Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » besete
besete [boodskap #151759] Do., 04 Junie 2026 16:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25363
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
besete
Afbreking: be•se•te


Byvoeglike naamwoord: besete
Attributief: besete

Betekenis:
• Wat kranksinnig of van lootjie getik is.
• Wat onder die invloed van 'n bose gees is.

Gebruik:
• Is jy besete?
• "Jy is van die duiwel besete!" het die mense uitgeroep. [Johannes 7:20]

Sinoniem:
• berserk
• demonies
• dol
• gek
• kranksinnig
• mal
• satanies
• waansinnig

Afgelei:
• besetene
• besetenheid

Vertaling:
Engels: crazy, insane, nuts; possessed
Nederlands: bezeten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rukking
Volgende onderwerp: Afkortings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Jun. 04 17:32:08 UTC 2026