Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: BLACKS NEED DEATH , JOE !

Vr., 16 November 2001 16:49

Nooit sal ek dit wil doen nie, wie gaan my dan op die plaas help. Siende dat
meeste van die blanke laaities te lui is om die werk te doen.

Groete
Spook

Put your brain in gear before starting your mouth.

ADOLF HITLER skryf in boodskap news:adb5c184.0111151146.7e5a60a4@posting.google.com...
> if you are really a policeman, shoot any black you can if you get chance !.
>
> YOU KNOW YOU WANT TOO.....
>
> AND ALL THE WHITES WANT THIS TOO.............

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Jimpeldronkie

Vr., 16 November 2001 16:39

skryf in boodskap news:3BF50908.CDA30F74@home.com...
> Piet Pompdonkie wrote:
>
>> Piet Jimpeldonkie

> Wat is 'n jimpel, Thys?
> Tant Hessie Watson

Maar hoekom roepie aantie myrannou thys?
Ek is mossie thyssie ek is Piet.
Maar laat ek vir antie verduirrelik
Jimpel, aantie, is 'n woord warrons meesal innie
Transvaal vind. Dis 'n saamesteling van daai
bronstige woord wat met 'n j begin en simpel.
Vestaan antie nou? 'n Jimpel ou man is een wat
simpel en bronstig is. 'n Pompdronkie raak net jimpel
assy 'n paar doppe in het. Meesal is ek bronstig maarrie simpel nie

Ek moes einlik gesê het Piet Jimpeldronkie sorrie aantie

Piet Verduirrelikdonkie

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Brave New World : CHARL-PIERRE NAUDÉ translated from Afrikaans by RICHARD JÜRGENS

Vr., 16 November 2001 14:10

CHARL-PIERRE NAUDÉ
translated from Afrikaans by RICHARD JÜRGENS

Brave New World

There are only two women.
The woman that you have and the one that you don't have.
Only those two unfasten their hair and weigh it on the ultimate balancing scales.

The folding open and the folding closed, only two folds;
two languages, talking and hardly speaking at all:
an invisible open-plan house, with two distinct roofs.

Only two people are home,
the one who's present and the one who's absent;
I turn back under this lonely veranda light with its glowing double bulbs.

I can work out only two truths:
delusion and belief, there is no
master of ceremonies, only a moustache tells these two stories.

The earth is a horizontal door
that I can't pull open under my curious weight;
it's not-opening and its not-closing are its closing and opening.

Except for the connecting spaces, everything's just a ruin.
The unconnected passage. The tatters of the front porch
trompe-l'oeil. The outside room with its San Andreas Fault.

I am a cat-thief measurer, measuring-tape in hand.
There's a wet spot, older than the house, where two shadows cross.
Tonight I measure the little garden bridge, two statuettes, both sides.

People say the heart is just a phantom pain.
But here, in the passage, in the loose straddling
of connection, I sense a groin vein beating.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Die weer

Vr., 16 November 2001 13:02

As ons Die Nuus kan hê op die NG kan ons sekerlik ook die weer hê.

Tant Hessie sneeu dit al daar? (Kanada/Amerika) My skoonsus se seun vlieg
vanaand NY toe om vir sy sus te gaan kuier.

Johan van Minnesota het altyd die mooiste vertellings oor hul omgewing
gehad. Lyk my Gloudina het hom nou heeltemal verjaag.

Hier het ons heelwat reën gehad en hoef ons dus nie tuin nat te gooi nie.

Kekkel

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Nuus 16/11.

Vr., 16 November 2001 11:54

Een van ons geliefde skrywers, Jan Rabie, is gister, een dag na sy 81ste
verjaarsdag, dood.
Hy was besing deur André Brink as die persoon wat eiehandig die manier van
skryf in Afrikaanse prosa omgeswaai het.

Annette

Nuus | 0 kommentare

Lekker fals-lafs

Vr., 16 November 2001 11:51

Ek praat nou van die sogenaamde uitspraak van ons wonderlike, eerlike,
onskuldige parlementariërs ivm die wapen - wat?
Ons kan dit mos nie meer skandaal noem nie - hulle sê dan daar is op dees
aarde niks verkeerd met die hele gemors nie.
Tony Yengeni moes iets anders verkeerd gedoen het wat die Prez ongelukkig
gemaak het dan - want hy is toe nie gisteraand weer as hoof-sweep
heraangestel nie.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Healdtown

Vr., 16 November 2001 07:47

Gloudina,

Jy het gevra of ek al op Healdtown was. Ja, baie jare gelede. Kort na
ons aankoms in die Oos Kaap het ons nogal graag die omgewing verken.
Hier is baie mooi plekke (klowe en valleie) wat mens nie van die
grootpaaie af kan sien nie. Na 1976 kon mens nie en deesdae is die
paaie te sleg.

As mens nou van Fort Beaufort na Healdtown toe ry is daar links op die
eerste bult Cape College (onderwysers) en net so katspoegie verder,
Thubalethu, 'n kosskool vir swart leerlinge. Die College is 'n
sprekende voorbeeld van 'n situasie wat mens seker net in die NRSA kan
kry. Volgens 'n departementele besluit neem hulle die afgelope twee
jaar nie meer studente in nie, maar die hele kontingent personeel is
nog daar, van Rektor tot skoonmakers. En hulle word betaal! Daar is
ook nie meer elektrisiteit of werkende telefone nie weens onbetaalde
rekeninge. Wat snaaks is, is dat die personeel baie getrou, elke
weeksoggend om half 8, werk toe gaan. Dan maak hulle maar glo koffie
(op gas!), sit so bietjie rond en gaan dan maar weer huistoe. En dan
is daar ook nog die geboue en toerusting wat miljoene werd moet wees.

Drom

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Ingrid Jonker - Lied van die lappop.

Vr., 16 November 2001 07:41

INGRID JONKER

uit Versamelde Werke (Perskor 1975)

ONTVLUGTING (1956)
vir Abr. H. Jonker

LIED VAN DIE LAPPOP

Ek is die lappop wat nie praat
en maak net op jou liefde staat

Saans lê ek blind en stil en doof
en lig nie meer my semel-hoof

My hande roer nie en my lyf
word met jou weggaan koud en styf

Sonder jou hulp kan ek nie loop:
jy het my sommerso gekoop

en sal my nog een Guy Fawkes-nag
goedmoeds verbrand en daaroor lag.

Ek is die lappop sonder gees
My pyn jou luid gevierde fees.

Prosa & poësie | 0 kommentare

'n Snaakse ding....

Vr., 16 November 2001 07:21

...het nou die dag hier by ons tydens 'n vergadering gebeur. Dinge het
redelik warm geraak en "Managemant" het bietjie flack gekry. Dis toe
dat 'n jongerige outjie opstaan en die volgende se: "Mens kan 'n
korporatiewe struktuur met 'n boom vol apies vergelyk. Heel bo is die
hoofaap, net onder hom die 2 IC's en dan laer af die ondergeskiktes
namate die boom wyer word. Die wat van bo af ondertoe kyk sien net
glimlagte, maar die wat van onder af boontoe kyk, sien net poepholle."
Ek hoor hy is glo "ingeroep."

(Dit was in Engels, maar ek het dit spesiaal vir Ta' Hessie vertaal
;))

Terloops, ek sien roekeloos.co.za se nuutste toevoeging tot hulle
Roekelose Woordeboek is dat die Afr vir "asshole" (hoekom
Amerikaans?), plooi-oog is. Klink sagter :-)

Nog 'n terloops: Annette, as jy roekeloos nie ken nie gaan loer
bietjie daar in. Hulle het nogal 'n lekker wynrubriek.

Drom

Koeitjies & kalfies | 20 kommentare

Raai, dis saai gewaai

Vr., 16 November 2001 07:15

skryf in boodskap news:3BF2FCE0.646C5B9@home.com...
> Piet Pompdonkie wrote:
>
>> Antie lyk my jy wil my traai
>> Antie Antie dis tog so fraai
>> Maar voor ek groet en finaal waai
>> Wonder ek wat rym met waai?

>> Piet Spruitdrifdonkie

> Wat de joos?
>
> Tant Hessie Poirot

Antie wonder wat de joos
Amper word sy effe boos
Antie het verkeerd geraai?
Die ding wat rym is maar net saai

Piet Rymdonkie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    825  826  827  828  829  830  831  832  833  834  835  836  837  838  839  840    »]
Tyd nou: Ma. Jun. 01 06:22:43 UTC 2026