| uitsluitsel [boodskap #151757] |
Do., 04 Junie 2026 12:24 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25361 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
uitsluitsel
Afbreking: uit•sluit•sel
Samestelling: uitsluit + -sel
Selfstandige naamwoord: uitsluitsel
Meervoud: uitsluitsels
Betekenis:
• 'n Beslissende antwoord wat enige twyfel of spekulasie uitskakel.
Gebruik:
• Daar is nog geen uitsluitsel oor wie die volgende pous gaan wees nie.
Sinoniem:
• antwoord
• beslissing
• duidelikheid
• opheldering
• sekerheid
• resultaat
• uitslag
Vertaling:
Engels: definite answer, exclusion, finality
Nederlands: uitsluitsel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|