Is hier enige iemand hier wat in Namibie (Windhoek?) woonagtig is? Ek is 'n
ou Suid Afrikanertjie wat nou hier is en vra eintlik maar net omdat ek nie
so bleddie alleen wil voel nie. Sê net ja, niks meer of minder nie. Ek wil
nie jou suiker kom leen of so iets nie, dis net vir interesantheid.
Vanmiddag in die kombuis kom die vraag by my op:
Waarom noem ons dit 'n vadoek - en dit terwyl ons
van 'n veedoek praat?. Sou dit 'n woord wees wat
ons nog Nederlands hou?
Vee julle skottelgoed droog Rico/Arthur? Of va julle
dit droog?
As Emmy nie so dom was nie sou ek haar gevra het
want sy is 'n vroumens. Probleem is, sy's verdomp
Blond!
Iewers in Alberton vanaand is 'n huis in diepe rou oor die dood van 'n
sestienjarige seun wat onnodig by 'n verkeerslig doodgetrap was. Dit was 'n
besige kruispad by 'n groot winkelsentrum en volgens die skade aan die
bakkie en die feit dat die seun opslag gedood was kry mens die indruk dat
die bakkie teen 'n geweldige spoed deur die verkeerslig gejaag het. Het hy
teen 'n normale spoed gery kon die ongeluk heelwaarskynlik vermy gewees het
of sou dit veel minder ernstig gewees het.
Die mense by die winkelsentrum is almal diep geskok oor die gebeurtenis,
sommige het gehuil en my vrou is steeds gebelgd oor die onnodigheid van
hierdie verlies. Hoeveel mense is daarvan bewus dat die tyd nadat die
skole uitkom, 'n tyd vir uiterse versigtigheid op die paaie moet wees.
Nee, dit gaan nie hier om die Swart taxies wat in ons strate rondjaag nie,
en waaroor ons alewig kla nie. Dit gaan hier heelwaarskynlik om 'n persoon
wat daarvan oortuig is dat spoedbeperkings daargestel is om die
verkeersdepartement van inkomste te voorsien. Die soort persoon wat homself
daarop roem dat hy te slim is vir die traffic cops.
Die verkeersbeamptes is al vir so lank as wat ek kan onthou vir alles wat
laag en onnosel is uitgekryt. Elke verkeers en spoedboete wat uitgereik
word is so onnodig. Die beampte is dan hardvogtig en ongenaakbaar. "Hulle"
is skelms en "hulle" kruip agter bosse en goed weg net om sekere mense te
vang. So nodig as wat spoedbeperkings en padreëls op ons paaie is, so nodig
is dit dat die Wet gehandhaaf word, en iemand moet dit doen. Dit is tyd dat
die Wet meer doeltreffend toegepas word. Die wat dit nakom het niks om oor
bekommerd te wees nie.
skryf in boodskap news:3BFA5ED5.3A3CA09D@home.com...
>>> Vertel my hoe my oë lyk
>>> Dis mos waar jy heeltyd kyk
>> Jou oë? Natuurlik sal ek vertel
>> Hulle is so mooi, they tink my bell :-)
>> Piet Klokdonkie
> Ek dink ons moet die Taliban uitnooi om
> in SA te kom nesgooi, noudat
> hulle uitgeskop word. Julle word net
> eenvoudig te -j- daar.
> Tant Hessie van Konduz, wat die
> hele kabul sal moet gaan kandahar
> in hulle jallalalabad in.
Ta Hessie met die konduz
Sy wou nie maar sy moes
Kyk na die hele kabul
Hoe Piet en Tinkie woel
Waar o waar is kandahar
Hulle skiet mekaar, die gort so gaar
Hoesit Hessie met 'n jou gat my skat
Of sien ek nou ook my jallalabad?
Nou net op die Nuus: Die Hof het besluit dat Pietertjie Marais maar weer kan
aangaan om burgemeester van Kaapstad te wees.
Geen rede is vir die besluit gegee nie, en die DA moet die hofkoste betaal.
Nie 'n dom regter daai die - Die NNP is mos diep in die skuld, en sou mos
nie hofkostes kon betaal nie.
Lewe in die raad gaan nie maklik vir enigeen wees die volgende paar
weke/maande nie.
Annette
Was dit nie 'n kostelike toneeltjie gisteraand nie?
Die ou lot lê toe mos daar in die donkerte oop na die naaste kale boom toe
hulle 'n leeu hoor brul!!:)).
Ek het omtrent gegiggel toe hulle almal daar in die boom sit - en met al die
fakkeltjies wat brand het dit nogal na 'n Kersfeesboom gelyk - en iemand sê:
Do Lions Climb Trees?
Annette
Dalk stel iemand belang. Daar is 'n webruimte wat meer as 'n duisend
(nee, ek het dit nie getel nie :)) Afrikaanse adresse lys. Gaan loer
in by www.dieknoop.co.za
Baie is nutteloos (bv. Humansdorp se Landboukooperasie), maar daar is
heelwat goeies.