On Thu, 16 Sep 1999 13:51:55 +0200, "Thys de Wet" wrote:
|Lou my ou
|pasop tog nou
|sommer gou-gou
|dan prosedeer
|gloudina
|jou
|
|Hoe seg daardie omie oppie draadloos vansmelewe?:
|
|"Ag buurman, nou weet hy te vertelle lat as hy nou eendag uit die verbande
|uitkom, dat hy wil prosedeer. Seg ek jou buurman, ek wat tog mos nou die
|vredeliefendheid vanselwers is. Og, de pynen en de ellenden de mensdom die
|er niet toegerekend zijn! Ek kom Hessie vrou ek kom. Buurman kom kuier
|innie hospetaal en bring tog sigrets saam"
|
Ai hoe lekker onthou mens nou!
Ek dink ons moet petisie rig aan die Afrikaanse radio diens (wat die naam ook al
nou is) om vir ons van daardie argiewe uittreksels op die net te plaas,
soos wat Prairie Home Companion al hulle programme op die net beskikbaar het.
Dis mos volksgoed, kultuurgoed, taalgoed daardie.
Lievenloven... watter reaksie get jy nie uitgelok met jou plasing van "Die
Brommer" nie, Gloudina! Lanklaas dat 'n gedig so 'n hewige reaksie uitgelok
het. En lanklaas dat ek so 'n vernuftige stukkie woordkuns raakgeloop het
soos hierdie. Dit kom baie na-aan Van Wyk Louw, Breyten, Opperman en die
snare. En voor die ander my stenig: ek hou g'n stuk van die onderwerp van
die gedig nie, en vind die taalgebruik (uit konteks aangehaal) plek-plek
kru. Self gebruik ek nooit die woorde nie. Maar dit maak nog steeds nie dat
die gedig sleg of afstootlik is nie.
Verder verskil ek ernstig van mense wat skryf dat die digter self alles wat
ons daarin lees, noodwendig oorspronklik so bedoel het. Dis soms waar dat
die digter juis wil dat jy meer moet lees as net die oppervlakkige woorde.
Dink bv. aan "in die skerp wit kol / van my wete stol / bruin en skerp 'n
klip / soos 'n bok wat skrik / staan, vinnig weghol / uit die klein wit kol.
/ Aan 'n takkie hang / twee ogies wat bang / uit die klein wit skyn / van my
flits verdwyn. / Oor waters wat glip / soek ek klip na klip / maar 'n
duister land / bedreig my alkant." Opperman se titel vir die gedig ("Man met
flits") laat jou dink jy gaan iets anders kry as wat jy uiteindelik daar
vind. En net die een enkele woord "wete" sluit die gedig oop. Skielik "staat
er niet wat er staat" as ek Nijhoff (was dit Nijhoff??) nog reg kan aanhaal.
Dan word elke beeld simbool van iets heel anders, en die leser word
toegelaat om by die digter se oorspronklike bedoeling ook nog eie assosiasie
te voeg. As leser word jy dan uigenooi om verder te gaan: watter sensoriese,
emosionele en intellektuele betekenisse kan jy, in die konteks van wat daar
staan, heg aan die beelde?
En kyk net hoe nooi "Die Brommer" die leser nie uit nie - uitdaag, moes ek
dalk liewer geskryf het. Heftige reaksies, wat wissel van weersin en afsku,
tot bewondering vir die vaardige woordkunstenaar! Presies dieselfde wat jy
ervaar as jy na 'n brommer kyk: afsku en weersin vir die aaklige en vieslike
insek, maar as jy hom van nader beskou, moet jy toegee: die dier is
wonderbaarlik gemaak, en die kleure is soms aantreklik. Sit dieselfde kleure
op esteties aanvaarbare voorwerpe, en almal bewonder dit. Kleur die brommer
so in, en dit vervul jou met weersin.
Die vernuftige ineenskakeling van die verwysings na Heer en Skepping is ook
baie evokatief - roep beelde en assosiasies op van God en Satan (Heer kan
verwys na beide Beelsebul - die Heer van die vlieë - Satan, en natuurlik na
God, veral in assosiasie met die Skepping.) Die vraag word opgeroep: watter
Skepping / skepping word bedoel? Soos "matroosknoop" ook: die vorm van die
uitwerpsel wat in 'n kringetjie daar lê, een punt oor die res gekrul, en die
vloekwoorde waarvoor matrose spreekwoordelik bekend is.
Van die eerste woord af, tot die laaste, kies die digter sy beelde met groot
omsigtigheid. Hy bedoel juis om te skok. Kyk op watter onverwagte plekke sit
hy die woorde "drol" en "kak" neer - en kyk hoe lei jou van 'n matige skok
met die eerste woord na die hewige skok van die tweede een. Dan volg hy dit
op met die skerp kontras en jukstaponering van "afgryslike" en "Heer" - jy
het nog skaars jou asem teruggekry van die eerste twee skokke, dan slaan hy
jou wind uit hiermee. Van hier af tot met die laaste woord van die gedig hou
hy net nie op nie. Profaniteit en heiligdom word voortdurend met mekaar
gekontrasteer. God het alles in Sy skepping gemaak: mooi en lelik; mens en
uitwerpsel; ten slotte lewe en dood - alles is Sy maaksel. Eugene Marais het
soortgelyke gedagtes uitgespreek, net mooier en sagter vir ons oor. Maar vir
sy tyd was dit netso skokkend: "'n druppel gal in die soetste wyn;" en so
aan tot by "oor alles hou die wurm wag".
Digters skok hulle lesers soms doelbewus - om jou aan die dink te sit oor
dinge wat jy andersins nie eens sou oorweeg het nie. Hoe goed het Naude nie
daarin geslaag nie!
Die enigste beeld wat ek 'n bietjie geforseerd vind, is die beeld van die
dood as juwelier. Dit pas nie baie goed in die res van die gedig in nie,
hoewel hy die leser tog daarop voorberei in sy verwysing na "geglasuurde
bidsnoer", "kosbare bedesnoer" en "kleinood in die vrouehand". Maar die
laaste reël is tog treffend, en baie sterk. Dit roep ook weer gedigte soos
"Skoppensboer" en ander op, en is ryk aan interpretasiemoontlikhede.
Kuns hoef juis nie "mooi" te wees om goed te wees nie. "Mooi" is "Die
Brommer nie"; goed wel - selfs baie goed, baie vernuftig aanmekaar gesit.
"Groots"? Ek twyfel. Selfs min van Opperman en Van Wyk Louw en Breyten en
andere is "groots". Maar dis 'n heel ander bespreking.
Hierdie "skoktaktiek" is niks nuuts nie. Gaan maar na die "metaphysicals"
toe terug en kyk hoe het John Donne en Richard Lovelace en ander nie al
gespeel met woorde nie: "Batter my heart, three-personed God" is 'n puik
voordbeeld. In sy soeke na geloof nooi Donne in hierdie sonnet vir God uit
om hom aan te rand en te oorweldig. Hy gebruik skokkende beelde wat aan die
seksuele ontruk is. Soos 'n man 'n meisie ("virgin") verlei en oorweldig, so
wil hy ook dat God hom sal oorweldig en met geweld van sy hart besit neem.
Ek is doodseker dat jy dit selfs nog verder in die literatuur sal kry as jy
weet waar om te gaan soek.
Dit (skoktaktiek) kom in elk geval in alle kunsvorme voor: Rodin se
beeldhouwerk, die Decameron, Chaucer, Shakespeare, die skilderkuns - selfs
die musiek. (Van Mozrt se operas is niks anders nie as pornografie.) By T.
S. Eliot kry jy juis weerklanke van Chaucer se skoktaktiek, met sy
"Wasteland": die heel eerste reël verwys al na April as "the cruellest
month". Dis juis wanneer jy geskok word dat jy gaan reageer. Die meeste
mense gaan waarskynlik direk en emosioneel ("visceral") reageer; enkeles
gaan stilstaan, weer kyk en hulle eie premisse bevraagteken, herbevestig, of
verwerk en vervang. En dis juis wat die kunstenaar soms wil bereik. In een
van sy essays praat Van Wyk Louw van die verslaentheid wat kuns moet
agterlaat. Verslaentheid oor die emosies wat by jou opgewek is, en - soms -
die katarsis wat daardeur veroorsaak is.
Gegroet uit Newtown, waar ons môre tot 6 duim reën verwag, en winde van 50
myl per uur - as gevolg van FLOYD - nie dennis nie.
So ver my aardrykskunde vannuit my skooldae my herinner, het dit iets te
doen met die rigting van die wind - een tol kloksgewys, en die nader
anti-kloksgewys - of so iets? (Ek dink ook daar is 'n verskil ten opsigte
van die windrigting afhangende of dit in die suidelike of noordelike
halfrond plaasvind).
Heel toevallig gesels ek Saterdag met 'n jong skoolseun van 'n vriend van my
juis oor die winde....hy het gepraat van 'hurricanes', tornados', en
'twisters'. Om die gesprek 'n bietjie op te kikker het ek hom uitgevra oor
die verskille. Sy antwoord het te doen gehad met die vorm van die wind - hy
het dit mooi geteken vir my - 'n 'huricane' is erg tregter-vormig, 'n
'tornado' is baie spits-vormig, en 'n 'twister' is 'n deurmekaar spul van
beide die twee wat nie 'n bepaalde roete volg nie, maar eerder deurmekaar
waai.
Is 'n orkaan en sikloon nie winde wat nie noodwendig met reën gepaard gaan
nie, en 'n tifoon 'n wind waarby erg reën by betrokke is nie?
Iets waaroor ek nie seker is nie, maar wel weet dat daar so iets bestaan, is
dat die winde wel verkskillende name het - party het mans-name, en ander
vroue-name - ek dink dit het ook miskien iets te doen met halfronde...of
miskien nie.
Pierre Du Plessis skryf in boodskap news:37DF9306.13B7B1AE@sabre.com...
> Orkaan, Sikloon en 'n Tifoon. Wat is die verskil tussen almal en wat
> veroorsaak dit? Wat is 'n Hurricane in Afrikaans?
>
> |Wanneer ek
> |'n ekonoom se werk lees, veroordeel ek hom nie tensy ek iets weet van
> |hoe die ekonomiste hulle dinge doen nie.
>
> As hy sy oorsig sê byvoorbeeld oor die begroting sou begin met:
> "Dis was maar 'n k@k begroting hierdie...." , sou jy werklik baie
> waarde aan sy opinie geheg het???
Ag, Johan,
Jy wat altyd die positiewe in alles sien (behalwe Suid-Afrika,
natuurlik!):
Jy kan seker darem bietjie begrip toon as die ou waardering het vir 'n
blinkvars, geurende drol met 'n mooi groen brommer op?
:-) :-) :-)
Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Rakende die verkeerslig-bespreking en jy wat daarna verwys het na swak
beriggewing in koerante as bron van wanopvattings oor SA.
Ek het nou gou teruggegaan op die verkeerslig-bespreking en lyk my die
bron van die verkeerde inligting was "familie wat in Johannesburg
woon".
JY het aanvanklik die volgende geskryf:
Nou wonder ek hoekom praat ons nie daaroor nie?
Ek meen dit lyk my jy het nou uit verskeie bronne (wat nie altyd
saamstem oor SA nie) gehoor dat die verkeerslig-posisie:
1. Nie n probleem is nie.
2. Nie erger as in die verldede is nie.
Wat sou jy se veroorsaak dat mense wat hier woon mense in die
buiteland onder so n verkeerde indruk indruk bring? Iets aan hulle se
wat so verkeerd is dat dit waarskynlik aan n leun grens?
On Wed, 15 Sep 1999 10:00:23 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
|Wat sou jy se veroorsaak dat mense wat hier woon mense in die
|buiteland onder so n verkeerde indruk indruk bring? Iets aan hulle se
|wat so verkeerd is dat dit waarskynlik aan n leun grens?
|
Ek dink elke persoon se ervaring is uniek en baie persoonlik - ek kan
byvoorbeeld dink dat een ou naby 'n straathoek bly met swak elektriese
verbindings wat sorg dat sy verkeerslig elke week een maal buite werking is - hy
ervaar dit as 'n reuse probleem, was al amper in 'n paar ongelukke waar hy meer
as een maal per dag sy huis nader. Hy hoef nou net een ander verkeerslig buite
werking te sien, dan val die paaie struktuur vir hom uitmekaar uit.
'n Ander ou ry slegs en maal daardie pad en ry toevallig daagliks 'n roete waar
al die verkeersligte werk. Hy kom amper nie eers die verkeerslig agter nie en
sal skaars agterna vir jou kan sê op watter hoek hy die stukkende lig teegekom
het.
Ons ervaar byvoorbeeld dieselfde hier met oud-SAners se opinie oor Amerikaners -
helfte dink Amerikaners ios baie dom, want op alles wat jy koop is daar die
duidelikste moontlike instruksies oor hoe om die goed aanmekaar te sit en te
gebruik. Ander weer dink dis slim van die Amerikaners, want jy twyfel nooit oor
hoe om iets te doen nie. En die twee opinies sal van twee verskillende ouens
kom wat dieselfde lessenaar of kersboom aanmekaar probeer sit.