Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

GRATIS SUID- AFRIKAANSE HYPERBANNER

Do., 19 November 1998 00:00

BESOEK http://south-africa.hyperbanner.net

AS U U WEBWERF OP ANDER SUID-AFRIKAANSE WEBWERWE GRATIS WIL ADVERTEER!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

FAMILIE GESKIEDENIS EN GENEALOGIE

Do., 19 November 1998 00:00

Ek is 'n Suid-Afrikaanse genealoog. Stel jy belang in jou familie se
geskiedenis? Besoek http://www.islandnet.com/~lkool/
Dankie

Genealogie & famieliesake | 0 kommentare

informatie

Do., 19 November 1998 00:00

Waar kan ik informatie vinden over Virginia ?(Zuid Afrika)

Koeitjies & kalfies | 27 kommentare

"Steenbok" deur D.J. OPPERMAN

Wo., 18 November 1998 00:00

STEENBOK
D.J.Opperman

Ek het haar fyn en skugter teen die more
eens gesien, maar koersverlore
soek ek sedertdien oor stof en ryp
die paadjie van haar spore.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Duitsland - Nederland

Wo., 18 November 1998 00:00

Vanavond voetbal: Duitsland - Nederland. Duimen voor Nederland!

o en die discussies over de verschillen tussen Afrikaans en Nederlands etc.
erg interessant. (dat meen ik)

Bokkie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Beloofde briefie aan Inga

Wo., 18 November 1998 00:00

Hallo Inga

Ek hoop jou Afrikaans eksamen het goed afgegaan. Miskien sal die proffies
by Unisa meer genadig wees met zoeen Vlaamse meisje as wat jy dink. Dit sal
in elkgeval nie lekker moes wees om dit in Brussels te doen nie. Ek skryf
my Nederlandse toets vandag.
Die Woestynrot

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

nog 'n briefie vir oorle oom kaspaas

Wo., 18 November 1998 00:00

hallo oorle oom kaspaas,

vandag in die somme klas onthou ek lat ek gevergeet het om oom te
vertel van die lapa op die wildsplaas. 'n lapa is 'n muurkie van
takke en riete wat om die vuurmaak plek gebou word om te keer lat
'n leeu skierlik hier in jou nek bril. dit help ook om die skerp
joene binne te hou, lat 'n mens op hulle kan trap as jy gesyp is
en kaal voet loop. my pa sê iemand wat deur 'n skerp joen gebyt
is gaan regyt jemel toe, want dit brand die lewende hel yt jou yt.
'n lapa het nie 'n dak nie, so dit help bokke rol vir die son en
vools wat oorvlieg nie.

laas naweek toe sit ek en laf rassie en kyk deur die riete wat praat
die grootmense om die vuur. dit was net na ons so gesukkel het teen
die walvisse, toe lyk dit of die grootmense nie jys lus is vir syp nie.
my pa sê toe hy wil vir hulle 'n storie vertel wat hy in die koerant
van die kwaai oom van die nies groep gelees het, om hulle op te beer.

hy sê die kelner stap in die hotel verby die hannie moen swiet en sien
die kamer mysie en portuur maak beerte om deur die sleutel gat te loer.
toe wil hy ok. my ma sê 'n mens mag nie, jou oge val yt. dis beter om
met jou oor teen die deur te lyster, want as jou oor afval kan jy darrim
nog hoor. toe hy klaar gekyk het sê hy dis dieselfde man wat gekla het
oor die haar in sy sop.

die anties se gesigte het rooi geraak van die vuur en hulle het gegiggel
soos my sussie toe sy die eerste keer 'n brief van 'n boi frend gekry het.
die ooms het gelyde gemaak soos wanneer 'n mens naar word. oom jôn het
naar geword, maar ek neem hom nie kwalik nie, want ek laaik ook nie van
hare in my sop nie. ok nie van gekookte melk se velle in my tee nie. maar
dit kon ok van die brannewyn en kouk gewees het.

oom tio sê hy kan aan beter maniere dink om iemand op te beer. toe sê my
pa 'soet jor self, ek weet wat lekker is'. toe klap my ma hom. ma' my pa
weet wat lekker is, oom. boontjie en kaboem mielie sop met gebakte petats
wat my ouma altyd vir hom gemaak het.

antie willien het haar vrek geskrik vir die volstrys. sy ken nie groot vools
nie, want sy het nie kinners nie. toe sy in die middel van die nag klyn
hysie toe loop, toe bril die volstrys langs die klyn hysie. toe dink sy dis
'n leeu en hol terug rondawel toe. syt die hele nag geknyp en die volgende
ooggend toe lyk sy soos 'n opgeblaasde bril parra, net blouer om die kiewe.

koebaai oom kaspaas, en moenie lat oom se snor in die sop kom nie, die antie
sal dit nie laaik nie.

hennerietjie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Caprivi

Di., 17 November 1998 00:00

Die gedagte oor die ou geskiedenis van Caprivi is nogal interessant, maar
vertel ons liewer van die Special Field Force, daardie bende gekamoefleerde
bobbejane van Danger Ashipala, wat nou op jag is deur die Caprivi op soek na
sogenaamde afstigters en verraaiers. Shame, het hulle werklik gedink hulle
gaan vir Muyongo vang? Meeste van hulle moet eers nog leer kaartlees! Of
skryf, bygesê.
Die Woestynrot

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

beloofde briefie vir oom kaspaas

Di., 17 November 1998 00:00

hallo oom kaspaas,

ek het belowe om te vertel van die wildsplaas. my ma sê beloftes
maak skuld. my pa sê nie betaal nie maak skuld. hy raak woerend as
mense hom nie betaal nie. hy sê hy mweb hulle sommer.

'n wildsplaas is nes 'n wildtyn, oom. net baie klyner, en da is niks
wild nie. my pa sê dis te ryg. ons bly in 'n snaakse plek oom. hie
reent dit in die somer. na die winter lyk die veld of hy afgebrand is.
dan val hier in die nag drie druppels reent, en die volgende môre lyk
die veld so groen soos nieweland. my pa sê ons veld is dankbaar. my
ma sê dankbaar is as 'n mens klere aan jou lyf het en 'n stukkie dro
brood het om aan te kou. ma' nie met katjie botter nie, dit klou aan
jou verjemelte vas dankie.

da' is 'n paar rondawels met grasdakke op 'n wildsplaas. die mense hie
kan nie talijaanse teels bekostig nie. voor die vensters is daar gaas om
die miskiete binne te hou lat hulle heel nag in jou ore kan sing. dan spyt
jou ma jou met piesvoel sliep. laas toe my pa hulle botswana toe is toe
raak hulle gesyp in fransis town. toe die miskiete begin byt, toe spyt
hulle in die donkerte piesvoel sliep. die volgende dag sien hulle dit was
heppie fiet, toe vrek hulle amper ammal van die mal jaria.

da' is ook 'n vuil swembad met vrot water en parras wa die grootmense sê
ons moet loop swem as hulle sit en syp en str.. e, nonsens stories praat.
dan wonner hulle in die nag wat hulle moet maak oor ons so skree van die
steek in die ore, ma' nie die wat te gesyp is om wakker te word nie.

da' is darrem volstruise op 'n wildsplaas. hulle is groot vools wat nog
nie geleer het om te vlie nie, oom. die mannekie is swart, dan gaan sit
hy op die grond, en swaai sy nek en vlerke, lat jy net die vere sien wa
mee my ma afstof. dan kom die wyfiekie nader, want sy laaik dit. my pa
sê sy raak gemes meraais. dan gaan sit sy op die grond, dan staan die
mannekie op. dan sê my ma my pa moet liewerster ry lat sy vir ons kan
gaan druppels in die ore gooi.

ek vra my pa wat soek die mannekie. hy sê moeilikgeit. hy sê alle groot
vools maak moeilikgeit, ek en my sussie moet dit onthou.

koebaai oom kaspaas, sê die antie moenie moeilikgeit loop soek met groot
vools nie.

hennerietjie

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

"tuisteskeppers" deur MARLISE JOUBERT

Ma., 16 November 1998 00:00

tuisteskeppers
Marlise Joubert

hulle noem hulself die komitee van twee
en op 'n dag is daar beroering in elke tree
kultuurbewus trippel die twee vinnig mee
fluister benoud o ons moet konfedereer
dis byna damesoggend met koek en tee
ons moet nog soveel reël en gee
hier laat haal en daarso bel opreg verleë
die dames vra om vinnig te verklee
vir die tuis-ontwerpte modeskou

komitee van twee se werkprogram
word soos 'n broodjie ingesuur
die een sorg dat elke westville-buur
haar geldjies na die ware bussie stuur
die ander een hou streng die woord by daad
sy doen gekultiveerd haar doen tot sawens laat
en immer stralend word elke maat
ge-motivate ge-inspirate
die saal se hoekies word ge-decorate
bespreek bepraat tot in die hoogste graad

komitee van twee is eintlik meer as een
en elke bykomstige been weet hoe om te bedel
totdat net die beste koppies reën
hoe om die saal tot paradys te tooi
met skildernaald en hekelwerk
met servetjies vlinderpienk vir mond alleen
vars gebak vir elke smaak onbeperk
en blomme soos bruidjies aaneen aaneen

ai die groot dag het spoggerig professioneel gebeur
so met spraak en sang en modekleur
van vrouens milady's-jonk of in foschini-fleur
elkeen grootoog nuuskierig en opgebeur

mevrou van die administrateur
het gesorg vir politiek en terreur
maar dit was die modeskou in majeur
wat iedereen kon hipnotiseer
mevrou professor het ingedans en gewink
met electric-blou
die oë bewonderend gevange gehou
die entrance van mevrou dokter
was soos 'n uitgelate pou
wat haar wye elegante hoed
so oop en toe laat vou
die l.o.-juffrou het eers geklou
om alles tergend toe te hou
toe die rok laat val met baaikostuum
gewys sy is voorwaar oulikies gebou
applous! applous! met geen berou
dit was 'n oggend vir die vrou

nog steeds op wolke van die irreële
het sekere lede en onderdele
van die komitee van vele weer vergaar
vir die natmaak van die kele
om net vir oulaas darem weer te draal
oor daardie melk-en-heuning-oggend in die saal
agurkies olywe doopsous en kaas
word vinnig verorber gulsig geaas
dames ons drink 'n glasie
op hierdie laaste bymekaar
en onthou ons sien julle almal
weer aanstaande jaar!


(ongepubliseerde gedig)
Kopiereg voorbehou.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1299  1300  1301  1302  1303  1304  1305  1306  1307  1308  1309  1310  1311  1312  1313  1314    »]
Tyd nou: Vr. Jun. 05 03:03:04 UTC 2026