Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Wat is 'n ....

Wo., 15 September 1999 00:00

Orkaan, Sikloon en 'n Tifoon. Wat is die verskil tussen almal en wat
veroorsaak dit? Wat is 'n Hurricane in Afrikaans?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Wat is 'n ....

Wo., 15 September 1999 00:00

Pierre,

So ver my aardrykskunde vannuit my skooldae my herinner, het dit iets te
doen met die rigting van die wind - een tol kloksgewys, en die nader
anti-kloksgewys - of so iets? (Ek dink ook daar is 'n verskil ten opsigte
van die windrigting afhangende of dit in die suidelike of noordelike
halfrond plaasvind).

Heel toevallig gesels ek Saterdag met 'n jong skoolseun van 'n vriend van my
juis oor die winde....hy het gepraat van 'hurricanes', tornados', en
'twisters'. Om die gesprek 'n bietjie op te kikker het ek hom uitgevra oor
die verskille. Sy antwoord het te doen gehad met die vorm van die wind - hy
het dit mooi geteken vir my - 'n 'huricane' is erg tregter-vormig, 'n
'tornado' is baie spits-vormig, en 'n 'twister' is 'n deurmekaar spul van
beide die twee wat nie 'n bepaalde roete volg nie, maar eerder deurmekaar
waai.

Is 'n orkaan en sikloon nie winde wat nie noodwendig met reën gepaard gaan
nie, en 'n tifoon 'n wind waarby erg reën by betrokke is nie?

Iets waaroor ek nie seker is nie, maar wel weet dat daar so iets bestaan, is
dat die winde wel verkskillende name het - party het mans-name, en ander
vroue-name - ek dink dit het ook miskien iets te doen met halfronde...of
miskien nie.

Hoop dit help!

Jan van Perth.
(IBICF)
djle...@bigfoot.com
squa...@perspiration.com.au
http://www.perspiration.com.au
ICQ 21792471

Pierre Du Plessis skryf in boodskap news:37DF9306.13B7B1AE@sabre.com...
> Orkaan, Sikloon en 'n Tifoon. Wat is die verskil tussen almal en wat
> veroorsaak dit? Wat is 'n Hurricane in Afrikaans?
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE

Wo., 15 September 1999 00:00

Johan wrote:

> |Wanneer ek
> |'n ekonoom se werk lees, veroordeel ek hom nie tensy ek iets weet van
> |hoe die ekonomiste hulle dinge doen nie.
>
> As hy sy oorsig sê byvoorbeeld oor die begroting sou begin met:
> "Dis was maar 'n k@k begroting hierdie...." , sou jy werklik baie
> waarde aan sy opinie geheg het???

Ag, Johan,

Jy wat altyd die positiewe in alles sien (behalwe Suid-Afrika,
natuurlik!):

Jy kan seker darem bietjie begrip toon as die ou waardering het vir 'n
blinkvars, geurende drol met 'n mooi groen brommer op?

:-) :-) :-)

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Kwarantyn - oor swak beriggewing

Wo., 15 September 1999 00:00

Rakende die verkeerslig-bespreking en jy wat daarna verwys het na swak
beriggewing in koerante as bron van wanopvattings oor SA.
Ek het nou gou teruggegaan op die verkeerslig-bespreking en lyk my die
bron van die verkeerde inligting was "familie wat in Johannesburg
woon".

JY het aanvanklik die volgende geskryf:

Nou wonder ek hoekom praat ons nie daaroor nie?
Ek meen dit lyk my jy het nou uit verskeie bronne (wat nie altyd
saamstem oor SA nie) gehoor dat die verkeerslig-posisie:
1. Nie n probleem is nie.
2. Nie erger as in die verldede is nie.

Wat sou jy se veroorsaak dat mense wat hier woon mense in die
buiteland onder so n verkeerde indruk indruk bring? Iets aan hulle se
wat so verkeerd is dat dit waarskynlik aan n leun grens?

Koeitjies & kalfies | 25 kommentare

Re: Kwarantyn - oor swak beriggewing

Wo., 15 September 1999 00:00

On Wed, 15 Sep 1999 10:00:23 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
|Wat sou jy se veroorsaak dat mense wat hier woon mense in die
|buiteland onder so n verkeerde indruk indruk bring? Iets aan hulle se
|wat so verkeerd is dat dit waarskynlik aan n leun grens?
|
Ek dink elke persoon se ervaring is uniek en baie persoonlik - ek kan
byvoorbeeld dink dat een ou naby 'n straathoek bly met swak elektriese
verbindings wat sorg dat sy verkeerslig elke week een maal buite werking is - hy
ervaar dit as 'n reuse probleem, was al amper in 'n paar ongelukke waar hy meer
as een maal per dag sy huis nader. Hy hoef nou net een ander verkeerslig buite
werking te sien, dan val die paaie struktuur vir hom uitmekaar uit.

'n Ander ou ry slegs en maal daardie pad en ry toevallig daagliks 'n roete waar
al die verkeersligte werk. Hy kom amper nie eers die verkeerslig agter nie en
sal skaars agterna vir jou kan sê op watter hoek hy die stukkende lig teegekom
het.

Ons ervaar byvoorbeeld dieselfde hier met oud-SAners se opinie oor Amerikaners -
helfte dink Amerikaners ios baie dom, want op alles wat jy koop is daar die
duidelikste moontlike instruksies oor hoe om die goed aanmekaar te sit en te
gebruik. Ander weer dink dis slim van die Amerikaners, want jy twyfel nooit oor
hoe om iets te doen nie. En die twee opinies sal van twee verskillende ouens
kom wat dieselfde lessenaar of kersboom aanmekaar probeer sit.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

David Wilkerson

Wo., 15 September 1999 00:00

Onthou julle hom nog - wat Run Baby, Run geskryf het?

Ek loop toevallig vanaand daar op die web sy blaaie raak en groot is
my verbasing toe daar ook van sy preke in Afrikaans geplaas is!

Gaan kyk gerus by

http://www.tscpulpitseries.org/

Johan

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Laerskool Nobel, Modderfontein 1980-1983

Di., 14 September 1999 00:00

Ek sal graag kontak wil maak enige iemand wat gedurende hierdie
tydperk in Laerskool Nobel, Modderfontein (naby Edenvale) was.

Ek sal veral graag wil uitvind wat van mense geword wat saam my in die
klas was, (STD5 in 1983).

o.a
Leon Drewel
Martie (kan nie haar van onthou nie - was tot 1982 saam in die klas)
Johan M. Fourie (Klein Johan)
Johan Barnard
Kobus Pretorius
Hendrik Botha
Ina Swart
Aletta
Christelle Coetzee
June' vd Walt
Brian Morgan
Adrian
Ananda

------------------------------------------------------------
Johann W. Fourie (Groot Johann)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

afrikaans

Ma., 13 September 1999 00:00

Sorry I don´t speak afrikaans,
could you tell me in which area of your country you speak afrikaans, which language you speak in Cape Town?
Thank you very much.
Sebastian, Germany
Kwarantyn schrieb in Nachricht ...
Ons kuier gisteraand met vriende. Hulle het (soos ons) familie en vriende in die vaderland. Toe hoor ons dat hulle familie wat in Johannesburg woon, glo so kla oor die verkeersligte in Johannesburg, wat nie werk nie. Glo (te verstane, as dit waar is) erg frustrerend. Is dit waar? Het die situasie so verswak dat selfs die verkeersligte nou nie meer werk nie?

Dis ook maar erg om op die Internetkoerante te lees hoe die Afrikaspele gebuk gaan onder probleme - die mediageriewe wat swak is/was, die werk wat nie beryds klaar was nie, die 600 kinders met voedselvergigtiging en so aan. Selfs Beeld praat telkens van "nog probleme" - is dit alles regtig so erg?

As jy so ver weg is, en aangewese is op nuusberigte (!) en hoorsê, wil jy juis nie hoor dit gaan sleg nie!

Vertel bietjie - objektief, asseblief - hoe dit regtig daar gaan.

Groetnis

Henry

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Tennis

Ma., 13 September 1999 00:00

Is hier iemand wat tennis volg? Ek wonder waar al die jong
Suid-Afrikaanse tennissterre is? Op die "ranking" lys is daar
net een SA speler in die top 50, nommer 37 Wayne Ferreira.
Onder die
vrouens is Amanda Coetzer nommer 7, alhoewel sy nog nooit
n grand slam gewen het nie.

Wonder wat die kinders nou doen vir skoolsport in SA? Golf?

Pat

Sport & ontspanning | 2 kommentare

Landsreis gehad

Ma., 13 September 1999 00:00

Ek en vroulief vat gister die moutir en ry oorrie berg. Dis nou vanaf
Somerset Wes oor SirLowry'spas na Caledon.

Eerste stop bo-op Langhoogte anderkant Botrivier: Kyk die sneeubedekte koppe
van die berge by Vyeboom (Victoriapiek en Sneeupiek) en dan ook by
Villiersdorp se Blokkop! Te pragtig met die pasgeskeerde wit lammerooie wat
so lekker op die groen lande wei. Toe weet ek sommer, dis my k�tirs
hierdie!
Draai toe net voor Caledon af na Greyton toe. Net voor Greyton kry jy die
afdraaipad na Genadendal. Ingery tot by die kerk en die "ou" sentrum van
Genadendal. Prentjiemooi hierdie tyd van die jaar met al wat eikeboom is in
bot.
Foto's geneem, en na die mooi sang van die kerkgangers geluister, en net
daar besluit: Ons kom weer om hier saam met vreemde mense te kom kerkgaan.
(Ek kan die storie van die kerkklok bevestig. Dit staan daar op 'n
koperplaat wat aan die klok pilare aangebring is.)
Verder aangery en in Greyton gaan tee drink en snuffel in winkels van duur
tot allerhande "high class junk". Greyton het in die afgelope 20 jaar
ontpop as die kunstenaars mekka van die Kaap. Toe pak ons ons weer in, en
vat die grondpad al langs die Zonderendrivier af tot by Riviersonderend.
Vrou is 'n Neethling van 'Sonderend'. Van geboorte, nie van karakter. Dit
wel minder maar wel...
Aangery tot by Stormsvlei en deur Trappieshoogtepas na Bonnievale,
Robertson. By Robbieson het ons weggedraai na McGregor. Net so 'n
kunssinnge dorpie geword. As die kraai nou sonder lawaaiwater sou vlieg,
dan is Greyton en McGregor so 20 Km vanmekaar af, maar daar is slegs 'n
staproete oor die berg. Greyton lê aan Caledon se kant van die
Baviaansberg, en McGregor aan Robertson se kant. Daar moes ons omdraai en
weer terug tot by Robertson. Een van die plekke waar jy moet omdraai om
verder te kan gaan. By Robertson die Agterkliphoogte-pad gevat, en
uitgedraai by Le Chasseur, en weer uitgedraai by Scherpenheuvel. Lekker
grondpad wat vir 15 km geen opstalle of plase aan weerskante van die pad het
nie. Regte 'worcesterkarroo' veld, met mooi vygies, en allerhande vetplante
wat nou in blom is. Rustig 'n boeretrosie gesluk langs die pad met net
stilte rondom jou. Die gekwetter van suikerbekkies en ander voëltjies was
terapie vir die siel.
Daarvandaan koers gekry deur Villiersdorp waar die familie nie tuis was nie.
By Villiersdorp is die Theewaterskloofdam wat in die Zonderendrivier gebou
is. Oor Franschhoekpas, deur Pniël en Helshoogtepas gery to by Sommerset
Wes. So om en by 400 km, en was dit lekker en mooi!

Terloops, die Zonderend rivier is sonder end. Hy mond nie in die see uit
nie, maar loop in die Breërivier naby Swellendam.

Genoeg geklets. Ander wil dalk weer vervolg, piepie, waterafslaan, urineer
of water passeer, of wat ookal!

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1163  1164  1165  1166  1167  1168  1169  1170  1171  1172  1173  1174  1175  1176  1177  1178    »]
Tyd nou: Vr. Mrt. 13 03:50:49 UTC 2026