Rakende die verkeerslig-bespreking en jy wat daarna verwys het na swak
beriggewing in koerante as bron van wanopvattings oor SA.
Ek het nou gou teruggegaan op die verkeerslig-bespreking en lyk my die
bron van die verkeerde inligting was "familie wat in Johannesburg
woon".
JY het aanvanklik die volgende geskryf:
Nou wonder ek hoekom praat ons nie daaroor nie?
Ek meen dit lyk my jy het nou uit verskeie bronne (wat nie altyd
saamstem oor SA nie) gehoor dat die verkeerslig-posisie:
1. Nie n probleem is nie.
2. Nie erger as in die verldede is nie.
Wat sou jy se veroorsaak dat mense wat hier woon mense in die
buiteland onder so n verkeerde indruk indruk bring? Iets aan hulle se
wat so verkeerd is dat dit waarskynlik aan n leun grens?
On Wed, 15 Sep 1999 10:00:23 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
|Wat sou jy se veroorsaak dat mense wat hier woon mense in die
|buiteland onder so n verkeerde indruk indruk bring? Iets aan hulle se
|wat so verkeerd is dat dit waarskynlik aan n leun grens?
|
Ek dink elke persoon se ervaring is uniek en baie persoonlik - ek kan
byvoorbeeld dink dat een ou naby 'n straathoek bly met swak elektriese
verbindings wat sorg dat sy verkeerslig elke week een maal buite werking is - hy
ervaar dit as 'n reuse probleem, was al amper in 'n paar ongelukke waar hy meer
as een maal per dag sy huis nader. Hy hoef nou net een ander verkeerslig buite
werking te sien, dan val die paaie struktuur vir hom uitmekaar uit.
'n Ander ou ry slegs en maal daardie pad en ry toevallig daagliks 'n roete waar
al die verkeersligte werk. Hy kom amper nie eers die verkeerslig agter nie en
sal skaars agterna vir jou kan sê op watter hoek hy die stukkende lig teegekom
het.
Ons ervaar byvoorbeeld dieselfde hier met oud-SAners se opinie oor Amerikaners -
helfte dink Amerikaners ios baie dom, want op alles wat jy koop is daar die
duidelikste moontlike instruksies oor hoe om die goed aanmekaar te sit en te
gebruik. Ander weer dink dis slim van die Amerikaners, want jy twyfel nooit oor
hoe om iets te doen nie. En die twee opinies sal van twee verskillende ouens
kom wat dieselfde lessenaar of kersboom aanmekaar probeer sit.
Ek sal graag kontak wil maak enige iemand wat gedurende hierdie
tydperk in Laerskool Nobel, Modderfontein (naby Edenvale) was.
Ek sal veral graag wil uitvind wat van mense geword wat saam my in die
klas was, (STD5 in 1983).
o.a
Leon Drewel
Martie (kan nie haar van onthou nie - was tot 1982 saam in die klas)
Johan M. Fourie (Klein Johan)
Johan Barnard
Kobus Pretorius
Hendrik Botha
Ina Swart
Aletta
Christelle Coetzee
June' vd Walt
Brian Morgan
Adrian
Ananda
------------------------------------------------------------
Johann W. Fourie (Groot Johann)
Sorry I don´t speak afrikaans,
could you tell me in which area of your country you speak afrikaans, which language you speak in Cape Town?
Thank you very much.
Sebastian, Germany
Kwarantyn schrieb in Nachricht ...
Ons kuier gisteraand met vriende. Hulle het (soos ons) familie en vriende in die vaderland. Toe hoor ons dat hulle familie wat in Johannesburg woon, glo so kla oor die verkeersligte in Johannesburg, wat nie werk nie. Glo (te verstane, as dit waar is) erg frustrerend. Is dit waar? Het die situasie so verswak dat selfs die verkeersligte nou nie meer werk nie?
Dis ook maar erg om op die Internetkoerante te lees hoe die Afrikaspele gebuk gaan onder probleme - die mediageriewe wat swak is/was, die werk wat nie beryds klaar was nie, die 600 kinders met voedselvergigtiging en so aan. Selfs Beeld praat telkens van "nog probleme" - is dit alles regtig so erg?
As jy so ver weg is, en aangewese is op nuusberigte (!) en hoorsê, wil jy juis nie hoor dit gaan sleg nie!
Vertel bietjie - objektief, asseblief - hoe dit regtig daar gaan.
Is hier iemand wat tennis volg? Ek wonder waar al die jong
Suid-Afrikaanse tennissterre is? Op die "ranking" lys is daar
net een SA speler in die top 50, nommer 37 Wayne Ferreira.
Onder die
vrouens is Amanda Coetzer nommer 7, alhoewel sy nog nooit
n grand slam gewen het nie.
Wonder wat die kinders nou doen vir skoolsport in SA? Golf?
Ek en vroulief vat gister die moutir en ry oorrie berg. Dis nou vanaf
Somerset Wes oor SirLowry'spas na Caledon.
Eerste stop bo-op Langhoogte anderkant Botrivier: Kyk die sneeubedekte koppe
van die berge by Vyeboom (Victoriapiek en Sneeupiek) en dan ook by
Villiersdorp se Blokkop! Te pragtig met die pasgeskeerde wit lammerooie wat
so lekker op die groen lande wei. Toe weet ek sommer, dis my k�tirs
hierdie!
Draai toe net voor Caledon af na Greyton toe. Net voor Greyton kry jy die
afdraaipad na Genadendal. Ingery tot by die kerk en die "ou" sentrum van
Genadendal. Prentjiemooi hierdie tyd van die jaar met al wat eikeboom is in
bot.
Foto's geneem, en na die mooi sang van die kerkgangers geluister, en net
daar besluit: Ons kom weer om hier saam met vreemde mense te kom kerkgaan.
(Ek kan die storie van die kerkklok bevestig. Dit staan daar op 'n
koperplaat wat aan die klok pilare aangebring is.)
Verder aangery en in Greyton gaan tee drink en snuffel in winkels van duur
tot allerhande "high class junk". Greyton het in die afgelope 20 jaar
ontpop as die kunstenaars mekka van die Kaap. Toe pak ons ons weer in, en
vat die grondpad al langs die Zonderendrivier af tot by Riviersonderend.
Vrou is 'n Neethling van 'Sonderend'. Van geboorte, nie van karakter. Dit
wel minder maar wel...
Aangery tot by Stormsvlei en deur Trappieshoogtepas na Bonnievale,
Robertson. By Robbieson het ons weggedraai na McGregor. Net so 'n
kunssinnge dorpie geword. As die kraai nou sonder lawaaiwater sou vlieg,
dan is Greyton en McGregor so 20 Km vanmekaar af, maar daar is slegs 'n
staproete oor die berg. Greyton lê aan Caledon se kant van die
Baviaansberg, en McGregor aan Robertson se kant. Daar moes ons omdraai en
weer terug tot by Robertson. Een van die plekke waar jy moet omdraai om
verder te kan gaan. By Robertson die Agterkliphoogte-pad gevat, en
uitgedraai by Le Chasseur, en weer uitgedraai by Scherpenheuvel. Lekker
grondpad wat vir 15 km geen opstalle of plase aan weerskante van die pad het
nie. Regte 'worcesterkarroo' veld, met mooi vygies, en allerhande vetplante
wat nou in blom is. Rustig 'n boeretrosie gesluk langs die pad met net
stilte rondom jou. Die gekwetter van suikerbekkies en ander voëltjies was
terapie vir die siel.
Daarvandaan koers gekry deur Villiersdorp waar die familie nie tuis was nie.
By Villiersdorp is die Theewaterskloofdam wat in die Zonderendrivier gebou
is. Oor Franschhoekpas, deur Pniël en Helshoogtepas gery to by Sommerset
Wes. So om en by 400 km, en was dit lekker en mooi!
Terloops, die Zonderend rivier is sonder end. Hy mond nie in die see uit
nie, maar loop in die Breërivier naby Swellendam.
Genoeg geklets. Ander wil dalk weer vervolg, piepie, waterafslaan, urineer
of water passeer, of wat ookal!
Ai, ai ai. Watter wonderlike name! So aaneengestrengel
klink dit byna soos 'n gedig. En watter rykdom van kultuur
en geskiedenis is nie daarin vervat nie. Engelse name,
Skots, Afrikaanse name - onvertaalbaar! , Hollands en Frans.
wie kan my informatie gee van travel agents in port-elizabeth ek woon in
arnhem holland en wil graag een reis boek van uit PE vir my skoon ma
baie dankie
fanie
Oudpres. Nelson Mandela was ``regverdig ge¨rriteerd en kwaad'' oor die
omstandighede waarin hy na die Sarvu-verhoor ontbied is en ook oor die
manier waarop hy in kruisverhoor geneem is.
Só het die konstitusionele hof gister bevind in sy uitspraak in die
Sarvu-geding.
Dié bevinding bots regstreeks met die bevinding van regter William de
Villiers in die hoë hof in Pretoria dat Mandela 'n ongeloofwaardige
getuie was.
Volgens gister se uitspraak ``is dit korrek dat Mandela soms rusie
gesoek het en dat hy neerhalende opmerkings oor die kruisondervraer
(adv. Mike Maritz namens dr. Louis Luyt) gemaak het''.
``Die president se houding was egter nie van so 'n aard dat dit die
bevinding (van De Villiers) regverdig dat die president oneerlik was
nie.
``Die president was klaarblyklik diep seergemaak dat sy getuienis oor
wat hy alles aan die minister (Steve Tshwete) gesê het in twyfel
getrek is. Dit is duidelik dat hy . . .verneder gevoel het oor die
kruisverhoor en dat hy die aanval op sy geloofwaardigheid as
persoonlike aanval beskou het.
`` 'n Afleiding van oneerlikheid kan nie gemaak word van die president
se verklarings waarna die regter (De Villiers) as teenstrydig verwys
nie. Na ons mening is dié weersprekings hoogstens van mindere belang
en het dit geen relevansie tot die belangrike regsvrae in die geding
nie.
``Die president se getuienis in kruisverhoor dui vir seker daarop dat
hy soms ongeduldig, seergemaak, kwaad en selfs beledigend was.
``Geeneen van die reaksies, individueel of saam beoordeel, regverdig
egter die afleiding dat die president se getuienis oor 'n belangrike
saak die vraag of hy self die aanstelling van die kommissie na rugby
oorweeg het onwaar was of dat nie daarop staatgemaak kan word nie.''
``Al wat nog (oor dié onderwerp) bygevoeg moet word, is dat die
kritiek op die president se getuienis geen regverdiging bied vir die
verwerping daarvan nie,'' het die hof bevind.
In 'n uitspraak wat deur grondwetkenners bestempel is as die mees
toonaangewende uitspraak oor grondwetlike kwessies in die land se
bestaan, het die konstitusionele hof gister kaalvuis ingeklim en
bevind dat die erg omstrede kommissie van ondersoek wat oudpres.
Nelson Mandela in 1997 na rugby ingestel het in alle opsigte
grondwetlik was.
Tien regters van die hof het daarmee finaal die gordyn laat sak oor 'n
vete tussen dr. Louis Luyt, gewese president van die Suid-Afrikaanse
Rugbyvoetbalunie (Sarvu), aan die een kant, en Mandela en die gewese
minister van sport en ontspanning, mnr. Steve Tshwete, aan die ander.
Die geding gaan Luyt na raming R1 miljoen kos nadat die hof gelas het
dat hy van die koste dra.
Regter Arthur Chaskalson, president van die hof, het die uitspraak,
wat 199 bladsye beslaan, presies om tienuur gelewer. Dit was 'n
eenparige uitspraak.
Nóg Luyt nóg Mandela of Tshwete het die verrigtinge bygewoon.
Die geding het as 'n appèlsaak in die konstitusionele hof beland nadat
regter William de Villiers verlede jaar bevind het dat Mandela se
kommissie ongrondwetlik was. Ander kwessies, soos Mandela se
geloofwaardigeid en die feit dat hy gedwing is om in Pretoria te gaan
getuig, is ook deur die konstitusionele hof onder die vergrootglas
bekyk.
In gister se uitspraak is geen doekies omgedraai nie.
Veral De Villiers en Luyt en sy regsverteenwoordigers (onder leiding
van adv. Mike Maritz, SC) loop kwaai deur. Die konstitusionele hof het
op enkele uitsonderings na al De Villiers se bevindings tersyde gestel
as ``gebrekkig''. In 'n stadium verwys die regters só na De Villiers
se uitspraak: ``Daar is wesentlike wanopvattings wat die hele
uitspraak bederf.''
Die hof het ook De Villiers se bevel dat Mandela persoonlik moet kom
getuig as ``verkeerd'' bevind, hoewel ``selfs nie die president bo die
Grondwet verhewe is nie''.
Wat betref De Villiers se bevinding dat Mandela nie 'n eerlike getuie
was nie, het die konstitusionele hof gesê dié bevinding word verwerp .
Dit blyk ook uit die uitspraak dat Luyt op die randjie was van 'n
bevel teen hom om alle regskoste op 'n kliënt/prokureur-grondslag te
betaal ('n sogenaamde strafkostebe-vel). Die hof sê onder meer: ``Die
taktiek wat dr. Luyt gebruik het . . . was dié van 'n respondent wat,
welwetende dat die appèluitspraak teen hom kan wees, die grondwerk
doen om die (appèl-)hof te diskrediteer met die oogmerk om 'n
bevinding wat teen hom uitgebring kan word by voorbaat te
diskrediteer.''
Die konstitusionele hof het dié opmerking gemaak veral met verwysing
na Luyt se aansoek kort voordat mondelinge betoog aangehoor is dat vyf
regters van die hof hulle behoort te onttrek. In dié aansoek is
``skandalige'' bewerings gedoen.
Oor die nodigheid van 'n kommissie van ondersoek na rugby het die
konstitusionele hof bevind dat rugby van groot nasionale belang is,
maar dat mense anders as wittes in die apartheidsera uit die sport
gedwing is en dat bitter min geriewe vir hulle beskikbaar gestel is.
``Daar is by ons geen twyfel nie dat die Sarvu-sake wat die kommissie
moes ondersoek van openbare belang is. Die rassistiese manier waarop
sport in die verlede bestuur en gefinansier is, is 'n erflating wat
vandag nog 'n regstreekse invloed op die bedryf van sport het.''