Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: 'n pêrel aan die weskus

Di., 01 Desember 1998 00:00

Alwyn Nel writes:

� beautiful, beautiful Perth.
>
> Die stad koester teen die oewers van die Swan Rivier en skuil in die
> omhelsing van Kings Park, 'n lower groen park teen 'n heuweltjie aan die
> westekant van die stad.

>
> Die kraaie bêre hul treurig kerm-skree geluide, en die Freemantle dokter
> waai die twee en veertig grade van jou gesig af weg.

> En daar sit jy� mesmerized. Die ferries linger lui-lui van oewer tot
> oewer, hul liggies oordadig geprojekteer op die water wat dit skommel en
> rondgooi. En dis moeilik om te glo dat jy werklik daar is, en dat dit
> nie als net 'n fairy tale is nie.

> Alwyn


Dankie, Alwyn. Ons het die afgelope tyd, toe
John Glenn op is in die ruimte in, so baie
fotos van Perth gesien met die ligte aan in die
nag, dat 'n mens 'n band met Perth voel. Het
mense hulle eie huisligte ook daardie tyd
aangelos?

Wat is die "Freemantle dokter"? Iets soos die
Kaapse dokter?

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Morfologie

Ma., 30 November 1998 00:00

Komen in het Afrikaans de uitgangen -erik en -(e)ling nog veel voor om
zelfstanige naamwoorden af te leiden uit bijvoegelijke naamwoorden? Een
collega uit Zuid-Afrika kende alleen "swakkeling" en "stommerik".
Hoeveel meer zijn er nog? (Nederlandse voorbeelden: beroerling (van
"beroerd"), slappeling, dommerik, slechterik,naieveling etc.)
Komen ling-afleidingen van zelfstandige naamwoorden ook voor?
(dorpeling, stedeling) of van werkwoorden (leerling, beschermeling,
vluchteling)?

Henno Brandsma

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Morfologie

Ma., 30 November 1998 00:00

Is "stouterik" 'n korrekte Afrikaanse woord ?

Hilda.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"Ek het bederf geraak" deur MARLISE JOUBERT

Ma., 30 November 1998 00:00

EK HET BEDERF GERAAK
-Marlise Joubert -

(- 'n verwerking
van "Jy is ver vandag" deur Marlise Joubert uit
"Domus".)

jy is ver vandag
asof jy nooit bestaan het nie
so bedrywig tussen engele
toegespin in klanke van jou vel

ek het bederf geraak
aan jou trosse ryp woorde se proe
daarom onthou ek kringe van jou tong
en vou my verhemelte sy duiwe-vlerke oop
verlangend omdat dit jy is en omdat jy
goed is soos nuwe bloed uit druiwe loop

(klink die wolke daar
soos neutedoppe teenmekaar
is daar foto's op jou rekenaar
of 'n vers oor 'n begin
reen dit snags oor die bome
en wie tap water vir die voëls
op some van jou tuin?)

ek het bederf geraak met jou
en vandag se afstand word oorbrug
asof jy reeds bloeisels dons
op my bed versamel en 'n sug
van soene op my mond invou

ek het so bederf geraak
en met die lente in die wentel
van my liggaamstaal
skuifel ek teen jou aan
beminde
aromaties met 'n tros note
wat droewig sing
in boorde van jou keel

(kopiereg deur Marlise Joubert)

Prosa & poësie | 0 kommentare

REGSTELLENDE OPTREDE IN DIE PRIVAATSEKTOR!

So., 29 November 1998 00:00

REGSTELLENDE AKSIE IN PRIVATE SEKTOR SKIET WORTEL

Die hoeveelheid swartmense in bestuursposisies het die afgelope drie
jaar verdubbel, namate maatskappye gereed maak vir die
inwerkingstelling van die Wet op Gelyke Geleenthede, het 'n peiling
bevind.

Regstellende aksie-maatreels was in werking by 95% van die
ondernemings wat aan die peiling deelgeneem het, in vergelyking
met 58% in 1993. Terwyl swartmense slegs 5% van die senior
bestuursposisies in 1995 beklee het, het die syfer nou gegroei tot 12%
en sal na verwagting tot 21% styg teen 2001. Die verhouding van
swartmense in middelbestuursposisies het in dieselfde tydperk van
10% tot 21% gestyg en sal na verwagting 29% bereik teen 2001. In
1995 was 79% van die middelbestuurslui wit, teenoor net 61% teen
1998. Die syfer sal na verwagting teen 2001 terugsak na 55%.

*Volgens Sanlam*
=================================================

*As u nie wil lees nie - is u welkom om dit ignoreer - dit is hoekom hier 'n
nuusgroep is! *

Volgens my, is hierdie nuwe wet - die "Wet op Gelyke Geleenthede" - niks
anders as 'n diaboliese wet gemik op hardwerkende entrepreneurs nie - wat
nou die teiken gemaak word van swart burokrate se magshonger, en wat niks
minder is as omgekeerde rassisme nie - slegs gedokter met "pittige
bewoording"!

Die gegewens kan u ook bestel van die Sentrale Statistiek diens in Pretoria
af. Ek stel voor as u die geleentheid sien om u eie entrepreneurskap uit
te-oefen, of as u bereid is om te leer, doen dit vinnig - die kanse dat u as
Afrikaner bevorder gaan word, volgens bogenoemde uittreksel is uiters
skraal.

Daar is werklik uitstekende boeke op die winkelrakke beskikbaar, asook
uitstekende instansies wat meer as bereidwillig is om te help met raad!

Daar is werklik baie geleenthede. met 'n bietjie denkvermoë en aanmoediging,
het menige al suksesvolle ondernemings begin. Onthou sukses kom nie oornag
nie - dit is 'n mite - slegs deur harde en deeglike werk kom sukses. As u
iemand sien wat onseker is,(al is sy velkleur anders) help hom deur hom te
verwys na iemand toe, of bemoedig hom, maar moet nie ignoreer nie - dit doen
ons as Afrikaners skade aan - en uiteindelik uself!

Oordink u geleentheid, stel met hulp 'n goeie besigheidsplan op, en beraam
noukeurig u finansiële posisie en terselfdertyd doen u dit - dit is hoe ware
entrepreneurs die lig sien - mense wat waag- en wat (glo my) hard aarde toe
kom - maar daarna weer probeer.

Hoe ly die spreukwoord "Kannie is dood, en sy niggie eet witbrood in die
sloot"!

Groete!

Marius

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

briefie vir oom kaspaas

So., 29 November 1998 00:00

hallo oom kaspaas,

gister was weer rakbie. my ouma hille het kom kyer dan syp my pa niks nie.

syd afrika het teen die jiere gespeel. my pa sê die jiere is een wat twee is.
hy sê hille beklei onner mekaar om nie een te wees nie. die een wil deel van
ingeland wees en die ander deel van groen land. my pa sê dit sal beter wees as
hille 'n kenaal deer die yland grawe soos wat hille in egipte gemaak het lat
moses hille nie weer da moet kom plak nie.

ma' op die rakbie veld is die jiere een. dan beklei hille saam. hille was
weer moeilik soos die walvisse twee weke trig. skop sommer vir joosthysen in
die rig ma' die skyds regter sê hy sien niks. my pa sê dit vir baas hom nie
lat 'n skyds regter nie kan sien nie. my pa se hart het amper gaan staan want
die walvis wat die skyds regter was het ok vir die jiere gespeel, oom. my pa
sê dis net die jirre se genade wat gemaak het lat die jiere ons nie wen nie.
die walvis se naam is tomas. my pa sê hy is on gelowig, anners sou die jirre
aan sy kant gewees het, en dan sou die jiere gewen het.

toe die gym klaar is toe syp my ouma en oupa ok saam. hille sê hille sening
wees is ok klaar oor die skyds regter.

volgende week speel syd afrika teen die ingilse. die keer gaan ek in die kamer
op die swart en wit tie wie kyk want die ingilse speel hoeka in wit. en ek wil
nie sien hoe my pa die tie wie stikkend slaan nie. gister was amper. weet oom
wie die skyds regter gaan wees.

koebaai oom kaspaas, oppas vir walvisse wat skiem hille is jiere.

hennerietjie

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Pretoria op die web

So., 29 November 1998 00:00

Fotos van alledaagse Pretoria te sien by:
http://www.pta-online.co.za/gallery/gallery.htm

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

poeziebrief op zondag

Sa., 28 November 1998 00:00

Ontbijt op bed? Beter: poezie op bed!
Wie op zondag graag heerlijk begint met een fijn stukje poezie, kan op
de Meander-site intekenen op de poezie-brief die elke zondag in je
mailbox landt. http://www.meander.is.nl/

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Onverklaarbare" deur LINA SPIES

Sa., 28 November 1998 00:00

ONVERKLAARBARE
Lina Spies

U is vandag die Hippie-koning,
die Jesus-people kroon en klee u.
U is die arme
en ons moet ons goed uitdeel,
ons liggaam oorgee om verbrand te word.
Maar u kleed was in een stuk geweef
dat die soldate daaroor moes dobbel
om dit ongeskeur te kon behou.

Hulle maak van u 'n queer, 'n moffie,
hulle sê u was gay op swerf met twaalf mans
en dat u Petrus en Johannes innig liefgehad het.
Niks kom daarby nie; dié liefde van eensoortiges.
Maar u het u hande na kinders uitgestrek
en Petrus eenmaal vir die duiwel uitgeskel.

Hulle praat van Maria
wat keer op keer u by die maaltyd opgesoek het
om by u voete te kon sit,
om met teer hande u te salf.
Maar oor die leë graf het u vir haar geroep:
"Raak my nie aan nie!"

Hulle het vir u gevlug in kloosters,
heilige oorloë gevoer,
gevas,
kerse opgesteek in katedrale
en u naam op die preekstoel uitgeroep
bokant 'n blinkborduurde kanselkleed wat sê:
"So spreek die Here."
Skone,
Gemartelde,
Verlate Vriend,
Opgestane bruidegom,

Jesus van Nasaret, gaan ons nie verby.

Prosa & poësie | 0 kommentare

"Lied van die Kinders" deur LINA SPIES

Sa., 28 November 1998 00:00

LIED VAN DIE KINDERS
Lina Spies

"Laat die kindertjies na my toe kom"
Die Joodse seuntjie
wat sy armpies in die lug steek
voor die SS,
sy oë wyd gerek,
op sy mou die groot, geel Dawidster.

"Laat die kindertjies na my toe kom"
Die Vietnamese dogtertjie
oumens-krom aan haar stok geklem
op die slagveld heen en weer
terwyl oor haar bors
'n kruisie hang.

"Laat die kindertjies na my toe kom"
Die klein vergete Ier
op 'n sypaadjie in Belfast
tussen die bloed en bomme
wat opnuut sy land vrymaak.

Laat die kindertjies van Israel na My kom,
gevang in die kruisvuur by Ma'alo -
bang hasies in 'n bos wat brand.
Laat hulle kom, die gevreesde koningskinders van my volk
wat die Romeine doodgesteek het
toe in 'n stal se stank van mis en bloed,
ek self die Kind van Betlehem was.

Verhinder hulle nie
Herodes
dissipels
soldate
grootmense

Hulle hoort in my koninkryk:
hulle weet van wonde
sonder om te twyfel of te vra.

Laat hulle kom
kinders van Dachau
kinders van Korea
kinders van Saigon

Ek sal hulle teen my sy vasdruk
en my hande op hul lê.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1294  1295  1296  1297  1298  1299  1300  1301  1302  1303  1304  1305  1306  1307  1308  1309    »]
Tyd nou: So. Mei 03 17:58:54 UTC 2026