Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

lees hier

Do., 11 Oktober 2001 13:23

> Kill America. Look on http://63.99.208.75/
> Al-Jazeera

lees net wat word hier gesê

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Grappies

Do., 11 Oktober 2001 12:14

Die twee oues gaan sit in die restaurant en bestel 'n hamburger, en hulle
wil asseblief twee borde hê.

Die man wat by die tafel langs hulle sit leun oor, en vra of hulle probleme
het, hy sal hulle help as hulle nie genoeg geld het vir die tweede burger
nie.
"Nee wat nefie" seg die omie, "Ons twee is maar so: Ons deel als"

Toe die burger kom, sny die oom die burger middeltwee, sit een helfte op die
ander leë bord, tel die slaptjips mooi agt vir die een en agt vir die ander.

Op sy gemak begin die oom intussen te eet aan sy halwe burger en tjips. Die
tante sit maar so en kyk vir die oom.

Weer leun ons vriend oor en vra vir die tante of hy nie kan help met iets
nie.
"Nee dankie wat" seg sy. "Ons deel mos als, ek wag net vir die tande"

Thys oppie Bos

Humor & grappe | 0 kommentare

VSA & terro's

Do., 11 Oktober 2001 11:34

Hoe meer ek te wete kom van die probleem mbt internasionale terrorisme, hoe
meer kom ek onder die indruk dat hierdie nie 'n Amerikaanse probleem is nie.
Hierdie is 'n Muslim/Islam-probleem. Iets wat binne hulle eie geledere
opgelos/aangespreek sal moet word. Wat eienaardig is dat hulle
(Islam/Muslims) die bestel in Afghanistan gelate aanvaar het tot op hede?
Persoonlik glo ek Bush & Kie doen die regte ding - hulle kan dit nie oplos
nie, maar daar moet 'n afskrikmiddel wees vir die manne met die rokke...

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

All is fair in love and war.

Do., 11 Oktober 2001 10:09

Gister 'n vermeende Terroris hier in NL vrygelaat agv administratiewe fout.
Hy kry nog NLG2750 (amper R10 000) kompensasie ook daarby.

Swernoot!
____________________________________________________________

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Fietse

Do., 11 Oktober 2001 10:07

Hoekom hoor mens niks meer van die fietse wat deur Nederland geskenk is nie?

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Thanksgiving

Do., 11 Oktober 2001 10:06

Klink maar soos die Amerikaners se manier... Is daar geen verskille nie?

SNEEU dit al by julle? Die kant is dit nie meer warm nie, maar ons maksimum
draai darem nog so rond 15-17 grade... Jou kinders bly seker noord van
jou...
______________________________________________________
skryf in boodskap news:3BC4955F.A85BA5FC@home.com...
Max wrote:

> vertel ons bietjie
> hoe die Kanadese thanksgiving vier?

Met kalkoen (en ham vir sommiges) en baiesoorte groentes en vrugte-terte. En
die
familie
probeer soveel as moontlik op een plek
bymekaarkom.
Hierdie Thanksgiving Sondag, toe ons die
maaltyd by een van ons kinders gehad het
(en al die ander daar bymekaargekom het)
was die weer darem werklik omge-ellie.
Eers sneeu dit op een plek, toe kry ons
bietjie hael, toe stort dit van die reën wat
in sulke squalls verbykom, en tussenin is
daar helder sonskyn.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Al weer 'n hemp

Do., 11 Oktober 2001 13:13

Het een van julle vroumense nie moontlik vir my raad oor hoe om ink
uit my hempsak(ke!) te haal nie? Ek het al weer gister 'n hemp
verloor deur 'n pen in my sak te druk met die dop verkeerde kant.
Raad wat nie werk is baie (Doom en selfs gekoopte preperate juis vir
die doel ens.) maar iets waarmee ek die hemde kan red is steeds soek.

Raad om die dop eers op te sit eer ek dit in my sak druk het ek reeds
maar dit werk nie vir verstrooide mense nie.

Koeitjies & kalfies | 30 kommentare

Re: Tobie gekry! - 5000naked.jpg (1/1)

Do., 11 Oktober 2001 07:14

Ek het toevallig gister ook die een op rotten.com gesien. :-) Waar is dit
geneem en wat was dit?
_________________________________________________________
"Davie Davis"
het porno gepos...

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Glad nie haastig

Wo., 10 Oktober 2001 21:50

Oct. 10 -- FBI Director Robert Mueller says nearly 94 percent of
fugitives who have appeared on the FBI's "Most Wanted" list that
debuted in 1949 have been captured.

http://www.msnbc.com/news/633205.asp?pne=msn&cp1=1

dit klink werklik nie of hulle soekspanne
baie haastig is nie né! :-)

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Tobie gekry! - 5000naked.jpg (0/1)

Wo., 10 Oktober 2001 21:20

Hier bo vra ek nog waar Tobie is
en vanmiddag toe ek deelneem
aan die marathon kry ek vir wie
daar? Kyk mooi, Tobie is in die
middel 25ste van agter af - die
ou met die welige bos hare :-)

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Bladsye (1835): [ «    845  846  847  848  849  850  851  852  853  854  855  856  857  858  859  860    »]
Tyd nou: Ma. Jun. 01 04:16:55 UTC 2026