Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Nog Caprivi Geskiedenis

Ma., 16 November 1998 00:00

Uit repub...@iafrica.com.na

Caprivi se stormagtige verlede
DIE vlamme wat nou in Caprivi opwel, is nie afkomstig van 'n veldbrand nie,
maar is 'n ou vuur wat gestook word.

Dit het reeds meer as honderd jaar gelede begin toe onderhandelinge tussen
Duitsland en Brittanje die deurslag gegee het en Caprivi deel van
Duits-Suidwes-Afrika geword het.

Om egter 'n beter perspektief van dié streek te kry wat die afgelope dae
weer in 'n kookpot verander het, moet die wysters na die 1800's teruggedraai
word.

Tussen die jare 1600 en 1870 is die Luyana-koninkryk met sy verskillende
groeperinge in die sentrale Zambezi-vallei gevestig. Die groeperinge het
gestrek van Kasane in Betsjoeanaland (Botswana) na die westelike deel van
Noord-Rhodesië (Zambië) tot in die huidige Caprivi. Die Luyana-koning,
Sebituane, is deur sy seun, Sekeletu, opgevolg.

Sekeletu was egter as 'n swak heerser beskou en die situasie is in 1871
uitgebuit toe sy koninkryk deur ene Liwanika van die Kololo-koninkryk
oorgeneem was. Die Sotho-groep het voor die Zoeloes uit Suid-Afrika gevlug
en van die begin af die verskillende groeperinge, onder meer die Masubia,
Mafwe, Mayeyi en Litunga, gedwing om een gemene taal, Lozi, te aanvaar.

"Die skakeling tussen Caprivi en 'n gedeelte van Zambië en Botswana is die
feit dat diegene nou almal Lozi as 'n algemene taal gebruik, hoewel elke
groep nog sy eie taal behou het," het die hoof van die departement
Geskiedenis aan die Universiteit van Namibië, prof. Mwelwa Musambachime,
gesê.

Dit was toevallig in daardie tyd dat die super-moondhede in Europa oor
grondgebied begin meeding het en wat in 1884-85 op die Berlynse konferensie
uitgeloop het. Volgens die boek Namibia in History waarvan die huidige
Minister van Finansies, mnr. Nangolo Mbumba, 'n medeskrywer is, het Europese
lande op hierdie konferensie bespreek op welke wyse hulle hul bedrywighede
in Afrika gaan voortsit. "Hulle het planne gesmee oor watter gedeelte van
Afrika deur watter Europese land beset sal word."

Op 30 Desember 1886 is 'n ooreenkoms aangegaan waarvolgens Duitsland oor
Duits-Wes-Afrika sal heers. (die lot van die huidige Caprivi het egter eers
vier jaar later onder die soeklig gekom). Op dieselfde konferensie is
Betsjoeanaland onder Britse heerskappy geplaas.

Hoewel Caprivi reeds in 1890 na die Duitse kanselier, Georg Leo von Caprivi
Di Caprara Di Montecuccoli, vernoem is, is die transaksie tussen Duitsland
en Brittanje om dié gedeelte af te staan eers in 1893 beklink. "Dit is so
dat die huidige Caprivi eers later deel van Duits-Wes-Afrika geword het toe
Brittanje die strook aan Duitsland afgestaan het," het prof. Musambachime
bevestig.

Die oorspronklike naam van die streek was Caprivi Zipfel, wat verwys na die
dun landstrook wat aan Botswana, Zambië, Zimbabwe en Namibië grens. Met die
teenwoordigheid van die Duitse heerskappy in Duits-Wes-Afrika, was dit
makliker om Brittanje te oortuig om dié strook ook aan Duitsland af te
staan. "In hul onderhandelinge met die Britte het die Duitsers ook die
Caprivi-strook bekom sodat dit Duits-Wes-Afrika met die Zambezi-rivier kan
verbind," volgens Namibia in History. Die ooreenkoms het dié grondgebied wat
soos 'n vinger tot in die hartland van Afrika strek, afgestaan in ruil vir
grond waarop onder meer met beeste geboer kon word.

Die beweegrede om die Zambezi-rivier te bekom, was egter ook gekoppel aan
die doel van die Duitse regering om 'n skakel tussen Duits-Wes-Afrika en
Duits-Oos-Afrika te bewerkstellig. Volgens die Namibia Handbook deur
Sebastian Ballard was verdere oorweginge om die Zambezi-rivier as 'n
vervoerroete na die see te gebruik, terwyl die bykomende water van die
rivier as lewensmiddel vir die inwoners van Duits-Wes-Afrika belangrik sou
wees.

Die eerste Duitse inwoner in Caprivi was kaptein Kurt Streitwolf wat hom in
1906 in die gebied gevestig het. Hy was ook vir die opstel van die eerste
landkaart van Caprivi verantwoordelik. Toe Duitsers hulle in Caprivi begin
vestig, het Letia, die seun en verteenwoordiger van die Barotse-koning,
Liwanika, met sy onderdane oor die rivier na Noord-Rhodesië (Zambië) onder
Britse heerskappy teruggetrek. Dié groep is vandag steeds in Wes-Zambië
gevestig. Die res van die inwoners het in Caprivi agtergebly, onderworpe aan
die Barotse-groep wat in die noordelike Caprivi-strook gewoon het.

Die inwoners van Caprivi was egter nooit in hierdie onderhandelingsproses
geken nie, min wetende dat dit nie die einde van hul lot was nie.

In 1914, gedurende die Eerste Wêreldoorlog, het Rhodesiese troepe Caprivi
oorgeneem. Dié strook is tot 1920 onder die beheer van Betsjoeanaland
geplaas toe die Volkerebond anders besluit het. Dié organisasie het besluit
dat die Unie van Suid-Afrika as mandaathouer van Suidwes-Afrika, ook vir
Caprivi verantwoordelik sal wees. Re�lings moes egter eers met
Betsjoeanaland getref word sodat die Unie van Suid-Afrika Caprivi kon
administreer, hierdie reëling wat van krag gebly het tot 1933 toe
Suid-Afrika beheer oor dié strook oorgeneem het.

Met die koms van die koloniale magte in Caprivi het die verskillende stamme
om erkenning begin wedywer ten einde die beste geleenthede vir die stamhoof
en sy onderdane te beding. "Hierdie wedywering gaan steeds voort. Die stamme
in Caprivi kompeteer nog steeds om erkenning deur die huidige Regering sodat
die een stam kan sê dat hul leier die belangrikste in die streek is," sê
prof. Musambachime.

Politiek het uiteraard 'n groot rol in die wedywering om status tussen
stamme gespeel. Die eerste politieke party wat in Caprivi in 1963 op die
been gebring was, was die Caprivi National Union (Canu) onder leierskap van
Brendan Simbwaye. Dieselfde jaar het dié party in die destydse Wetgewende
Vergadering onder Suid-Afrikaanse beheer dit duidelik gestel dat hulle teen
die gedagte is dat Caprivi van die res van Suidwes-Afrika afstig. Die party
het in 1964 by Swapo aangesluit en mnr. Mishake Muyongo het Canu in die
Swapo hiërargie as vise-president verteenwoordig. Ondanks Canu se vroeëre
uitlatinge oor afstigting, hou mnr. Muyongo vol dat een van die voorwaardes
met die aansluiting van Canu by Swapo was dat die afstigting van Caprivi
weer ondersoek sou word sodra Namibië sy onafhanklikheid verkry het.
Alhoewel dit ten sterkste deur Swapo ontken word, is dit duidelik dat die
saadjie van afstigting reeds in die jare sestig geplant is.

Ná onafhanklikwording het politiekery die stamtwiste in Caprivi aangewakker
met sommige stamme wat Swapo ondersteun het terwyl ander weer ondersteuners
van die DTA is. Dit het verskeie kere daartoe aanleiding gegee dat geweld in
die streek uitgebreek het.

Intussen het Namibië ook met Botswana in 'n grensgeskil oor die eilande
tussen die twee lande betrokke geraak, 'n geskil wat steeds nie opgelos is
nie. Daarbenewens het die gedagte van afstigting vroeër vanjaar weer begin
wortel skiet. Dit het uiteindelik daartoe gelei het dat mnr. Muyongo sowel
as die opperhoof van die Mafwe-stam en al sy khuta-lede deel van die groep
was wat na Botswana gevlug het en om beskerming by daardie regering aansoek
gedoen het. Volgens prof. Musambachime kan 'n opperhoof vir die Mafwe-stam
nie aangewys word nie solank as hoofman Boniface Mamili lewe nie, maar
iemand mag wel aangewys word om die stam se sake in die tussentyd te
hanteer.

Bespiegelinge doen nou die ronde dat die rivierpolitiek tussen Namibië en
Botswana, met die uitgewekenes uit Caprivi, dalk weer kan terugkeer na die
1890-onderhandelingsproses. Wat egter hier in ag geneem behoort te word, is
die wil van die inwoners van hierdie streek wat dekades lank reeds aan
verskeie heerskappye onderworpe was.

Die Republikein 16 Nov 1998

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Liewe Hennerie

Ma., 16 November 1998 00:00

Oom het ok mar nie so mooi na die spelling van jou naam opgeletie maar nou
het oom mooi gekyk en die oom sal onthou. Ons het ok moeilikheid met die
famielie en name gehad - my pa en ma het gedink ek sou die enigste wees en
toe kry ek die eerste name van die oupas weerskante toe. Later jare het ek
mar gehoor so na die testamente gelees is dat dit 'n neukery afgegee het.
Dis seker hoekom ek bokkerol by my oupas ge-erf het ok. En nou dat ons die
famieliesakies reg gesorteer het, kan ons weer oor die meer ernstige dinge
gesels......

Nee man, miskien het ek nie duidlik genoeg gepraat nie. Oom Piet het 'n
bokkerop gemaak toe hy skiet en onthou, die Lemetford was ok al goed
uitgeskiet. Maar oom Piet was okkie 'n ou wat maklik geluister hettie.
Toe los hy die Lemotford innie Dodge want hy reken toe mos hys mans genoeg
virrie gensbok met net sy Josef Rogers. My pa het darem al iets van
gensbokke geweet . Is die wat hy vir oom Piet iets van gatte sien geskree
het maar toe het die gensbok al klaar vir oom Piet met die horings gewaai.
Is wat my pa toe die Lemetford gryp ennie die gensbok blaker.

Darie storie vannie leeu in die kômas is waar- ek onthou hom. Ok maar
snaaks waar die ongediertes oral na beeste loop en soek. Tot ver bokant
Terracebaai het fôna en flôra leeuspore oppie strand gekry ennit wassie
honnert jaar nie toet hulle vir ta gesien ok. Mar gelukkig virrie leeu
boer niemand daar met bees nie toe los hulle hom uit. Ek praat maar van
fôna en flôra hulle solat jy kan verstaan van wie ek praat want hulle het
besluit hulle hou nie van meisiename nie en nou is alles onder ministries
verdeel.

Pertykeer as ek met die ou Land Rover paaltjies toe gaan om ietsie vir die
pan te kry, gebeur dit dat ek springbokke binne 100 tree van die strand af
raakloop en mens kan springbokke, gensbokke, volstuise en wille donkies nie
ver vannie dorp af nie in die Kuiseb se loop sien. Mar nou is die dorp
se mense die moer in virrie ouens op hulle kwat baaiks wat loop nonsies
aanjaag met die wildjies daar waar die ministrie se mense hulle nie kan
bykom nie..en wat spore innie woestyn en duine trap warie wind dit nie so
gou sal toewaai nie.

Hier was glo 'n klompie langhare wat berigte skrywe. Nou is daar so baie
tydskrifte al in die boekwinkel mens raak skoon dronk van al die name. Lyk
ok vir my daar is glad al 'n spesiale tydskrif vir die bankrowers - iets te
doene met karre en soos ons in die bankroof films hoor, glo oor getaway
karre. Nou, dis darie oues wat glo 'n paar dae hier kom kuier het en toe
virrie hele wêreld loop te vertel het ons waai toe onner die sand omlat ons
glo neuk met die ondergrondse watertjies. Vreeslik tegnies en oom
verstaan ookie altyd wat hulle praat nie maar ek weet dat my ou vriend naby
Hochfeldt se grondwatertjies baie verbeter het nadat hy 'n boeldoser gekoop
het en damwalle oor al die spruitjies gemaak het. Nou loop die watertjies
nie meer weg nie en daars sommer ook nog baie meer wildjies op sy plaas.
Miskien werk dit so in die woestyn ook.

Jare gelede net na die groot oorlog het 'n sekere godsdienstige groepie hier
voorspel dat Walvisbaai deur die see oorstroom sal word omdat daar so 'n
snaakse skip hier in die hawe gewerk het. Die skip het glo die hawe dieper
gemaak maar het ook hirrie mense so bang gemaak dat hulle dat hulle almal,
lok, stok en bêrrel hulle werk by die railways gelos het en weggetrek het.
Hulle is vandag nog weg en dis rerig al wat gebeur het.
Miskien is darie rowertydskrif se mense ok maar so verkeerd.

Mar wat ek jou ok wil vertel nog van die jagtery in die ou dae met gewere
wat uitgeskiet is en die min patrone, is dat dit die ouens geleer het hoe om
te bekruip of anner planne te maak.

Die hardste wat my pa my nog geklap het in die jagveld was juis oor so 'n
koedoebul wat gaan staan kopskud het toe hy moes stilgelê het. My oom was
op 'n plaas in Kalkfeld se wêreld en sy ou geweer was 'n pie fortien - jy
onthou mos nog die pie fortien ?? Was maar net 'n Lemetford met 'n moerse
lang loop. Ewenwel, my oom s'n was ook spesiaal want as mens die
skoonmaakborsel deur sy loop gedruk het, kon mens duidelik voel in die
middel van die loop het die Ingelse 'n ekstra kamer ingebou - die borsel het
sommer so deur daardie deel geval. Met daardie pie fortien moes mens nader
as 100 tree aan iets wees om dit enigsins raak te skiet. Ons het hom later
goed geken - op 100 tree het mens so ses voet regs gemik dan kom jy
naastenby op die kol uit en die hoogte was altyd daren binne 'n voet reg.

Ry toe een mirrag oor na die bure toe - dis nou my oom en my pa voor in die
Fargo bakkie en ek ek my oom se mak bojaan agterop. Sal jou nog eendag van
die bojaan ook 'n ding vertel. Ek moes hekke oopmaak, pa het met die pie
fortien gesit, my oom het bestuur en die bojaan het net vir sy plesier
saamgeneuk. Okkie ver nie of hiers 'n koedoebul sommer teenaan die
plaaspad.maar pa het seker nie genoeg toegelaat met die regs mikkery nie en
hy blits toe die koedoe deur die nek. Nou, het jy al gesien hoe slaat 'n
ding neer met 'n kamskoot ? Pa en my oom roer toe hulle litte om vinnig te
kan bykom vir die keelafsny anners staan die koedoe weer op.

Ek onthou nog hoe my oom vir pa sê , Ouboet, trap jy sy horings vas dan sny
ek. Nou was my pa okkie veel dikker as 'n voorslagriempie nie maar hulle
trek die koedoe se kop agtertoe en pa trap vas. En toe gebeur baie goed
tegelyk. My oom begin sny, die koedoe word wakker, die koedoe staan op,
met die opstaan skud hy sy kop, pa trek deur die lug, die koedoe vertrek, en
'n haaknsteek breek darem pa se landing. Vanwaar ek gestaan het, het pa
gelyk soos 'n karakoelvelletjie wat op 'n sakraam droogword - dis nou toe hy
so deur die lug trek. En daar sit pa toe vas in die haaknsteek - sy voete
was nie eens oppie grond nie.

En toe begin my oom te lag en ek dog toe dis orraait om saam te lag want dit
was vreeslik snaaks. Maar pa het nie so gedink nie en ons het net sy
regterarm losgekry toe blits hy my teen die oor. Dit was vir my vreeslik
onregverdig want my oom het tweekeer meer gelag as ek en hoekom blits pa hom
nie ook nie ? Seker die beste part van 'n kwartier geneem om pa uit die
bos te kry. Eers twintig jaar later het pa begin saamlag.

Die koedoe. Ja ons het hom toe so twee honnert tree daarvandaan gekry.
My oom se Josef Rogers was vlymskerp en hyt gelukkig die slagaar afgesny met
die haal of twee wat hy ingekry het.

Maar oom moet nou gaan slaap. Ek kan nie die heel nag met julle jongspan
sit en ginnegaap nie, Ek en die tante wil more gaan kyk of die vroëe
kabeljoutjies nie al daar anderkant Wlodtskabaken aangekom het nie.

Baie groete van oompie Hans

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Did We Do Enough.. you be the judge of that!

Ma., 16 November 1998 00:00

On 15 Nov 1998 03:30:15 -0000, Secret Squirrel
said the following:
|Food was always a good one ... remember those big red cheeses!! Scale one of those, 10 rump steaks, 12 eggs, 10 litres of milk plus all the required cooking utensils and you could have quite a good party with that. Of course you would simply throw away all the equipment and evidence afterward.
|
|Sometimes you would accidently slip the vehicle into reverse when you were still travelling forward, and with a bit of luck would hear a deep crunching sound which would signify "End of Game" like some motorised pinball machine.
|
|Camps were a bit of a hoot too. I remember doing a harbour camp for a month and continuing to eat at the naval mess for 2 months afterward. Ag man .. It's just that I enjoyed the life so much!
|
and the only people who sufferred from your actions were the tax
payers of the time. Bahalwe as jy nou 'n briefie vir oom PW geskryf
het en vir hom gesê het: "Wh�, ek het tog jou regering ekstra geld
gekos!"

I think you effort was completely wasted....
Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

foto's

So., 15 November 1998 00:00

In een diskussie die Thorsten momenteel op een andere nuusgroep voert haalde
hij het verschil tussen Engels aan Duits aan bij het maken/nemen van foto's;
ein Foto machen, to take a picture. Het leuke vind ik dat ik in het
Nederlands beide kan gebruiken. Is dat in het Afrikaans ook zo?

"Ek neem 'n foto van my fiets"="Ek maak 'n foto van my fiets"???

Misschien spreken jullie wel helemaal niet van "'n foto". Het viel me al op
dat jullie het woord "fliek" voor film gebruiken, hebben jullie ook zo'n
mooi woord voor een foto? Hier spreken we nog wel eens van een "kiekje"
(meneer Kiek was een Leids studentenfotograaf), maar dat woord is 'n beetje
in onbruik aan het geraken.

Groeten,
Arthur

Koeitjies & kalfies | 34 kommentare

Re: foto's

So., 15 November 1998 00:00

Thorsten writes:

Dink jy ook dat jou moedertaal
> jou mentaliteit beïnvloed? Die twee Amerikaners het nie meer geantwoord nie, is
> my siening van die dinge so gek,
of was dit net te veel vir hul verstand? :-)

Hoekom verduidelik jy nie jou teorie
op hierdie nuusgroep en sien wat die
lede van die nuusgroep daarvan dink
nie. Begin om te verduidelik hoe jy
dink jou moedertaal jou mentaliteit
beinvloed het? Ek wonder of dit sal
strook met my teorie (ontwikkel hier
in Noord-Amerika) dat 'n mens kan
sien van waar in Europa mense vandaan
kom, hoe hulle te werk gaan om hulle-
self by eerste ontmoeting hier aan die
ander persoon te presenteer.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

briefie vir oom hans

So., 15 November 1998 00:00

dag oom hans,

ek is so bly iemand het darem vir my geskryf. wys jou net alle
grootmense issie lelik met kinners nie. ma' oom, oom moet my
nooit weer hennerik noem nie. ek laaik daai naam niks. dit was my
oumagrootjie se broer se naam, en my pa hulle was so baie kinners,
toe hy gebore is, was al die familie name op, toe noem hulle hom
na sy ouma se broer. ma' sy ma hulle het geskiem hulle is grend,
toe noem hulle hom henri, glo nogal 'n franse spelling. toe kry ek
die naam, nou neuk mense om te dink my naam is hennerik. dis amper
so erg as wanneer hulle hom spel soos daai engelse koning wat al sy
vrouens vermoor het sin. asseblief oom.

oom het 'n mooi storie vertel. ek is bly daai oom het nie sy juwele
verloor nie, want my pa sê armoede is 'n swaar ding. hy sê dis nie so
erg soos kommengeit nie. ek verstaan net nie mooi nie, oom, het die
anner oom die gemsbok in die kop geskiet, of vir die oom wat amper sy
juwele verloor het. anners het hy die skoot hoog deur gehad.

oom div wat saam met my pa werk, het ook in suidwes gaan jag toe hy nog
geleer het. by oom billie in die kômas hogland. oom billie werk nou op
swakop, dalk ken oom hom. toe skiet hy 'n koedoe se rug af, toe dink hy
hy is braaf, en stap na daai koedoe toe en vat sy horings vas. toe die
koedoe sy kop knik, toe sit oom div doer op sy gat.

op daai einste trip kom oom div in die nag in die kômas hogland aan. toe
sien hy 'n leeu wyfie in die pad loop. toe hy dit vir die mense vertel,
toe lag hulle hulle vrek, want wie het nou al 'n leeu in die kômas hogland
gesien. seker 'n rooikat gewees, dom stadsjapie. oralster waar hulle in
suidwes kom, oom weet mos hoe ver ry die mense daar om 'n boom te kry om
onner vleis te braai, word die storie vertel. dan lag almal vir die dom
stadsjapie. toe dit al amper eksamen tyd is, toe bel hulle om te sê fôna
en flora het die leeu geskiet wat so beeste gevang het in die kômas
hogland. almal het gedink dis 'n tier. askies.

ek laaik suidwes, oom, daar is baie stories daar. net jammer daar is jaar
in en jaar yt moeilikheid met terroriste.

my pa sê hyt gelees die namib is besig om walvisbaai te begrawe, oorlat die
mense aanhou damme bou in die riviere. wat is die storie oom. miskien moet
oom oom se hys bo op dyn sewe gaan bou, nie eers die namib kan so hoog by
kom nie. dan kan oom elke dag sit en kyk hoe die tryn verby kom, net om weer
om te draai, want dit sallie help om die roomkanne net daar in die sand af te
laai as daar nie meer 'n dorp is nie.

koebaai oom

hennerietjie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

re:leeuwen .....

Sa., 14 November 1998 00:00

Hi bokkie,

natuurlik word er mensen opgevreten door leeuwen.
De 'mensen' komen over de grens van mozambiek en weten niet
of ze de andere kant haalt.
het vind plaats in de kruger wildtuin.
niemand weet hoeveel er nog opgevreten worden.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Die Swart Stad" deur BREYTEN BREYTENBACH

Sa., 14 November 1998 00:00

DIE SWART STAD
Breyten Breytenbach

weer jou veral teen die bitterheid, swart kind,
dit, en dat jy nie mag droom nie;
sorg dat jy nie verstik in rooi oë - gevis in slopemmer,
dat jou liggaam nie dik en galsterig word van die gal
wat pal deur jou fosfor-are gaan stoot
(tussen lyf en lyk dryf maar net twee letters sonder o);
knip en kam liewer gereeld jou papajaboom
en onthou die wolke tree op ook vir jou
en rotte eet vullis

ek wil onthou van 'n swart stad, swart kind
waar ook jy aan die somber lig swel;
seemeeue dans soos rooi ballonne bo die strand,
jy kan ook lag en ook uitbundig,
ook die water streel en dorpe sand bou
ook op en af hardloop langs honderde grappe

waak veral teen die slymerige swart papaja
van bitterheid, swart kind -
hy wat daarvan eet sterf op bajonette
en in biblioteke,
sterf alleen in die mond

kyk, oor die see gaan die son gebore word
en die son het 'n regterhand en 'n linkerhand
en hy sal bruin wees,
so warm en so bruin soos die kieliekele van hane

(Lourenco Marques)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Prestasie: Vebruik van Onvervangbare Hulpbronne?

Sa., 14 November 1998 00:00

Uit een van Leendert se onlangse bydraes:

[Verwysend na Noord Amerika]... "'n omgewing waar prestasie gemeet word aan
die tempo waarteen 'n
mens onvervangbare hulpbronne kan verbruik".

Is dit wat jy bedoel het om te se? Indien so, dink jy nie dit is 'n growwe
veralgemening nie?

Moenie my verkeerd verstaan nie. Daar is geen twyfel oor die statistieke
nie - hierdie kontinent van oorvloed verbruik baie meer (per kapita) van
amper enigiets as enige ander plek op aarde. (Met die moontlike uitsondering
van biltong en Castle lager.) . Dit is nie my punt nie.

Die verbruik van hulpbronne, goedere en dienste (oordadig of nie) is die
gevolg van die relatiewe welstand van die gemiddelde Noord-Amerikaner, nie
die doel nie. Die welstand is die gevolg van produktiwiteit, en harde
werk (die gemiddelde jaarlikse vakansie is slegs omtrent twee weke).

Jy sal bekend wees met die idee van "conspicuous consumption". Daar is
natuurlik mense hier wat hulle skuldig maak aan verbruik vir verbruik se
onthalwe. (Net soos daar in Suid-Afrika van die soort vermorsers is; dit
grief my net nog meer in SA omdat dit gedoen word teen die agtergrond van 'n
arm massa.)

Dit is egter 'n growwe veralgemening, en misleidend, en selfs 'n aanduiding
van onkunde oor Noord-Amerika, om hierdie omgewing in die algemeen te
beskryf soos hierbo aangehaal. Die hele NA is nie lyk nie soos Beverley
Hills nie, en ek glo dat die meerderheid van mense hier nie noodwendig
lewenswaardes gebaseer op vermorsing onderskryf nie.

My ondervinding met die mense in my omgewing (wes Kanada) is dat mense baie
bewus is van die natuur en hulle inpak daarop. (Die radikale vernadering van
seisoen tot seisoen, en die "onderdanigheid" van die mens teenoor moeder
natuur - wat in die winter die vermoe het om 'n onvoorbereide persoon binne
minute dood te maak - het daarmee te doen. Meer daaroor in 'n ander bydrae.)
Die meeste mense hier spandeer baie tyd in somer met kampering, fietsry,
visvang en die tipe van ding, en in die winter met ski. Nasionale en
provinsiale parke word teen ontwikkeling beskerm, en meer en meer grond word
daarvoor beskikbaar gestel. (British Columbia het 498 provinsiale parke.)

Ek neem waar dat baie mense hier hulle vullis sorgvuldig sorteer (papier,
glas, plastiek) en dan "recylcle". (Doen jy dit?) Baie mense, selfs welaf
(relatief gesproke) mense hier gee kinderklere, speelgoed en dies meer aan
vir vriende met jonger kinders om verdere verbruik te voorkom. Hier is 'n
goedontwikkelde internetsisteem om tweedehandse goedere (lettterlik
enigiets) te koop en verkoop.

Daar is geen twyfel dat hier baie verbruik, en baie vermosing is nie. Maar
dit word slegs as 'n prestasie-kriterium gesien deur 'n klein, en glo ek, 'n
kleinerwordende persentasie van mense. Ek is ook nie besig om te se dat hier
is minder verbruik of vermorsing as in, byvoorbeeld, SA nie.

Ek se wel dat jou stelling oor die prestasie-meting basies snert is.

Tot later,

Bees -
Kanadese vleuel
Ruimteskip Aarde

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Varkgedrag (was: Normale gedrag)

Vr., 13 November 1998 00:00

@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
> Die duiwel se naam was Mandela. Sy werkmetode was moord,
>> verminking en doodslag. Plofstof, pangas en opruiende retoriek was sy
>> instrumente.
>
> Die arme man was in die tronk op
> Robbeneiland na 1964, onthou.

Die "arme man" was in die tronk weens die dade wat hierbo genoem word. Dit
is waarom Amnesty International hom nooit in die kategorie van "prisoner of
conscience" geplaas het nie ten spyte van geweldige druk wat van tyd tot tyd
op hulle geplaas is om dit te doen - hulle moet nou nog steeds by
geleentheid please explain waarom hulle dit geweier het..
>
>
> Ondanks die vele onaanvaarbare dinge wat gedoen is, is ek
>> oortuig daarvan dat, as dit nie vir Verwoerd en kie was nie,
> ons nou in 'n
>> veel erger toestand sou wees
>
> Kan jy asseblief bostaande
> stelling verduidelik Sien onder.
>
>
>> Ek herhaal wat ek al tevore hier gesê het: die NSA is vir my
> 'n veel beter
>> plek as die ou Suid-Afrika, ondanks die vele
> onaanvaarbare dinge wat nou
>> gebeur. Dit beteken egter nie dat ek reken
> dat daar in die ou Suid-Afrika
>> wesenlike alternatiewe was vir die beleidsrigtings
> wat gevolg is nie. Ek is
>> oortuig dat enige van die alternatiewe sou
> gelei het tot veel erger as wat
>> wel gebeur het, en dat ons nou in veel
> erger omstandighede sou wees.
>
> Verduidelik asseblief.

Sien onder.

>>
>> Ek kan sê dat ek daarvan oortuig is omdat ek,
> soos baie ander mense, deur
>> die jare konsekwent gesoek het na
> alternatiewe wat groter geregtigheid vir
>> almal sou bring. Ek glo dat die transformasie
> na die nuwe Suid-Afrika nie
>> moontlik was op enige tydstip vroeër as
> wat dit wel gebeur het nie.
>>
>> Om die waarheid te sê, ek is oortuig dat
> dit die ou Suid-Afrika is, met sy
>> gruwels en
>> al, wat die nuwe een enigsins moontlik
> gemaak het.
>
>
> Natuurlik. Die gruwels van apartheid
> het naderhand so tot die hemel geskree
> dat dit 'n cause celebre geword het,
> en ons hier in die buiteland ons koppe
> in skaamte moes laat hang.

Nee. Die cuase celebre was in belangrike mate 'n skepping van
mense soos jy. Noem, byvoorbeeld, die name van predikante wat "apartheid"
van die preekstoel af aan die algemene lidmaat verkondig het. Of is dit nog
een van die honderde urban legends oor apartheid wat die wêreld vir die
waarheid opslurp?

Die mees gruwelike dinge wat wel gebeur het, het gebeur in die laaste
vyftien jaar - toe daar 'n volskaalse oorlog aan die gang was. Dit is 'n
algemeen
bekende feit dat oorlog omstandighede skep vir gruwels - dit kan jy bevestig
van Katinwoud tot My Lai tot Kossovo.

Skeltaal soos joune en leuenagtige "ikone" soos die een hierbo wat jy so
ywerig verkondig blaas die oorlogpsigose aan.

> Dis danksy
> die apartheidsvarke dat vryheidsvegters
> die oorhand kon kry en nou regeer. Die
> alternatief moes gewees het - die skandaal
> van apartheid moes nooit bestaan het nie,
> en die land moes deur 'n stadige ordelike
> ewolusie na groter demokrasie beweeg het.

Jou laaste sin hierbo is die antwoord op jou vrae boontoe. Jy sê dat "die
land moes deur 'n stadige ordelike ewolusie na groter demokrasie beweeg
het".

Hernman Gilliomee (wie se reputasie vir teenstand teen apartheid onkreukbaar
is) het al herhaaldelik verduidelik dat die "fond wishes" wat jy hierbo
uitspreek 'n baie onwaarskynlike alternatief was vir dit wat wel gebeur het.
Hy gee sy eie redes daarvoor, gebasseer op die beleidsrigtings wat die ANC
in daardie tyd voorgestaan het, sowel as die geweldige druk wat
soviet-ekspansionisme in hierdie wêrelddeel veroorsaak het - jy sien, albei
van hulle het _revolusie_ as basiese uitgangspunt gehad, en nie ewolusie
nie.

Maar kom ons laat Gilliomee se analises 'n oomblik links en kyk meer
oppervlakkig na die moontlikhede vir 'n ewolusionêre ontwikkeling en
sosio-ekonomiese sukses in die Afrika van die afgelope vyftig jaar, as
speelplek van die groot moondhede:

1) Ethiopië, met die uitsondering van 'n paar jaar okkupasie deur Italië
onder Mossulini, is die engiste Afrikaland wat nooit gekolonialiseer is nie.
Dit het 'n geskrewe geskiedenis en 'n gevorderde beskawing van duisende jare
wat in hierdie tyd die slagoffer was van revolusie. Ethiopië het, in die
laaste stuiptrekkings van die koue oorlog die simbool geword van oorlog,
ethnic cleansing, en hongersnood. Die Joodse gemeenskap van Ethiopië was
duisende jare oud, en etnies volkome ge-assimileer met die
Afrika-gemeenskappe tot so 'n mate dat hulle selfs geneties nie
onderskeibaar is nie. Daardie gemeenskap het die slagoffer geword van
revolusie. Dit wat daarvan oor is is nou in Israel. Die kultuurskatte van
die Ethiopiërs is in die afgelope twintig jaar versprei oor die wêreld. Ek
was in die laat sewentigs op 'n skip wat in _Wes_ -Afrika 'n handelaar met
sy vrag eeue-oue ge-illumineerde Ethiopiese Koptiese Bybels aanboord geneem
het.

2) Liberië was sedert die begin van hierdie eeu onafhanklik, onder beheer
van teruggekeerde "afro-americans", skatryk aan olie en met 'n
gesofistikeerde ekonomie. Die perfekte scenario vir ewolusionêre
ontwikkeling. Gaan kyk maar na die toestand waarin die koue oorlog Liberië
gelaat het.

3) 'n Vroeë implementering van Ubuntu was Nyerere se Ujamaa. Dit was Ubuntu
in die dampkring van Mao se idees oor revolusie. Gaan kyk gerus wat die
effek was op die produksie van voedsel en op die hele ekonomie van Tanzanië.
Dit was die ekonomiese beleidsrigtings wat die ANC in die 50's en 60's in SA
wou implementeer.

4) Botswana word allerweë voorgehou as die _een_ Afrikaland wat stabiliteit
en relatiewe ekonomiese welvaart bereik het en hierdie tyd. Botswana is ook
die enigste Afrikaland van redelike omvang wat oor 'n homogene bevolking en
kultuur beskik. Die land is ook feitlik volledig beset deur die Britte en
die Amerikaners om hulle veilig aan die "regte kant" van die koue oorlog te
hou. Daarbenewens is die Tswana bekend vir hul relatiewe vredeliewendheid en
verdraagsaamheid (hulle spog self daarmee). Daar was geen beduidende
ontevrede minderhede wat deur die ander kant in die koue oorlog uitgebuit
kon word nie.

5) Mugabe se revolusie net Noord van ons het sy land, na sy eie opisodes van
ethnic cleansing waarin tienduisende vermoor is, gebring tot die punt waar
waarnemers verwag dat dit enige oomblik in duie kan stort. Kommentators
waarsku teen die golf vlugtelinge wat reeds besig is om SA uit Zimbabwe te
bedreig.

6) Mens kan aangaan, en aangaan. Ons hoef nie eens te praat van die
Amin's die Bokassa's en die laaste kêrel in die Congo nie (wat was sy naam
nou weer?)

Nee, Gloudina. Afrika in die afgelope fyftig jaar was geen gunstige
teelaarde vir ewolusionêre verandering nie. Revolusies van elke soort,
ywerig gestook deur die groot moondhede vir hul eie doeleindes, was aan die
orde van die dag.
Maar kom ons kyk na die optrede van die ANC-regering in SA sedert 1990.
Onthou, dis nadat hulle reeds hul groot steunbasis in die soviet-unie
verloor het:

Ek het in 1992 nog by 'n konverensie na 'n toespraak van Harold Wolpe
geluister (Harold Wolpe, onthou, Mandela se groot pel uit Rivonia - een van
die wat weggekom het) waarin hy hartstogtelik gepleit het dat die klassieke
revolusionêre beleid gevolg moet word - alle ou strukture moet tot in die
grond afgebreek word, anders kan die nuwe nooit ontstaan nie. Hy het verwys
na universiteite. Dit was dieselfde goed wat hy in die vyftigerjare gepreek
het. Kan jy jou voorstel hoe hy dit sou kon implementeer met die steun van
Chroestoff?

Dit is algemeen bekend dat die ANC eers in ongeveer 1993 afgesien het van
die Ujamaa-tipe revolusionêre sosialisme - en die enigste rede waarom hulle
dit gedoen het was enersyds omdat hulle nie meer 'n sosialistiese
soviet-unie as borge gehad het nie en andersyds omdat die Wêreldbank, die
IMF, en waarskynlik ook Jesse Jackson dit vir hulle duidelik gemaak het dat
hulle geen steun sou kon verwag as hulle so aangaan nie.

Onder die ANC het die SA arbeidsmag verander tot een van die duurste in die
wêreld - weens die arbeidsbeleid wat hulle implementeer. Die Duitse kamer
van koophandel het verlede week vir Mbeki verduidelik dat hy beleggings uit
die buiteland op sy maag kan skryf as dit nie verander nie. Net 'n maand of
wat tevore het die Amrekiaanse kamer van koophandel dieselfde gesê. Mbeki
het 'n tantrum gegooi en die media blameer. Maar die arbeidsbeleid wat hulle
nou volg is 'n vulletjie teen dit waarvoor hulle in die vyftigerjare gestaak
het. Maar in die vyftigerjare sou hulle nie omgegee het nie, want die
soviet-unie sou die mees drastiese gevolge van 'n vervalle ekonomie vir
hulle met salfies help verberg het, soos hy dekades lank vir Kuba gedoen
het. Soos Kuba, sou ons nou met die gevolge (en die massiewe bevolking van
vlugtelinge in die VSA) gekonfronteer gewees het.

Mandela, "die arme man" wat weens sy geweldsmisdade in die tronk geland het,
lieg openlik onder eed in 'n hof oor 'n _SPORT_ -aangeleentheid. Maar mense
soos jy glo die mooi praatjies van mensliewendheid wat hy in die vyftigs
gemaak het terwyl hy besig was om sabotasie en terreur te saai.

In 1998 stel die ANC 'n uitsaaibeleid voor wat die bedryf van 'n radiostasie
onmoontlik sou maak vir enige groep met 'n bepaalde standpunt. Swart
joernaliste word deur Mandela en Mbeki self as verraaiers uitgekryt wat
gatkruip by die wit base wanneer hulle die ANC regering kritiseer. Die
Sekretaris-Generaal van die ANC verseker ons dat die Sunday Times se
redaksionele beleid meer aanvaarbaar vir die ANC sal word as die nuwe wet op
"billike indiensneming" eers begin byt. Hoe dink jy sou dit in die 50's en
60's gegaan het as die ANC toe hierdie beleid kom implementeer in 'n wêreld
waar staatsbeheerd oor alle media die norm was van die groot borge van die
ANC. Op 'n kontinent waar staatsbeheer oor alle media vandag nog die norm is
as mens die verslae van organisasies vir persvryheid lees?

Die ANC sentraliseer regeringsgesag hand oor hand, en nou ook op die vlak
van plaaslike regering wat gesentraliseer moet word tot "megastede". Die
inspraak van burgers en aanspreekliklheid van amptenare word daardeur
feitlik vernietig - veral as die burger nie 'n ondersteuner van die
meerderheidsparty is nie. Kan jy jou voorstel hoe dit sou gaan onder die
tutelage van die sentralistiese soviet-unie?

Sedert 1994 het die ANC tienduisende onderwysers afgedank, en daar kom nog.
Hulle het tientalle onderwyskolleges gesluit, en daar kom nog. Hul
onderwysbeleid is deur Allister Sparks beskryf as 'n erger skending van
menseregte as wat Bantu Education ooit was. Hoekom? Ek verstaan dit
eenvoudig nie. Nadat hulle vir dekades jermiades oor die wêreld versprei het
oor die ontoereikende onderwys in die land. Die enigste rasionele verklaring
is dat hulle besig is om Harold Wolpe se beleidsvoorskrifte uit die
vyftigerjare toe te pas. Ek kan my voorstel hoe verwoed hulle dit sou gedoen
het met die ondersteuning van die onderwysestablishment van die soviet-unie
en Oos-Europa - alhoewel Pol Pot se anti-intellektualisme miskien nader aan
hul huidige praktyk is.

"Gruwels van apartheid" krys jy, krys jy, krys jy. Van mense wat in tronke
doodgeslaan is. Wat noem jy die feit dat mense nou in daardie selfde tronke
doodgeslaan word, teen 'n tempo wat lyk asof dit hoër is as ooit? Verhef jy
jou stem daarteen? Sien jy dit op CNN, hoor jy dit op VOA of BBC? Lees jy
dit in die Washington Post (of selfs die Washington Times)? Hoe dink jy sou
dit dan gegaan het met die staatsbeheerde media in 'n eenpartystaat wat
sekerlik die vrugte sou gewees het van die revolusie wat die ANC gestook het
in die sestigs?

Nee, Gloudina. Die globaliserende wêreld van die laat negentigs is
waarskynlik die mees ongunstige omgewing ooit vir die totalitêre idees van
Chroestoff se Moskou, maar die ANC probeer sy bes om so veel as moontlik
daarvan te implementeer. As hulle die mag gekry het op enige punt tussen
1950 en 1980 was ons nou in die toestand van Albanië.

> Nee wat, Leendert, jy het net Verwoerd
> en Kie om te bedank vir al die dinge wat
> jy nou haat in die nuwe bedeling. Laat
> weet dit so nou en dan vir Betsie.

Inteendeel. As jy wil weet hoe SA sou wees sonder apartheid, dink ek jy moet
kyk na Kuba - as die best case scenario. Congo as die worst case. Tanzanië
as 'n waarskynlike. Ek reken, as ons nie apartheid hier gehad het nie, sou
jy ook maar in Kanada gesit het, soos die grootste deel van Tanzanié se
wittes en Indiërs, en 'n aansienlike deel van hul swartes. Al verskil is, ek
sou heel moontlik ook daar gewees het, en 'n baie groot deel van die SA
bevolking.

Die getalle exiles (van alle rasse) wat onder apartheid ontstaan het, is 'n
vulletjie teen die getal exiles (van alle rasse - 'n Maleiergesin wat ek in
die Kaap geken het is verlede week permanent na die VSA) wat ons NOU REEDS
onder die ANC se bewind in die buiteland het. Hoor weer: Die getalle exiles
onder apartheid was tienduisende. Nou is dit honderdduisende.

> En vertel
> vir PW om op te pas vir Engeland toe gaan.
> Die beste is om nie 'n voet buite SA te sit
> nie (waar die ou skender van menseregte
> blykbaar toegelaat word om te kekkel soveel
> hy wil.)

Ek dink nie hy stel vreeslik belang nie. Die ouens wat klaarblyk bang is, is
Mbeki en sy maatjies, wat ook nie amnestie kan kry vir hul
menseregteskendings nie. Dis nou as mens moet aflei van hul reuse-weerstand
teen die WVK se bevinding dat hulle skuldig is aan growwe
menseregteskenings. Hulle is klaarblyklik bang dat hulle gearresteer word op
Gatwick.

Het jy ooit jou stem verhef teen hulle menseregteskendings, Gloudina? Doen
jy dit nou, of probeer jy dit verdoesel deur leuens te skreeu en te skreeu
en te skreeu teen mense in kerke?

Dit was die tegniek van die varke in Animal Farm. Om leuens te herhaal
totdat almal dit glo. Om iets wat iewers waarheid in het te kweek in 'n
kultuur van haat totdat hulle almal daarmee kan besmeer. As jy nou nog nie
die naam kon noem van 'n predikant wat "apartheid" vn die preekstoel af
verkondig het nie, kon dit geensins die algemene verskynsel gewees het wat
jy wou voorgee en waarmee jy elke lidmaat van die NG-kerk beswadder het nie.

Dit is dieselfde beswadderingstegniek wat oorle Sizwe hier uitgehaal het
deur te beweer dat Afrikaners geneë is om te luister na prul soos die
apokriewe "boodskap" van PW Botha wat hy hier op die nuusgroep geplaas het.
Stories soos joune en Sizwe s'n is die hoofbron van die cause celebre waarop
jy in jou hatige gemoed so versot is, Gloudina. Dit is perfekte voorbeelde
van die atmosfeer van leuenagtige propaganda teen Afrikaners wat hulle
omgeef - nie net sedert 1948 nie. Jy kry dieselfde soort stellings in die
Britse kabinet 'n eeu gelede en elders lank voor dit. Maar jy en die Sizwes
van die wêreld het dit verhef tot ongekende hoogtes.

Ek het in Europa gesien hoe die mense gril oor die boosheid van die boer -
stories soos joune en Sizwe s'n. Dan skakel hulle oor na die sepieskanaal en
gril net so lekker vir die vuige streke van JR Ewing en Alexis Carrington.

Die WVK het vele van hierdie urban legends tot "waarheid" verhef (wat anders
moet ons verwag as die eerbiedwaardige Biskop Tutu in sy inleiding tot sy
verslag 'n stelling kwytraak soos "Racism came to South Africa in 1652".
Watter uiters rassisitiese stelling! Gelukkig ontbloot dit sy vertrekpunt
net so duidelik - dit maak nie saak of 'n stelling gegrond kan word nie, so
lank dit op die boere braak.)

Verbaas dit jou dat baie Afrikaners later niks kon glo wat hulle van jou en
jou soort hoor nie? Verbaas dit jou dat so baie van hulle doof en blind
geword het? Hoe durf jy mense bombardeer met leuens en hulle dan verkwalik
as hulle nie meer luister nie?

Dit het in Animal Farm ook gebeur. Die boer teen wie hulle oorspronklik in
opstand gekom het was geen engel nie. Maar die varke het die boosheid
verduisendvoudig en daar nuwe dimensies aan gegee.

Jou skel krete, Gloudina, saam met die van die Sizwes en die WVK is besig om
Afrikaners van vooraf doof te maak.

Jy, Gloudina, is 'n vark.

Vriendelike groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1300  1301  1302  1303  1304  1305  1306  1307  1308  1309  1310  1311  1312  1313  1314  1315    »]
Tyd nou: Vr. Jun. 05 04:01:17 UTC 2026