In article
, "PAT"
wrote:
> Reisiger, jy is altyd welkom om deel te neem, en ek respekteer
> jou idees en gedagtes. Moet nie jou steur aan diegene wat
> jou kritiseer nie, hulle is nie op dieselfde vlak as jy nie, en
> is onverdraagsaam.
Pat jou skrywe is 'n riem onder die hart. 'n Mens neem hier
deel om die land probeer meer suksesvol te maak, deur mense
nader aan mekaar kry, om rasse wrywing, haat, jaloesie,
ens. uit te skakel, maar a.g.v. partykeer halwe feite van
die skrywer, emosionaliteit, asook ander faktore word dit
wat hier geskryf word, word aangehaal deur die media
verdraai, halwe feite word deurgegee ens. deur rewolusie en
ongelukkigheid in die land aan te blaas. Het koerante en
radio sover uitgevang.
Hierdie is die OPENBARE MEDIA. BESEF DIT. Dit is nie 'n
privaat gespreksgroep nie. Gee advies in
soc.culture.south-africa.afrikaans, en die media verdraai
dit as advies aan Afrikaners. Maar hulle vertaal dit nie na
Engels toe nie. Jy moet dit in soc.culture.south-africa ook
pos, Engels toe. Dieselfde dag en tyd. Al skryf jy - ek is
lief vir almal hier.
Dit is 'n nimmereindigende armstrydgeveg. As 'n mens oorsee
is, dan weet jy nie wat die media hier skrywe nie, want dit
blyk nie op 24.news.com te wees nie.
En niemand sê vir jou niks nie. Om een groep se sielkundige
probleme in detail bespreek, en ook 'n ander groep s'n,
word verdraai, en daarmee word rassehaat in die land
opgestook. 'n Mens kom hier om 'n saak te bespreek, en
later slaan dit in die media uit, en politieke partye word
verdeel. Niemand sê vir jou niks. Almal bly tjoepstil.
Gediggieskrywers tart jou tot in jou siel, ens. En jy skryf
goed wat gebruik word om rewolusie aan te blaas, onwetend.
En die media, beide links en regs, hou nie op nie, al maak
jy die saak reg. Geen wonder die media kla dat mense nie in
politiek meer belang stel nie, en mense bly in hulle
geestelike / kerklike sones. Ek praat van alle godsdienste
en rasse groepe in SA. Was Sondag oggend in 'n gemengde
kerk. Dit was lekker om rasgemend God te aanbid, te loof en
te prys.
Gaan terug na my geskrywe toe ek hier terugkom het vanaf
middel Julie. Gebruik Dejanews as jy 'n probleem het met ng
geskiedenis. Die media rapporteer: Drake teen Bokke,
Ystervuis wil Comrades daag, Hoekom Bokke sê hulle nie waai
nie. XXX (Email-ID) sê wat die probleem met apartheid was.
Staal trane word "Oom Diederik leer om te huil". Van dit
kom uit Beeld, van dit kom uit Rapport. 'n Radiostasie haal
net aan "Ons gaan alles verloor". Nie die hele gedagte van
Job nie.
Geen wonder mense loop met begrafnis gesigte rond in SA
nie. Dit is nie my skuld nie, dit is verdraaisels. Hoekom
hanteer NI? / MI? se sielkundiges nie die saak nie. Hoekom
moet dit in die media uitlek? 'n Bok is 'n Blanke wat nie
andere rasse in SA wil liefhê nie, blyk dit. Jy is magtiger
as enige Parlementari�r met hierdie ng. 'n Mens probeer om
die situasie reg te maak, nie skade aan te doen nie. Danksy
die media is die situasie letterlik erg beskadig. Want
hulle help om rewolusie in die land aan te blaas. Kampvuur
is rewolusievuur. OPPAS.
> Ek het nou al so baie gehoor van Sai Baba van vriende van my wat
> nie in die VSA woon nie. Hier is sy naam glad nie bekend nie,
> ek wonder net hoekom dit so is. Die Dalai Llama is baie geliefd
> hier, seker omdat sekere
> van Hollywood se entertainers hom die kollig gee.
>
> Ek het in my prille jeug nogal die boeke van Lobsang Rampa
> geniet (The Third eye) maar mens hoor niks van hom ook nie. Vir
> my is dit n gebalanseerde mens wat kennis neem van alle
> ideoloe�, maar wat sy ware noord ken en behou.
Pragtige fliek, "Message in a bottle". Dit is ook daar so
aangehaal. Maar besef ons almal is mense. En ons almal
het foute. Ons kan nie mekaar se ware noorde wees nie.
Ons moet ons eie noorde word, waar ook al dit is. As een
val, kan die ander optel. 'n Individu is sterker as hy / sy
in 'n ondersteunings groep bestaan. Dit is belangrik om dit
te besef. In SA is een keer 'n week is nie meer genoeg nie.
Oor Sai Baba: Die beste sal wees om 'n paar van sy boeke in
die hande te kry en te lees. Sal hier aanhaal vanuit die
boek "Sai Baba And His Message" deur Dr. S P Ruhela.
"For the protection of the virtuous, for the destruction of
evildoers and for establishing righteousness on a firm
footing, I incarnate from age to age". Whenever disharmony
overwhelms the world, the Lord will incarnate in human form
to establish the modes of earning peace and to re-educate
the human community in the paths of peace.
You can lay claim to be My devotee only when you have
placed yourself in My hands fully and completely with no
trace of ego. You can enjoy the bliss through the
experience the avatar confers. The avatar behaves in a
human way so that mankind can feel kinship, but rises into
his superhuman heights so that mankind can aspire to reach
the heights and through that aspiration can actually reach
Him. Realising the Lord within you as the motivator is the
task for which He comes in human form.
Vir die Christene wil ek bekend maak dat dit nie duiwels is
nie. Dit beteken eenvoudiglik dat Sai Baba U sal help met U
eie lewe om nader na die Voorbeeld van Jesus Christus te
beweeg. Dit is nie 'n "feel good" filosofie nie, maar 'n
filosofie om U geloof in God te versterk en U lewe beter te
kan hanteer, sodat U, al is U vol sonde, ook andere kan
advies gee om God te vind.
Die belangrikste is dit - Sai Baba het my gehelp om hierdie
ng om te swaai van 'n haat verkondige ng na 'n ng waar ons
die Christelike godsdiens, o.a. en ander aspekte van ons
lewe in Afrikaans kan bespreek. (al verdraai die media
wat ons skrywe, deur rewolusie aan te kook).
As ek oorspronklik gedoen het wat ek moes, dan sou die
politiek nie so deurmekaar gewees het soos vandag nie. Die
verdeeldheid en bakleiery is my fout, omdat ek nie
geluister het nie, en aan my ego geklou het.
Maar dit sal uitsorteer word. Ek weet. Met die volgende
verkiesing gaan die Indiers terug Parlement toe. Besef dit.
Dit is net 'n 5 jaar ompad. Net 5 jaar. Dit is al. God het
alles is Sy hande. Hy trek toutjies wat ons as mense nie
verstaan nie, en later sal alles duidelik word. Nie soos
ons wil nie, maar soos God wil.
Ek is 'n Afrikaner. (Volgens my defenisie in elk geval.)
Elk wonder gereeld oor my Afrikaner-wees, en Afrikaners in die
algemeen. Wat was die Afirkaner se bydrae tot die samelewing, in
die breë?
Een (ietwat siniese) antwoord is: die woord "apartheid" tot die
internasionale taal. Dit is ongelukkig waar. Een ding is 'n
feit - die Afrikaner het die kans om 'n bydrae te lewer tot die
regering van SA totaal misbruik. Kom ons wees eerlik - dit was 'n
totale, hartseer gemors. ("unadulterated" is die Engelse woord
in my kop.)
'n Ander (meer patriotiese) antwoord is dat die Afrikaner 'n
groot bydrae gelewer het om SA by verre die grootste industriele
magsblok te maak in sub-Sahara Afrika. Dit is ook waar. Die
jammerte is dat die bydrae, in die geheelbeeld, meer as net
uitgewis word deur dit wat absoluut verkeerd was in die ou SA.
En dit is dalk 'n onderskeid wat die moeite werd is om oor na te
dink. EEN diing wat "absoluut verkeerd" is (soos verdrukking) kan
nie uitgewis word deur 'n HONDERD dinge wat baie "gewens" is nie.
En daar 'n verskil tussen "ongewens" en "verkeerd". Dit was
absoluut verkeerd om SA te regeer op die manier wat dit gedoen
was. Moenie jouself terg deur anders te dink nie. Dit maak nie
saak wat jou perspektief is nie - "absoluut verkeerd" is
verkeerd. Die Afrikaner, en die leiers verkies deur die
Afrikaner, was verkeerd. Genadiglilk, op die end, was daar 'n
gewaarwording dat dit nie moontlik is om aan te hou op die pad
nie. (Ekonomie, eerdeer as oortuiging, het egter 'n groot rol
gepeel in daardie gewaarwording, maar dit is 'n ander storie...)
Ek vind dat baie Suid-Afrikaners, veral Afrikaners, tot vandag,
hier vasval. Dit help nie om te se "ons het so baie gedoen vir
SA" terwyl die oorgrote meerderheid SA'ners nie eers kon stem
nie. En 'n pas moes dra, soos 'n vreemdeling. En konstant
behandel was as 'n derde-rangse hulpbron, eerder as 'n mens.
Ek wonder maar net hoe ander denkende Afrikaners hierdie vrae
antwoord.
Ek het so pas op the lot web saait in gegaan om 'n tweedehandse laptop te
soek, maar die saait lyk nie te hot nie. Weet iemand van 'n meer
userfriendly saait waar mens kan komminukeer met ander suid afrikaners wat
goed wil koop of verkoop?
Hoe kon n "kakie" (n Brit tydens die Boereoorlog) met die hand
grootgemaak
word? Dit maak nie sin uit nie.
Hanslam aanvaar ek, n lam wat per hand gevoer is ens.
Pat
Aspris wrote in article
...
> Op 4 Sep 1999 14:28:45 GMT skryf "PAT"
> :
>
> -> Nou wil ek weet waar die woord "hans" vandaan kom, soos in
> -> hanslam en hanskakie en hansagter.
> ->
> -> Weet iemand?
>
> Uit hands (met die hand grootmaak)
>
In article ,
"PAT" wrote:
> Hoe kon n "kakie" (n Brit tydens die Boereoorlog) met die hand
> grootgemaak
> word? Dit maak nie sin uit nie.
>
> Hanslam aanvaar ek, n lam wat per hand gevoer is ens.
Dit pas tog - "Hanskakie" verwys na 'n Boer wat hom aan die Engelse
kant geskaar het in die oolog. 'n Hanskakie tree op soos een wat deur
die Ingelse met die hand grootgemaak is? (Ironies dat juis Gloudina,
wat selfs haar kinders se moerstaal aan die vyand uitverkoop het,
iemand anders uitskel vir 'n hanskakie.)
(Maar kan miskien ook verband hou met die uitdrukking "Hansie-my-kneg"
vir 'n onderdanige presoon?)
Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
This is an on-going argument with my wife. We have been too long out of
Africa ... what is the correct Afrikaans word or phrase for "mission", as in
"I am on a secret mission"?
On Fri, 03 Sep 1999 14:22:24 GMT, @sympatico.ca wrote:
|Johan wrote:
|
|> Ek dink die verskil lê tussen die onthou en wat my
|> persepsie is van swartes se glo dat die voorvaders hulle kan sien,
|> beheer en kan bly wees of kwaad wees oor wat hulle doen en hule dan
|> daarvolgens beloon.
|
|En dis presies waar die moeilikheid begin.
Die moeilikheid is net in jou kop en nie hier by 'n doodgewone bespreking nie.
| Wat JOU PERSEPSIE is vanwat
|"swartes" glo, kleur jou "verstaan" van die onderwerp.
Gloudina, dis tyd dat jy end kry met hierdie verdagmakery van jou! JY doen
presies dieselfde met ENIGE plasing wat jy hier maak - Wat JOU PERSEPSIE is van
ENIGE onderwerp, kleur jou "verstaan" van die onderwerp. En jy is glad nie so
wonderlik nie - al was hier gister 'n ou wat gesê het jy moes jou skrywe begin
met "Ek, as God, dink so en so....."
Jy is maar soos almal van ons, 'n klein nulletjie op 'n kontrak sonder die
wysheid en pag om almal om jou te veroordeel oor wat hulle sê.
ALMAL wat hier skryf gee bloot hulle opinies weer. Daar is nie uitsonderings
nie - net een of twee dwase soos jy wat dink hulle is alwetend en volleerd.
Kom af aarde toe en bespreek die sake met 'n mens op ordentlike vlak, nie so uit
die hoogte nie - die mishoop waarop jy staan is baie onvas.....
| Nou wil ek vir
|jou ook nog doodernstig 'n vraag vre: ek sal nie verbaas wees as jy vir
|my vertel dat jy, na jou fisiese dood, verwag om in die "hemel" jou ouers=
|wat jou dan heelwaarskynlik voorafgegaan het, te ontmoet nie.
Nee Gloudina, wees maar verbaas, want ek glo dit nie. Ek het geen, maar geen
vooropgestelde idee van wat my te wagte gaan wees na my dood nie. Al wat ek wel
as my eie persoonlike opinie handhaaf, is dat 'n mens nie in die "hemel" sal
bekommer oor sulke dinge soos familie nie - sien jy hulle, dan sien jy hulle,
ervaar jy hulle, dan ervaar jy hulle, erken jy hulle, dan erken jy hulle. Dit
maak nie saak nie en ek bekommer nie daaroor nie. Ek kan sien dat dit in baie
gevalle gebruik word om mense te troos na hulle familie verloor het, maar ek
dink nie ons kan regtig sê hoe dit gaan wees nie.
Ek het al my eie pa verloor, en ek verlang baie na hom, maar ek sien nie daarna
uit dat ek hom weer eendag sal sien nie. Ek dink dit sou 'n suiwer voordoodse
gevoel wees.
|Baie
|Christene dui aan dat hulle dit glo. Hoekom word wit Christene "toegelaat=
|"
|
|om hierdie dinge te glo, maar "swart" Christene is nou skielik heeltemal
|dwaas om voorvadergeeste te eer? Verduidelik vir my asseblief die verskil=
|=2E
|
Jou taalgebruik is hier so swak en blatant moeilikheidsoekend, maar ek sal
probeer om weereens net vir jou my eie siening te gee.
Ek weet nie wat jy bedoel met wit Christene wat toegelaat word om wat? te glo???
nie.
Ek dink nie swart Christene is nou heeltemaal skielik dwaas om voorvader geeste
te eer nie. Hete, elke woord wat jy hier skryf is dof en skoorsoekend.
swart CHRISTENE behoort gladnie meer voorvaders te AANBID nie, hulle kan hulle
eer netsoveel as hulle wil. Ander swartes en ander wittes en ander groenes kan
glo, aanbid en eer net wie hulle wil. Netsoos elke mens wat dit betref 'n eie
keuse kan maak.
Gedink ek sal eerder die "subject line" verander voordat Gloudina my weer
aan die gorrel gryp.
Is daar enige regsgeleerdes hier wat vir my insae kan gee op Aliens Controle
Act December 1996 en die spesiale voorkeure wat daarin uiteen gesit is vir
oues, haweloses,kinders en getroudes.
Volgens sal hulle almal ook agter in die tou moet gaan staan saam met Radio
5 DJ " Tich Mataz"
en die ander "hawkers" en dwelmsmokkelaars van die noorde.
Al die sokker afrigters en spelers wat hulle laas jaar wou uitgooi is
nogsteeds hier of weer terug.
Dink jy hulle betaal belasting ?
My maatskappy het kontrakte verloor by Binnelandes Sake omdat die Duitse
eienaars geweier het om die uitgaande DG se basketbalspan te "sponsor".