n unike ervaring wat ek nooit, nooit sal vergeet nie. Die sneeu bedek alles, en die wêreld is sommer ook stiller - gedemp, half. Die stilte, die mooiheid van alles is onbeskryflik.

So kan ek liries raak oor ons ervaring van die seisoene hier. Iets wat ek ook altyd sal onthou, is die vuurvliegies. In die vroeë lente swerm hulle in ons tuin en tussen die struike. Die liggies wat heen en weer dartel en aan en af flikker is doodgewoon iets uit 'n sprokieswëreld. Om so deur die tuin te stap met die vuurvliegies om jou roep in my gedagtes die sterrevelde op, waarvan Totius in sy Psalmberyming geskryf het. (Wie onthou nog daardie Psalm - was dit Psalm 8? waar ons altyd gesing het van die "skugter maan" wat deur die "sterrevelde" gaan?)

Aits, Gloudina, waar maak ek nou draaie - en dit net omdat iemand gevra het vir meer inligting voor sy as au pair hierheen kom!

Groetnis uit Pennsylvania

Henry

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Lekker eet! (Was: internasionale sjokolade)

Vr., 13 Augustus 1999 00:00

Thys de Wet wrote:
> Gee my springbok biltong
> gee my boer beskuit
> gee my lekker koffie
> en gooi die ander uit

Ag nee, Thys, nou wil ek sommer aspris wees en so antwoord:
biltong verhoog net die cholesterol, as dit nie dalk ook kanker veroorsaak nie. Ne boerbeskuit ook. Eet liewer 'n lekker sagte warm bagel wat jy so moet trek om hom afgebyt te kry. Met lekker dik roomkaas op (van die vetvrye soort!!) en 'n beker lekker varsgemaakte Colombiaanse koffie!

Dis nou wat jy kry as jy my so lus maak vir biltong, hier waar ek dit nie kan kry nie! Gelukkig gaan ek darem Oktober terug SA toe - en dan sal ek weer 'n stukkie biltong kan kry.

Die heel lekkerste biltong wat ek nog ooit gekoop het, was by Lynnpark slaghuis in Pretoria. Maar die lekkerste wat ek nog ooit geëet het, was die wat my pa gemaak het, destyds, toe ons nog in Windhoek gebly het. Toe was dit nog Suidwes-Afrika, en ek was in die laerskool. My pa en 'n paar vriende het so 'n keer of wat gaan jag in die Khomas Hochlandberge se omgewing. Teruggekom met springbokke en koedoes, en die ongelooflikste lekker biltong gemaak. Toe dit droog was, was dit spierwit van die peper, met sulke stukkies koljander wat daaraan vassit. Ons het op 'n stadium so baie gehad dat ons vir skoolkos daarvan gekry bedags. Sondagaande, as my ma nie geweet het wat om vir ons te gee om te eet nie, het sy biltong uitgehaal. Naderhand was die biltong so uitgedroog dat sy dit op die agterstoep met die agterkant van 'n byl fyngekap het tussen twee lae bruinpapier. DAN was dit eers lekker! Jy het dit so stukkie-stukkie afgebreek en op 'n sny brood en botter geëet. Regte brood, en regte botter - nie margarien of iets nie op pap winkelbrood nie.

Groetnis uit Pennsylvania, waar daar nie biltong is nie. Johan, as jy wors maak, maak sy seker ook biltong?

Henry

Kos & resepte | 20 kommentare

Help uit asb!

Do., 12 Augustus 1999 00:00

Ek gaan volgende jaar Au-pair in Amerika en ek wil
graag n bietjie meer inligting versamel omtrent Amerika.

Ek wil byvoorbeeld na n plek gaan waar die klimaat
amper dieselfde is as Suid Afrika sin. Ek sal dit ook
baie waardeer as jy n aanbeveeling kan maak omtrent
van die lekker plekke om in te bly in Amerika.
--
spectro

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1177  1178  1179  1180  1181  1182  1183  1184  1185  1186  1187  1188  1189  1190  1191  1192    »]
Tyd nou: So. Mei 03 02:58:23 UTC 2026