Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Biltong en ander lekkertes
Biltong en ander lekkertes [boodskap #25320] So, 15 Augustus 1999 00:00
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
En net om sout in te vryf (letterlik en figuurlik) - Ek kom so pas terug vanaf Hochfeld (Okahandja distrik). Een koedoe, een gemsbok en een bees. - skryf Hans....

Ai, ai, ai.... hoe kon ek dan die koedoewors vergeet het! Onthou nog hoe dit die lekkerste wors was wat ek ooit geproe het. So in die pan gebraai en dan eet jy dit met lekker stywe pap. En dan die koedoefilet... ag toggie... my pa het dit in die swart driepootpotjie gemaak, met 'n sous so lank soos van hier tot in die Kaap. Die koedoelewer het ons nooit geproe nie; dit het hy daar in die jagveld gaargemaak - kan nie onthout hoe nie. In 'n pot, dink ek, wat met klei verseel word, en dan onder die vuur in die warm as begrawe word. Dan los jy hom daar tot hy gaar is - of was dit die tarentaal wat hulle so gaar gemaak het? Ook so met klei bedek, of iets.

Henry
Vorige onderwerp: SA Kos in Kanada
Volgende onderwerp: Lekker eet! (Was: internasionale sjokolade)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 05:37:54 MGT 2024