Dit lyk of daar darem minstens twee mense is wat belangstel. Soos menige op
die groep kry ek ook net sekere boodskappe. Of dit gebeur dat die onderwerp
lankal nie meer onder bespreking is nie, dan duik daar 'n oer oue boodskap
op.
ANGLISISMES:
Die taal guru's het besluit dat die woord en sy betekenis uitgedien is. Ons
kan maar Afrikaans skryf soos ons dit praat, en as 'n vreemde woord
(hoofsaaklik Engels) nes geskop het in die taal en deur almal gebruik word,
word dit ook as Afrikaans beskou. So het 'n paar woorde "honorary"
Afrikaans geword: Twee voorbeelde:
Tjips. Skyfies is stukkies plastiek met prentjies daarop waarna mens kyk
deur 'n projektor te gebruik.
Boks. Doos het uitsluitlik 'n seksuele konnotasie.
DEELTEKENS EN KAPPIES:
Hier het die reel ook drasties verander, omdat dit baie verwarrend kan
wees. Kom die deelteken of "umlaut" nou weer op die eerste e in reel of op
die tweede? Die voorbehoud is dat die woord in konteks gelees moet word, en
as dit sin maak, los gerus die tierlantyntjies. Voorbeeld:
Ma se poeding is lekker.
Ma sê poeding is lekker.
Jy kan die kappie los as die woord in die volgende sin gebruik word: Ma se
sy is so vet want poeding is so lekker.
EEN WOORD OF TWEE?:
Hier het Engels weer gewen. Meeste Afrikaners skryf woorde los van mekaar
soos die engelse dit doen. Woorde boek, lewens boek, identiteits dokument,
kas register, avond maal is voorbeelde van woorde wat
tradisioneel vas geskryf was maar nou los geskryf kan word. Weereens,
gebruik jou gesonde verstand. Wat kan identiteits dokument anders beteken
as identiteitsdokument. Sou jy se "dierbaar" het 'n ander betekenis as
"dier baar." Ja, dus sal jy die woord nie los skryf nie.
Plekname (of plek name) is nie onderhandelbaar nie. Johannesburg bly een
woord en Nelspruit mag nooit Nel Spruit geskryf word nie.
Ek dink die slaag syfer in my skool dae sou baie hoër gewees het as hierdie
reels daardie tyd gegeld het. Ofskoon die spelling op die muur voor die
ingang na die skoolkompleks gelees het: Hoerskool Lydenburg. Tot en met ek
daar weg is het niemand ooit die umlauts op die e aangebring nie. Nie eers
Mnr. Wolmarans wat my gat warm geslaan het oor hierdie onbenullighede in
die taal nie!
Hiedie soort ding laat my besef ek is al n ruk weg uit za.
Hoe kan boks (wat 'n soort moord is), nou vervang word deur doos?
En "skyfie", het my pa gese, is n deel van 'n sinaasappel (of lemoen,
soos hulle in Afrikaans se, maar in Hollands is 'n lemoen weer iets
anders as 'n "lemon", en wat dit is, sou ek nie eers presies kan se
nie; dalk kom daar hulp oor die internet.) maar "skuifie " is 'n
"leuker" woord as die Hollandse "dia".
Ek neem aan dis olraait om deesdae "Hollandse " te gebruik i p v die
m i ietwat geleerde woord "Nederlands".
En ek hou van die kappies, net jammer dat ek nog nie kon uitwerk hoe
ek kappies kan opsit met die keyboard (?????) voor my.
Ek het alleen "Juta se Skoolwoordeboek hier "(1976), en "toetsbord'
klink nie reg nie. Is daar 'n ander woord in gebruik?
Terloops (of tertiks)," tikmasjien "was ook so 'n oulike woord. Die
Hollandse woord is soos die Engels - "typemachine", maar ons het
oor die" tikmasjiene "gepraat, en dit was dan seker 'n Afrikaansisme.
Dis eintlik interessant gewees om eers Hollands te leer, en toe
Afrikaans. Afrikaans het vir my baie lewendiger as Hollands geword,
en die manier waarop Afrikaans Engels inlyf is ook ouliker as die
manier waarop die Hollanders dit doen, omdat die uitspraak in
Afrikaans heelwat van die Kaapse Vlakte gemeenskap oorgeneem het.
Of wat se (kappie, waarom spring jy so weg van my!) djulle?
"F. Stef Roux" writes:
itspel is geensins meer edel as die
>
> Verder is dit baie ironies dat julle toe na Ottawa toe gegaan
>
> het in stede van Toronto waar jou man gestudeer het. Is dit
>
> miskien omdat Ottawa aansienlik meer homogeen is as
>
> Toronto? (Soos ek gehoor het noem hulle Ottawa 'n WASP area
>
> wat staan vir White Anglo-Saxon Protestant.) Daar is netsoveel
>
> werksgeleenthede in Toronto as in Ottawa dan nie? Dus
>
> Gloudina, moenie so huigel nie.
So, nou neem jy dit op jouself om
my hele geskiedenis te weet sonder
om enigsins kennis daarvan te dra.
Ek bly nog minder as vier jaar in
Ottawa. En, as jy al ooit in Ottawa
was, sou jy weet dat die oorgrote
deel van die mense om jou Frans
praat (en dus nie WASPS is nie.)
Groot getalle werkers om my kom
ook van Egipte en die Midde Ooste.
Terloops, moet alle Universiteit
van Toronto-studente nou daar
werk, anders is hulle bevooroordeel
teen Toronto?
> "Wittes lewe net op baie klein deeltjies van
>
> Kanada. Dit is, wat landsoppervlakte betref, die land van die
>
> Inuit en die honderde First Nations wat meer en meer deur
>
> die wet in kontrole van hul land geplaas word"
>
>
> ...
is pure snert.
> Jy probeer met opset 'n baie skewe beeld van Kanada weergee.
>
>
> Dus Gloudina, Kanada is 'n wit land. Dis baie witter as Suid Afrika.
>
> Veral in die winter. :-)
>
>
> Stef
> Hierdie is net 'n toets om te sien of my boodskappe deurkom as ek hulle
> pos!
> Wie sukkel ook soos ek?
>
> Mooi Bly!
> Hein
ek sukkel ook maar vreemd genoeg sukkel ek liewer in afrikaans as in
engels
>> Hierdie is net 'n toets om te sien of my boodskappe deurkom as ek hulle
>> pos!
>> Wie sukkel ook soos ek?
>>
>> Mooi Bly!
>> Hein
As ek 'n nuwe boodskap pos, kom dit na my deur, maar as ek reageer op
iemand anders se boodskap, kry ek dit nie weer terug op my skerm nie,
terwyl my familie in die buiteland dit wel te sien kry! Hierdie is dus
ook maar weer 'n toets, want ek reageer mos op Hein se boodskap - ek gaan
nou dophou of dit wel later op my skerm verskyn.