Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Troll (was "Pateties")

Ma., 25 Oktober 1999 00:00

Teresa Gilliam wrote:
>
> lou wrote in message ...
>
>>>> > PPS - Hello Teresa
>
>>>> TROLLLLLLLLLLLLLLLL!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
>
>>> Lou, if I'm a troll then you're a tril.
>
>> Ja wel no fine? Wat vir 'n ding is 'n tril??
>
> I can't help you there.

SO ek kan maar se jou tril my girl? :|
>
>> se mail gaan net daaroor om reaksie te soek. Soos 'n troll wat onder die
> brug bly ...
>
> So are you the troll or the bridge, or am I the troll, or what?
>
> TG :)

Klein definisie van ' troll in usenet terme:

troll v.,n. To utter a posting on Usenet designed to attract predictable
responses or flames. Derives from the phrase "trolling for newbies";
which in turn comes from mainstream "trolling";, a style of fishing in
which one trails bait through a likely spot hoping for a bite. The
well-constructed troll is a post that induces lots of newbies and
flamers to make themselves look even more clueless than they already do,
while subtly conveying to the more savvy and experienced that it is in
fact a deliberate troll. If you don't fall for the joke, you get to be
in on it.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Genl. Johannes Hermanus Michiel Kock

So., 24 Oktober 1999 00:00

Pat skryf uit Amerika en vra of daar iets beskikbaar is "uit die bronne"
wat lig kan werp op haar beroemde oupa. Pat, ek het die volgende (toevallig)
raakgeloop - hoop dis die regte persoon. Sy optrede was een van die eerstes
aan die Natalse front en volgens die outeur van die stuk, nie suksesvol nie.
Ek haal aan uit die boekie deur André Wessels: " Die Anglo-Boereoorlog
1899-1902. 'n Oorsig van die Militêre Verloop van die Stryd". Wessels is
verbonde aan die Dept. Geskiedenis van die Vrystaatse Universiteit. Die boek
is 'n "MOET"
vir belangstellendes in die ABO. Dit is uitgegee deur die Oorlogsmuseum van
die
Boere Republieke, Posbus 704, BLOEMFONTEIN in 1991. As iemand dalk die
Museum (Vroue Monument) se E-adres het, sal ek baie bly wees om dit te
ontvang.)

Net ná die Slag van Talana (20 Oktober 1899) waar Genl. Lukas Meyer met
genl.
Penn Symons se 5000 man en 18 kanonne slaags geraak het en waar Symons self
geval het (hy is te velde opgevolg deur genl.-maj. James Herbert Yule,) het
die Britse magte onder Genl. White in 'n offensief teen Joubert opgeruk.
( By Talana het 51 tommies gesneuwel, 203 is gewond en 246 is gevang. Aan
boerekant het 44 gesneuwel en is 91 gewond.) Ek haal aan:
"Intussen het 'n Boeremag van ongeveer 800 man met twee kanonne onder bevel
van Genl. Johannes Hermanus Michiel Kock tot by Elandslaagte deurgedring.
Toe nuus in dié verband White in Ladysmith bereik, het hy onmiddellik 'n
aanvalsmag van ongeveer 3500 man met 18 kanonne onder bevel van genl.-maj
John Denton Pinkstone French uitgestuur om die Boeremag uit te wis. Die
Britse aanval teen die oormoedige Boere was suksesvol en laasgenoemde is
verpletterend verslaan. Boereongevalle (waaronder talle Duitse en
Nederlandse vrywilligers) was blykbaar 38 gesneuwel, 113 gewond en 185
ongewonde krygsgevangenis, terwyl die Britte 50 dood en 213 gewond verloor
het". (p.11).

Noudat ek die woord "kanon" in my kop het, dink ek aan 'n episode wat kort
n� die ABO op Dewetsdorp in die Vrystaat plaasgevind het. Tydens die oorlog
het genl. De Wet se kommando daar opgedaag. Die dorp was deur 'n Britse
garnisoen beset. Die Britte het hulle kanon op een heuwel aan die suidekant
van die dorp opgestel en op die aankomende Boeremagte gevuur. Genl. De Wet
het ook 'n kanon gehad, maar net twee patrone! ( 'n Kanon skiet mos met 'n
patroon,
of hoe?) Die Boere het aangelê en gevuur. Dit was 'n kolskoot en die Britse
kanon was aan flarde. Ná die oorlog het seuns ( inwoners van die
skoolkoshuis)
besluit om hierdie "geskiedkundige" kolskoot te herdenk deur self 'n kanon
te bou. Hulle het 'n stuk pyp (hol ysterpaal) in die hande gekry, die wapen
eiehandig prakseer, gelaai en toe na 'n gepaste teiken gesoek. Daar is op
die sink-kleinhuisie in die hoek van die koshuiserf besluit. Die "kanon" is
sorgvuldig
gerig en toe met klippe vasgepak. Dit was 'n kolskoot! Gelukkig was die
plekkie
"onbeset" tydens dié aanval!

As Gloudina hierdie inset onder oë kry, die volgende versoek: Ek wil graag
jou Snail Mail adres hê. Het 'n presentjie vir jou.

Groete

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Sydelingse aanspreekvorm

So., 24 Oktober 1999 00:00

I wonder if I could ask the native speakers of Afrikaans
for their judgments regarding the acceptability and interpretation
of the following sentences.

(1) Maar Dominee het tog gesê, dat Dominee nie sou kom nie.

I take this to mean: 'But you said, Reverend, that
you would not come.' This is the indirect form of
address (sydelingse aanspreekvorm).

(2) Maar Dominee het tog gesê, dat hy nie sou kom nie.

'The reverend said that he (hy = either the reverend or
some other person) would not come.' My guess is that this
sentence could not be used as an indirect form
of address to the dominee himself (as is the case in 1).
Is that correct?

(3) Maar Dominee het tog gesê, dat jy/u nie sou kom nie.

My guess is that (3) can only mean: 'But the reverend
said, that you [addressee is somebody other than the
reverend] would not come.' Is that correct? In other
words, one would have to use either (1) or something
like: Dominee, u het tog gesê, dat u nie sou kom nie.

Any and all insights would be gratefully appreciated.

Paul Roberge
UNC-CH
Dept. of Germanic Languages

E-mail: p...@email.unc.edu

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Doringboompie

So., 24 Oktober 1999 00:00

Sorry, old chap, a slip of the tongue! The Tories were the conservatives and
hence the slip-up.

Barrie

Ns. Is dit nie hoogtyd dat ons die publiek aan die Oorlogsgedigte blootstel
nie?
Seepkissie en so aan.

Barrie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Doringboompie

So., 24 Oktober 1999 00:00

Gloudina

Graag reserveer ek my spreekbeurt aangaande die doringboompie.

Ek werk aan 'n stukkie oor die "twis" tussen die Britse offisiere :
Kitchener ( ' n "non-practicingcing homosexual") en Genl. French.
French was die senior, maar Kitchener die "blue-eyed boy" ná Khartoum.
Kitchener is oorhoofs bo French aangestel na Magersfontein en was grootliks
verantwoordelik vir die groot lewensverlies by Perdeberg.
Verder was daar 'n ding rondom genl. White van die Natalse front en die
misluking aldaar ná die bloedneus van die Engelse in Natal. Dis nie net die
Afrikaner wat onderling twis nie. Kyk maar watter opposisie het Emily
Hobhouse aanvanklik in eie geledere belewe. Die Konserwative Party was aan
bewind in Albion tydens die ABO en daar was 'n gaping tussen die House of
Commons en die Troon. Toe die Arbeiders ná die oorlog aan bewind kom, het
die Boere baie konsessies ontvang ná vredesluiting.

Ek hou nie van die verwysing " in amber vasgevang" nie. Daar was nie 'n
"verabsolutering" van die oorlog nie. Ons mense kon nie anders nie.
Dankie en tot later

Barrie

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Taalstryd

Sa., 23 Oktober 1999 00:00

Het iemand gedagtes oor 'n taalstryd. Ek het 'n stuk van die fondament gelê
op http://www.homepages.hetnet.nl/~petrussie/index.html maar nou kort daar
nog argitekte en bouers. Wie kan help?

PP

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

JIM REEVES

Sa., 23 Oktober 1999 00:00

Haai groep,

Ons soek reeds jare na 'n Lp van JIM REEVES. Hy het die moeite geneem om

Afrikaanstalige liedjies op te neem op die RCA Victor label.

Ek gloo die titel is "JY IS MY LIEFLING" - Is daar enig iemand in Suid Afrika

wat die Lp aan my wil verkoop ? Die kwaliteit van die LP is nie van belang nie

en ook die picture sleeve mag kapot wees. Ek hoop enig iemand sal my 'n

pragtige aanbieding doen. Ek hoop iemand in die Boksburg/Johannesburg area

sal vir my pos. Baie dankies by voorbaat. (pat...@camerama.demon.nl)

Patrick (van Nederland)

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Algemeen Nederlands Verbond

Sa., 23 Oktober 1999 00:00

Word lid van het

Algemeen-Nederlands Verbond

Het ANV is de Internationaal Algemeen-Nederlandse vereniging die opkomt voor
de belangen van de Nederlandse taal en cultuur. De vereniging bestaat sinds
1894.
Een kerntaak van het ANV is het behoud van het Nederlands als officiële taal
binnen de Europese Unie en al haar organen. Ook steunt het ANV het onderwijs
in de Nederlandse taal en cultuur aan buitenlandse onderwijsinstellingen.
Het ANV vormt het maatschappelijk draagvlak voor de Nederlandse Taalunie,
het gemeenschappelijk Nederlands-Vlaamse overheidsorgaan ter bevordering van
de Nederlandse taal en letteren.

Het waarom van het ANV
Is het nodig dat wij voor de Nederlandse taal en cultuur opkomen? Jazeker.
Taal en cultuur vormen immers een belangrijk onderdeel van ons bestaan. Om
dezelfde reden voeren ook de ons omringende Duitse, Franse en Engelse
cultuurgemeenschappen een actief cultuurbeleid. Nederland en Vlaanderen
kunnen daarbij, als zij hun eigen identiteit in stand willen houden, niet
achterblijven.

Wordt de Nederlandse taal en cultuur dan bedreigd?
Jazeker. Door de steeds verdergaande integratie op allerlei terrein wordt de
invloed van andere culturen op de Nederlandse cultuur steeds groter. Op
zichzelf is dit niet erg. Culturele kruisbestuiving is een verrijking voor
alle culturen.
Maar het ken alleen een verrijking zijn als de eigen cultuur stevig
verankerd is binnen Europa, daar een eigen plaats inneemt en zo een bijdrage
levert aan het cultureel veelzijdige Europa. Door meer aandacht te schenken
aan goed onderwijs in de Nederlandse taal en de gemeenschappelijke
geschiedenis en aardrijkskunde van de Nederlanden, kan deze bijdrage vorm
krijgen.
Nederland en Vlaanderen moeten de handen ineen slaan om te zorgen voor het
behoud en de ontplooiing van de eigen culturele identiteit. Een verdergaande
samenwerking op economisch, cultureel en misschien op langere termijn ook
politiek gebied, ken daaraan bijdragen.
Een zelfbewuste thuisbasis is het beste uitgangspunt voor ontplooiing.
Internationalisering mag geen eenrichtingverkeer worden. Het ANV bepleit den
ook het onderhouden van bijzondere banden met gebieden waar de Nederlanden
cultuurhistorisch een rol spelen, zoals de ons omringende grensgebieden,
Suriname, de Antillen, Aruba, Indonesië, Zuid-Afrika en Namibië.
Vanuit dit gezichtspunt benadert het ANV politici, bewindslieden, media en
de wetenschap.

De vereniging
Het ANV is een ledenvereniging met afdelingen in Nederland, Vlaanderen, de
Antillen en Zuid-Afrika. Het ANV geeft het algemeen-nederlands opinie- en
informatieblad Neerlandia uit met artikelen over de Nederlandse cultuur en
het taal- en cultuurbeleid. De leden krijgen dit tweemaandelijkse blad
automatisch toegezonden.
Het ANV beheert enkele fondsen waaruit projecten en prijzen gefinancierd
worden. Het literatuurproject bijvoorbeeld, stelt jonge schrijvers en
dichters in staat hun werk voor het eerst in drukvorm te laten verschijnen.
Verder worden jaarlijks de ANV-Visserneerlandiaprijzen voor muziek, welzijn
en cultuur, toneel en persoonlijke verdiensten uitgereikt en wordt de
mediaprijs toegekend. Een bijzonder hoogleraar in de Cultuur der Nederlanden
wordt door het ANV in staat gesteld wetenschappelijk onderzoek te verrichten
en universitair onderwijs te geven met betrekking tot de nationale en
internationale positie van de Nederlandse taal en cultuur.
Het ANV richt zich verder door middel van studiebijeenkomsten, nota's en
brieven tot bewindslieden, politici en tot de bestuurlijke en
onderwijswereld om het voeren van een actief binnen - en buitenlands taal-
en cultuurbeleid te bepleiten.

Uw bijdrage
U kunt het ANV steunen door:

lid te worden van het ANV
een abonnement te nemen op Neerlandia
een geldelijke bijdrage of legaat

Nadere inlichtingen zijn te verkrijgen op de volgende adressen:
ANV-Verbondskantoor Nederland
Jan van Nassaustraat 109
2596 BS DEN HAAG-NL
Telefoon:
(0)70-3245514
(0)70-3280483
Fax:
(0)70-3246186
e-post : anv...@cistron.nl

ANV-Verbondskantoor Vlaanderen
Gallaitstraat 86
1030 Brussel
Telefoon en fax: (0)2-2413164
e-post : anv.vla...@skynet.be

en ook nog op http://move.to/orandie

Het ANV-Verbondskantoor te Den Haag

� ANV-Werkgroep Media
Problemen of vragen i.v.m. deze site?
Laatste aanpassing op vrijdag 06 november 1998

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kalahari.net

Sa., 23 Oktober 1999 00:00

Hallo
Wil net hoor of enigiemand al by kalhari.net iets bestel het en of dit
veilig is. Wat is hul reputasie?

Dankie

--
Email disabled

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Doringboompie

Sa., 23 Oktober 1999 00:00

Barrie wrote in message ...

> Die Konserwative Party was aan
> bewind in Albion tydens die ABO en daar was 'n gaping tussen die House of
> Commons en die Troon. Toe die Arbeiders ná die oorlog aan bewind kom, het
> die Boere baie konsessies ontvang ná vredesluiting.
>

Dit mag wees, maar: van die 300 miljoen pond wat bewillig is vir restitusie
aan die Boere is slegs 16 miljoen pond op die ou einde na die oorlog
uitbetaal - deur die nuwe (ek dink dit was Liberale, en nie Arbeiders nie -
was nog in die dae van die Tories en die Whigs) regerende party.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1838): [ «    1146  1147  1148  1149  1150  1151  1152  1153  1154  1155  1156  1157  1158  1159  1160  1161    »]
Tyd nou: Vr. Apr. 25 08:31:35 UTC 2025