"Danielle" schreef...
> En volgends die van Dale (Annette - ek het al sooooo lank gewag om ook
> so iets te kon sê - gun my hierdie oomblik asseblief!) :-)))
> Laat ek dit net weer EEN keer sê - volgens die Van Dale:
(enorme opsomming uit Van Dale geknip)
Moses kriebel, Danielle, het jy 'n Van Dale gekoop?!?
Of het julle miskien 'n plek gevind waar mens die digitale versie kan
aflaai?
Ta' Hessie, dink jy nie dis tyd dat jy en die Oom bietjie gaan vakansie hou
nie... Die somer is besig om uit te loop en jy klink gefrustreerd. Bietjie
son sal help. Hoe lank spandeer jy eintlik per dag agter jou PC?
Seker nie te lank nie, want ek dink jy cut and paste dieselfte stukkie oor
en oor... Of is jy miskien 'n robot wat af en toe gediggies plaas, en verder
net soek vir "rassistiese" woorde en dan een of ander toesnouing genereer?
My gevoel vir almal op hierdie groep bly byna heeltyd dieselfte, maar vir
jou nie. Soms is ek gek oor jou, en spyt dat ek jou nie persoonlik ken nie,
maar ander dae gee jy my 'n kramp in die gat!
__________________________________________________________
So niks het nog verander in die elitiese breine
van die wit Bolanders nie, nê?
EN NIKS VERANDER IN DIE ELITIESE BREIN VAN GLOUDINA.
GGONES
Wonder jy hoekom ons nie sommige van jou bruin broers en susters op hierdie
nuusgroep sien nie?
Wouter
Hier word periodiek naakte rassistiese uitsprake gemaak - dis noodwendig dat
'n kleurling nie hier gemaklik sal wees nie. Met grappe oor peper,
hangpramme of hangballas het dit min of niks te maak nie.
GGONES
En die "grappie" van die tannie met die hangpramme.
Ek dink nie dis OK nie. Ek dink dit is seksisties
Wouter
Maar jy het teen al die ander grappe uitgevaar en dus implisiet
te kenne gegee dat jy meer gemaklik is hiermee. Met jou aanhoudende
gesoek na 'n rassis binne in elke storie wat nie leliewit is nie, stuur
jy die boodskap uit dat seksisme meer aanvaarbaar as rassisme is.
GGONES
Hoekom hoor mens nie grappies oor ou ooms met hangballas
nie, hê, Wouter Plaasvark. Vertel dit vir my.
Wouter
Nee ek weet nie. Ek gee op, vertel jy my maar. :-)
Dalk omdat ou ooms se hangballas nie so opmerklik is nie?
Nou dat ek daaraan dink, ek het nog nooit iemand se hangballas gesien nie,
kan ek aflei dat daar so iets in jou familie is? Of waar sou jou intense
belangstelling hierin vandaan kom?
GGONES
Hier het jy die perfekte antwoord vir jou argument dat swart en
bruinmense lag as jy vir hulle die grap van die black pepper vertel. Dis
presies dieselfde situasie as waaraan Shannon dink wanneer sy moet
sit en hoor hoe mans degraderende grappe oor vroumense reg voor
haar vertel, en sy is te bang om objeksie te maak ......So hangtieties
of black pepper, ou Wouter, dis ses van die een en 'n halfdosyn van die
ander.
Wouter
Gloudina, as jy dink die swart en bruinmense waarvan ek gepraat het is bang
om 'n whitey aan te vat, het jy absoluut geen clue wat hier aangaan nie. En
ek praat nou uit persoonlike ondervinding. Ek verstaan ook nou beter hoekom
jy na my gesprek met Arthur as intellektueel verwys het.
Konsentreer jy liewers op die hangpramme, is dit waarvan jy sê dat jy ses
van die een en 'n halfdosyn van die ander het?
> Jinne, Annette, jy klink nou erger as ek na my geliefkoosde bloubottel
> Chardonnay! Hoeveel glase rooiwyn het jy gedrink??? (hik, hik, hik...)
Annette
:)))) Dit was nie die rooiwyn se skuld vir al die tikfoute nie:)) Dit was
die glasie of drie Parfait L'Amour daarna wat die skade gedoen het;))
Luister hoeka na die Afrikaanse radiodiens Sondagaand. Die aanbieder het 3
hoog-geleerde teoloë gehad om te praat oor "Waar was God op die 11de
September?"
Soos gewoonlik het elkeen in hoogdawerende Afrikaans hulle eie standpunte
probeer verkoop. Een het nogal gereken dat dit eindtyd naby is of amper naby
is. Wat my pla met hierdie tipe sienings en Nostradamus en Siener van
Rensburg is:
a) Net die Vader alleen weet wanneer die wederkoms sal plaasvind
b) Rusland het ook Afganistan getakel en die doemprofete het nie naastenby
soveel geprofeteer nie
c) Skep ons nie dalk ons eie eindtyd met ons verwagtinge nie
(self-fulfilling prophecies) ?
'n Myningenieur is met die trein op pad huis toe na 'n groot ekspedisie.
Sy aktetas is vol fotos en grafieke, en oorkant hom in die kompartement sit
'n beeldskone meisie.
Hy probeer 'n geselsie aanknoop en vra ewe vriendelik:" Ekskuus juffrou, wil
jy myne sien?"
Tot sy verbasing storm sy by die kompartement uit, keer die kondukteur voor
en vertel hom dat haar medereisiger haar 'n onwelvoeglike vraag gevra het.
Die verontwaardigde kondukteur konfronteer toe die ingenieur. Maar die man
verduidelik toe mooi hy wou maar net vir die dame die fotos van sy
ekspedisie wys
Die kondukteur kon toe met 'n sug van verligting aan die dame
rapporteer:"Dame, dit was alles 'n misverstand - hy wil nie vir jou syne wys
nie - hy wil vir jou myne wys."