Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Maak julle nog Potjiekos
Maak julle nog Potjiekos [boodskap #19292] So, 22 November 1998 00:00 na volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Sluiper" wrote:
> Elke keer wanneer ek pakkies skaapnektjops hier in die supermark sien met
> vyf skywe vir net 99 Aussie sente (want dit is mos afval vleis hier) wonder
> ek of julle mense daar in SA nog potjiekos maak.

Ja, ons maak nog. Gaan kyk by my kulinêre tuisblad hoe 'n skaapnek pot gemaak
moet word:

http://mzone.mweb.co.za/residents/hb26/homepage100.htm

> So ek wonder maar net of potjiekos nog mode is daar in the nuwe-SA? En wat
> kan ek doen om my geroesde potjie weer reg te kry.

Skuur hom maar net uit met skuurpapier en staalwol. Kook hom eenkeer goed met
aartappel skille, en smeer hom met kookolie.

Groete

Henri

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Maak julle nog Potjiekos [boodskap #19293 is 'n antwoord op boodskap #19292] So, 22 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sluiper  is tans af-lyn  Sluiper
Boodskappe: 12
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
Elke keer wanneer ek pakkies skaapnektjops hier in die supermark sien met
vyf skywe vir net 99 Aussie sente (want dit is mos afval vleis hier) wonder
ek of julle mense daar in SA nog potjiekos maak. Toe ons nege jaar terug
daar weg is uit SA was potjiekos die in ding daar. Ek is self met n' nommer
twee potjie en resepte boeke van Matie Brink en Dine van Zyl in die houer
daar weg. Ek het egter seker net twee of drie maal hier potjiekos gemaak en
die laaste keer is nou meer as ses jaar terug. Intussen het my potjie begin
roes!

So ek wonder maar net of potjiekos nog mode is daar in the nuwe-SA? En wat
kan ek doen om my geroesde potjie weer reg te kry.

Sluiper
Re: Maak julle nog Potjiekos [boodskap #19313 is 'n antwoord op boodskap #19293] Ma, 23 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Miskien moet ons 'n Ozzie potjiekos saamtrek hou. Daar is 'n hele paar duisend
potjies wat hul weg oor die water hierheen gevind het! Potjiekos en lekkerrrrrr
Ozzie rooiwyn!

Sluiper wrote:

> Elke keer wanneer ek pakkies skaapnektjops hier in die supermark sien met
> vyf skywe vir net 99 Aussie sente (want dit is mos afval vleis hier) wonder
> ek of julle mense daar in SA nog potjiekos maak. Toe ons nege jaar terug
> daar weg is uit SA was potjiekos die in ding daar. Ek is self met n' nommer
> twee potjie en resepte boeke van Matie Brink en Dine van Zyl in die houer
> daar weg. Ek het egter seker net twee of drie maal hier potjiekos gemaak en
> die laaste keer is nou meer as ses jaar terug. Intussen het my potjie begin
> roes!
>
> So ek wonder maar net of potjiekos nog mode is daar in the nuwe-SA? En wat
> kan ek doen om my geroesde potjie weer reg te kry.
>
> Sluiper
Vorige onderwerp: Biltong en wors......
Volgende onderwerp: Keuken vragen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 03:36:59 MGT 2024