| jellierig [boodskap #151527] |
So., 17 Mei 2026 16:01 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25153 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
jellierig
Afbreking: jel•lie•rig
Samestelling: jellie + -rig
Byvoeglike naamwoord: jellierig
Attributief: jellierige
Partitief: jellierigs
Betekenis:
• Soos jellie, of met die eienskappe van jellie.
Gebruik:
• Die vrugtelekkers het 'n jellierige tekstuur.
• Haar bene word jellierig en sy wonder of hy so lekker soen soos in haar drome.
Sinoniem:
• glibberig
• jellieagtig
• slymerig
Afgelei:
• jellierigheid
Vertaling:
Engels: jelly‐like, gelatinous
Nederlands: geleiachtig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|