Iemand het in bespreking oor die werklikheid van HIV ma's en die
oordraagbaarheid daarvan aan die baba betwyfel. Toe het ek so bietjie vir
iemand wat weet gaan vra hoe dit werk en in my eie woorde het ek die
volgende verstaan:
Wanneer n swanger ma HIV positief is, word sy voor geboorte van die baba AZT
anti-vigsmiddel toegedien. Dit verminder die kanse vanaf 35% tot 2%
dat die baba HIV positief gebore gaan word. Die argument ontstaan met
die vraag hoe is dit moontlik dat die virus nie na die baba oorgedra
word nie.
Die plasenta van die baba dien as buffer tussen die ma se bloed en die baba
s'n. Die ma se bloed kom nooit in kontak met die baba nie behalwe by
geboorte. ( Daarom verkies die ginekoloë deesdae om keisers op HIV
positiewe pasiënte te doen.) Sommige virusse en infeksies is
molekule gewys net te groot om deur
die plasenta vanaf die ma na die baba deurgelaat te word. (sommer net vir
interessantheid) Alles hang ook af van die hoeveelheid virus by die ma en
die baba se immuniteit. AZT middel help om die virus by die baba (en ma) te
beveg. Wanneer die hoeveelheid virus tot immuniteit relatief min is, sal
die baba n beter kans hê om nie ook HIV positief te wees nie.
Is hierdie duidelik genoeg of verduidelik ek baie swak? (wou nooit 'n
juffrou geword het nie!)
:-)
A man bought a donkey from a preacher. The preacher told the man that
this donkey had been trained in a very unique way, being the donkey of a
preacher. The only way to make the donkey go, is to say, "Hallelujah!"
The only way to make the donkey stop, is to say, "Amen!"
The man was please with his purchase and immediately got on the animal
to try out the preacher's instructions. "Hallelujah!" shouted the man. The
donkey began to trot. "Amen!" shouted the man. The donkey stopped
immediately. "This is great!" said the man. With a "hallelujah", he rode
off very proud of his new purchase.
The man travelled for a long time through some mountains. Soon he was
heading towards a cliff. He could not remember the word to make the
donkey Stop. "Stop", said the man. "Halt!" he cried. The donkey just kept
going.
"Oh, no!..Bible!...Church!...Please Stop!!, "shouted the man. The donkey
just began to trot faster. He was getting closer and closer to the cliff
edge.
Finally, in desperation, the man said a prayer..."Please, dear Lord,
please make this donkey stop before I go off the end of this mountain,
In Jesus name, AMEN." The donkey came to an abrupt stop just one step from
the edge of the cliff.
"HALLELUJAH!", shouted the man.
Ha ha ha!!!!!!!!!!!!!! Mamamia!!!!!
In 'lekker Chat' vertel Patricia ons onder meer van die eiland wat so
klein is dat die nie in vierkante kilometer gemeet word maar in
'square inch'.
En dan sluit sy haar baie interessante vertelling af met:
"Vertel ons bietjie wat is nuus in SA seblief!"
Hier volg dit Patricia... die nasionaliste in die groep vorm nou 'n
aliansie met die anc!
(Ek was verlig toe hulle vir Tony Leon totsiens wuif, maar toe val
hulle van die wal in die sloot. Ek belowe jou, hulle beoog aliansie
met die anc!
jinne so baie dinge het gebeer lat ek skoon vergeet het om te skryf.
antie sal my nie glo nie ma' antie sal bly wees om te hoor lat my pa
genees is van rakbie. hy sit nou heel dag net en syp en biek bradder
kyk antie. selfs toe die jille wêreld sit en kyk hoe ou bin ladin
jammerika platvlieg kyk hy biek bradder. hyt net gesê ou el goormaag
is seker bly lat hy nie genoeg preknint tjêds getel het om vir jorsie
boes te wen nie antie.
hy laaik dit so baie om te sit en kyk hoe syp en vloek ou vêrdie saam
met die kaalgat mysies in die jakoesie lat hy nou self 'n jakoesie wil
koop. my ma sê hy dink seker die kaalgat mysies gaan yt die lug yt val
om saam met hom innie jakoesie te sit. en my ma het hoeka nie gelaaik
van daai janien wat komkommers vreet lat die sop spat nie. my pa sê
nou lat sy yt die hys ytgegooi is hoop hy sy kry 'n vleisiggeitjie in
haar lyf want niemand kan van komkommers alleen leef nie.
oom hansie vannie pênnelbieters sê jammerika moet afganniestan plat
maak. my pa sê dresden en hieroesjiema en naghasakie is nie in
afganniestan nie. oom hansie sê my pa moenie dink hys stoepid nie
enige aap weet dit. jys nie sê my pa want in afganniestan is daar niks
om plat te maak nie. hy sê dit smaak hom die jammerikaners weet dit
nie en het vergeet van weetnam en soemalije.
ek vra vi my pa of hy weet wat innie kaap aangaan. ja sê hy hy hoor
ook ma' oppie draadloos laat oom martiens en oom tounie stry gekry het
oor oom pietertjie marê en nou vry die aa-en-see na die en-en-pee. hy
sê die oom vannie koerant gaan die blouaapstype kry as die leeu ennie
lam langs mekaar kom lê want die bybel sê dissie ynde vannie wêreld.
ek sê ek kan sien die drank en biek bradder het my pa se bryn opgeneek
want innie kaap het die wiepie die karriebeker gewen. ek dink my pa
skiem breitentjie skryf resitasies.
Grahame - ek wil vir jou 'n email stuur, maar Norton weier om te help -
hulle sê jy het verkoue:)))
Kry nou jou babatjie reg daar sodat ek jou brief vir jou kan pos.
Annette
Wil graag nuusgroep deelnemers bedank vir die ondersteuning hier ontvang.
'n Beskrywing van emosikone en hulle betekenisse en/of voorbeelde hoe om gebruik
te word, word benodig. Om 'n saak wat genesing benodig, om 'n sagte manier reg
te stel. By voorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.
Hoop dit help.
Saam vir 'n beter toekoms.
Een vir almal en Almal vir een.
Met my vorige skrywe het ek genoem dat ek nuut is hier en nie so lekker weet
wanneer ek kan en mag praat nie
Ek het dus besluit om eers so bietjie net waar te neem.
Ek het die indruk gekry dat hierdie ng daar is vir enigeen om sy se te se en
om dit op sy eie manier te doen - al moet dit dan ook in gemengde taal
gedoen word, of selfs verkeerde spelling!
Wat my totaal omkrap is hoekom iemand dit haar selfopgelegde taak gemaak het
om elke keer daardie mense oor die vingers te tik asof sy dan 'n
skooljuffrou is!
Los die mense uit!
Lewer kommentaar, maar probeer om dit konstruktiewe kommentaar te maak, jy
maak mense net onnodig die hoenders in wat lei tot onnodige verdere debat
soos byvoorbeeld hierdie skrywe van my.
Ek wil nie in 'n hengse debat betrokke raak hier nie. Ek wil maar net ook
my se se en ek weet ek het nie kappies op my e's gesit nie (ek weet nie hoe
nie) maar ek wil nou beslis nie daaroor uitgetrap word deur die skooljuffrou
nie
Ek is lankal klaar met skool en wil nie meer soos 'n kind behandel word nie,
maar eerder soos 'n grootmens wat geselskap soek en wil lekker chat en nuus
van haar land wil hoor, hier waar ek myself in Dublin bevind!