Dagsê almal. Verskoon tog dat ek so voordeur in die huis hier
instrompel, maar julle weet, soos hulle sê, fact is stranger than
fiction.
Laas week doen ek 'n bietjie navorsing op die web, en tik toe sado-
masochism AND south-africa op Yahoo se search engine in (toe nou,
moenie hond se gedagte kry nie, ek is 'n seksuoloog van beroep!). Julle
sal my nie glo nie, maar ek kom toe op die newsgroup uit.
Toe lurk ek maar en kom tot die conclusion dat die search engine
brighter is as wat 'n mens dink. So wat van pynig en gepynig word het
ek lanklaas beleef.
Ek note ook dat baie van julle uitlanders is, wat seker maar 'n bietjie
geselskap en nuus soek. Nou elke keer as 'n chappie sy mond oopmaak,
druk iemand 'n vuil panty of onderbroek daar in. Ek scheme toe hier
gebeur sulke baie nice dinge in die wonderlike RvanSA waar ek bly, dat
ek dit dalk vir julle lekkerder kan maak hier.
Vat nou maar die storie van Marike. Julle weet mos die US of A het
hulle doings and screwings of the Ewings gehad. Nou het ons de werke en
de merke van de Klerke! Laas week basuin die front pages dit mos uit
dat sy verloof is aan 'n Koekemoer (van sado-masochisme gepraat!). Die
volgende dag foto's van die verliefde duifies. Ek moet sê Marike lyk
wulpser as wat FW ooit sou kon droom. Dit besides, Koekiesmoer sê hy
soek nie publisiteit nie. Ons mag nie eers die verloofring sien nie
(wat hy glo met geleende geld moes koop).
Maar toe break the news - Moerdekoek is bankrot, en duisende ouens vir
wie hy geld skuld, is bly om deur die papers te verneem hy leef nog. Al
die publicity laat ou Gemoerdekoek toe in 'n clinic op eindig.
My sources sê vir my Marike is nou besig om haar derde post divorce
boek te skryf. Blykbaar oor hoe 'n vrou haar nie 'n kop in die gat moet
laat praat nie. Perhaps moet dit wees gat in die kop, maar wie weet?
Sorry as ek 'n bietjie over the top is. S^e maar as julle nog
sappighede soek, dan join ek julle dalk weer.
Ciao
Mikkie
Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
KrantNet, de site met informatie in verband met alle kranten van de
Benelux en de andere Nederlands- of Afrikaanstalige landen, is weer
geactualiseerd.
Toch ontbreken er nog links, vooral naar Waalse, Antilliaanse en
Nederlandse regionale kranten. Tips zijn dus nog steeds welkom!
www.Maarten.Vidal.com/media/index.html
Maarten
Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Om die klappers te verklap
en die geheime hoere uit hul laaie te lig
om elke sigaret oop te rol
om elke venster te ontsyfer.
Wie kan antwoord hê op die stomende son?
Daar lê die stof en die stilte,
en elders dreun die deure.
Of dit nou bloed of bloeisels is,
die swygende stilte moet blaker en kers.
Om die uiteidelike behoefte te groet,
om eens en vir altyd 'n eerbied te bekom,
muis te word in 'n trommelende spens,
om die drade en hoeke te span
en die oog sy belofte te lewer.
Dan kan ons in ons palms die toekoms voel,
en met ons voete soek vir vermistes,
dan kan ons daagliks die eensame son---
die lang son, die son van ons voorsate---
op ons skouers laai en in ons matte saai
en in elke gesprek oes en dors en maal ons
die vernederende verbystering van die onlangs
ontblindes.
Waarom vra jy nog waar die ooste is,
of die getal van jou sonde?
Was vandag weer in Eastgate. Moerse groot en "glitsy" winkel-sentrum
by Bedfordview in Jhb.
Omtrent 40% van die mense wat rondloop met designer-pakkies en Nike
tekkies is swart. Hulle is meestal so upper middelklas in drag, stap
en optrede dat mens goed moet kyk om te sien hulle is swart.
Begin 90's was daar enkele swartmense in die winkelsentrum.
Was Vrydagaand ook daar (kinders se hamburger-fetish) en tel toe uit
verveeldheid die swart dudes wat in Steers sit. So 55% van die mense.
So 45% was wit.
En weereens kom mens dit nie agter nie.
Gesinne wat soo myne lyk in kleredrag, liggaamshouding, eetgewoontes
ens. ens.
Nommer twee: Die finaal van die onder 21 rugby-kampioenskap in
Argentinie.
SA het in die finaal teen NZ gespeel en dramaties gewen. Die junior
All Blacks in die meeste afdelings oorskadu.
Toe die span saamgestel is, verneem ek, het die keurders toe gaan sit
om te kyk wat hulle "kort" in terme van rasse-kwota's om saam te neem.
En tot hul vreugde agtergekom op meriete is daar meer "nie wit-"
spelers in die span as wat Sarfu hulle versoek het om saam te neem.
Die game is regstreeks in SA uitgesaai. Daar staan die span toe en
bulder Nkosi en die Die Stem ewe hard uit. Wit en swart.
En dan is die huislenings nou af na 16%. Dit was iets soos 23% n paar
maande gelede. Die spekulasie is dat dit einde vanjaar 15% gaan wees.
Het probeer om op 'n persoonlike ego-trip as 'n geestelike
leier hier vir 'n paar dae aangesluit met die doel om vrede
in SA te bewerkstellig. En eenheid en rekonsiliasie te
probeer kry.
Maar dit sal nie in 'n publieke situasie werk nie - slegs
op 'n persoon tot persoon situasie. Hier het ek aannames
gemaak in terme van groepe, en gedink ek weet alles. Maar
eintlik weet ek niks. Ons is almal kompleks - groep is 'n
illusie. Ons het verskillende ondervinde, persoonlikhede,
vermoens, verskillende mense wat ons mee in aanraking kom,
verskillende ouers, ens. In hierdie unieke uitdrukking is
ons almal eenders. Dit is die paradoks van eenheid.
Vir diegene wat ek beledig het, vra ek onverskoning. Verder
gaan ek niks meet hier pos nie.
Dat die Gloudina "Rosenkowitz sesling" Libbies hulle kop in
die grond het is 'n infame leuen. Hulle vlieg soos duiwe.
Dit het hulle my geleer en daarvoor bedank ek hulle. Ek het
gedink ek is neutraal, wat ek glad nie is nie. Hel oor na
die regse kant toe aanhoudend.
Maar die Regses, wat ek ook probeer help het, en nooit
geantwoord het nie, vir julle se ek dankie. Ek kan nie
julle nie help, en 'n Libby kom intjip nie.
Aan die einde van die dag kan 'n mens net soos Leendert sit
en alles met 'n fyn oog dophou, sonder om emosioneel
betrokke te raak. Ek sê vir jou dankie vir daardie
voorbeeld.
> Vir diegene wat ek beledig het, vra ek onverskoning. Verder
> gaan ek niks meet hier pos nie.
Reisiger, as jy nog daar is: moenie afgaan
nie. Dis die beste ding wat jy kan doen: om
net daar te wees, en so nou en dan van jou
te laat hoor. Ons klomp hier is soos mense
wat in die aand om die kampvuur sit. Ons
klets en argumenteer dat dit kraak, maar
waarom dink jy ons sit almal om die vuur?
Omdat ons daarvan hou om om hierdie spesifieke
vuur te sit. En ek het daarvan gehou dat jy
om hierdie vuur sit.
Hiemee wil ek net u graag bedank vir die onvoorwaardelike
liefde wat u my in die '80s gegee het, asook Kabbalah
lesings wat ek bygewoon het.
Rabbi Assabi, U lesings oor die Skepping en Wordstar "You
must SAVE your creation" het my baie hier gehelp. Miskien
het van u eie u verwerp, maar u het my nie verwerp nie. Ek
in die hoogste Kabbalah tradisie, bedank ek as voorbeeld
van al die aspekte in die Kabbalistiese Boom van die Lewe.
Iemand wie se pad geestelike ontwikkeling is, wat gemak
sones verstaan, en geniet om dit te vernietig, en buite
hulle beweeg. Maar ek is lief vir almal hier. Almal. Ware
naasteliefde. As Afrikaner is politiek my hoogste
godsdienstige en geestelike uitdrukking.
Jy kan nie normaal wees nie, net uniek. Om normaal te wees
is om ons tyd te mors, want ten die tyd dat ons my daardie
beeld uitkom, het dit klaar verander.
Kom join kom join
bring julle albaster tone en tolbos hare
en jul winkel verbasing en bekke vol brekfis
en drome van die maan se noordelike sug
bring julle velle soos grond
moet klei dan apart bly van sand?
Tone van onheil, sole van verdriet
voetspore van skaapwagter en skaapeienaar
die kuiper en trawante
die aambeeld se donker poeier
en rooi klokslag:
dis ons.
Mengelmense met 'n bastertaal
tonge wat alkant klap
ons het chords vir alle wysies
kom join.
Ek wil graag hierdie organisasie bedank dat julle die
Spiritualisme in SA ingevoer het, o.a. Dit is die
fantastiese gebeurtenis ooit in die SA. Vrymessellaar
mediums met hulle talle boodskappe om geestelik te groei,
van die NG Kerk na 'n beginsel van die Vaderskap van God en
die Broederskap van die mens. En kommunikasie met die
Geesteswereld. Ek bedank julle hartlik daarvoor.
Maar met die WVK in SA, en alle organisasies wat beide
positief en negatief is, eis ek as Afrikaner moralitiet,
van hierdie fantastiese beweging. Hoe kan ons 'n land
opbou, as Parlementariers se lewe in gevaar is. Is dit nie
tyd moraliteit in hierdie organisasie nie. Dit is bitter
dat ek dit in die openbaar vra, maar vir die planeet se
ontwil.