| haarsakkie [boodskap #151754] |
Do., 04 Junie 2026 11:02 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25360 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
haarsakkie
Afbreking: haar•sak•kie
Samestelling: haar + sakkie
Selfstandige naamwoord: haarsakkie
Meervoud: haarsakkies
Betekenis:
• 'n Klein holte in die vel waarin die haarwortel groei.
Gebruik:
• Die verstopping van 'n haarsakkie veroorsaak aknee.
• Die haarsakkies kan as gevolg van 'n bakteriële of swam-infeksie ontsteek raak.
Sinoniem:
• haarfollikel
Afgelei:
• haarsakontsteking
Vertaling:
Engels: hair follicle
Latyn: radix pili
Nederlands: haarzakje
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|