Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Laaste gedig aan jou, my lam (deur :Martina Klopper)
Laaste gedig aan jou, my lam (deur :Martina Klopper) [boodskap #53267] Ma, 12 November 2001 11:23
Tinkerbell  is tans af-lyn  Tinkerbell
Boodskappe: 80
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Volle Lid
Laaste gedig aan jou, my lam

Sal ek jou vra om aan my wang te raak
en 'n ry spore daaroor te trap met jou
dronk, strompelende vingerpunte, jou
bedwelmde hande wat verby my tas en
die ritueel van 'n blinde kanker dans?

Miskien.

Sal ek jou vra om my rug te pantser
teen die kou - om om my te kombers
en die vrou in my te koester, om die
winter wat in my nestel weg te vou?

Dalk.

Sal ek hierdie gebare, hierdie omgee
nog kan waardeer, angstig kan ontvang
en die blou geskenkpapier met my
stukkende gemoed kan afruk?

Nooit.
Vorige onderwerp: Re: Matriek Gedig/Inheemse plante
Volgende onderwerp: "Lied vir Azania Suid Afrika" deur ROBERT J. PEARCE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 08:45:19 MGT 2024