Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

'n Floekkerige rympie

Di., 13 November 2001 04:40

Sommer net na aanleiding van die vloekwoord-berig wat onlangs hier verskyn
het.
;-)

Uit 'n ander perspekfokkentief
Sou so 'n fokken fokkery 'n mens kon grief
Maar dis fokken freeslik humofokkenristies
En sowaar as fok ook uiters ekfokkenspresionisties

Prosa & poësie | 3 kommentare

Adolf Hitler en Whodunnit

Ma., 12 November 2001 20:03

>> "Whodunnit" wrote in message
>> news:9smauh$l2h$1@news8.svr.pol.co.uk...
>> Just thought I would let you guys know that here in the UK

"Sweetpea" wrote in message
> Are you and the other nick in here, "ADOLF HITLER"
> one and the same person?
>
> (See the post "GIVE THE BLACKS POWER YOUR FUCKED".)

Nee Sweetpea, dis klaarblyklik twee verskillende bobbejane

Adolf Hitler pos van Amerika : 168.143.112.8
Verio, Inc. (NET-VRIO-168-143)
8005 South Chester Street
Englewood, CO 80112
US

Whodunnit pos van Engeland:
modem-805.monkey.dialup.pol.co.uk (217.135.211.37)
Planet OnLine Ltd.
+44 1384773000
Energis-Squared
Melbourne St.
Leeds LS2 7PS
United Kingdom

Daardie monkey.dialup is nogal veelseggend
Piet Poirotdonkie

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Woon engeltjies in Ingeland?

Ma., 12 November 2001 14:45

'n "Vriend" vra my Saterdag watter span ek ondersteun - dis nou voor die
Aussie / Engeland wedstryd .
Hoe gou het hy die konsentrasiekampe vergeet .
Ek hoop Harry en sy trawante gaan hulle geskiedenis na voordat hulle die
Engelse pak. ("Harry" is darem nie 'n boerenaam nie.)

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Woon engeltjies in Engeland?

Ma., 12 November 2001 13:34

Iemand vra my oor die naweek watter span ondersteun ek toe die Aussies teen
Engeland speel .
Hoe gou het hy nie van die konsentrasiekampe vergeet nie ..
Ek hoop nie Harry en sy trawante evrgeet gou nie .

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Woon engeltjies in Engeland?

Ma., 12 November 2001 13:33

Iemand vra my oor die naweek watter span ondersteun ek - toe die Aussies
teen Engeland speel .
Hoe gou het hy nie van die konsentrasiekampe vergeet nie ..
Ek hoop nie Harry en sy trawante het vergeet nie .

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Iets lekker lafs

Ma., 12 November 2001 11:41

Dit wil voorkom asof almal 'n Hobbitnaam het waarvan ons nie geweet
het nie. Gaan na www.chriswetherell.com/hobbit om joune te kry. Myne
is Till Underhill of Frogmorton. Ek hou veral van die Frogmorton.

Drom

Koeitjies & kalfies | 27 kommentare

Laaste gedig aan jou, my lam (deur :Martina Klopper)

Ma., 12 November 2001 11:23

Laaste gedig aan jou, my lam

Sal ek jou vra om aan my wang te raak
en 'n ry spore daaroor te trap met jou
dronk, strompelende vingerpunte, jou
bedwelmde hande wat verby my tas en
die ritueel van 'n blinde kanker dans?

Miskien.

Sal ek jou vra om my rug te pantser
teen die kou - om om my te kombers
en die vrou in my te koester, om die
winter wat in my nestel weg te vou?

Dalk.

Sal ek hierdie gebare, hierdie omgee
nog kan waardeer, angstig kan ontvang
en die blou geskenkpapier met my
stukkende gemoed kan afruk?

Nooit.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: Laaste gedig aan jou, my lam (deur :Martina Klopper)

Ma., 12 November 2001 11:18

Daai nommertjies boul my uit:)))
Annette

>
> Sal ek jou vra om aan my wang te raak
> en 'n ry spore daaroor te trap met jou
> dronk, strompelende vingerpunte, jou
> bedwelmde hande wat verby my tas en
> die ritueel van 'n blinde kanker dans?
>
> Miskien.
>
> Sal ek jou vra om my rug te pantser
> teen die kou - om om my te kombers
> en die vrou in my te koester, om die
> winter wat in my nestel weg te vou?
>
> Dalk.
>
> Sal ek hierdie gebare, hierdie omgee
> nog kan waardeer, angstig kan ontvang
> en die blou geskenkpapier met my
> stukkende gemoed kan afruk?
>
> Nooit.

Prosa & poësie | 3 kommentare

Vir die daar oorsee

Ma., 12 November 2001 09:44

Raai watter plek se nuwe naam is nou
Nelson Mandela Metro?
Annette

Emigrasie & buiteland | 3 kommentare

Wynproe- Verlede Donderdag.

Ma., 12 November 2001 09:00

Hierdie jaar vir die eerste keer by Canal Walk - ruimer plek vir die
slingerende pro�ers en plek vir meer stalletjies - 125 in totaal.
Soos gewoonlik proe ek net rooiwyne - dit help vir die balans 'n bietjie
later.:)) - en besluit toe om, behalwe vir Botha - wat geen ordenlike
wyndrinker verbyloop nie, net die nuwe landgoede te proe.
Wanneer mens vir jou proeglas en labeltjie betaal, kry mens 'n boekie met al
die deelnemede landgoede in, met 'n vloerplan en plek vir notas. Agterin is
daar 'n kompetisie wat mens veronderstel is om in te skryf nadat jy klaar
geproe het - mens moet sê watter wyn was vir jou die lekkerste.
Omdat ek weet hoe die handskrif kan verander na so 'n proesessie het ek maar
die kompetisie voltooi nog voordat daar 'n druppel geproe is - Botha
Pinotage - en ek was 100% reg:)
Koop maar 2001 rooiwyn - dit is goeie goed:))
Die Botha 2001 Pinotage is pure hemelse genot, en teen R15 per bottel kan
mens nie beter waarde vir geld kry nie.

Soos gewoonlik was daar rooiwyne wat tot R55 per bottel gekos het, wat ek
sonder skuldgevoel maar uitgegooi het na die eerste proeslag. Die jappies
kan maar so duur betaal vir daardie.

Drie ander goed wat ek van gehou het - druiwekorrelsaadolie - glo sonder
cholesterol vir die siekes.
'n Pink muskadel wat op ys en fyngesnyde aarbeie bedien word - heerlik vir
so 'n warm aand.
'n Plek van die Strand wat goeie wyn verkoop in spesiale bottels - die
bottels se etikette is gemaak van pewter - en mens kan altyd die bottels
weer volmaak met dooswyn, en dit sal nog steeds lekker smaak:))
Die Groot 5 word op die bottles uitgebeeld- en so 'n stel van vyf botels met
die lekker wyn kos R360.

Die landgoede waar ek by geproe het en van die wyne gehou het was:

Botha ( R15 per bottel) beste wyn vir 'n baie goeie prys.
La Couronne - Franschhoek
Rietvallei - Robertson
Riebeek
Deetlefs - hulle het 'n Muscat d'Alexandrie 1974 vir R165 - hierdie skat
word net elke 25 jaar vrygestel.
Jan�za
Laibach
Porterville - Pinotage en Enigma teen R16 per bottel is vir my baie
lekkerder as die duur Durbanville Hills se goeie wyne teen R35 per bottel..
Le Jus et Vine -die pink muscadel plek - teen R21.60 'n bottel pure
plesier.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «  ‹  828  829  830  831  832  833  834  835  836  837  838  839  840  841  842  843  ›  »]
Tyd nou: Di. Okt. 20 04:03:57 UTC 2026