Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"In Memoriam: Strooi" deur MARLISE JOUBERT

Vr., 04 Desember 1998 00:00

In memoriam: Strooi
Marlise Joubert

Sonder die veld se geur

van wit lelies in 'n vuis

of die trae note van gesang en gebed

sonder 'n graf of 'n woord van eerbetoon

sterf hy op die vaal handdoek

op 'n skoongeskropte tafel

eerloos

en ek onthou Lucebert:

alles van waarde is weerloos

sonder 'n sug en sonder protes

sterf hy

stil en donker terwyl die bloed

oor die lip bly stoot bly stoot

terwyl die pyn die gapende wond verlaat

en elke pupil al groter rek

om verlossing in te laat

terwyl my kind se hand

die troetelkop bly troos bly troos

en ek onthou Lucebert:

alles van waarde is weerloos

sonder dat hy weet dat ons hom groet

word sy lyfie riemslap onder die naald

lê die swart pels in 'n boog gestol

half verleë die wit sokkies

van sy pote oor mekaar gevou

die bors se wit ster

gevlek en rou

en ek onthou van Lucebert

so moes ek hom verlaat

sonder 'n lied of die veld se geur

en ek onthou terwyl ek huil

teësinnig teen die misreën op die ruit

my vingers om die stuur geklem en koud

dat ook hy, ja, tog,

soos 'n mens van waarde was

'n keelronde warmte kon gee

met kromgeskuur teen jou kuit

of sysaglyf op jou voet kon pas

weerloos in sy dierlikheid

en onvoorwaardelik elke dag

veertien jaar lank

getrou op ons tuiskoms kon wag

Prosa & poësie | 0 kommentare

briefie vir oom riaan

Vr., 04 Desember 1998 00:00

hallo oom rie jaan

ek voel jammer vir oom. oor oom se skouer so seer is. ek hoop hy is gou beter
want dit smaak my hy is vir oom soos 'n seer tant. my pa sê dit klink vir hom
soos poust tamatiese dip pressie. ek het nie geweet dit kan 'n mens se skouer
so seer maak nie.

het oom gesien wat hille vir lede week in die soe wêtin geskryf het. ek het ok
nie nou pla dit my niks nie. miskien moet oom die selfde probeer.

koebaai oom, ek hoop die skouer is gou beter. anders moet oom prouzek probeer.
my pa sê dit help vir seer skouers, tande en as jou vrou jou gelos het. dit
help nie vir rakbie nie. net brannewyn help.

hennerietjie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Mark Twain en andere plus KANADA

Vr., 04 Desember 1998 00:00

Tweekeer het iemand nou al Mark Twain se lae dunk van Rhodes genoem maar die
besonderse woorde deur Twain het blykbaar in die vergetelheid geraak.

'n Boek saamgestel deur Nancy McPhee, "The Book of Insults" (ISBN : 0 7088
1907 9) - werp so bietjie lig. Twain het reageer op kritiek oor sy
onverdraagsaamheid teenoor Rhodes met die volgende :

"I admire him, I frankly confess it; and when his time comes I shall buy a
piece of the rope as a keepsake"

Mark Twain was eintlik skreeusnaaks maar somtyds was daar so 'n sweempie
pessimisme te bespeur soos blyk uit sommige van sy toesprake :

"When some men discharge an obligation, you can
hear the report for miles around.
*
I am not an editor of a newspaper and shall allways
try to do the right and be good so that God will not make
me one.
*
Man is the only animal that blushes. Or needs to.
*
Such is the human race. Often it does seem a pity
that Noah and his party didn't miss the boat."

Sy afkeer van die amptenary was legendaries :

"Fleas can be taught nearly anything that a
Congressman can.
*
It could probably be shown by facts and figures that
there is no distincttively American criminal class
except Congress.
*
In the first place God made idiots ; this was for
practice ; then He made school boards"

Selfs sy vriende was nie veilig as Mark Twain iemand 'n poets wou bak nie.
Hier loop William Howells deur :

"To the Editor:
I would like to know what kind of goddamn government
this is that discriminates between two common carriers
and makes a goddamn railroad charge everybody
equal and lets a goddamn man charge any goddamn price
he wants to for his goddamn opera box.
W.D. HOWELSS

Howells, it is an outrage the way the government is
acting so I sent this complaint to the N.Y.Times with
your name signed because it would have more weight.
MARK"

Die "flamers" in die nuusgroepe moenie dink hulle is met iets uniek besig
nie - John Wilkes (1727-1797) was 'n ou wat op sy voete kon dink en vuur met
vuur kon antwoord. Uit die Engelse parlement van daardie jare :

"The Earl of Sandwich : Egad sir, I do not know whether
you will die on the gallows or of the pox.

John Wilkes : That will depend, my Lord, on whether I embrace your
principles or your mistress."

Wat is 'n "flamer" in Afrikaans ?? Asynfontein ?? Vlambek ??
Nee, nee, dis NIE 'n suurgat nie - hulle is 'n ander subspesie. Die
vlambek word afgelei vanuit die lugmagbenaming vir die Mirage en Impala
drywers - hulle is vlamgatte.

Die versoeking is net te groot - ek MOET met iets oor Kanada afsluit uit
dieselfde boek :

Oor die weer in Kanada :

"I no longer wonder the elegant arts are unknown here;
the rigour of the climate suspends the very powers of
the understanding : what then must become of those of
the imagination ?.... Genius will never mount high
where the faculties of the mind are benumbed half the year"
Frances Brooke (1745-1789)

In vergelyking met ander lande :

Canada could have enjoyed :
English government,
French culture,
and American know-how.

Instead it ended up with :
English know-how,
French government,
and American culture.

John Robert Colombo - 1965

Al Capone (1899-1947)
"I don't even know what street Canada is on."

Gegroet
(Oom) Hans

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Mark Twain en andere plus KANADA

Vr., 04 Desember 1998 00:00

"Hans" writes:

>
> Al Capone (1899-1947)
> "I don't even know what street Canada is on."

Ja, en kyk wat het met hom
gebeur.

Die drie Kanadese sangeresse:
Shania Twain
Celine Dion
Alanis Morisette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Toets

Vr., 04 Desember 1998 00:00

Vandag al die pos van die afgelope week gelyktydig by my aangekom. 'n Teken
van beter dae?

Kom ons kyk!

--
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Biologie Klas" deur ANTJIE KROG

Do., 03 Desember 1998 00:00

BIOLOGIE KLAS
Antjie Krog

gil
stamp
deur die banke na voor
kring om die tafel
lens in die hand
bly angstig stil om die rumoer te hoor

skielik staan sy in die deur: 'n wit duif
weerloos tussen die blare van haar palms

stoot na binne
beur
skree
slag hom, slag hom
ons moet nege deur
spalk die lyfie op 'n plank
verduidelik klas aves
kruisig hom op die bank
vat 'n skêr
knip hom oop
die hartjie in haar vingers
sy lag
haar hande in sy bloed gedoop

meteens sien ek deur my lens
sy nek soos 'n altaar-tossel lyk
en dis toe dat Christus deur sy oë
na my kant toe kyk

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Die glorieryke demokratiese registrasie

Do., 03 Desember 1998 00:00

Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Sun, 29 Nov 1998 03:46:24 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:
>
>
[color=blue]>

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Vir die skuldsmouse

Do., 03 Desember 1998 00:00

Peet Botma berig in gister se Beeld oor 'n onderhoud met George Bizos, die
bekende menseregte-advokaat:

************************

Bizos koester geen wrok teen Afrikaners nie.

"Afrikaners moet ophou om met 'n skuldgevoel oor apartheid in hul harte rond
te loop. Ek het aan Antjie Krog gesê haar boek vat haar skuldgevoel te ver.
Ek verkwalik politieke partye wat vir eie gewin dié skuldgevoel onder
Afrikaners aanblaas."

*************************

Aldus Peet Botma van Beeld.

By "politieke partye" kan mens gerus voeg, varke in Kanada en elders wat hul
angs oor hul eie ontrouheid probeer besweer deur met die vermeede "skuld"
van Afrikaners te smous.

Dan praat ons nog nie eens van Afrikaanse joernaliste wat hul loopbane op
die skuldwa probeer bevorder het nie. Dit begin al hoe meer lyk asof dit
miskien 'n verkeerde perd was om op te verwed. Miskien eindig hulle almal in
die Engelstalige pers.

Groete, Leendert

Leendert

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

'n Wenkie om die gemorspos-verspreiders te fnuik (was Re: Bees ! Luister jy ?)

Do., 03 Desember 1998 00:00

Hans wrote in message ...



> jdejage...@iafrica.com.na
>
> Haal die water uit bostaande adres vir direkte pos. Dis net daar geplaas
> om spammers te versuip. Gesels gerus. Lyk my die NG se ratkierie is in
> neutraal - almal met vakansie ??
>

In die bostaande geval sal die pos na iafrica.com.na gestuur word, wat dan
sal probeer om dit aan die korrekte ontvanger af te lewer. Hierdie poging
sal natuurlik nie slaag nie, maar in die proses sal die iafrica.com.na
posbediener en moontlik ook die posmeester se tyd gemors word.

'n Beter metode sal wees om die adres te vermom as
jdej...@seewater.iafrica.com.na

In hierdie geval sal die afsender nie 'n poskantoor kan vind om die pos af
te lewer nie en dus slegs sy eie tyd mors.

Groetnis
Johan

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Nog oor die glorieryke demokratiese registrasie

Do., 03 Desember 1998 00:00

Ferdie se Newspeak het verklaar dat die kieserregistrasie "in die algemeen
'n sukses" was. Beeld het vandag die volgende kommentaar:

Leer die lesse

Die eerste registrasie-poging deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie
(OVK) is verby met slegs sowat 'n kwart van die kiesers in die noordelike
provinsies gereed om in aanstaande jaar se algemene verkiesing te stem.

Dat die OVK-voorsitter, regter Johann Kriegler, "verras is deur (die sukses
van) die eerste poging", is 'n erkenning van die ondoeltreffendheid van 'n
proses wat aanvanklik die eerste en enigste kans sou gewees het vir
stemgeregtigdes om hul name op die kieserslys te kry.

Dié bekentenis vereis dat die OVK 'n meer realistiese tydtafel aanpak vir sy
verdere registrasieveldtogte in Januarie en Februarie. Om aan die veilige
kant te wees, behoort hy voorsiening te maak vir meer as net ses bykomende
registrasiedae.
Beamptes wat die registrasie behartig, moet beter opgelei word as wat in die
belaglik kort tyd tot dusver moontlik was. Kiesers moet ook beter en langer
vooraf ingelig word oor waar en hoe hulle moet registreer.

Veral op dié plekke waar registrasielokale die afgelope naweek nooit
oopgemaak het nie, verdien die kiesers beter behandeling.

Die departement van binnelandse sake behoort die volgende twee maande te
gebruik om die uitreiking van nuwe identiteitsdokumente te verbeter.

Om op honderdduisende nuwe ID's te sit omdat die poskantoor nie vertrou kan
word om die boekies aan die regmatige eienaars te besorg nie, beproef die
geduld en goeder trou van die stemgeregtigdes ten seerste.

Alle staatsinstansies - die uitvoerende gesag, die hele staasdiensmasjien
asook die OVK - sal die oorblywende tyd moet benut om daadwerklik op die
eerste poging te verbeter.

Niks minder nie as die integriteit en geloofwaardigheid van volgende jaar se
verkiesing is op die spel.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1292  1293  1294  1295  1296  1297  1298  1299  1300  1301  1302  1303  1304  1305  1306  1307    »]
Tyd nou: So. Mei 03 17:59:01 UTC 2026