Kallie loop vir Mike in die hospitaal raak.
Kallie: "En toe ou Mike, wat soek jy hier?"
Mike:"Ag ou Kallie man, hulle het my opgedonner in die kroeg, en toe moes ek
tien steke kry."
Kallie ( Baie beïndruk):"Jislaaik, ek is al 'n week hier, en ek het nog nie
eens 'n soentjie gekry nie."
Koos en sy vrou het so baie kinders dat hulle nie 'n motor kan bekostig nie.
Nou moet hulle elke dag busry.
Eendag staan hulle vir die bus en wag, en by hulle stan 'n ou wit omie met
'n kierie. Die omie is so oud hy beeeeewe behoorlik. Met die bewerasie
tik-tik-tik die kierietjie op die sypaadjie - en dit irriteer Koos vreeslik.
Einde ten laaste kom die bus aan, maar nadat Mev. Koos en die 12 kindertjies
opgeklim het, is daar nie meer plek in die bus vir Koos en die ou omie nie.
Nou moet hulle vir die volgende bus wag.
Hoe langer hulle wag, hoe meer bewe die omie, en hoe meer tik dit ou
kierietjie, en hoe vieser raak Koos.
"Oom," sê hy, "net hier op die hoek is 'n supermark wat omtrent enigiets
verkoop. Wil Oom nie 'n rubbertjie gaan koop en dit onder die kierie sit
nie? Dan tik-tik dit nie so op die sypaadjie nie"
Die Omie gee Koos 'n vuil kyk. "Jong man, as jy 'n rubbertjie op jou
kierietjie gesit het, dan het ons nie nou nodig gehad om vir die bus te wag
nie."
Franschhoek - Saterdag en Sondag - 11vm - 5nm - R10 toegangsfooi.
Demonstrasies op die uur tot 4nm.
By Hugeunot Fine Foods - Krugerstraat.
Van Paarl kant - tot by die monument, draai regs, langs die
Inligtingskantoor.
Vanaf Stellenbosch - verby die BP stasie.
'n Interessante bespreking op BBC gisteraand rakende die groot impak van die
WTC-terreur op die vertroue van lugreisigers en die gepaardgaande dramatiese
afname in getalle.
Nou wonder ek - wat was die impak van die Titanic op die reisigers van
daardie jare?
Wie het toegang tot ou koerantdatabasisse?
Annette
Jannie:" Ek kom by Agulhas, die water stoot op tot by my boude."
Juffrou:" Maar dit ryn mos nie Jannie?
Jannie:" Ek weet, Juffrou, maar dit was laagwater."
Wouter
Hierdie laat my dink aan 'n gesegde (in die Kaapse dialek) om iemand te
beskryf wat op 'n aansitterige manier loop:
"Hy/sy het hoë holle soos 'n sirkusleeu" :-)
In die geval die teenoorgestelde:
Sy boude is nie boude want dit hang te laag
Klink vir my Jannie is 'n bietjie dof vertraag
In die branders spat daar maar altyd watertjies
Is die boude nat dan so ook vir die knatertjies :-)
Moet nog uitvind presies wanneer en waar, maar komende naweek is daar 'n
sjokolade fees in Franschhoek.
R10 toegang - en dan kan jy soveel proe as wat jy kan, lesings bewoon hoe om
sjokolade te eet/maak
Annette
Ferdinand en Daaina is al oud en bitter lank getroud.
Hulle besluit op 'n dag om grafstene vir mekaar te laat maak.
Op 'n dag gaan soek die ou tannie iets in die pakkamer, en daar kom sy af op
die grafsteen met die verdoemende woorde Daaina - Yskoud soos Altyd. Sy is
woedend en besluit net daar om sy grafskrif te laat verander.
Twee weke later gaan die omie skielik dood, en hy word te ruste gelê onder
die steen wat sê: Ferdinand - Uiteindelik Stokstyf.
Mike gaan met vakansie Amerika toe en hy loop vir Jimmy in New York raak.
Mike:" Haai ou Jimmy, wat maak jy hier?"
Jimmy:" Man, ou Mike, ek swot logika.
Mike:" Wat is logika?"
Jimmy:" Laat ek vir jou verduidelik. Hou jy van goudvisse?"
Mike:" Ja."
Jimmy:" Oukei, uit die feit dat jy van goudvisse hou, lei ek af dat jy van
diere hou. Uit die feit dat jy van diere hou, lei ek af dat jy van kinders
hou. Uit die feit dat jy van kinders hou, lei ek af dat jy graag eendag wil
trou en huis opsit."
Mike ( baie beïndruk):" Jislaaik!"
Terug in Suid-Afrika, loop mike 'n week later vir Kallie raak.
Mike:" Dag Kallie, jy sal my nie glo nie, maar ek vir Jimmy in New York
raakgeloop. Hy swot logika."
Kallie:" Wat is logika?"
Mike ( baie vernaam):" Man laat ek jou verduidelik. Hou jy van goudvisse?"
Kallie:" Nee."
Mike:" Wel, dan is jy 'n donnerse moffie."
Daar was die man wie se lewensideaal dit was om 'm obsene telefoonoproep te
maak.
Toe 'n vrou met drie pragtige dogters ( twee grotes en 'n kleintjie) op 'n
dag oorkant hom intrek, sien hy sy kans.
Nie lank nie, of hy skakel. Die klein dogtertjie antwoord.
Man:" Hallo dogtertjie, is jou mammie daar?"
Dogtertjie:" Nee oom, my mammie is nie hier nie."
Man:" Mmmmm, is jou oudste sussie daar?"
Dogtertjie:" Nee oom, my oudste sussie is nie hier nie."
Man ( begin desperaat raak):" Is jou tweede oudste sussie daar?"
Dogtertjie:" Nee oom, sy is ook nie hier nie.
Man:" Oukei, gaggas-kakkas-poefies!"