Maandag is dit "Groundhog Day" hier in Noord-
Amerika. Dan is ons veronderstel om die "lowdown"
te kry oor wanneer ons kan verwag om die einde van die
winter te sien. As die groundhog uitkom en sy skaduwee
sien, dan gaan hy weer terug ondergronds vir verdere
hibernasie. As hy nie sy skaduwee kan sien nie, dan weet
hy dat die lente om die draai is. Dit is gebaseer op die
weerkundige aanname dat daar wolkerige stormagtige
weer kom wanneer die weerstelsels omswaai van die hoog-
druk stelsels in die winter na die wisselende laedruk-
stelsels in die lente.
Nouja, niemand het veel hoop dat die groundhog
hierdie jaar enige uitspraak sal kan maak wat sin sal hê
nie. Hierdie jaar was so 'n onge-elliede jaar wat die weer
aanbetref, dat almal net hulle koppe skud. Hier by ons
in die suidelike dele van Ontario het die temperature nooit
vreeslik laag gedaal nie. Dit het somtyds baie slegte gevolge
gehad, soos die ysstorm wat 'n noodtoestand geskep het
in Oostelike Ontario en Westelike Quebec. Die snaakse
Noord-Amerikaanse weer skep nog aanmekaar baie snaakse
situasies: voete sneeu in Noord Carolina, vloede in Nova
Scotia. 'n Mens sal dus die groundhog moet verskoon as
hy hierdie jaar ook net sy kop skud en weier om 'n uitspraak
te lewer. Ons sal maar moet sien wat Wiarton Willie sê.
Dis ons eie Kanadese weerprofeet. Hulle het hierdie naweek
'n Groundhog Festival in Wiarton.
'n Groundhog se ander naam is "woodchuck." Ek het
altyd gedink dat dié naam te danke is aan iets wat hy met
hout doen. Maar volgens die etimologie van die woord kom
dit van Cree "ocek van die proto-Algonquian "wecyeka"
en beteken dit "visser."
O koud is die windjie
en skraal.
En blink in die dof-lig
en kaal,
so wyd as die Heer se genade,
lê die velde in sterlig en skade.
En hoog in die rande,
versprei in die brande,
is die grassaad aan roere
soos winkende hande.
O treurig die wysie
op die ooswind se maat,
soos die lied van 'n meisie
in haar liefde verlaat.
In elk' grashalm se vou
blink 'n druppel van dou,
en vinnig verbleek dit
tot ryp in die kou!
WINTER'S NIGHT (Translated by Guy Butler)
---------
O Cold is the slight wind
and sere.
And gleaming in dim light
and bare,
as vast as the mercy of God,
lie the plains in starlight and shade.
And high on the ridges,
among the burnt patches,
the seed grass is stirring
like beckoning fingers.
O tune grief-laden
on the east wind's pulse,
like the song of a maiden
whose lover proves false.
In each grass blade's fold
a dew drop gleams bold,
but quickly it bleaches
to frost in the cold!
Goeie genade wat gaan deesdae met F.W aan? Kan jy nou glo dat hy sy eie
Marike nou so vir 'n Griekse vrou wil los. Al die jare het ons vir hom
gestem & nou vang hy nog sulke dinge aan. As die man se vrou(Marike) dood
was kon 'n mens dit nog verstaan, maar sy leef en hulle is glad nie eens
geskei nie. Nou ja, ek praat nie eens van die Griekse vrou en haar man
nie(albei nog steeds getroud) Eintlik 'n skande as jy die storie so sou
opsom.
Sekerlik geen wonder hy het uit die politiek bedank nie, al sê hy dit(die
verhouding)is nie die rede nie!
Vriende & Vriendinne; wat is julle mening? Onthou, ons praat nie nou van
Bill Clinton nie & ook nie van Oom P.W nie maar van ene F.W de Klerk!!! is
dit waar dat alle hoë bome die meeste wind vang?
Tot wederom & Groete uit die Baai
Mooi Bly!
Hein (he...@hinet.co.za)
> Julle weet wat die ergste is, is die apatie wat ek voel. Ek kan myself nie
> kry om opgewonde te raak selfs wanneer daar 'n paar van die rowers in
> hegtenis geneem is nie.
>
> Dit gaan hulle nie baie lank neem om weer te onsnap nie. Al wanneer ek tot
> 'n mate dink dat daar iets positiefs plaasvind, is wanneer daar van die
> rowers sterf. Siek nê.
>
> Francois
Ik heb met grote verwondering jullie teksten gelezen.
Het doet mij goed dat het Afrikaans leeft. Op de televisie hoor je alleen
Engels.
Geef het Afrikaans niet op !
> Prys eerder al die Stamhoofde en Konings soos Mandela, dat hulle nie doen
> wat ENIGE ander koning met sy vyand sou gedoen het nie. DIT is beskaafdheid.
> DIT hou die kiem van hoop vir ons Geliefde, Suid-Afrika.
>
Wolfie, jy gooi jou net te wyd, vrees ek. Dis NET Mandela wat die
beskaafdheid dra wat jy van skryf en hy gaan nie meer te lank aan bewind
wees nie. As ons hom tog maar kon kloon ... !