'n Prokureur, 'n dokter en 'n wetenskaplike sit en bespreek die
voordele en nadele van vrouens (soos in gades) en minnaresse.
Se die prokureur; "Nee wat, 'n minnares is baie beter. Dit gee jou
meer vryheid, dalk meer opwinding en daar's geen kans op 'n morsige en
duur egskeiding nie."
Antwoord die dokter; "Ek stem nie saam nie. 'n Vrou gee stabiliteit en
sekuriteit. En egskeidings is in elk geval nie verpligtend nie."
Toe kom die wetenskaplike aan die beurt; "Ek stem nie saam met een van
julle nie. Dis beter om altwee te he. As jou vrou dan dink jy's by die
minnares en die minnares dink jy's by jou vrou, dan kan jy bietjie
navorsing doen."
Jammer - dit was nie vir die groep bedoel nie - nou weet almal van julle hoe
klink my Vrystaatse Engels:((
Annette
> African)
> First time ever the host nation is not the overall winner.
> Says a lot for the fairness of our judges:))
> SA the winner in the open-braai contest though.
> Next year the contest will be in the USA.
> Annette
>
Die Switzers het toe die algehele kompetisie gewen.
Blykbaar is die vrou van die leier 'n Suid-Afrikaner.
Ek neem aan hulle clockwork precision was 'n bietjie te veel vir die
ontspanne beoordelaars:)))
Annette
Ek het 'n probleem en ek hoop jy kan my raad gee.
Sien, my probleem is ek salueer my yskas elke keer as ek daar verby gaan.
Dink jy dis verkeerd of moet 'n ou maar so aangaan?
Doen jy dit ook byvoorbeeld?
05 November 2001
New 10-digit dialling procedure to be introduced this month
Telkom is to introduce a 10-digit national dialling procedure tomorrow
(November 6) in anticipation of the forthcoming new national numbering plan
to be prescribed by the Independent Communications Authority of South Africa
(ICASA).
All telecommunication companies, including the future Second National
Operator (SNO), will be obliged to comply with the new national numbering
plan.
This means that all calls made within the Republic of South Africa, with the
exception of international dialling codes and special service short codes
(e.g. police emergency number 10111, Telkom service activation 10219, Telkom
directory enquiries 1023, etc.), will require the full 10-digit number to be
dialled.
For example, in the past, if you were in Pretoria and made a call to someone
else in the Pretoria area, you would only dial the seven-digit number 345
6789 to reach the called party.
In future, customers will be required to dial the full 10-digit number
inclusive of the area dialling code; thus, instead of dialling 345 6789 you
will now have to dial 012 345 6789. The 10-digit format will appear in all
telephone directories published as from January 2002 onwards.
To ensure a smooth transition to the new 10-digit national dialling
procedure, there will be a period of parallel running when calls dialled
using seven digits will still be connected.
The advantages of the new national numbering plan are:
Uniform national dialling procedure for all calls within South Africa, with
the exception of international calls and special service calls;
Increased national numbering capacity.
The move to a uniform national dialling procedure is in line with
international trends.
ISSUED BY: ED TILLETT
MANAGER, MEDIA RELATIONS
TELKOM CORPORATE COMMUNICATIONS
TEL: 012 311 8258
CELL: 082 820 7559
Ons koor soek 'n nuwe naam. Enige van julle slim mense hier wat kan help?
Ons was bekend as Die Tygerbergse Stadskoor/ Tygerberg Civic Choir - maar
nou bestaan daar nie meer 'n Tygerberg Stad nie.
Ons is 120 lede - en ons repertoire is baie wyd, so ons kan nie iets soos
kantate,hemels, klasiek, volks of ritmies in ons naam hê nie.
Ta' Hess het my sterk aangevat oor my Ingils. Meeste van hierdie
goedjies kom van die oeroue Usenet News af (voor 1993) toe daar van
Afrikaans op die Net nie veel sprake was nie. Sommiges kan mens
vertaal maar nie altyd die ponslyn nie. Sien julle wat laat sy my
doen!
(Terloops, was een van Hitler se topknoppe nie ook Hess nie? :-)
Hond loop 'n kroeg binne en bestel 'n bier en 'n strooitjie. Die
kroegman kyk hom so en se, "Uit!" Hond vra baie mooi, "Ag asseblief
meneer, en sal dubbel betaal". Kroegman, wat ook die eienaar is, dink,
"Geld is geld, so wat de joos?"
en hy gee die hond 'n bier met, "Jy gedra jou net!"
Hond drink sy bier stadig en toe hy klaar is loop hy toilet toe, maar
pleks van ingaan, doen hy sy ding (nommer een) sommer so teen die
kosyn.
Kroegman sien rooi, storm agter toonbank uit, wil die hond met 'n
stoel bykom, maar die's te vinnig vir hom. Hy's uit by die deur.
Na so paar minute loer die hond versigtig in en se, "as ek tien keer
betaal, kan ek nog een kry?" Wel, geld is geld en hy kry nog 'n bier
en strooitjie. Toe hy met hierdie een klaar is toe is dit nommer twee
en sommer so op die mat. Kroegman vlie oor die toonbank, gryp sy mes
waarmee hy suurlemoene sny, duik agter hond wat oople vir die deur,
kry net sy stert beet en, woeps, sny hy dit af.
Arme hond kom nie ver nie toe bloei hy hom dood en sy sielietjie
filter op hemel toe. Daar gekom vra die een by die hek hom uit oor sy
stert en hond vertel hom.
"Ongelukkig kan ons jou nie so toelaat nie," se die persoon, "jy moet
terug en jou stert gaan haal." Daar is die sielietjie maar toe weer
af.
Onder gekom toe is dit al vroegoggend en die kroeg is toe.
"Jahoeee," weeklaag die hond.
Die kroegman bly op die eerste vloer en hoor die geraas. Hy maak die
venster oop en sien dis weer die hond.
"Wat nou," vra hy en hond vertel hom.
Terwyl hy die venster toemaak se hy, "Go away, we do not retail
spirits after midnight."
Ek maak jou brief oop
en voordat ek dit lees
lê ek die blaaie
plat op my bors
met my oë toe
kontoer ek jou gesig bo my
jou geur, so onmiskenbaar jy,
walm liggies oor jou woorde
soos gisteraand se katjiepiering
jy skrywe met die klop-klop
van jou hart
ek kruip gretig langsaam
deur jou woorde
ek eet die letters
een vir een
en proe puur liefde.
(Die gedig is deur dr. Allan Boesak in die tronk geskryf en opgedra aan Elna.
Die werktitel van die ongepubliseerde manuskrip waaruit dit kom,is . . .
Tot Sterwens toe.)
Verskeie goeie sjampoe's en skuime is beskikbaar. Dit mag dalk onder
ander name verkoop word by julle. Kyk vir iets wat Piperonyl Butoxide
en Pyrethrins, bevat. Bv. Iets soos "Maximum Strength Rid Lice
Killing Shampoo" (Pfizer Consumer) Hulle skakel is:
www.licerid.com.
Die ander produk (hier in Amerika) wat pyrethrum ekstrak en piperonyl
butoxide, bevat is "Pronto" deur Del Pharmaceuticals.
Net iets vinnig - as jy dalk na die etikette kyk, en die name lyk so
bietjie anders.
Pyrethrins is die natuurlike produk en pyrethroids word sinteties
vervaardig. Albei het dieselfde effek - neurotoksies.
Party mense glo weer aan 'n produk wat malathion bevat. Malathion is
(±) - [(dimethoxyphosphinothioyl) - thio] butanedioic acid diethyl
ester. Ek dink amper dit word as Ovide verkoop hier in Amerika, maar
is nie seker wie die vervaardigers is nie.
Dit is 'n organofosfaat - dus sal ek persoonlik wegbly van hierdie
produk- VERAL as dit kinders is.