Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die Stellenbosse Dans

Do., 25 Oktober 2001 10:10

Stellenbosse dans

Afrikaners is plesierig
(was nog altyd so)
dan maak hulle mos so:
Sit in die sitkamer
glimlag innig
"nog tee mevrou?
en u dominee...?"
"Mamma ek..."
"Ag gaan speel sussie..."
"Ek neem haar net gou uit mev. Kry nog tee!"
Dan gaan hul in die skemer kamer so:
"Ssssjt moet niks sê nie!"
Klap! klap! klap!
Die ritme van die dans in die donker.
Klap! klap! klap!
Die tromslae van dowwe skote in die donker
Mamma! Dis seer
Stil!!!!
Klap! klap! klap!
die deur agter mammie toe.
Sussie veilig in die kamer
(Dis tog goed vir haar ook.
Sy hou tog so van op die bed le...)
"Ag verskoon tog mevrou...nog tee?
"So 'n pragtige mens, die nuwe dominee, ne?
"Nee, vloekery nie in hierdie huis nie!!
"Mens moet net ferm wees!
"Wat is dit dan met sussie?
"Waarom wil sy nie stilbly nie?
"Ek gaan praat gou net weer met haar!
"Moeilike ouderdom, ne!"
Klap! klap! klap!
Die ritme van die musiek
wat sussie in haar kussing laat huil.
Geen ongeskikte krete van HAAR nie.
"Ag alles is nou reg, dominee... nog tee?
"Sy hou haar maar net snaaks.
"Hulle moet tog vroeg al leer
om nie in geselskap hard te praat
te vloek of omstrede te raak!
"Sy's nou stil.
"Sy sal uiteindelik leer om gelukkig te wees.
"Geluk le tog daarin dat mens
binne perke van goeie maniere leef, ne^ dominee?
"God hou tog nie van vloek nie!"
"Nee, reg suster.
"Dit is so...gee nog tee asseblief
"Net voor ek gaan, God seen...ne?
"So 'n beskaafde huis wat u hou!
"Almal vriendelik en op hul plek!
"Geen vloekery hier!
"En politiek hoort tog in die parlement!
"Nee ek glo dit ook nie oor broer Eugene nie!
"Hy trek so goed aan elke dag
en praat so mooi met sy vrou en kind!"
Klap! klap! klap!
eggo die dans van stilte
en van shutup en praat mooi
moenie dat die bure hoor!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Dubbel antwoorde en posstukke

Do., 25 Oktober 2001 07:38

As ek dalk dubbel pos en of dieselfde reageer as iemand anders, is dit nie
omdat my haarkleur lig is nie! Ek ontvang om een of ander duistere rede nie
al my eie pos nie! En weet ook nie of ek al die pos ontvang nie.

Kinky

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Ek groet julle

Wo., 24 Oktober 2001 21:33

Ek groet julle almal vir 'n paar dae, môre gaan ek Mechelen, Belgie toe, om
Johannes Kerkorrel te sien, my vol te gooi met Belgiese biertjies en
pralines!!

Saterdag is ek weer terug.

Wie sal my mis????????

Gr.Rico

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

In Nl op tv geweest

Wo., 24 Oktober 2001 21:24

Een uur lang Ingrid Jonker op de NL tv .
Misschien is deze week ergens nog een herhaling op tv te zien

grt emmy

Korreltjie niks is my dood

Portret van de vroeg gestorven Zuid-Afrikaanse dichteres Ingrid Jonker, die
op 31-jarige leeftijd een klein oeuvre van aangrijpende gedichten naliet.
'Ik kan niet meer. Ik kan niet beter'; een notitie gekrabbeld op het
binnenblad van een tijdschrift. Het zijn de laatste woorden van de
Zuid-Afrikaanse dichteres Ingrid Jonker. In de vroege ochtend wordt haar
lichaam gevonden in een baai bij Kaapstad. Ze is 31 jaar en laat een klein
oeuvre van aangrijpende gedichten na. Het is 1965. In Zuid-Afrika de
donkerste tijd van apartheid onder het regime van Verwoerd. Haar werk is
vrijwel vergeten tot op 25 mei 1994, president Nelson Mandela de allereerste
zitting van het eerste democratisch gekozen parlement van Zuid-Afrika opende
met haar gedicht Die Kind. Het is een gedicht dat ze schreef naar aanleiding
van de dood van een baby, neergeschoten in de armen van zijn moeder ten
tijde van de demonstraties bij Sharpeville in 1960. Mandela noemde haar:
'both an African and an Afrikaner', een mooier compliment kan een blanke in
Zuid-Afrika niet krijgen.

24-10-2001 20:32 - 21:32, Nederland 3 (VPRO)

Koeitjies & kalfies | 31 kommentare

Annette Help!!

Wo., 24 Oktober 2001 13:15

Ek weet jy het nou al vir ons 'n paar melktert resepte geplaas. Wil jy nie
vir my een stuur waar die vulsel baie styf en solied is wanneer dit gestol
het nie. Die melkterte wat 'n ou hier in die tuisnywerhede koop het almal
sulke slap vulsels. Dit lyk so of die baksters die vulsels met oorgeklitste
eierwitte gemaak het. So amper asof hulle wil geld spaar op die regte
bestandele.
Sakkie

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Vir @home.com

Di., 23 Oktober 2001 20:27

Weet nou nog nie wie die gedigte plaas nie en ook nie hoekom nie? Maar ek
wil graag vra, word die gedigte nie bespreek nie of weet iemand van n
webwerf waar gedigte bespreek word?

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Vertaling benodig asseblief.

Di., 23 Oktober 2001 18:13

Asseblief, sal iemand vir my se, mag ek skryf " Vandag is n' lekker
en sonnige dag" Ek is n' engelsprekende en nie seker dat 'sonnige'
die regte vertaling van "sunny" is?

Dankie

Baba Mung

--
"An eye for an eye and the whole world ends up blind."
-Mahatma Gandhi

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Spreke is silwer, swye is goud

Di., 23 Oktober 2001 16:21

Alan: Hierdie rooinek skryf maar min Afrikaans

Tant Hessie Poirot
Jou Afrikaans en jou spelling daarvan is baie goed.
Die -7 boaan jou pos laat my dink jy is op die
Weskus van die VSA. Is ek reg?

> Rico
> Spreke is silwer, swye is goud

Dis die taal van 'n bangbroek, Rico.
Tant Hessie van die Agterste van Helsdingens

Wouter
'n Wyse bangbroek, Hessie
Alan is nie van die VSA nie, hy is van SA
Hy het gesê hy is 'n rooinek, nie 'n redneck nie.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Soek 'n lys ("text file") van algemene Afrikaanse woorde.

Di., 23 Oktober 2001 13:17

Dag mense.

Hierdie rooinek skryf maar min Afrikaans. Om die aantal spelfoute te
verminder wil ek 'n "custom dictionary" opstel vir MS Word met die
mees algemene Afrikaanse woorde. Nou wil ek ook nie 'n ander honderd
rand uithaal vir die beskikbare sagteware. Is daar 'n plek waar ek
net 'n text file kan kry met sowat 5000 algemene Afrikaanse woorde?
Dis dan mos maklik om so lys te "import" in 'n MS Word "custom
dictionary".

Dankie,
AlanC.

Afrikaans, ons taal | 9 kommentare

Resep: Slaaisous.

Di., 23 Oktober 2001 13:15

English Salad Cream: ( die alternatiewe mayonaise)
Druk 2 hardgekookte eiergele fyn.
Meng met 'n houtlepel by die eiergeel:
'n knippie sout, knippie rooipeper ( cayenne), 5ml Engelse mostert. en 5ml
strooisuiker.
Voeg 5ml wit asyn by
Voeg 150ml dik room geleidelik by - roer gedurig
Meng 'n verdere 25ml wit asyn by.
Annette

Kos & resepte | 5 kommentare

Bladsye (1835): [ «    838  839  840  841  842  843  844  845  846  847  848  849  850  851  852  853    »]
Tyd nou: Ma. Jun. 01 04:46:00 UTC 2026