Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

'n Dag in die lewe van.....

Sa., 18 September 1999 00:00

Dis moeilik om te dink wanneer laas het ons (dis nou Vrou en ek) so 'n
aangename en ontspannende dag deurgebring soos vandag.

Ons woon in Newtown, 'n klein dorpie (omtrent 10,000 inwoners) wat in1683
gevestig is deur William Penn. Die grond is van die Lenape Indiane gekoop,
en toe hy die dorp aangelê het, het hy glo gesê: "this is my new township" -
mettertyd het dit Newtown geword. Newtown is in Bucks County, in die
suidoostelike hoek van Pennsylvania, 'n hanetree van New Jersey af.

Die kern van die dorpie is 'n paar strate rondom die hoofstraat, met
pragtige ou winkeltjies wat van alles en nog wat verkoop. Dit lyk kompleet
soos 'n dorpie uit 'n Norman Rockwell skildery. Groot bome langs die straat,
'n sypaadjiekafee, 'n regte outydes ysterware winkel met 'n hout Indiaan
buite op die stoep, boetieks en boekwinkels - en die meeste daarvan is
ingerig in wat voorheen huise was. Jy stap dus deur 'n winkel wat uit 'n
paar vertrekke bestaan - die ou eetkamer, sitkamer, voorportaal en so aan,
met handelsware oral uitgestal.

Net af van die hoofstraat af is pragtige dubbelvedieping houthuise met koel
boomryke tuine. Die lig wat deur die blare val is groen en koel en stil; die
huise self is dofblou, wit en room. Geen heinings of mure tussen die huise
nie, en as jy in die straat stap, groet mense jou en vra uit en gesels. Dis
half of die tyd stilgestaan het en die ou dorp in 'n koekon van rus en vrede
toegespin het. Rondom die ou dorp het die "nuwe" dorp ontstaan, byna soos 'n
"doughnut" wat sirkelvormig rondom die ou dorp ontwikkel. Die nuwe dorp spog
met 'n hoog aangeskrewe community college en twee universiteite, 'n groot
kantoorpark, ligte nywerhede en uitgebreide woonkomplekse. Tussenin is daar
'n stuk of twaalf plase waar elke denkbare vrugte en groente verbou word.
Die nuwe dorp tel baie, baie meer inwoners as die ou dorp met sy statige
Victoriaanse huise.

Maar vandag was dit straatmarkdag in ou Newtown, en die weer was ideaal vir
die geleentheid: 'n heerlike sonnige dag na die storms van die afgelope
week. Nie eens 'n luggie wat trek nie, en die hemel 'n ongelooflike blou.
Net 'n sweempie van 'n byt in die luggie om te herinner dit is nou
laatsomer. Die gras, wat tot 'n maand gelede nog dor en droog was as gevolg
van die droogte, is nou, na oorvloedige reëns, oral helder groen en mals.
Die groot eikebome langs die strate is nog vol blare, donkergroen, met hier
en daar 'n enkele esdoring wat solank vroegtydig begin verkleur. Oor nog 'n
maand sal hulle almal vlamrooi en bottergeel wees, met bruin en roesrooi
tussenin.

Ons het so teen elfuur gaan kyk hoe dit in die ou dorp lyk. Die motor word
iewers geparkeer, en ons stap verder. Wat 'n vrolike gedoente was dit nie!
Op die sypaadjies was daar stalletjies en mense wat alles te koop aangebied
het van antieke ware tot warm wordsbroodjies en Penn Dutch funnel cake,
boeke en klere, handwerk en sigare. 'n Bloemistestalletjie was oortrek van
die rose, en die man het vir elke vrou wat verby gekom het, 'n pragtige rooi
roos gegee. Straatmusikante in koloniale kostuum het musiek gemaak: 'n
ensemble van siter, kitaar, glockenspiel, perkussie en fluit op een hoek,
met 'n jongleur wat kinders vermaak; op 'n ander hoek 'n groep wat vrolike
Meksikaanse musiek speel en 'n man wat balonne met helium aan kinders
uitdeel. So vrolik en gesellig was dit! Ma's en pa's met jong kindertjies
aan die hand, en tieners wat aandag soek, ouer mense en jong mense - almal
vrolik en op hulle gemak. Ons twee het rondgedwaal en gesnuffel tussen die
mooiste handwerk: pragtige houtwerk, laslappiewerk, pewterwerk, leerwerk,
Amerikaanse "folk art" - ag, te veel om op te noem.

Vrou sleep my by 'n winkel in - Deja Vu is die naam daarvan. Daar koop ek
vir $32 vir my twee wintersbaadjies en twee langbroeke. Die twee baadjies is
so te sê splinternuut; een broek was nog nooit gedra nie, en die swart Levi
denim hoogstens een of twee keer. Alles in die winkel is donasies, en word
verkoop vir liefdadigheid.

Ons moet verder, want daar is nog ander dinge ook om te gaan doen. Ons het
reeds meer as twee ure hier rondgekuier. Ons ry na 'n naburige dorpie toe,
om daar by 'n supermark inkopies te doen. Dis 'n groot, rustige winkel, waar
jy allerhande eksotiese kossoorte kan koop, pragtig en smaakvol ingerig. Dis
reeds na etenstyd, en ons koop by die winkel se kafeteria iets om te eet.
Dit herinner my aan die dae, doer ver in die sestigs, toe jy nog in die
groot afdelingswinkels soos die OK en Garlicks en Greatermans heerlike kom
gaan eet in hulle restaurante. Uiteindelik koop ons toe niks, maar die
maaltyd (slaai en sop) was luilekker en smaaklik.

Vrou verjaar oor 'n paar dae, en ek kry haar sonder te veel moeite sover om
gou saam met by die groot winkelsentrum 'n ent verder aan te ry. Daar los ek
haar by Macy's en ek stap alleen om gou 'n geskenk te gaan soek, wat ek in
die motor gaan toesluit voor ek haar gaan haal. Ons dwaal nog kuier-kuier
rond vir 'n ruk, sy koop 'n paar stukkies klere vir die dogters: reeds 50%
afgemerk, en nog 50% af van die verlaagde prys. Dis nou van die Amerikaners:
as hulle uitverkoping hou, doen hulle dit ordentlik. Ek het al klere gekoop
vir soveel soos 80% af van die gemerkte prys. En hier is dit nou weer so:
een bloes is afgemerk van $40 tot $20, en dan kry jy nog 50% af; uiteindelik
kos dit toe net $10 - nogal met 'n etiket soos Gloria Vanderbilt op.

Netnou gaan ek slaap - môre is Sondag. Wie weet wanner laas het ons twee 'n
hele Saterdag gehad net om te doen wat ons wil, met niks wat jaag of plaag
nie!

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Banff

Sa., 18 September 1999 00:00

PAT skryf in boodskap news:01beffdc$e241be80
> Ek weet nie of hier al iets gesê het oor hierdie topic nie,
> maar iemand seg my dat Banf (spelling?) die mooiste plek
> op aarde is ?!

Pat, gaan kyk maar gerus. Anders as Gloudina daar in oos-Kanada
kom ek elke jaar minstens 'n dosyn keer in Banff en weet ek
waarvan ek praat. (Ek sal graag wil weet wanneer laas, indien
ooit, sy persoonlik daar was.) Ek woon een uur se ry daarvan,
naby genoeg vir lekker dagtrips in die somer, of 'n vol dag se
ski in die winter. Ek koop elke jaar 'n seisoen permit.

Banff is 'n "world heritage site" en 'n wonderlike plek om te
besoek somer of winter. Daar is 5 goeie ski plekke - Sunshine
Village, Lake Louise, Mount Norquay, Nakiska (waar die
"alpine"afdeling van die '88 olimpiese winterspele gehou is) en
Fortress Mountain, almal binne 90 minute of minder se ry vanaf
Calgary.

In die somer is daar heelwat toeriste, so vroee besprekings is
nodig. (Verstaanbaar, gegewe die plek se status.) Anders as was
Gloudina sê, is dit nie "vreeslik" verkommersialieer nie, Banff
Town is net gewoon so. Natturlik is daar 'n dosyn winkels waar
mens elke denkbare "banff" sweatshirt kan koop. Maar daar is baie
beperkings op onwikkelling - geen nuwe ontwikkelling in Banff
Townsite nie, ens. By my gunsteling skiplek (Sunshine) mag hulle
nie eers een meer skilift bou nie. Die klein bietjie
ontwikkeling (relatief gesproke) wat daar is, is in die valeie.
Die Berge - Banff se werklike rede tot bestaan - is so te se
onaangeraak.

Verder is daar baie (minder bekende, dus minder besoekde) parke
rondom Banff. Voorbeelde is Yoho, Kootenay, en my persoonlike
gunsteling, Kananaskis Country, 'n versamelnaam vir 'n halfdosyn
provinsiale parke.

Maar ek stem saam dat Alaska ook 'n besoek werd is - moet egter
nie die Yukon Territory in Kanada vergeet nie. Ek het die
grootste deel van die Yukon en 'n stuk van oos-alaska verken in
'97 in 'n 10,000 km reis. As jy belang stel kan ek jou iets
daarvan vertel.

Groete
Bees

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: "Droee Waterval" deur FERDI GREYLING

Sa., 18 September 1999 00:00

In article , @sympatico.ca
wrote:
> DRO=CB WATERVAL
> Ferdi Greyling
> In die Klein Karoo vertel ek my kinders
> van die werklikheid wat Oudtshoorn was.
> Hier waar die tyd stadig uit die skerp lug
> =91n lewe om my gedrup het.
> Hier was nagte soos koue yster
> met die veraf klank van aankomende treine
> spierwit velde ryp vroegoggend
> om die huis
> en my ma
> wat soos =91n vreugdevolle wetenskaplike
> uitvind
> in die nag
> het die water =91n gletsertjie van ys
> by die tuinslang uitgedrup
> mense wat veraf in koerante sterf
> die geweerskote plat letters op papier
> name wat sag weerklink
> tussen die beiering van die vier heilige seisoene deur
> =85. Poqo=85. Mandela=85
> en aande in die agterkop gaan lê
> op die beeld van bruin Hermaans die verwer
> =91n goeie man
> wat bakhand voor die agterdeur
> die seëning van werk by ander met wit velle moes vra
> skoonheid wat onverskillig in =91n meisie brand
> terwyl die rook van houtvure
> vroegaand oor die blou dorp neersak
> en net oor die berge die see
> =91n reuse blou woud vol gevare en geheime
> waatlemoene wat rooi in die somer oopbreek
> soos soet halfedelgesteentes
> klonte bougainvilleas wat in die warmte
> teen die dorp se bome gloei.
> Ons ry oor die Swartberge
> na waar die Groot Karoo wyd en oop lê.
> Ek en my kinders.
> Hulle luister verveeld uit hulle helder lewens
> na die eggo=92s
> van my verlede.
> Op die berg - uitgeplof deur vulkane
> en geplooi deur gletsers -
> staan ons soos ander toeriste
> en kyk na:
> Droëwaterval.
> =91n Mindere geologiese gebeurtenis;
> swart oervlekke in strepe teen die rots.
> Soos die skaduwee van water.
> As jy lank genoeg na die klip staar,
> kan jy jou verbeel
> jy hoor water,
> =91n dun verbrokkelde stroom
> wat soos vloeibare koelte
> in spattende eggo=92s val.
> My kinders dink die naam Droëwaterval is snaaks.
> Ek weet dis laf.
> Donker vlekke op rots is nie water nie.
> Ons klim in die kar en ry.
> My kinders giggel om verveling te besweer.
> Agter hulle oë, diep in die toekoms,
> bruis hulle dade reeds onkeerbaar oor dae.
> (Kyk!
> Hulle ry alleen oor die oop Karoo
> en los my by die gevlekte rotse
> van my berg!
> Op die dun pad
> na Beaufort-Wes
> en verder noord,
> verby Zimbabwe
> tot oorkant Olduvai
> waar die horing van Afrika
> afsplit in =91n nuwe land
> ry hulle steeds!
> Dit pla hulle nie
> dat vroeë mens en dier
> uit die tye van die groen Karoo
> vergete in die gestolde klippe lê
> waarmee die dun pad gepak is!)
> Hulle ry voort.
> Hulle ry steeds voort.

Profesie oor SA?

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Wees asb. geduldig, U oproep sal beantwood word

Sa., 18 September 1999 00:00

Please be patient, your call will be answered.

Slaan 'n nuwe blaadjie om. Het besluit om terug na te keer
na Christenskap, en op te hou om mense New Age toe te neem.
Dit veroorsaak te veel skade. Nie bereid om soos Jan Smuts
voor of na 1948 te wees nie. Onaangename klettery wat
hier gepos is, het veroorsaak dat die mense wat 'n mens
liefhet, jou gaan verwerp.

Daarom is dit noodsaaklik, om soos 'n Blouvalk te wees, na
die verlede te gaan, en alles wat verkeerd is, reg te maak,
sodat al ons land se mense weer gelukkig kan wees. Ai ai
die witborskraai, hiervandaan na Mosselbaai. Hoog gevlieg
en laag gedraai, in die see weer omgedraai.

Maar het 'n paar vrae om te vra - wat is die definisie van
soc.culture.south-africa en
soc.culture.south-africa.afrikaans. Is lg. die Afrikaanse
groep of die regse groep. Wanneer cross-post 'n mens? Hoe
cross-post 'n mens met Remarq.

Is dit beter om in Afrikaans of Engels op
soc.culture.south-africa te pos, of hoe gemaak? TIA.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Oor brommers en gedigte...

Vr., 17 September 1999 00:00

On Fri, 17 Sep 1999 18:00:58 GMT, e...@dot.com (Johan) wrote:

Gloudina sê hoeka EK is nie so slim nie - dan kan jy net raai in watter topspin

wou ek sê.....

Prosa & poësie | 4 kommentare

Oor die howe,politici en dinge.

Vr., 17 September 1999 00:00

Sorry vir die spelfoute, maar ek skryf foneties......

Niemand kan regtigwaar se dat hulle tevrede is met die toestand van die howe
of die kwaliteit van die uitsprake wat gelewer word nie.

Ek vind myself gebonde deur besluite van regters en politici wat voel hulle
weet beter wat goed is vir my gebaseer op die feit dat hulle die meerderheid
is. Kan nie meer skrywer se naam onthou nie, maar die ou het geskryf dat in
die 21ste eeu is daar nie meer plek vir "representative government " nie.
Almal het toegang tot dieselfde inligting om besluite vir hulself te neem.
Die idee is dood oor die hele wereld ons is besig om meer "tribal" te word.
Almal groepeer losweg of gestruktureerd in groepe: Te veel voorbeelde om te
noem - Internet (newsgroupes & sites), geloof , bevolkings groep, land van
herkoms, sport , werk ens.

Dink self oor met wie jy assosieer of eenheid voel. Is dit die mense met wie
jy saamwerk of is dit dalk jou geloof is is dit dalk eerder kultuur genote
met wie jy een voel en sal onder steun. Niemand sal dieselfde antwoord
nie.

Die UN het nou meer lidlande as ooit te vore, wat se dit. Al die oorloe
rondom die wereld gaan oor die feit dat ons meer "tribal" is as landsburgers
van 'n spesifieke land. Ierland, Bosnie, Rusland,Suid Afrika,Rwanda, Angola
etc. almal baklei omdat niemand kan saam leef nie. End of storie. Almal
soek "selfdetermination"; ek dink dit is in die mens ingebou om so te
reageer. Soos die storie van die skerpioen en die padda.

Sidney moet voorsiening maak vir nog 'n paar ekstra lande wat gaan ontpop
voor die volgende Olimpiese spele.

My punt is dus die volgende : Het ons regtigwaar 'n klomp onbekwame politici
nodig om geld te mors en besluite vir ons te neem.

Ek het meer respek vir hoerre as politici, laasgenoemde is uit en uit 'n
evolusionere parasiet. Sorry, ek weet dit is kras, maar dit is hoe ek voel.
Ek is seker party dink hulle doen goeie werk op hulle harte sit op die
regte plek, dit is egter die konsep van "politici" wat bankrot is.

Francois

Koeitjies & kalfies | 46 kommentare

Vir die wat belang stel

Vr., 17 September 1999 00:00

Die Kaapse Hogeregs Hof hof sit weer Dinsdag om uitslag te gee oor my
gunsteling onderwerp.
Suid Afrika se immigrasie beleid ten opsigte van SA burgers wat getroud is
met buitelanders.

En natuurlik ook die R 10 020.00 adminitratiewe fooi. Hopelik is daar
hierdie keer nie weer iets fout met die transkripsie goeters nie.

Kaapstad, Hof nommer 7, Dinsdag 21 ste September , 9:30 AM Afrika Tyd......

Dog ek se maar net waar ek gaan wees.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

'n Toetsie

Vr., 17 September 1999 00:00

Hello!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Baste met die Springrokkies!

Vr., 17 September 1999 00:00

Vir baie Suid-Afrikaners is rugby meer as net 'n spel. Dit is deel van ons
nasionale karakter en baie van ons gee meer om oor die stand van ons rugby as
die stand van ons politiek. Dit nou op rekord, gesels ek verder oor ons kanse
in die eerskomede Wereldbeker in Wallis.

Myns insiens is die Spingrokkies se kanse (gegrond op huidige vorm) om verder as
die kwarteindstryd in Parys (Frankryk) teen Engeland te kom, bitter skraal. Ek
neem nou ewe gewaagd reeds aan dat ons darem Groep A teen Skotland, Spanje en
Uruguay sal kan wen. Die rede vir my mismoedigheid is te vinde in die
jammerlike posisie van ons rugbybreinkrag wat die Springrokkies moet ondersteun.

Nadat ons in die Drie Nasie reeks baie sleg die loef afgesteek is, moes ek hoor
dat "ons het net nie die spelers nie." Dit het meestal uit die Kaap gekom.
Sedert ons teen Wallis verloor vanjaar het dit nog net van sleg na slegter
gegaan. Ek dink nie ons kan eers die toetse teen Italie" tel nie en in die
toetse teen die All Blacks en Wallabies het die Springrokkies se agterlyn
onbeholpe en nie lus vir die spel voorgekom.

Nou is die 30-tal vir die WB gekies en ons het spanboue en oefenkampe ens., maar
nog niks het verander nie.

Ek dink ons het die spelers om mededingend in die WB te wees. Kyk nou net na
wat Laurie myns met "a bunch of losers" kon doen toe hy die Curriebeker
oortuigend teen die veel sterker Natal gewen het. Dit lyk vir my of die
probleem elders le^ as "ons het nie die spelers nie." Lyk vir my die probleem
le^ by Mankoliekige Mallet. Mnr. Mallet weet skynbaar nie dat daar ten noorde
van die Paarl nog 'n gedeelte van Suid-Afrika is wat normaalweg ook redelike
goeie rugbyspelers oplewer nie. Ter stawing: wat doen Mallet toe Boome seerkry,
hy kies vir Fritzie wat hierdie jaar nog nie juis iets goed gedoen het nie
(Jammer Fritzie, ek weet jy het jouself nie gekies nie). Vergeet maar van die
legio vorm spelers wat hulle rugby verder noord as Paarl speel. Waar's AJ
Venter?

Laurie Mains (soos Kitch Christie destyds) het weer bewys dat mens nie die beste
spelers ter wereld nodig het om die trofee te wen nie, bloot net 'n goeie
afrigter wat 'n wen-spelpatroon vir elke spesifieke teenstander kan uitwerk. En
hier skiet Mankoliekige Mallet tekort. Geen verbeelding nie , net die selfde
patroon oor en oor en oor en oor. Die All Blacks se C-span behoort juis vanwee"
die voorspelbare patroon reeds die Springrokkies se nommer te he^.

Hoewel ek die Springrokkies se kanse nooit heeltemal sal afskryf nie, is dit my
mening dat ons, die rugby publiek, ons misnoe" te kenne moet gee. Hoekom moet
ek nou vir "nasionale eenheid" agter die span kom en 'n "fool" maak van myself?
Bull twang!

Ek het daarom besluit om nie die Springrokkies meer te ondersteun nie, en wel 'n
ander span. Ek gaat nou "shop" vir 'n swart "jersey!"

Wakker skrik Sarfu, kan iemand nie vir Mankoliekige Mallet faks nie? (Het Silas
ooit 'n faks?)

'n Faks, 'n faks, my koningkryk vir 'n faks!

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Toet-Toet-Toetsie Goodbye

Vr., 17 September 1999 00:00

Cheers!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1162  1163  1164  1165  1166  1167  1168  1169  1170  1171  1172  1173  1174  1175  1176  1177    »]
Tyd nou: Wo. Mei 13 22:50:23 UTC 2026