Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Vra vir Ferdietjiekie

Wo., 10 Oktober 2001 16:31

Vra vir Ferdi wie hy nou ondersteun - seker nie die VSA nie ná Ferdie? (Moet
ek jou vorige bydraes hier herhaal?)
Katvoet loop my ou - netnou voeg die FBI jou muisgesiggie by die "22 most
wanted" gesigte. (Moet ons vir die ander lesers 'n foto hier plaas?)
(Al die aandag wat jy en Antie Tottie op die NG kry oortref seker die keer
toe die muis vir jou geld in jou skoentjie gelos het?)

Koeitjies & kalfies | 24 kommentare

Davie, wat is jou...

Wo., 10 Oktober 2001 14:45

Politieke beginsels?
Eenvoudige vraag.

Ek wag op jou antwoord.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Riaan, wat is

Wo., 10 Oktober 2001 14:45

Die politieke beginsels waarin jy glo?

Eenvoudige vraag.

Ek wag op jou antwoord.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Ferdi & Gloudina vs die res

Wo., 10 Oktober 2001 12:54

Nogal ironies is dit nie Ferdi en Gloudina, dat in die +- 3 jaar wat ek die
NG dophou, en so nou en dan iets kwytraak, dit wil voorkom of 99% van al die
persone wat al hier was, en die wat tans hier is grotendeels hulle van julle
2 distansieer.

Die rede daarvoor ( en dit is my persoonlike mening )

Gloudina - Jy sien 'n rassis om elke hoek en praat die hele tyd net hoe
"goed" is Kanada. Indien iemand jou vaspraat in 'n argument gebruik jy
spelfoute wat die persoon maak om die onderwerp te verander.

Ferdi - Jy antwoord nie eenvoudige vrae nie. Indien jy antwoord is dit
beledigend van aard wat die persoon se karakter aanval en sodoende draai jy
dan ook die hele argument.

Groete

Riaan

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Terug oppie Bos...

Wo., 10 Oktober 2001 08:12

Ja, ek's weer terug oppie Bos op my pos na 'n trippie in die binneland in.
Was by die fontein der bloemen in die staat va Vry-heid. En daar na die
stad van Pretoria besoek om enkele familiebande te loop versterk.

Terug rapport oor die WAT fees op Stellenbosch:

WAT 'n fees. Lekker met die woord en die klem wat Dirk van Schalkwyk en sy
span leksikograwe wou gee was juis die verskillende tongvalle en spreelwyses
van Afrikaans.

Ons het grepe van Afrikaans gehad uit die Sandveld, Swartland, Boland,
Boesmanland, Noord-Namakwaland en Suid-Namakwaland, Rehoboth, "Cape Flats"
Afrikaanse gedigte deur die digter self voorgelees, en Randal (sonder sy
rooirok wat dans) het vir ons Hans du Plessis se Griekwa "Onse Vader"
gesing. Wat hy self getoonset het. Hy is beslis nie my gunsteling
Afrikaanse sanger nie.
En daa' was 'n lekke stemming oorrie Kaapse Klopse soe lekka gesing het
(spin maar in jou stoel Gloudina)

Ek het agterna met van die baie nie-Kaukasiër gehoor gesels en aan hulle die
vraag gevra oor Gloudina se "neerbuigende" vraag: Sien en ervaar hulle dit
as vernederend of neerbuigend as ander Afrikaans praters so praat of skryf,
of so probeer praat en skryf?
Hulle mening was nee. Daar's jou antwoord Gloudina.

Thys terug oppie Bos

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Vir Ferdi

Wo., 10 Oktober 2001 07:39

Gaan jy ons ooit eendag regtig vertel hoekom jy so 'n aanvallende mens is
wat liewers na die verlede as na die toekoms kyk?
Gaan jy ons ooit vertel hoekom jy eenvoudige vrae nie direk kan antwoord
nie?
Gaan jy ons ooit vertel hoekom jy verkies om mense doelbewus verkeerd te
verstaan?

Wat het met jou gebeur dat jy so bitter en seer is?

Annette

Koeitjies & kalfies | 141 kommentare

Misdaad en Geweld

Wo., 10 Oktober 2001 07:21

> maar op die gebied van veiligheid, en wet en orde in die
> algemeen, is ons baie swakker af as vroeër.

Gloudina :
Wanneer jy hier "ons" sê, dan bedoel jy natuurlik
uitsluitlik die mense met wit velle.

Wouter
Jy is so verkeerd. Natuurlik praat ek van die totale bevolking.

Jy is duidelik totaal uit voeling, Gloudina. Dis algemene kennis dat
swartmense die meeste geaffekteer word deur die toename in misdaad en gebrek
aan wetstoepassing. Dit is ook die grootste enkele bedreiging vir die
ANC-regering, hulle kiesers is toenemend gatvol vir misdaad en geweld.
Verskeie opnames het dit al gewys en al die opnames waarvan ek kennis geneem
het wys dat blankes as 'n groep die minste oor geweld bekommerd is. Die
swartmense is loshande die groep wat die meeste oor misdaad en geweld
bekommerd is, dan kleurlinge, dan Asiërs.

Misdadigers steur hulle nie aan ras of kleur nie, hulle soek maklike teikens
met lae risiko. Dit kry hulle by uitstek in townships. Dis ongelukkig ook
waar die meeste van hulle woon en dis nie 'n oordeel nie, dis waar ons in
2001 is. Net soos "charity", begin misdaad ook naby die huis. Met die
terugsny van die polisie se begroting het mense in die townships omtrent
geen beskerming teen misdadigers wat hulle beroof ("mug") op pad na en van
werk nie. Hulle besittings is ook totaal onveilig terwyl hulle bedags weg
is. Daar is toenemende "petty" en ernstige misdaad. Verkragtings in die
gebiede het ook sterk gestyg.

Gloudina
Oor die algemeen is die deursnee nie-
blanke mens nou baie veiliger as voor 1990

Wouter
Suiwere versinsel. Gaan praat met 'n Kaapse kleurling of 'n swarte in
Gauteng oor hoe gangsters se greep toegeneem het. Jy is duidelik te lank weg
en te bevooroordeeld teenoor blankes om sulke sterk opinies oor ons huidige
omstandighede te gee.

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Weet Iemand?

Di., 09 Oktober 2001 21:34

Waar mens heen kan skakel ivm die sensusvorms?
Geen nommer in die koerant nie.
Geen sensusopnemer was eers in ons straat vandag nie - en ek dog vanaand is
die aand van die groot tel?
Lyk my, weereens, gaan ek en Ian nie getel word nie.
Daardie 650 miljoen vir die sensusopname gaan definitief lelik vermors word.
Annette

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Eienaardige Dinge

Di., 09 Oktober 2001 15:03

Voorverlede week koop ek by die boekveiling by DF Malan 'n boek en lees
die - Vector deur Robin Cook.
Die storie gaan oor terroriste wat anthrax in 'n staatsgebou se
lugverkoelstelsel wil plaas en versprei.
In vandag se koerant het dit blykbaar gebeur - Anthrax in 'n koerantgebou in
Baton Rouge in Florida.

In die boek is daar eers op 'n niksvermoedende sakeman ge-eksperimenteer -
toe hy 'n kaartjie oopmaak wat aan hom geadresseer was het die poeier
uitgeskiet en het hy dit ingeasem.
Hy het dadelik genies, en gou griep-simptome gehad. Hy het vreeslik hoofpyn
ontwikkel, en asemhalingsprobleme, en hy het begin om pyne in sy bors te
kry. Hy was binne 24 uur 'n lyk.
Dus mense - kyk uit en wees versigtig.
Annette

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

Plan met Bin Laden

Di., 09 Oktober 2001 12:57

Nou net op 'n ander groep gehoor:
Daar is 'n SMS boodskap uit - die nuwe leier van die AWB is Ossewa Ben
Lategan.
:))
Annette

--
> Killing him will only create a martyr. Holding him prisoner will
> inspire his comrades to take hostages to demand his release.
>
> Therefore, suppose we do neither.
>
> Let the Special Forces, Seals, or whatever, covertly capture him, fly
> him to an undisclosed hospital and have surgeons quickly perform a
> complete sex change operation.
>
> Then we return her to Afghanistan to live as a woman under the
> Taliban.
>

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Bladsye (1835): [ «    846  847  848  849  850  851  852  853  854  855  856  857  858  859  860  861    »]
Tyd nou: Ma. Jun. 01 04:17:10 UTC 2026