Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Ou Bedeling Korrupsie

So., 07 Oktober 2001 18:33

Nou kan Yengeni glimlag want, so hoor ons, die ou bedeling was net so
korrup: Die Inligtingskandaal en Pietie du Plessis. Om nou 'n ordentlike
vergelyking te kan tref, kan die Afrikanerdom se Nuwe Heiliges my van die
volgende inligting vergewis?

Hoeveel politici in die ou bedeling van 48 jaar, beide in plaaslike rade en
die
Volksraad was verdink of aangekeer vir korrupsie?

Hoeveel Staatdienste het tot stilstand gekom weens gebrek aan fondse?

Hoeveel plaasslike dorp- en stadsrade was gedurende die 48 jaar van
Nasionale Party regering bankrot verklaar?

Hoeveel hospitale het gesluit weens gebrek aan fondse?

Hoeveel fondse wat vir kankernavorsing en later vir Vigs het net in die niet
verdwyn?

Hoeveel wapentransaksies was onder die toonbank deur afgehandel?

Hoeveel van die land se paaie en spoornetwerk het weens bankrotskap in duie
gestort?

Hoeveel plaasboere (Wit of Swart) was gedurende die 45 jaar vermoor? En
indien wel, hoeveel van die moordenaars het gerieflikheids onthalwe
"ontsnap"?

Hoeveel mense is koelbloedig vermoor in motor skakings, bankrowe en ander
geweldsmisdaad?

(Om te dink Hans Strijdom het geweier om 'n private telefoonoproep vanuit
die Uniegeboue
te maak sonder om daarvoor te betaal.)

Koeitjies & kalfies | 32 kommentare

Aanval op Afghanistan

So., 07 Oktober 2001 18:31

Blykbaar het dit nou begin - laat ons maar net hoop en bid dit is van korte
duur en suksesvol.
Die Nostradamus-aanhangers het die afgelope maand niks te voorspelle gehad
nie - maar ek is seker iemand gaan iets omtrent 7 /10 opdiep.
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.

Koeitjies & kalfies | 33 kommentare

Sensus

So., 07 Oktober 2001 04:27

Het die ou lot uit foute uit die verlede geleer?
Blykbaar is daar hierdie week alweer sensusopname - en al klaar word
eienaardige nuusberigte aan ons opgedis.
1) Die sensusopname gaan glo 650 miljoen rand kos - dit is wat oor die radio
te vertelle was en ek weet nie of dit net verkeerd gelees was nie - maar om
soveel te spandeer om 44 miljoen mense te tel klink vir my bietjie kokaaid -
iemand loop alweer met 'n klomp geld weg.
Ek sal laat weet of ek hierdie keer getel is.

2) Daar is glo kondome aan die sensusopnemers uitgedeel - die vraag kom net
by my op - hoekom?
Die mense word vir 'n week lank opgelei om vorms uit te deel - en nou word
daar kondome aan hulle gee? Het hulle enige idee wat sensusopname beteken? -
Of is daar nou 'n nuwe manier uitgevind om agter te kom of die mense die
waarheid praat?:)))
Annette

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

VERGELDING DIE RUG TOEGEKEER

Sa., 06 Oktober 2001 16:33

Interessante artikel oor wat op die 11 de gebeur het en
Amerikaanse 'patriotisme'.

http://www.news24.co.za/Die_Burger/Forum/0,4140,4-908_109045 8,00.html

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Aardkloppend

Sa., 06 Oktober 2001 05:55

Pas teruggekeer. Dit was my eerste besoek. Ek het dit geniet - ten spyte van
die feit dat die "goeie" goed uitverkoop was...
Wie was daar en julle kommentaar?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Op soek na 'n foto

Vr., 05 Oktober 2001 22:49

.... maar nie van waterblommetjies nie!!

Kan iemand dalk help? Ek soek 'n foto van die onvoltooide snelweg in
Kaapstad.

Baie dankie!!

Groete
Linus

lvan...@mweb.co.za

---
Outgoing mail is certified Virus Free.
Checked by AVG anti-virus system (http://www.grisoft.com).
Version: 6.0.282 / Virus Database: 150 - Release Date: 2001/09/26

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Of mice and men

Vr., 05 Oktober 2001 21:48

On Fri, 05 Oct 2001 19:43:14 GMT, Streepmuis
wrote:

> On Fri, 05 Oct 2001 22:33:09 +0200, Davie Davis
> wrote:
>
>> Hallo Anti, is Anti 'n suster van die Anti?
>
> Ek dink so, Davie. Maar hierdie Anti klink sommer baaaaie slim, en
> net miskien is sy bietjie gawer met ons?
>
> Terloops, hoekom wil jy nie meer 'n muisie wees nie? Moet ek nou ook
> weer terugkeer na my vorige vorm?
>> Hallo Anti, is Anti 'n suster van die Anti?
>

> Terloops, hoekom wil jy nie meer 'n muisie wees nie?
uh uh, die Davie een was net 'n skuilnaam vir die Veldmuis.

> Ek dink so, Davie. Maar hierdie Anti klink sommer baaaaie slim, en
> net miskien is sy bietjie gawer met ons?
Dink jy regtig dat 'n rofstoeier 'n baletdanseres vir 'n suster kan
hê?

> Ken jy al die verskillende tipe muise se name in Afrikaans?
Nee, maar wel kan ek dié formule uitwerk:
Ma Muis = Gestreepte Muis = Streepmuis

> Het jy ook geweet dat hier "rat and mouse shelters" is in Amerika waar
> mens dan ook muisies en rotte kan gaan aanneem? Jy moet vorms teken
> waarop jy plegtig belowe dat jou muis of rot nie slangkos sal word
> nie.

Huh? Jy moet jok want ek weet dat die Yankees heel deurmekaar
kan raak maar so erg!

Veldmuis

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Ferdi - ons wag

Vr., 05 Oktober 2001 15:10

Dat jy ons jou mening gee ivm met Tony Yengeni wat onder 'n wolk van 'n
goudgeel baadjie as Hoofsweep gister bedank het.
1) Dink jy hy was edel genoeg om dit vrywillig te doen?
2) Dink jy sy naam sal verewig word as die enigste hoofsweep ooit wat eers
voor die hof vir korrupsie, meineed en bedrog gedaag moes word, voordat hy
kon besef dat hy bietjie baie stout was?
3) Dink jy die ANC het eers met sy hofverskyning skielik besef het hulle het
'n baie stout seun in hulle midde?
Jy is mos die nuushond hier - wys ons wat jy kan doen.
Annette

Koeitjies & kalfies | 80 kommentare

Teekoekresep.

Vr., 05 Oktober 2001 05:16

Moenie verder lees as jy nie weet wat Marmite is of dit nie in die hande kan
kry nie.

6 Eetlepels meelblom, rondvol.
1/4 teelepel sout
1 desertlepel bakpoeier, gelyk.

Klits goed:
1 koppie melk
1 eier

2 eetlepels botter, sag gemaak.

Metode:
Meng alles saam en bak in 'n groterige pan teen 400F vir 20 minute.
Smeer koek warm met Marmite en strooi kaas oor.
Annette

.

Kos & resepte | 16 kommentare

Re: Pipes

Vr., 05 Oktober 2001 04:46

Vang 'n swaai op tarzantwak ....

"Davie Davis" skryf in boodskap news:m9kprtoah72st9o1nmjc92hbkmm8ofbuae@4ax.com...
> On Thu, 4 Oct 2001 21:43:08 +0200, "davidboshoff"
> wrote:
>
>> Any pipe smokers here? DavidB...@freemail.absa.co.za
>>
>
>
> More probably boomrokers
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    848  849  850  851  852  853  854  855  856  857  858  859  860  861  862  863    »]
Tyd nou: Do. Apr. 30 18:53:21 UTC 2026