Kan enige persoon vir my vertel waar ek 'n Afrikaanse woordelys
van rekenaar terme op die Internet kan kry. Skryf asseblief aan my
by dm...@vaal.lia.net.
1 Oom Kalie is die gasarties
in elke joint van Cannes tot Nice:
hy slaan sy vrou met die handsambok -
en soek jy slae, kry jy dit ok.
2 Oom Kalie doen sy naam gestand
in elke disko in die land:
hy suip en strip tot hy onthul
'n vyfster-bloukop-Boerelul.
Allersiele, 1997. Heropgeneem in Die dye trek die dye aan)
---------------
[Ongetiteld]
Peter Blum
O Boegoeberg se dam
is 'n doodlekker dam:
dis daar waar die meide
hul okselhare kam.
Ek vlieg daar soos 'n wolbal rond
my pere is van staal:
ek het my angel skerpgemaak
om jou heuning uit te haal.
(Twee ongetitelde verse uit My hart sing sewe moppies, 1996)
R.K. Belcher
Die skip lê vasgehaak
hy lyk soos 'n perd se kaak
bokkie vannag gaan ek by jou
my ankertou laat kraak
*
Die blink skaar van die ploeg
die dol van laat tot vroeg
van al die insteek in 'n voor
is al my ysters moeg
---------------------------------
Uit-oor-l�
Ellen Botha
Sy skrywe haar sprokie met smaak;
die prins laat haar paddatjie kwaak:
Haar toeteltjies tuit,
Haar magie sit uit
En Griet dog hy steek net die draak!
(Tevore ongepubliseer) (sinspeel op die roman Griet skryf 'n sprokie deur
Marita van der Vyver)
-------------------------------------
Die bok het my gestoot
(volkskwatryn)
Die misbank op die see,
die misbank op die see.
Toe vry ek mos my bokkie
dat sy: Eina gotta! skree.
(Pieter W Grobbelaar: Die rooi lappieskombers: Volkskwatryne, 1997)
uit die verlate skag van die huis
het hy na haar kamer gekom
en met die oopgaan van die deur
het alles, verblindend soos 'n perskeboom, begin blom
hy was alleen in die spieël van die maan
die v van sy bors
die soepel sekel van heupe en
skraal dye
het skugter voor haar bed kom staan:
- onder die gesplete wit pajama kon sy sien
hoe spits wag
die sagte skulp van sy geslag -
hy was so jonk en mooi in sy blonde krag
sy hande reeds volwasse van teerheid
sy oë bloeiselsag
en bokant die huis, in die koerslose nag
het die sterre begin draai
asof hulle van haar geboorte af
op hierdie teken wag
toe hy soos 'n kalfie teen haar kom lê
die lakens onder sy ken gevou
wou sy hom nog 'n storie vertel
soos sy ma in sy kleintyd vir hom nagsê
maar die ruite het verbleek
sodat hulle woordeloos na mekaar moes draai:
sy, omdat sy al wat sy het vir hom wou gee
al sou hy deur vlegseljare breek
om van 'n pophuis, met gordyntjies
wat deur die vensters waai,
'n grootmenshuis te maak
wat gemeubileer met vrede,
daglank in sy sonlig week
hy omdat hy haar wou besit
nie soos 'n viking met bloed en
lawaai
maar stadig soos 'n blom
vanself sy kelk na die son toe draai
onder die loom trosse van sy lag
was sy syne gewees
en het hy met ladings ingeskuif
vir altyd tussen haar en die
maagdelike bron van haar krag.
skryf vir my 'n geel gedig liefste
want my lessenaar is bibberend koud
leeg van baie min woorde oor baie dae
en dis herfserig in al die strate o skryf
liefste van lemoene in ons onkruidtuin
eiergeel en dragtig aan drie klein boompies
vergeet nie die flakkerende dam geel
van die populierbos by nieu-bethesda nie
die oranje lampies van ons dadelboom
die pomelo's en suurlemoentjies
gesond gesoen met reën
en vertel my dan weer
dat jy my liefhet
glansend solied soos 'n geelhoutkas
vertel my weer as die lug geelkoper kleur
en jou sagte oë die lig weerkaats
vertel van alles voordat al die goue geel
droogwit blare strooi oor die kop
Op pad sing Kurt Kobain oor die draadloos in my kar: Nee, ek
het nie 'n geweer nie.
Die kerk is te klein vir almal. Net die bruid, haar nuwe man en
die naaste familie pas in die kapelletjie. Die res staan buite in
die reën soos huilerige bywoners wat totsiens kom betoon aan
die landheer se laaste dogter.
skielik wil ek huistoe gaan.
daar's wit duiwe wat op 'n torinkie langs die kerk sit. een styg
op en die hemel wat 'n oomblik tevore nog grou toegevou was
kraak en die son blink vir 'n oomblik in 'n waterpoel.
Als is dood en vernuwing. Siklusse. elkeen probeer 'n nuwe
storie skep maar wat is nuut? Kennis is twee-dimensioneel:
dit strek terug in die verlede maar min mense klim die tou
wat uit die hemel hang.
Buite die kerk, na die tyd, herken sy my nie. Ek stel myself
voor. Ek is Andries, tannie. Sy lyk nes Ouma, toe sy nog in
die bo-dorp van Kemptonpark gebly het. Waar ons moes
stilbly as die Boeings Sondae-oggende hul sterte oor die dak
die lug ingetrek het. Dertig jaar gelede. In die woonstel met
die rooi stoep en die kwaai ou vrou in nommer twaalf wat
vingerwys want ek het met my fiets oor die grasperk gery.
Dis makliker vir ons om te huil oor die verlede as die toekoms.
Jesus het gehuil oor die toekoms. Dis 'n kruis om die toekoms
te kan sien.
Oom Niek is bedruk, sê my tannie. Hoe gaan dit met jou Pa?
Goed dankie, Tannie.
Ons word nou oud, sê oom Niek. Hy't dit by Ouma se begrafnis
ses jaar gelede ook gesê. Daar was 'n dogtertjie in 'n wit rokkie
wat tussen die grafstene gespeel het tot haar pa haar geroep het,
kom staan hier by ons.
Na die toesprake, die sjampanje en die voorgereg gaan sit ek op my
hurke by my tannie-hulle se tafel en skryf my telefoonnommer
agterop my business card. Pa is siek, sê ek, ek wil nie kontak
verloor nie.
Jolanda en haar nuwe man vlieg vanaand Praag toe. Dis lente in
Praag.