Voorverlede week koop ek by die boekveiling by DF Malan 'n boek en lees
die - Vector deur Robin Cook.
Die storie gaan oor terroriste wat anthrax in 'n staatsgebou se
lugverkoelstelsel wil plaas en versprei.
In vandag se koerant het dit blykbaar gebeur - Anthrax in 'n koerantgebou in
Baton Rouge in Florida.
In die boek is daar eers op 'n niksvermoedende sakeman ge-eksperimenteer -
toe hy 'n kaartjie oopmaak wat aan hom geadresseer was het die poeier
uitgeskiet en het hy dit ingeasem.
Hy het dadelik genies, en gou griep-simptome gehad. Hy het vreeslik hoofpyn
ontwikkel, en asemhalingsprobleme, en hy het begin om pyne in sy bors te
kry. Hy was binne 24 uur 'n lyk.
Dus mense - kyk uit en wees versigtig.
Annette
Nou net op 'n ander groep gehoor:
Daar is 'n SMS boodskap uit - die nuwe leier van die AWB is Ossewa Ben
Lategan.
:))
Annette
--
> Killing him will only create a martyr. Holding him prisoner will
> inspire his comrades to take hostages to demand his release.
>
> Therefore, suppose we do neither.
>
> Let the Special Forces, Seals, or whatever, covertly capture him, fly
> him to an undisclosed hospital and have surgeons quickly perform a
> complete sex change operation.
>
> Then we return her to Afghanistan to live as a woman under the
> Taliban.
>
Wie weet waar ek op die internet kurrikulum 2005 kan besigtig? Ek weet mens
kan ook voor 'n sekere datum terugvoer gee. Leenderd het in die Beeld 'n
opmerking of twee gemaak. http://www.news24.co.za/Beeld/
(Suid-Afrika, Perverse leerplanstryd)
JP Landman - arbeidprokureur en ekonoom skryf in Beeld oor die Rand se
wisselkoers:
-------------------------
Beeld-Forum:
2 mites oor SA
JP Landman
Verlede week op Aardklop het ek die voorreg gehad om na die Sol
Plaatje-diskoers te luister. Die besprekings het gehandel oor armoede
en hoe Suid-Afrika daaraan kan ontsnap.
Baie mense het deelgeneem. Dit was stimulerend en lekker.
Dit het my opgeval hoe baie van ons (en ek sluit myself baie spesifiek
in) vashou aan standpunte wat gewoon verkeerd is, maar wat ons
verkondig vir grote waarhede. En ons hou so stewig aan hierdie
verkeerde standpunte vas dat hulle die krag van mites begin kry.
Twee van die mites staan uit: oor werketiek en die rand.
Soveel mense glo dat Suid-Afrikaners nie oor 'n werketiek beskik nie
en dat ons produktiwiteit baie laag is. Ons aanvaar swak
produktiwiteit as 'n eienskap van Suid-Afrika so diep gesetel soos
biltong en rugby.
Maar dit is nie wat die beskikbare data of blote waarneming in die
omgewing om ons ons vertel nie.
Suksesvolle sakelui vertel dat hulle nou meer besigheid doen met
minder werkers. Ons lees en hoor deurlopend van maatskappye wat mense
aflê, en tog hoër omsette behaal en groter volumes hanteer.
Meer aktiwiteite, maar minder mense. Hoe rym dit?
Daar is net een verduideliking: werkers raak meer produktief. Daar is
geen ander verklaring nie.
En hierdie seine uit die omgewing word bevestig deur Reserwebank-data.
Dié syfers toon duidelik dat produktiwiteit in Suid-Afrika van so ver
terug as die jare sestig uiters beroerd was.
Maar die syfers wys ook dat daar 'n massiewe verandering in die middel
negentigerjare begin intree het. Min of meer die tyd toe globalisering
Suid-Afrika met erns begin tref het.
Van 1995 af styg produktiwiteit jaarliks met meer as 4%. Verlede jaar
het dit met meer as 6% gestyg.
Dit is van die hoogste produktiwiteit-groeikoerse ter wêreld.
Die mite dat ons nie produktief is nie of nie 'n werketiek kan
ontwikkel nie, is bewys as presies dít - 'n mite.
Wat ook al in die verlede gebeur het, ons kweek ál beter gewoontes
aan.
'n Deel van die mite oor produktiwiteit is dat dit bloot beteken dat
werkers harder moet werk. Niks kan verder van die waarheid af wees
nie.
Die oorsaak van swak produktiwiteit is swak base. (Gebrek aan
opleiding, gebrekkige toerusting, swak toesighouding, verkeerde
vergoeding.)
'n Kleinsakeman vertel hoe hy 'n gevestigde onderneming gekoop het. Hy
het die werkers van basiese toerusting voorsien, waarsonder hulle jare
lank moes klaarkom. En hoe hul produktiwiteit gestyg het.
Swak produktiwiteit, swak base.
Die ander mite wat ons aanhang, hou verband met die rand.
Ons blameer Zimbabwe, die president se siening oor vigs,
nie-geesdriftig-genoeg-steun-nie vir die VSA . . .
En altyd die gróót rede: ons bly in 'n swak buurt. Maak nie saak wat
ons doen nie, die buurt gaan ons aftrek.
Bog.
Die rand is nie swak oor wat buite ons grense gebeur nie. Of oor wat
binne ons grense maar buite die bestek van die ekonomie gebeur nie.
Dit is oor wat in ons ekonomie self aan die gang is.
Ons het die afgelope paar jaar buitengewone vordering gemaak met
ekonomiese beleid. Die land word in baie opsigte nou beter bestuur as
in enige tyd die afgelope drie of vier dekades. En die resultate begin
oral deurkom - soos in die produktiwiteitsyfers hierbo genoem en die
uitvoer wat ons verlede maand bespreek het.
Maar daar is nog baie om te doen.
Oor die jare en om 'n verskeidenheid redes het ons 'n reuse- ongedekte
posisie in valuta opgebou.
Van 'n hoogtepunt van bykans $25 miljard is dit afgewerk na ongeveer
$8 miljard.
Vergelyk die $8 miljard met ons totale valuta van ongeveer $3,5
miljard, en dit is duidelik waarom die rand so swak is.
Die $8 miljard verteenwoordig 'n aanspraak - een of ander tyd in die
toekoms - teen die land se reserwes, waarvan ons net $3,5 miljard het.
Maar, sê iemand by Aardklop, 25 jaar lank het die rand sterker gestaan
as die Australiese dollar, maar die laaste vyf jaar val die rand teen
die Aussie-dollar.
Die spreker vergeet dat die rand verskans was deur die finansiële
rand. Gevolglik was die rand nie regtig blootgestel aan internasionale
markkragte nie. Nou Ãs hy, want die finrand is in 1995 afgeskaf. En
nou kan markkragte hul oordeel oor die rand uitspreek. Dit is die
dissipline van 'n oop ekonomie.
Langenhoven het gewaarsku dat 'n mens moet oppas vir die kortpaaie,
daar is 'n rede hoekom die hoofpad nie daarlangs loop nie. Daar is nie
kortpaaie in die ekonomiese opbou van Suid-Afrika nie.
Betaal ons skuld, verhoog per capita-inkomste, akkumuleer $50 miljard
se netto reserwes, aanvaar mededinging in 'n werklik vrye mark, maak
ons strate skoon - dan sal die rand wel reageer.
Met ander woorde, sit skouer aan die wiel. Vergeet die
nonsens-verskonings. En vergeet die mites waaraan ons só vas glo dat
dit ons verlam. Soos dat ons in 'n swak buurt is. Sorg maar net dat
jou eie huis skoon is.
Ek sien toe dat me die goed in die blou bottels so geniet - dadelik is die
gedagte toe aan kasterolie.
Ek het kleintyd 'n vriendin met rooi hare gehad - haar naam was ook
Annette - en sy was verslaaf aan die bloubottel - die kasterolie ene.
Nou wonder ek - hoeveel van ons hier het grootgeword met daardie swaard oor
ons koppe?
Ek kon nie eers kla van 'n kopseer of 'n seer knie nie, of die eerste
noodhulpmiddel was die bloubottel:)) Ma het dit nogal met lemoensap
ingegee - en tot twintig jaar later kon ek nog steeds die kasterolie proe
as ek lemoensap gedrink het.
Nou sien ek hier ook die fensie landgoede het wyn in blou bottels - my
verbeelding is seker te sterk, maar die rooiwyn in die groen bottels smaak
beslis lekkerder, en is nog boonop goedkoper ook:))
Annette ( die wynige ene)
Inderdaad - die VSA se benadering is hopeloos verkeerd in hul aanval.
Die aanval kon inderdaad baie meer humanitêr, en baie gouer en sukvoller
gedoen gewees het.
In Huisgenoot van die week word vertel van die vroue wat heeltemal bedek
moet wees as hulle in die openbaar verskyn. Hulle mag ook nie lag nie, mag
nie naellak dra nie ( hulle eie skuld omdat die naels nie bedek is nie - die
hande en vingers word sommer afgekap) en mag selfs nie hoëhakskoene dra
nie - alles omdat dit die uiters sensitiewe mans kan verlei - Verlei
waarnatoe sal ek nou nie weet nie.- seker weg van die 72 hemelse maagde.
Dus - al wat die VSA moes doen is om 'n klomp mini-draende dames. met hoë
hakke en geverfde naels in Afghanistan los te laat - elke dame met 'n
manlike begeleier sodat die verleides nie te vatterig raak nie, en voordat
mens kan sê Holy Cow dan is al die sensitiewe manne van Afghanistan verlei,
swak in die knie, en 'n wriemelende hulpelose massa wat hul baard sal
afskeer, en hul gewere sal smelt net om weer die verleidelike klanke van
hoëhakskoene te kan hoor;))
Annette
Iets wat my jaar in en jaar uit in die krop steek is die vroulike
afdeling van die koperspubliek wat hulle kleintjies (wat somtyds nie
eens baie klein is nie!) met hul vuil sitvlakke in die trollie laat
sit waar ek my kos pak.
Ek het selfs al daaraan gedink om die kopersmassa in my tuisdorp
dmv die dorpskoerant aan te hits om afdelingswinkels wat dit toelaat
te boikot.
ek wil vir jou se, my Afrikaanse vriende het die melktert baie geniet en ek het ook.
Dit was nie heeltemal maklik om te maak, maar dit is redelik goed gegaan.
Hulle het my gesê dit smaak soos 'n Afrikaanse melktert :-))
Baie dankie vir jou resep en ons gaan dit seker weer maak, ook Nederlandse
vriende het die tert geproef en almal het dit geniet.
So al die mense hier se dankie vir Annette.
Nou het ek 'n vra, waar kom die melktert oorspronklik vandaan??? Ek glo nie
dat enigiemand in Nederland die melktert kan maak sonder Afrikaanse resepte
nie.
Vir die wat dit nie al weet nie - 5 - 11 Oktober word gratis fliekvertonings
ger�el by die volgende sentra:
Canal Walk in die Kaap, Montecasino in Johannesburg en Loch Logan in
Bloemfontein.
Die flieks is elke aand die 8nm vertoning - en is kommersieel suksesvolle
prente:
Analyze This,
Gun Shy
Momento
Nurse Betty.
Voor elke vertoning sal 'n spesialis 'n kort bespreking voer oor 'n sekere
aspek van geestesgesondheid, en brosjures sal uitgedeel word.
Nou nie dat ek bekommerd is nie - maar hoekom word die flieks vertoon in 2
plekke waar ek gebly het/ bly en glad nie in Byv Natal en Ooskaap nie?
Ek het al twee van die flieks gesien - en gedog dit was interessant en
terselfdertyd ook komieklik.
Annette