Volgens al die weerkundiges op die weerkanale en
ook die Farmer's Almanack sou die winter hierdie
jaar vroeg opdaag en laat bly. Volgens die weerkundiges
sou dit die gevolg wees van die invloed van La Nina.
Maar wanneer ons in die hysbakke die weer bespreek
(iets wat vir die deursnee Kanadees 'n heilige plig is),
dan is die algemene wysheid dat dit nie 'n baie koue
of lang winter hierdie jaar hier by ons in die oostelike
deel van Ontario gaan wees nie. Hoekom nie? Omdat
die "bye" (nie heuningbye nie, maar "hornets") se neste
baie na aan die grond is. Die wurms, waar die mense
in hulle tuine spit om die bolplante in te sit vir volgende
lente, is blykbaar ook baie na aan die oppervlakte.
Sover, moet ek sê, blyk dit of die wurms en die bye
nogal iets weet wat die weerkundiges nie weet nie. Ons
het nog nie een sneeuvlokkie hier in Ottawa gesien nie.
Nou wil ek weet: hoe op aarde weet 'n perdeby in die
somer hoe hoog die sneeu gaan wees?( Iets wat vir haar
belangrik is, want sy moet haar nageslag hoog genoeg
plaas dat dit nie in die sneeu en nat tot niet gaan nie.)
Hoe weet 'n wurm hoe koud die winter gaan wees,
dus hoe diep in die aarde in dit gaan vries?
Dit is wel 'n swaar winter veral in die weste van die
Noord-Amerikaanse vasteland. Dit sneeu al vir meer as
'n maand in die Rockies en omgewing, en sommer baie
ver suid ook. Verlede week was daar sneeustorms wat
die Midde-weste vir 'n dag of wat lamgelê het. Maar
hier by ons wil dit net nie soos winter lyk nie.
Ek het al in ander dele van Kanada agtergekom dat
die man in die straat 'n ander soort weerkunde navolg
as wat 'n mens op televisie sien. Hulle weet hoe die
temperatuur gaan uitdraai deur na die patroon van die
wolke te kyk. Of hulle bestudeer die manier waarop die
wind waai en uit watter rigting hy waai. Hierdie wysheid
het hulle seker geleer van geslagte se oorlewerings en baie
daarvan was heelwaarskynlik algemene kennis vir die
verskillende inheemse stamme wat hier gebly het voordat
die mense uit Europa opgedaag het. (Die mense uit Europa
is geneig om dinge oor die weer te glo wat in Engeland van
toepassing is, maar nie hier nie. Soos "if winter comes in
like a lion it will go out like a lamb." En "sun at seven,
rain at eleven" en omgekeerd.)
Waar ek in Suid-Afrika grootgeword het, dink ek nie
daar was so 'n kompulsie om te wil weet of dit 'n kort of
'n lang winter gaan wees nie. Ek weet dat my pa eenkeer
gesê het dat in sy leeftyd die tydstip wanneer die druiwe
ryp is om geoes te word vir die maak van rosyntjies
sowat twee weke later verskuif het. En ons kon ook aan
die waai van die westewind en die noordewind weet
watter soort weer ons in die volgende paar dae kon verwag,
veral in die somer. Maar ek dink nie ek het ooit my pa hoor
voorspel dat dit daardie spesifieke jaar 'n lang of kort winter
gaan wees nie.
Dit wil mos almedeer vir my lyk oom Kaspaas willie met jou praatie en nou
jaag jou pa ennie anner oompie Hans jou ook nog weg. Dit lyk vir my jys 'n
slim seun vir jou saais - nou sal hierie oom so biekie na jou kyk. Ons
paens en maens het ok so met ons gemaak en wat die onnerwysers nie deer ons
g. boude na ons bryns toe gemo geslaat hettie, moes ons ok mar so ommie
hoeke geleer het.
Die stasiemeester hulle het net een seuntjie gehat en hulle het gesê dis
oukei, hy kan maar tanne tel saam met die grootmense omlat hy altyd so skoon
aangetrek was met gekamde hare. Dis seker hoekom darie outjie later
weggestuur is en toe hy trugkom, toe dra hy 'n wit jas en 'n bril en hy gee
die mense inspytings wanner hulle siek word.
Dis darie gesypery voor die tiewie wat maak lat die oues agterna so stry oor
wat alles innie game gebeer het. Ek het ok die game gekyk mar ek het vergeet
om brannewyn voorie tyd te koop. Is die wat ek kan vertel darie ref het
defnitief TWEE oge - ek het dit SELF oppie tiewie dit gesien mar perty van
my pêlle sê dissie waar nie. Die ref het net een oog, seg hulle, maar die
tiewie lieg nie - ek het gesien hoe hy altwee oge beweeg het. En ek weet 'n
glasoog kannie draai nie want oom Boerbobbejaan Vannermerwe wat langs ons
gebly het, het so 'n glasoog gehad. Hy het altyd as hy dorp toe gaan die
glasoog op sy baaisiekel se karrier gelos. Dan het niemand sy goeters of
die baaisiekel gesteel nie.
As jille wildplaas toe gaan en jou pa en sy pêlle raak so gesyp, moet jy
mooi na hille stories lyster. Anners sal jy nooit weet watse gevaarlike
plek die jagveld issie. Ek het al met my eie ore gehoor lat 'n rooibok
darem nie so sonner handskoene getêkkel kan word nie mar ek wassie by nie en
toe die ou dit vir ons vertel het, was ons derde bottel ok al leeg.
Maar jy moenie alles glo wat hille vertel nie want toe ek nog klein was in
1946 net na die groot oorlog het my pa en oom Piet Hanekam my eendag
saamgeneem toe hille gaan vleis soek het vir die hys. Ons het met my pa
se Dodge gery want oom Piet se Merkerie se bande was te glad om te ry en oom
Piet het sy Lemetford gevat want dit was minner ytgeskiet as my pa se sewe
nege Mouser en bytendien het my pa okkie petrone virrie Mouser meer
gehattie.
Karibib hettie darie tyd 'n slaghys gehattie en almal het maar hulle vleisie
in die veld gan kry. Ons kry toe 'n gensbok mar net toe oom Piet skiet,
toe hik hy ok mar gelikkig skiet hy die ding se rug af en daar sit die
gensbok toe vir ons en kyk. Oom Piet sê toe ,nee, ons kannie nog 'n
patroon op hom mors nie - kom ons sny sy keel af en my pa praat toe iets van
gatte sien mar oom Piet willie hoor nie en haal toe sy Josef Rogers yt en
begin naderstap.
Die gensbok waai toe het sy horings na oom Piet toe maar in plaas daarvan
dat oom Piet toe die horings gryp en die ding se keel afsny, spring oom Piet
trug en hy praat vreeslik lelik, Maar dit was seker omlat die gensbok oom
Piet se hele broek voor oopgesny het en al die gulpsknope afgeruk het. Ons
kon okkie al die gulpsknope weer agterna kry nie. My pa het toe die
gensbok met oom Piet se Lemetford doodgeskiet - reg voor die kop.
Trug oppie die dorp het my pa en oom Piet eers gestop by darie outjie met sy
wit jas en toe is ons na ons eie huis toe waar my pa vir oom Piet 'n anner
broek gegee het. Ek dink tant Lillie sou kwaad gewees het as sy oom Piet
se stukkende broek gesien het. Maar ek dink oom Piet moes liewers 'n nuwe
broek gekoop het want hy moes ryker as ons anner gewees het. Hoe ek dit
weet is dat my pa die aand vir my ma gesê het dat die witjas oukie darem oom
Piet se juwele gered het. So, hy moes geld gehad het. Maar hoekom pa en
ma so baie gelag het, dit weet ek nie want dis nie vir my snaaks as iemand
ryker as ek is nie.
Maar wat vir my snaaks is, is lat my pa en oom Piet altyd net vir anner
mense vertel het dit was 'n kopskoot. Nou weet ek hoekom die oumense altyd
die kinners uit die geselskap verwiller wanner hulle met die veldstories
begin want hulle het ok mar stoeipid goeters aangejaag.
ek sien oom het nie eens ge-rieplaai toe �ther nie. my pa sê hy dink
oom is dood, maar ek sê dit kannie wees nie, anners sou die landbou
weekblad vol gewees het daarvan. ek dink oom is bang vir daai antie
op die nuusgroep.
weet oom, my ma sê sy ken ook vir oom. sy sê die honiball outjie wat
vir die bokke losskakel speel, het oom se stories geskryf. ek sê, met
alle respek ma, selfs oom kaspaas weet daar is meer geld in rugby, as
in stories skryf. vra my. ek dink sy het die bal aan die kat beet,
anders slaat sy hom helemal mis.
in elk geval, my ma sê oom se van is breekwater. sy sê dis 'n skande,
en 'n sonde teen die mensdom. oom moes voor die weeveeka verskyn het
daaroor. my ma is 'n nurs by die hospitaal. sy sê daar is baie nood in
'n hospitaal, daarom dra sy heeldag panne op en af. sy sê oom se van
maak 'n bespotting van 'n vrou se smart en lyding in haar barensnood.
ma' weet oom wat. ek vang toe mos nou die aand daai bybie sitter vas
aan die slaap. toe ek op die plek kom waar daai meisies net so vir jou
lê en loer, toe stap my pa daar in. ek skrik my gaai af, want hy't gesê
hy sal my velle aftrek. weet oom hoe lyk dit. amper soos 'n skaap wat
afgeslag is. ma' toe slaat ek die 'eksit toe dos' knoppie, toe sien my
pa die opstel wat ek vir die skool geskryf het. sien oom hoe flaai is
ek. hy sê dis nie nodig dat ek so laat in die nag tyd aan die akademmit
spandeer nie.
koebaai oom, ek gaan gou weer kyk of daai bybie sitter nog slaap.
(verlangende) hennerietjie
-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==---------- http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
On Fri, 13 Nov 1998 00:22:24 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:
|Amerikaanse vriende het by my rooibostee leer ken, en hul voorraad is nou
|op. Hulle woon in Purcellville, Virginia, 'n uur per motor Wes van
|Washington DC waar hulle dikwels kom.
|
|Weet iemand van 'n plek in Washington of omstreke wat SA produkte soos
|rooibostee verkoop?
|
|Of 'n posbestellingsdiens wat in die VSA sulke produkte lewer?
|
Ons het die volgende een die goedkoopste gevind:
PROTEA IMPORTS
60 COLUMBIA WAY #300
MARKHAM, ONTARIO, L3R 0C9
Nadat ek gister nog 'n Nov. 11 beleef het, en weereens die Queen en die
gewone ou boel presidente en premiers moes aanskoue, het ek net een ding
gewonder. Julle sê almal dankie aan die dooies, en die enkele paar
kanonvoer wat dit oorleef het, maar wat van die Duitse soldate wat ook hier
in grafte lê na 'n oorlog wat ek seker van is, hulle nie voor gevra het nie.
Wie sê vir hulle vandag dankie vir hul offer?? Of gaan Europa vandag nog
gebuk onder die bose Duitser sindroom??
Woestynrot