Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

briefie vir oom kaspaas

Sa., 28 November 1998 00:00

hallo oom kaspaas,

die iksamen is verby, en weet oom wat. ek is deer. slaag met lof sê
my report. ek dink my pa gaan kwaat wees, want loffe is goed van art
appels wat op die komp os hoop gegooi word. dit kan nie goed wees nie.

laf rassie het dit nie gemaak nie, oom. ma' hy sê sy pa was nie kwaad nie.
hy sê sy pa het net een keer sy report gekyk en gesê 'dis nou mooi, dis
nou effin mooi' toe het hy aan die syp gegaan. hy kan nie glo lat sy pa
fees fier oor hy geplik het nie. ek ok nie.

gister moes my pa gaan rug gistreer lat sy stem gehoor kan word. ek
verstaan dit nie want ons hoor sy stem goed genoeg as ek en laf rassie
in die koejawel boom sit.

hy sê rug gistrasie is 'n gemors. die goewer ment het gesê die onner wysers
moet help. hille wyer want hille word nie petaal nie. my pa sê hyt geweet
hille sal straaik nog voor hille gewol en teer het. die ooms van kosatoe wat
altyd die straaiks reel is baie kwaat oorlat die onner wysers gestraaik het
voor hille aangesê is om te straaik. toe sê hille die ooms van die aamie moet
help. die paar wat nie in lesoetoe oorlog maak om vrede te maak nie. my pa was
ok in die aamie. hy sê hille mag nie straaik nie maar hy weet nie vir hoe lank
nie.

toe vra die oom van die aamie my pa se aai die. toe my pa sy boekie gee sê
die oom 'sorrie sa djoe nied wan wif a baa koud'. toe vra my pa vir wat. toe
sê die oom lat hille kan weet hys 'n sittesin. toe vra my pa wat dink die oom
waar kom die tjaps van twee reffirendims en 'n vir kiesing in sy aai die
vandaan. seker nie van saoedie arabie af nie. toe sê die oom hille is bang
die aai die is gefortsj. toe vra my pa vir hom wat van daai antie in neeu see
land wat laas so baie op die tie wie was wat gekleim het sy is oom nelson man
lê da se niggie. toe kom dit yt lat sy gelieg het en van simbabwie is. wiet
gekyk of sy 'n baa koud het wil my pa weet.

toe sê die oom 'sorrie sa iets de lê'. toe sê my pa 'de lê ies en aas'. toe
vra hy die oom se polloot en trek toe self strepies in sy aai die. toe sê die
oom 'dets not en offieshil baa koud djoe aar wystieng maai taaim sa'. toe sê
my pa dit smaak hom die oom soek 'n krou baa.

nou is hy nie gerug gistreer nie, oom. hy sê die gawwer mint het gemaak lat hy
'n houd kapper en water draer in sy ye lant is, oom. ma' yntlik is hy 'n boog
skitter. ek weet nie hoekom sy pa hom nie gerug gistreer het toe hy gebore is
nie dan het hy nie nou die moeilikheid gehad nie. hy sê net die kont se stie
sionele hof sal maak lat hy sy stem trig kry. miskien moet hy met lou sout
water gorrel.

koebaai oom kaspaas, kry oom se baa koud dan sal ons oom se stem weer kan
hoor.

hennerietjie

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 27 kommentare

Matriek-eksamen

Sa., 28 November 1998 00:00

Die matriek-eksamen is nou verby en daar was geen voorvalle van
ongerymdhede en so meer was in die nuus beland het nie - en die
eksamen was goed gedek deur die media.

Ek dink aan verlede jaar toe daar so voorspel is watter "gemors" dit
vanjaar gaan wees.

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Bybel

Sa., 28 November 1998 00:00

Is daar iemand wat informasie het oor die eerste Afrikaanse Bybelvertaling?

Willy

Geloof & kerksake | 0 kommentare

Pofadder

Sa., 28 November 1998 00:00

Subject: A Rock Festival in Pofadder
Date: Sunday, November 22, 1998 6:09 AM

Dire Straits - In die Kak
Bananarama - Piesangmargarien
Joan Armatrading - Johanna Wapenhandelaar
Johnny Rotten and the Sex Pistols - Jannie Vrot en die
pomprewolwers
Iron Maiden - Yster Sussie
Ladysmith Black Mombasa - Mevrou Smit se Swart Mambas
Four Jacks and a Jill - Vier Latte en 'n Platte
Queen - Moffie
Twisted Sister - Koek suster
Ace of Base - Baas se As
Meatloaf - Vleisrol
Spice Girls - Kerriekoekies
Simple minds - Dofkoppe
Bruce Horsby and the Range - Barend Horning en die
Hele Reeks
Joe Cocker - dja, djoune ook!
Hootie and the Blowfish - Tietie en die Blaasoppies
Hewie Lewis and the News - Louis Luyt in the News
Mariah Carey - Meraai se Kerrie
Smashing Pumpkins - Platgemoerde Pampoene

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hardekoolvuur

Vr., 27 November 1998 00:00

Met Hans van walvisbaai wat laas aangedui het dat hy gaan visvang by
Wlotzkasbaken, ontstaan die vraag hoe opwindend so 'n visvang ekspedisie aan
die Namibiese kus kan verloop.

Laat vriend Billy jou vertel by:

http://mzone.mweb.co.za/residents/hb26/homepage7.htm

Groete

Henri

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Squirrel - die AWB PRO?!

Vr., 27 November 1998 00:00

Wie is squirrel?
Sy paadjie loop iets in die lyn:

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Squirrel - die AWB PRO?!

Vr., 27 November 1998 00:00

Ferdi Greyling wrote in message ...
>
> Wie is squirrel?

Wie gee om wie squirrel is? (Nie ek nie)

Wie behoort om te gee wie squirrel is? (My opinie - niemand nie)

Die persoon soek reaksie deur sy (manlik - neem ek aan) offensiewe bydraes.

Moenie dit gee nie. Squirrels is knaagdiere.

Bees.
Ruimteskip aarde

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

F.A.K.-Volksangbundel

Vr., 27 November 1998 00:00

Ek besit 2 F.A.K.-Volksangbundels derde- of Eeufeesuitgawe uitgegee deur
Firma J.H.de Bussy- Pretoria en H.A.U.M. v/h Jacques Dusseau&Co. -Kaapstad
in 1940.
Is daar dalk iemand wat belang stel om een te koop? Laat weet! Ons kan dit
saambring oor 2 weke.
Groete uit Vlaanderen

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Waar de hel moet ek registreer??

Do., 26 November 1998 00:00

Hmm - nou net uitgevind daar is 'n URL http://www.elections.org.za/ waar
jy kan sien waar jy moet registreer. Maar voor julle te bly word - dit
is of baie besig sommige van die blaaie werk nie. :)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Kobus Jordaan

Do., 26 November 1998 00:00

On 24 Nov 1998 16:17:44 GMT, "Beauchamps" wrote:

|Qui connait Kobus Jordaan qui fait du trading ?

Net as jou maag seer is, andersinds in duiwelsdrek beter.....

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1295  1296  1297  1298  1299  1300  1301  1302  1303  1304  1305  1306  1307  1308  1309  1310    »]
Tyd nou: So. Mei 03 17:59:50 UTC 2026